S v Mashiyana (218/2006) [2006] ZAFSHC 112 (9 March 2006)

40 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Special review — Sentence imposed under plea agreement — Accused sentenced to imprisonment with suspension on condition of not committing further relevant offences — Court found that there was a bona fide error in the original sentencing — Court exercised its powers under section 304(4) to amend the sentence to reflect a three-year term of imprisonment, with an additional four years suspended for five years on the condition that the accused does not commit theft, fraud, or any crime involving dishonesty during the suspension period.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 112
|

|

S v Mashiyana (218/2006) [2006] ZAFSHC 112 (9 March 2006)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening
Nr. : 218/2006
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
P.
MASHIYANA
______________________________________________________
CORAM:
KRUGER, R
et
C.J. MUSI, R
______________________________________________________
UITSPRAAK:
KRUGER,
R
GELEWER
OP:
9 MAART 2006
[1] Hierdie
is ‘n spesiale hersiening gestuur deur die Streeklanddros,
Bloemfontein, onder artikel 304(4) van die Strafproseswet
51 van
1977.
[2] Die
beskuldigde is gevonnis ingevolge ‘n pleit en vonnisooreenkoms
ingevolge artikel 105A van Wet 51 van 1977.
[3] Soos
die vonnis op die stadium bewoord is mag die beskuldigde nie weer
skuldig bevind word gedurende die termyn van opskorting
nie instede
daarvan dat hy belet word om genoemde misdade te pleeg gedurende die
tydperk van opskorting.
[4] Uit ‘n skrywe van
die Staatsaanklaer blyk dat die partye betrokke by die pleit
ooreenkoms ten alle tye die bedoeling gehad het
dat die
gevangenisstraf opgelê vir die beskuldigde, opgeskort moes word op
die gewone voorwaarde, naamlik dat hy nie weer skuldig
bevind word
aan relevante misdade, gepleeg binne die opskortingstydperk nie.
Die aanklaer sê dit gaan hier om die regstelling
van die bona fide
fout.
[5] Hoewel
die vonnisooreenkoms tussen die staat en die beskuldigde aangegaan
word (artikel 105A(1)(a)), is dit die hof wat vonnis
oplê
(ooreenkomstig die vonnisooreenkoms) (artikel 105A(8)).
[6] Hierdie
is ‘n geval waar die verrigtinge nie ooreenkomstig die reg is nie
omdat ‘n verkeerde vonnis per abuis opgelê is.
Dit is ‘n
gepaste geval vir hierdie hof om sy wye magte onder artikel 304(4) te
gebruik.
[7] Gevolglik
word die vonnis deur die landdros opgelê ingevolge die
pleitooreenkoms gewysig om soos te lees:
g
Drie (3) jaar
gevangenisstraf in terme van artikel 276(1)(b) van die
Strafproseswet, Wet 51 van 1977 (soos gewysig) en ‘n verdere
(4)
jaar gevangenisstraf opgeskort vir vyf jaar (5) op voorwaarde dat die
beskuldigde nie skuldig bevind word aan diefstal of bedrog
of enige
misdaad waarvan oneerlikheid ‘n element is nie gepleeg binne die
opskortingstydperk nie.”
_____________
A.
KRUGER, R
Ek stem saam.
___________
C.J. MUSI, R
/em