S v Vilakazi (126/2006) [2006] ZAFSHC 146 (6 March 2006)

45 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Review — Defective record — District Court unable to reconstruct trial record due to lost tapes — Doubts regarding the legality of proceedings and conviction — High Court setting aside the proceedings due to irreparable deficiencies in the record.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 146
|

|

S v Vilakazi (126/2006) [2006] ZAFSHC 146 (6 March 2006)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening Nr. :
126/2006
In
die hersiening tussen:-
DIE
STAAT
versus
JOSIAH
VILAKAZI
_____________________________________________________
CORAM:
KRUGER
R
et
C.J.
MUSI R
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
KRUGER
R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
30
MAART 2006
_____________________________________________________
[1] Hierdie
saak is deur die Distrikshof te Parys oorgeplaas na die Streekhof vir
vonnis. Daar die getranskribeerde notule wat aan
die
streekhoflanddros, Kroonstad, voorgelê is gebrekkig was, is die
saaknotule na die distriklanddros terugverwys vir rekonstruksie.
[2] Die distriklanddros
het laat weet dat hy nie instaat is om die saaknotule te rekonstrueer
nie omdat die bande verlore geraak het.
[3] Weens die gebreke in
die saakrekord is daar twyfel by die streekhoflanddros of die
verrigtinge in die Distrikhof ooreenkomstig
die reg geskied het en of
die beskuldigde regtens korrek skuldig bevind is.
[4] Hy versoek nou
hierdie Hof om die verrigtinge tersyde te stel.
[5] Gevolglik
word die verrigtinge tersyde gestel.
____________
KRUGER, R
Ek
stem saam.
___________
C.J. MUSI, R
/sp