S v Motaung (98/2006) [2006] ZAFSHC 102 (6 April 2006)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Backdating of sentence — Landdros initially imposed a sentence of 30 months' imprisonment for housebreaking and theft, which was set aside on review and referred back for further inquiry; upon re-evaluation, the landdros re-convicted the accused and imposed the same sentence, backdating it to the original conviction date — Court held that the landdros lacked authority to backdate the sentence as the initial conviction was set aside, and thus, the backdating order was invalid — New sentence of 18 months' imprisonment, half suspended for five years, was imposed, with the effective date of the sentence backdated to the original conviction date.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 102
|

|

S v Motaung (98/2006) [2006] ZAFSHC 102 (6 April 2006)

IN DIE HOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAAT PROVINSIAL AFDELING)
Hersiening Nr: 98/2006
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
PAKISHO
JOHN MOTAUNG
_____________________________________________________
CORAM:
C.J.
MUSI, J
et
MATHEBULA,
AJ
UITSPRAAK:
C.J.
MUSI, R
_____________________________________________________
DATUM GELEWER:
6
APRIL 2006
[1] Die beskuldigde is
aanvanklik op 29/08/2005 deur die landdros, Botshabelo skuldig bevind
aan huisbraak met die opset om te steel
en diefstal. Hy is tot 30
maande gevangenisstraf gevonnis. Op hersiening is daardie skuldig
bevinding en vonnis tersyde gestel.
Die saak is na die landdros
terug verwys met ‘n versoek dat hy die beskuldigde verder ondervra.
Nadat die landdros aan hierdie
versoek voldoen het, het hy weer die
beskuldigde skuldig bevind en hom weer tot 30 maande gevangenisstraf
gevonnis. Hy het voorts
bevel dat die vonnis
“word
geag opgelê te wees op 29/08/2005.”
Aangesien hierdie beveel op ‘n terugdatering van die vonnis
neerkom het ek ‘n navraag aan die landdros gerig waarin ek hom
gevra
het of hy wel die vonnis mag terugdateer. Die landdros het
redes verskaf en is hy van mening dat hy wel so ‘n bevel mag maak.
[2] Die landdros voer aan
dat hy van die bepalings van artikel 282 van Wet 51/1977 (die Wet)
gebruik gemaak het. Hy voer aan dat
hy steun vind vir sy optrede in
Hiemstra, Suid Afrikaanse Strafproses (sesde uitgawe) deur Kriegler
en Kruger te bladsy 722 en 723
en in die saak van
S
v Seekoei
1997 (1) A
11 SA 40
(NK) te 48 e.
[3] Artikel
282 van die Wet lees as volg:
“
Wanneer
‘n vonnis van gevangenisstraf, wat iemand by skuldigbevinding aan
‘n misdryf opgelê is, op appèl of hersiening tersyde
gestel word
en bedoelde persoon daarna ‘n vonnis van gevangenisstraf in die
plek van die vonnis van gevangenisstraf wat by skuldigbevinding
opgelê is, ten opsigte van daardie misdryf, of enige ander misdryf
wat daardie misdryf op appèl of hersiening vervang, opgelê
word,
kan die vonnis wat later opgelê word, indien die hof wat dit oplê
oortuig is dat die betrokke persoon ‘n gedeelte van
die vonnis van
gevangenisstraf wat by skuldigbevinding opgelê is, uitgedien het,
deur die hof teruggedateer word na ‘n bepaalde
datum, wat nie
vroeër is as die datum waarop die vonnis van gevangenisstraf wat die
skuldigbevinding opgelê is, opgelê is nie,
en daarop word die
vonnis wat later opgel
ê
is
,
geag
op die aldus bepaalde datum opgelê te gewees het. “
Hierdie artikel is in
S
v Seekoei
supra
onder die loep geneem. Die feite van die Seekoei saak is presies
dieselfde soos die feite van hierdie saak behalwe dat die termyn
van
gevangenisstraf wat opgelê was verskil. Buys J het in Seekoei tot
die slotsom gekom dat ‘n hof van eerste instansie wel die
bevoegdheid het om ‘n vonnis terug te dateer mits die aanvanklike
vonnis tersyde gestel is en die saak terug verwys is na daardie
hof
om vonnis te heroorweeg. Buys R het egter, korrek na my mening, tot
die slotsom gekom dat die artikel nie aanmending vind waar
die
skuldigbevinding ook tersyde gestel was nie. Hy druk himself as volg
uit:
“
Ek kom dus tot die gevolgtrekking
dat artikel 282 van die strafproseswet nie van toepassing is waar die
skuldigbevinding deur die
hof op hersiening of appèl tersyde gestel
word en die saak na die verhoorhof terugverwys word vir ‘n
voortsetting van die verrigtinge
nie.”
Seekoei ibid te 48 b-c.
Sien ook
S
v Mgedezi and Others
1989 (1) SA 687
(A) te 716 G – 717 B. Ek stem volkome saam met
hierdie gevolgtrekking. Die landdros se verwysing na bladsy 48e is
total en al
verkeerd want teenoor daardie gedeelte word slegs daarop
gewys dat die nie – toepaslikheid van artikel 282 in ‘n geval
soos hierdie
‘n leemte in die wet is.
[4] In Hiemstra
supra
bladsy 723 huldig die skrywers die mening dat
“
waar
‘n skuldigbevinding of vonnis op hersiening of appèl tersyde
gestel word, kan die terugdatering van die vonnis gedoen word
deur
die hoer hof of die hof waarheen die saak terugverwys is (S v Seekoei
1997 (1) A
11 SA 40
(NK)).”
Hierdie stelling moet in
konteks gelees word. Die hof van eerste instansie sal slegs die
bevoegdeheid het om die vonnis terug te
dateer indien die aanvanklike
skuldigbevinding op hersiening of appèl vervang is deur ‘n ander
skuldigbevinding deur die hof van
appèl of hersiening. Dit geld nie
in gevalle waar die skuldigbevinding en vonnis tersyde gestel is en
die saak na die hof a quo
terugverwys is met ‘n opdrag om verdere
ondervraging te doen of om verdere getuienis te ontvang nie.
[5] Die
landdros het derhalwe nie die bevoegdheid gehad om so ‘n bevel te
maak nie. Daardie bevel moet dus tersyde gestel word.
[6] Omdat
die tersydestelling van die bevel beteken dat die beskuldigde nou 30
maande gevangenisstraf moet uitdien vanaf die nuwe
vonnis datum sal
dit onbillike gevolge hê. Die eerste tydperk wat hy uitgedien het
moet in berekening gebring word. Om die saak
weereens terug te
verwys sal ook die beskuldigde onnodiglik benadeel.
[7] Die
beskuldigde is 19 jaar oud, getroud en werkloos. Sy vrou is swanger.
Hy het tot standerd 9 op skool gevorder. Hy het twee
vorige
veroordelings van aanranding met die opset om ernstig te beseer wat
albei op 12/11/1997 gepleeg is.
[8] Ek is dit eens met
die landdros dat huisbraak met die opset om te steel en diefstal ‘n
baie ernstige misdaad is. Die landdros
herhaal dan sy rympie – wat
hy in verskeie navrae noem met betrekking tot beleggersvertoue,
persone wat hierdie land verlaat om
elders ‘n veiliger heenkome te
vind en dat mense hulle dag en nag agter tralies en ysterhekke moet
verskan, want as jy jou mens
uitsteek, word jy verkrag, vermoor of
beroof. Hierdie is ‘n ongelukkige veralgemening sonder enige
empiriese basis. Dit is ‘n
mistasting. Mense – kundiges en
onkundiges – verlaat hierdie land om verskeie redes. So ook vestig
mense – kundiges en onkundiges
– hulle om verskeie redes in
hierdie land. Die landdros het duidelik die erns van die misdaad oor
trakteer. Na my mening is ‘n
vonnis van 30 maande gevangenisstrag
vir ‘n jong, getroude man waar al die goedere teruggevind is
onvanpas.
[9]
In
die omstandighede word die volgende bevel gemaak:
Die skuldigbevinding
word bekragtig.
Die vonnis word
tersyde gestel en vervang deur die volgende vonnis:
18 maande
gevangenisstraf waarvan die helfte opgeskort word vir 5 jaar op
voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig bevind word aan
huisbraak
met die opset om ‘n misdryf te pleeg of diefstal gepleeg gedurende
die tydperk van opskorting nie.
Die
vonnis word terugdateer na 29 Augustus 2005.
_________________
C.J.
MUSI, J
Ek
stem saam
_______________________
MATHEBULA, AJ