S v Tshehla (267/2006) [2006] ZAFSHC 115 (30 March 2006)

45 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Appeal against sentence — Appellant convicted of contravening section 5(b) of Act 140 of 1992 and sentenced to 3 years' imprisonment, 1 year suspended — Lack of evidence regarding the value of the cannabis leading to an improper sentence — Court finds original sentence inappropriate and substitutes it with a fine of R5,000 or 1 year imprisonment, with an additional year suspended for 4 years on condition of no further contraventions.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 115
|

|

S v Tshehla (267/2006) [2006] ZAFSHC 115 (30 March 2006)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 267/2006
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
THABISO
TSHEHLA
______________________________________________________
CORAM:
VAN DER MERWE, R
et
VAN
ZYL, R
UITSPRAAK:
VAN DER MERWE, R
GELEWER OP:
30 MAART 2006
[
1] Die
beskuldigde is op grond van sy pleit van skuldig tereg skuldig bevind
aan ‘n oortreding van Artikel 5(b) van Wet No. 140
van 1992. Hy
is vervolgens gevonnis tot 3 jaar gevangenisstraf waarvan 1 jaar
gevangenisstraf voorwaardelik opgeskort is vir 4 jaar.
[2] In sy redes vir
vonnis het die landdros onder andere daarop gesteun dat die waarde
van die betrokke 22kg dagga die bedrag van
R22 000,00 beloop het.
Dit is ‘n wanvoorligting. Daar is geen getuienis voor die
verhoorhof afgelê ten aansien van die waarde
van die dagga nie en
die beskuldigde het dit ook nie erken nie. Alhoewel die beskuldigde
te kenne gegee het dat hy voornemens was
om die dagga te verkoop en
inderdaad daarvan verkoop het op die dag van sy arrestasie, is daar
geen grondslag waarop bevind kon word
dat die dagga verkoop is of
verkoop sou word teen R1 000 per kilogram oftewel R1 per gram nie.
Die opgelegde vonnis kan gevolglik
nie bly staan nie. Na my oordeel
is dit in belang van geregtigheid dat vonnis opnuut deur hierdie hof
opgelê word.
[3] Die beskuldigde is ‘n
26-jarige man, getroud met een kind en werkloos. Hy is ‘n eerste
oortreder, het skuldig gepleit soos
gemeld en het aangebied om met
behulp van sy familie ‘n boete in die bedrag van R2 000,00 te
betaal. In al die omstandighede van
hierdie saak meen ek dat ‘n
vonnis van R5 000,00 of 1 jaar gevangenisstraf plus ‘n verdere 1
jaar gevangenisstraf voorwaardelik
opgeskort vir 4 jaar, gepas is.
[4] Gevolglik word die
skuldigbevinding bekragtig maar die opgelegde vonnis ter syde gestel
en vervang met ‘n vonnis van R5 000,00
(vyfduisend rand) of 1 (een)
jaar gevangenisstraf asook ‘n verdere 1 (een) jaar gevangenisstraf
wat in geheel opgeskort word vir
4 (vier) jaar op voorwaarde dat die
beskuldigde nie skuldig bevind word aan oortreding van Artikel 5(b)
van Wet No. 140 van 1992
gepleeg gedurende die tydperk van opskorting
nie.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Ek stem saam.
____________
C
VAN ZYL, R
/em