About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1986
>>
[1986] ZASCA 97
|
|
S v Solomon (392/1984) [1986] ZASCA 97 (19 September 1986)
LL
Saak No. 392/1984
IN DIE H00GGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPeLAFDELING
Insake die appèl van:
DAVID SOLO
Appellant
teen
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: VAN HEERDEN, GROSSKOPF et JACOBS ARR
VERHOORDATUM
: 29
AUGUSTUS 1986
LEWERINGSDATUM
: 19 SEPTEMBER 1986
UITSPRAAK
/
VAN HEERDEN AR
...
2.
VAN HEERDEN AR
:
Die appellant en ene Yiliwa het in die land-droshof tereggestaan op 'n
aanklag van diefstal van farmaseutiese middels wat aan hul
werkgewer behoort
het. Hulle is skuldig bevind en gevonnis tot 'n boete van R120 of 60 dae
gevangenisstraf asook verdere gevangenisstraf
wat voorwaardelik opgeskort is.
Die appellant se appèl na die Oranje Vrystaatse Provinsiale Afdeling het
misluk en met die
nodige verlof is die onderhawige appèl slegs teen sy
skuldigbevinding gerig.
Ene Metsing was ook van pleging van dieselfde misdaad
aangekla. Hy het skuldig gepleit en teen die tyd dat hy ten behoewe van die
Staat by die voortgesette verhoor van die appellant en Yiliwa getuig het, was hy
reeds skuldig bevind en gevonnis. Sy getuienis was
dan ook die enigste wat die
appellant direk gelmpliseer het.
Metsing getuig dat die appellant op
vyf
/geleenthede ...
3.
geleenthede aandadig was aan die diefstal van middels wat die
eiendom van Sterling Drugs was. Op die eerste geleentheid het die appellant
'n
karton bevattende 36 dosies Compral tablette op die firma se aflewerings-wa
gelaai. Later is dié karton by 'n kafee in
die Bochabela woonbuurt
afgelaai. Die appellant het in die voertuig bly sit terwyl Yiliwa en Metsing die
kar-ton in die kafee geneem
het. Dit is vir R45 verkoop wat gelykop tussen die
drietal verdeel is.
Op die tweede geleentheid het die appellant twee kartonne Stearns hoesstroop
op bedoelde voertuig gelaai. Later het al drie na voornoemde
kafee gery waar die
hoesstroop deur Yiliwa vir R30 verkoop is. Ook hierdie bedrag is gelykop
verdeel.
Op die volgende geleentheid het die appellant twee klein kartonne Andrews
lewersout geplaas tussen goedere wat afgelewer moes word.
Slegs die appellant en
Metsing het later na die Batho woonbuurt gery alwaar
/laasgenoemde ...
4.
laasgenoemde die lewersout aan ene Violet vir R4 verkoop het.
Dié bedrag is tussen die appellant en Metsing verdeel.
Op die vierde geleentheid het die appellant 36 bottels Stearns hoesstroop, 80
pakkies lewersout en 12 bottels Panado pille uit vol
kartonne van dié
mid-dels geneem. Daarna het hy dit in 'n lee kartondoos verpak en op die
afleweringsvoertuig geplaas. Later
het die appellant en Metsing na Quality
Stores in Heide-dal gery. Die appellant het by die voertuig gebly terwyl Metsing
die middels
aan die eienaar van die winkel verkoop het. Weer eens is die
koopprys, nl R30, gelykop verdeel.
Op die laaste geleentheid het die appellant 'n karton lewersout geneem wat
later op die aflewerings-voertuig geplaas is. Nadat ander
middels afgelewer is,
het die appellant en Metsing na Peter's Cash Store in Heidedal gery. Daar het
Metsing die lewersout vir
/R40 ...
5.
R40 verkoop. Die appellant het R30 geneem maar be-loof om
later nog R10 aan Metsing te gee.
Gratitude Mathobisa se getuienis bied ge-deeltelike stawing vir Metsing se
weergawe aangaande die eerste twee geleenthede. Hy sê
dat Yiliwa en
Met-sing twee keer middels aan Adeline Cash Stores in die Bochabela woonbuurt
verkoop het. Die eerste keer is 'n
karton Compral vir R45, en die tweede
keér 'n karton Stearns hoesstroop vir R30, verkoop. Die getuie het egter
nie op enige
van die twee geleenthede die appellant gesien nie. Anders as
Metsing sê hy ook dat slegs een karton hoesstroop verkoop is.
Violet Olifant bevestig dat Metsing lewersout vir R4 aan haar verkoop het. Sy
sê dat iemand in die afleweringsvoertuig bly sit
het terwyl Metsing in die
winkel was. Sy het egter geen ag op eersgenoemde ge-slaan nie.
Yiliwa het ontken dat hy enigsins by die
toe-
/ëiening ...
6.
ëiening van sy werkgewer se goedere betrokke was. Hy het
egter erken dat hy op twee geleenthede vir Metsing gehelp het om kartondose
in
te dra by Mathobisa Cash Store (ook bekend as Norman se kafee) maar het geensins
die appellant met hierdie gebeure verbind nie.
Vol-gens hom was hy bloot vir
Metsing behulpsaam met die betrokke aflewerings op stadiums toe hy nog nie vir
Sterling Drugs gewerk
het nie.
Die appellant het nie gedurende sy hoofonder-vraging in besonderhede al die
aantygings van Metsing beantwoord nie. Hy het egter ontken
dat hy ooit gegaan
het na die winkels en kafees waaroor Metsing getuig het, asook dat hy Compral of
Stearns hoesstroop op sy firma
se afleweringsvoertuig geplaas het.
Die landdros het die getuienis van die appel-lant (en Yiliwa) verwerp en
dié van Metsing aanvaar. In die redes deur hom verstrek
met betrekking
tot die skuldigbevinding van die appellant het die landdros as
/bewese ...
7.
bewese feite vermeld dat Metsing 'n uitstekende getuie was en
dat daar "grootliks" stawing vir sy getuienis was. Hoewel die landdros
bedag was
op die feit dat Metsing 'n medepligtige was en dat sy getuienis met
om-sigtigheid benader moes word, kom dit my voor dat
die stawing wat na sy
oordeel vir Metsing se weergawe be-staan het 'n belangrike faktor was by sy
opweging van die geloofwaardigheid
van Metsing teenoor dié van die
appel-lant. Dit is trouens toegegee deur die respondent se advokaat.
Die landdros het bedoelde stawing gevind in die getuienis van Mathobisa en
Olifant. Nou is dit
belangrik om daarop te let dat hierdie getuies slegs
bevestig het dat sekere middels aan hulle verkoop is, en dat hul getuienis nie
aantoon dat die appellant enig-sins daarby betrokke was nie. In besonder staaf
hulle nie Metsing se weergawe dat die appellant op
enige van die betrokke
geleenthede in die afleweringsvoertuig was
/nie ...
8.
nie. Insoverre Metsing aandadigheidaan die
betrokke
toeëienings aan die appellant toegeskryf het, bied die
getuienis van Mathobisa en Olifant dus geen stukrag vir Metsing se weergawe
nie.
Na my mening het die land-dros dus verkeerdelik hul getuienis gebruik ter
onder-skraging van Metsing se aantygings teen die
appellant.
Die landdros sê voorts dat Metsing se getuienis oortuig het omdat hy op
geen stadium probeer aandik het nie. In hierdie verband
is onder andere daarop
gewys dat hy nie probeer voorgee het dat hy op die derde en vyfde geleenthede
die gesteelde middels vir meer
as onderskeidelik R4 en R40 verkoop het nie. Dit
val egter nie in te sien nie waarom Metsing fiktiewe koop-pryse sou wou noem en
sodoende sy eie aandeel in die opbrengs van die diefstal sou wou vergroot nie.
Die blote feit dat Metsing nie onnodige, en trouens
onsin-nige, onwaarhede
verkondig het nie, verleen dus nie oortuigingskrag aan sy getuienis nie. Anders
as wat die landdros blykbaar
gemeen het, was daar betreffende die vyfde
geleentheid in elk geval geen getuienis nie, behalwe dié van Metsing
self, dat
hy R40 vir die be-trokke middels ontvang het of dat hy dié
inderdaad ver-koop het.
/Ten ...
9.
Ten aansien van die appellant se getuienis het die landdros
slegs die volgende gesê:
"Appellant se getuienis kon nie in isolasie oorweeg word nie maar daar moes
gekyk word na die getuienis in totaliteit wat die om-standighede
en
waarskynlikhede van die ge-beure insluit. Selfs al sou appellant se weergawe in
isolasie oorweeg kon word, kom dit neer op 'n
blote ontkenning van sekere
bewerings en 'n stilswye oor ander wesenlike aspekte waaroor daar onbetwiste
getuienis op rekord is.
Hy ontken dat hy 'Compral' of 'Stearns hoesstroop' op
afleweringsvoertuig geplaas het, terwyl Solomon Metsing getuig het oor vyf
geleenthede waar appellant goedere op afleweringsvoertuig geplaas het. Oor die
drie verdere geleenthede bewaar ap-pellant die stilswye.
Hy getuig dat hy nog
nooit in 'n swartwoonbuurt enige aflewer-ings gedoen het. Oor die vyf
geleenthede waartydens hy geld sou ontvang
het, verkies appellant om te swyg.
Hierbenewens wemel appellant se weergawe van weersprekings. Hy weerspreek hom
dikwels onmiddellik
by beant-woording van die volgende
vraag."
Die kritiek dat die appellant nie in soveel
woorde al Metsing se aantygings beantwoord het nie, is nie ongegrond nie, maar
uit dié
versuim kan nie afgelei word nie dat hy bedoelde aantygings nie
betwis het nie.
/Dit ...
10.
Dit was naamlik implisiet in die appellant se getuienis dat
hy nie aandadig aan diefstal van sy werkgewer se middels was nie. Dié
kulminasie van elke insident van diefstal volgens Metsing was 'n besoek aan 'n
besigheid waar die gesteelde middels verkoop is. Op
elk van die vyf geleenthede
sou die appellant óf die bestuurder van óf 'n passasier in die
afleweringsvoertuig gewees
het. Deur te ontken dat hy ooit by een van die
besighede was, het die appellant dus ook in effek ontken dat hy deel gehad het
aan
die verkoop van die middels of die dief-tige handelinge wat dit voorafgegaan
het.
Daar was weersprekings in die appellant se getuienis maar die landdros se
tipering daarvan kom oordrewe voor. Die enkele weersprekings
wat daar wel was,
het gegaan oor die vrae of een van die drie werk-nemers van Sterling Drugs ooit
alleen aflewerings gedoen het en
of Metsing voor Yiliwa in die firma se diens
ge-tree het. Ek meen egter nie dat hierdie weersprekings
/belangrik ...
11.
belangrik is nie aangesien hulle geen verband hou met die
appellant se beweerde aandadigheid aan die diefstal van sy werkgewer se
middels
nie. In elk geval kan nie gesê word dat die appellant se getuienis "wemel"
van weersprekings nie.
Soos uit die voorgaande blyk, het die landdros wesentlike wanvoorligtings
begaan by die beoordeling van die geloofwaardigheid van
Metsing aan die een kant
en dié van die appellant aan die ander kant. Wanneer nou opnuut oor die
aangeleentheid besin word,
kan ek nie bevind nie dat die appellant se ontkenning
van aandadig-heid aan die diefstal nie redelik moontlik waar is nie. Sy
getuienis
is nie inherent onwaarskynlik nie en hy het op 'n stadium sy werkgewer
se aandag gevestig op 'n tekort aan Panados wat hy nouliks
sou gedoen het indien
hy be-wus was van verdere tekorte. En wat Metsing se ge-tuienis betref, moet in
gedagte gehou word dat vanweë
sy kennis van die besonderhede van die
toeëienings dit
/vir ...
12.
vir hom nie moeilik sou gewees het om met oënskynlike oortuiging die
appellant valslik daarby te betrek nie.
Gevolglik slaag die appèl en word die appel-lant se skuldigbevinding
en vonnis tersyde gestel.
H.J.O. VAN HEERDEN AR
GROSSKOPF AR
STEM SAAM
JACOBS AR