About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 118
|
|
Mofokeng v S [2006] ZAFSHC 118 (6 April 2006)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèl
Nr. : A253/2004
In
die appèl tussen:
TAUTANA
JAN MOFOKENG
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
MALHERBE,
RP
et
VAN
ZYL, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
VAN
ZYL, R
AANGEHOOR
OP:
13
FEBRUARIE 2006
GELEWER
OP:
6
APRIL 2006
[1]
Appellant het in die streekhof te Sasolburg tereggestaan op ân
aanklag van diefstal van ân Mazda Drifter voertuig ter waarde
van
R35 000,00 gepleeg tussen 31 Oktober 2000 en 1 November 2000. Hy het
skuldig gepleit en is skuldig bevind aan die ten laste
gelegde
misdryf. By nalees van die verklaring in terme van artikel 112(2)
van die Strafproseswet, Wet No. 51 van 1977, blyk dit
dat appellant
heeltemal tereg skuldig bevind is. Hy is op 24 Januarie 2003 tot 8
jaar gevangenisstraf gevonnis.
[2] Die appèl is slegs
teen die opgelegde vonnis gerig.
[3] In
sy handgeskrewe kennisgewing van appèl, het appellant versoek dat sy
opgelegde vonnis verminder word. Hy het egter ook daarin
vermeld dat
die onderhawige vonnis opgelê is
â
...while I was
still serving the sentence of (5) five years of the very same offence
which I have been sentenced for it on the (13)
th
of February 2001.â
(Sien
oorkonde p. 42).
Voormelde
opmerking het die vrees by hierdie Hof laat ontstaan dat appellant
moontlik twee keer op dieselfde aanklag tereggestaan
het en gevonnis
is. Dit dien vermeld te word dat die gebruiklike SAP69-vorm ten
opsigte van appellant se vorige veroordelings nie
in die Hof
a
quo
beskikbaar was nie. Daar is slegs gebruik gemaak van die
Gevangenisowerheid se G344-vorm, welke vorm 3 ander oortredings van
appellant
reflekteer. Hierdie G344-vorm dui slegs die saaknommer,
die tipe misdryf, die datum waarna die saak uitgestel is en ân
vonnis
kategorie aan. Dit blyk derhalwe nie daaruit wanneer die
misdrywe gepleeg is en wanneer die vonnisse opgelê is nie. Daarom
het
hierdie Hof deur middel van die Griffier afskrifte bekom van die
notules van die onderskeie sake wat op die G344-vorm aangedui is,
ten
einde hulself te vergewis dat appellant nie moontlik reeds op die
onderhawige misdaad skuldig bevind en gevonnis is nie. By
nalees van
laasgenoemde notules, het dit egter geblyk dat die misdryf ten
opsigte waarvan appellant op 13 Februarie 2001 gevonnis
is soos na
verwys in sy kennisgewing van appèl, inderdaad ten opsigte van ân
ander misdryf dan die onderhawige was.
[4] Vervolgens
moet die opgelegde vonnis en die Verhoorlanddros se redes daarvoor
evalueer word. Dit blyk uit die oorkonde dat appellant
die
oortredings gereflekteer op die G344-vorm as âvorige veroordelingsâ
erken het. (Sien oorkonde p. 32). Die oortredings wat
op die
G344-vorm aangetoon word, is een van diefstal met ân 2000
saaknommer, een van motordiefstal met ân 2001 saaknommer en
een van
poging tot ontvlugting met ân 2003 saaknommer. Soos reeds vermeld,
dui die G344-vorm nie aan wanneer hierdie misdrywe
gepleeg is nie,
wanneer appellant daarop gevonnis is nie en ook nie welke termyn van
gevangenisstraf opgelê is nie. Die datums
wat wel daarop aangedui
word, is datums onder die opskrif âDate remanded toâ. Wat die
termyn van gevangenisstraf betref, is
daar slegs ân âSentence
catogoryâ aangedui van 3 â 5 jaar. Die bepaalde termyn van
gevangenisstraf wat opgelê is, is nie
aangedui nie.
Desnieteenstaande het die Verhoorlanddros in sy vonnisoplegging die
volgende vermeld:
â
Dit
is ongelukkig so dat hy op
onderskeidelik
13 Februarie en 26 April 2001 gevonnis is in Witsieshoek vir onder
andere diefstal en diefstal van ân motorvoertuig
en huidiglik moet
hy nog twee jaar en tien maande van daardie vonnis uitdien.â
(Sien oorkonde p.
34).
[5] Voormelde
stel na my mening derhalwe duidelik ân wanvoorligting daar,
aangesien hierdie hierdie inligting nie uit die G344-vorm
blyk nie.
Na my mening het hierdie wanvoorligting tot gevolg gehad dat die
Verhoorlanddros ân vonnis opgelê het wat in die geheel
van die
omstandighede van hierdie saak, skokkend onvanpas is en ingryping
regverdig.
[6] Wat
die persoonlike omstandighede van appellant betref, was hy ten tyde
van vonnisoplegging ongeveer 30 jaar oud, was sy vrou
oorlede en het
hy twee minderjarige kinders van onderskeidelik 8 jaar en 4 jaar oud
gehad wat deur sy ouers versorg is. Appellant
moet geag word ân
eerste oortreder te wees. Die enigste waarde wat die Verhoorlanddros
kon geheg het aan die ander relevante oortredings
wat op die
G344-vorm gereflekteer word, is dat dit hoogstens aanduidend is van
die misdadige karakter van die appellant. (Sien oorkonde
p. 35 en
sien
R
v ZONELE AND OTHERS
1959 (3) SA 319
(A)). Appellant het ook skuldig gepleit, wat na
mening aanduidend is daarvan dat hy verantwoordelikheid aanvaar het
vir sy oortreding.
[7] Met betrekking tot
die aard en erns van die misdryf, het Mej. Bezuidenhout, namens
appellant, heeltemal tereg betoog dat dit uit
die artikel 112(2)
verklaring blyk dat die misdryf nie vooraf beplan was nie. Met
betrekking tot die feit dat die waarde van die
motorvoertuig as R35
000,00 aangetoon word, het Mev. Bester, namens die Staat, betoog dat
ân voertuig met ân mindere waarde,
soos in hierdie geval, net so
waardevol vir die eienaar daarvan is as ân duurder voertuig. Ek is
egter van mening dat hierdie
mindere waarde van die voertuig wel ten
gunste van appellant in aanmerking geneem moet word. Hierteenoor is
dit egter heeltemal
tereg deur die Verhoorlanddros in ag geneem dat
motordiefstal as sulks ân ernstige misdryf is wat geredelik voorkom
en is dit
derhalwe ook in belang van die gemeenskap dat daar nie ân
te ligte vonnis ten opsigte van sodanige misdryf opgelê kan of
behoort
te word nie.
[8] Laastens
is dit so dat appellant ân gevonnisde prisonier was ten tyde van
die onderhawige vonnisoplegging. Beide Juf. Bezuidenhout
en Mev.
Bester was dit eens dat die onderhawige vonnis nie samelopend met
enige vorige vonnis van appellant uitgedien behoort te
word nie,
aangesien dit die doel en effek van die onderhawige vonnis sal
negeer.
[9] Na
ân ewewigtige oorweging van die elemente van strafoplegging en die
besondere omstandighede van hierdie saak, is ek van mening
dat ân
termyn van 5 jaar gevangenisstraf ân gepaste vonnis is.
[10] Gevolglik
word die volgende bevele verleen:
Die skuldigbevinding
word bekragtig.
Die opgelegde vonnis
word ter syde gestel en vervang met een van van 5 (vyf) jaar
gevangenisstraf, welke gevangenisstraf geag moet
word opgelê te
gewees het op 24 Januarie 2003.
Voormelde vonnis moet
apart van enige ander vonnis wat teen 24 Januarie 2003 aan appellant
opgelê was, uitgedien word.
_____________
C.
VAN ZYL, R
Ek stem saam.
_________________
J.P. MALHERBE, RP
/EM