S v Jolimvaba (167/2006) [2006] ZAFSHC 149 (16 March 2006)

Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Appropriateness of sentence — Accused, a 19-year-old man, convicted of theft of two containers of deodorant valued at R37.98 and sentenced to one year imprisonment — Court found original sentence disproportionate given the value of the stolen items and the accused's personal circumstances, including previous convictions and unemployment — Sentence reduced to six months imprisonment, effective from 26 January 2006.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 149
|

|

S v Jolimvaba (167/2006) [2006] ZAFSHC 149 (16 March 2006)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening Nr.
167/2006
In die hersiening van:
DIE STAAT
versus
PETRUS JOLIMVABA
_____________________________________________________
CORAM:
WRIGHT
R
et
VAN ZYL R
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
WRIGHT
R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
16
MAART 2006
_____________________________________________________
[1] Die
beskuldigde, ‘n 19-jarige man, is skuldig bevind aan diefstal van 2
houers reukweerder ter waarde van R37,98 en gevonnis
tot een (1) jaar
gevangenisstraf.
[2] Nadat
redes vir vonnis versoek is, het die landdros addisionele redes
verskaf tot dit wat reeds vermeld is in sy uitspraak vir
vonnis. Die
landdros het hoofsaaklik maar aggeslaan op die lang reeks vorige
veroordelings van die beskuldigde wat verskeie skuldigbevindings
aan
diefstal insluit en waarvoor hy relatief ligte vonnisse opgelê is,
behalwe vir een vonnis van ses (6) maande gevangenisstraf.
Dit is
egter nie bekend wat die waarde van die gesteelde goedere is wat by
die vonnisse betrokke is.
[3] Ek
meen dat die waarde van die gesteelde items hier van deurslagggewende
belang is en verwys in die verband na die saak van
S
v MZAZI
2006 (1) SASV 100 (OK).
[4] Ter
versagting kan vermeld word dat die beskuldigde by sy suster bly en
sukkel om werk te kry. Hy is ongetroud, maar het egter
‘n
vry-meisie. Verder is hy werkloos en word dit as rede vir die
misdryf aangebied.
[5] Ek
meen dat die vonnis sodanig onvanpas is dat daar ingemeng behoort te
word in die lig van al die omstandighede van hierdie saak
soos dit
blyk uit die oorkonde en die landdros se redes en dat die
onderstaande vonnis gepas is in die lig van al die omstandighede.
[6] Bygevolg
word die skuldigbevinding bekragtig maar die vonnis tersyde gestel en
vervang met die volgende:
Ses
(6) maande gevangenisstraf. Die vonnis moet geag word opgelê te
gewees het op 26 Januarie 2006.
______________
G.F. WRIGHT, R
Ek stem saam.
____________
C. VAN ZYL, R
/sp