About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 139
|
|
Fourie and Another v ABSA Bank Beperk h/a Bankfin (A66/05) [2006] ZAFSHC 139 (23 February 2006)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèl Nr. : A66/05
In
die appèl tussen:-
GERT
CORNELIUS STRYDOM FOURIE
1ste
Appellant
CORNELIUS
JOHANNES IGNATIUS VERWEY
2de
Appellant
en
ABSA
BANK BEPERK h/a BANKFIN
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
HATTINGH
R
et
WRIGHT
R
AANGEHOOR
OP:
13
FEBRUARIE 2006
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
HATTINGH
R
et
WRIGHT R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
23
FEBRUARIE 2006
_____________________________________________________
[1] Die
appellante, die verweerders in die hof
a
quo
,
kom in hoër beroep teen ân uitspraak ten gunste van die
respondent, ABSA Bank Beperk, wat die eiser was in die hof
a
quo
.
Die eis was vir ân bedrag van R484 736,13 met sekere rentes en
kostes en is gegrond op ân borgstelling wat deur appellante
verskaf
is.
[2] Die borgstelling ten
gunste van respondent, is deur appellante onderteken en daarin het
hulle hulleself as borg verbind vir alle
bedrae wat deur die
maatskappy Agri-My Beperk aan respondent verskuldig was. Die eis het
egter slegs betrekking gehad op die bedrag
wat ingevolge ân
bepaalde afbetalingsverkoopsooreenkoms verskuldig was, welke
ooreenkoms dan ook by die stukke aangeheg was.
[3] Die verwere wat deur
appellante geopper is, is drieledig van aard, naamlik:
(a) Gebrekkige lewering
deur respondent aan Agri-My Beperk van die toerusting wat kragtens
die afbetalingsverkoopsooreenkoms verkoop
is; en
(b) ân
Ontkenning van die korrektheid van die setifikaat wat as bylae âCâ
tot die besonderhede van vordering aangeheg is en
waarop respondent
gesteun het; en
(c) Insoverre
respondent in die alternatief gesteun het op estoppel, ân
ontkenning van sodanige regsgrond.
[4] Dit is gemene saak
tussen die partye dat appellante inderdaad hulleself as borg teenoor
respondent verbind het vir die nakoming
van die verpligtinge van
Agri-My Beperk en dat die terme van die borgakte van toepassing is
asook dat Agri-My versuim het om die
bepalings van die ooreenkoms na
te kom en dat die verskuldigde bedrag opeisbaar en betaalbaar sou
wees op grond van die bepalings
van die
afbetalingsverkoopsooreenkoms, indien behoorlike lewering plaasgevind
het en respondent nie geregtig was om op estoppel te
steun nie.
[5] Die landdros het
bevind dat die appellante eerstens getuienis moet lewer en is daar
inderdaad deur tweede appellant getuienis
namens appellante gelewer.
Daarna het twee getuies namens respondent getuienis aangebied. Die
kern van tweede appellant se getuienis
was dat respondent se
verteenwoordiger en veral spesifiek respondent se getuie, mev M
Venter, bewus was daarvan dat die goedere wat
verkoop is kragtens die
afbetalingsverkoopsooreenkoms nog nie bestaan het of gelewer was ten
tye van die ondertekening van die kontrak
nie en dat dit op ân
later stadium gelewer sou word. Hy het voorts ook getuig dat hy nie
geneë was om die faktuur te onderteken
wat lewering bevestig het nie
en pertinent dit aan mev Venter vermeld het waarop sy geantwoord het
dat âhulleâ inderdaad lewering
sou kry. Voorts het hy ook getuig
dat hy gereeld kort-kort aan mev Venter meegedeel het dat lewering
nie geskied het nie en dat
lewering van die grootste gedeelte van die
items wat verkoop is nooit plaasgevind het nie.
[6] Mev
Venter se getuienis daarenteen was dat daar nooit enigiets van
nie-lewering aan haar geopper is by by die ondertekening van
die
faktuur nie en dat eerste appellant dit onderteken het tesame met al
die ander dokumente toe die afbetalingsverkoopsooreenkoms
aangegaan
is en dat sy aanvaar het ten tye daarvan dat lewering inderdaad
geskied het. Sy ontken ook dat daar op en tydens besoeke
kort daarna
aan haar vermeld is dat lewering nie plaasgevind het nie en vermeld
dat tweede appellant en by tye ook eerste appellant
met haar in
verbinding was oor sekere ander aspekte soos BTW afbetalings en die
feit dat tweede appellant hom as borg onthef wou
hê. Sy het eers te
hore gekom van die beweerde nie-lewering toe ân brief geskryf is
deur ân verteenwoordiger van appellante,
ene Van der Westhuizen, op
23 Mei 2001. Dit was op die stadium toe die maatskappy reeds opgehou
het om sy verpligtings na te kom
en toe ân aansienlike bedrag reeds
afbetaal is soos volledig uiteengesit is in bewysstuk âFâ met al
die betalings vermeld wat
inderdaad ontvang is en ân totale bedrag
beloop van R485 934,28. Sy vermeld ook dat indien sy sou geweet het
dat die verkoopte
goedere nog in die proses van vervaardiging was,
daar nie ân finale afbetalingsooreenkoms aangegaan sou gewees het
nie, maar ân
interim kontrak wat later deur ân finale kontrak
vervang sou word sodra lewering plaasgevind het.
[7] Nadat
die hof
a
quo
die
getuienis van beide kante aangehoor het, het die hof tot die slotsom
gekom dat al die getuies se getuienis aanvaarbaar is en dat
dit nie
moontlik was om enige bevinding aangaande ân geloofwaardigheid te
maak nie. Die hof was van mening dat hierdie ân geval
is waar daar
botsende weergawes bestaan het wat sou meebring dat die beginsels
soos uiteengesit in
NATIONAL
EMPLOYERS' GENERAL INSURANCE CO LTD v JAGERS
1984 (4) SA 437
(OK) te 440 D â G van toepassing was.
[8] Dit
is inderdaad so dat daar in die borgstelling afstand gedoen is van
die
exceptio
non cause debiti
.
[9] Hierdie
afstanddoening het ân gevolg op die bewyslas ten aansien van die
skuldoorsaak wat hier van toepassing is en word die
regsposisie soos
volg opgesom in Caneyâs se
The
Law of Suretyship
5de Uitgawe op bl. 42 voetnoot 54:
â
54 The
exceptio
non causa debiti
is usually renounced in suretyships securing debts arising otherwise
than from loans of money. (The surety who has renounced this
exceptio is not debarred from alleging and proving that there was in
fact no
causa
debiti
).
The purpose of the renunciation is to saddle the surety with the
onus if proving the absence of the
causa
.
In
Dowson
& Dobson Industrial Ltd v Van der Werf & others
1981
(4) SA 417
(C) Marais J elucidates at 431: âThe renunciation of
the exception means no more than that, when the creditor asserts a
claim
in
terms of the suretyship
the surety will bear the onus of establishing that
the
principal debt
for
which he undertook liability does not exist ... Before the defendants
[the sureties] are required to discharge that onus, plaintiff
[creditor] has to allege that the
causa
debiti
is
one in respect of which the defendants undertook liability ... That
allegation remains essential to its cause of action. Only then
will
the renunciation of the exception
non
causa debiti
have its effect.â There may be some merit in renouncing the
exceptio in instances where the cause of the debt arises otherwise
than from a loan of money.â
[10] Vir
doeleindes van hierdie appèl kan aanvaar word dat die bewyslas op
appellante gerus het om te bewys dat daar nie lewering
plaasgevind
het nie. Ons insiens, het die appellante egter inderdaad op ân
oorwig van waarskynlikhede bewys dat behoorlike lewering
van die
meerderheid van die items wat hier ter sprake was nie plaasgevind het
nie.
[11] Reeds in ân
versoek om nadere besonderhede het appellante onder meer gevra waar
en wanneer en op welke wyse lewering van die
goedere aan Agri-My
Beperk plaasgevind het en aan wie die betrokke goedere namens Agri-My
gelewer is. Ten opsigte van hierdie vraag
word die volgende antwoord
verskaf in respondent se nadere besonderhede:
â
Die
gevraagde besonderhede vervat in hierdie paragraaf val binne die
besondere kennis van die Verweerders. Eiser maak daarop staat
dat
Verweerders teenoor Eiser voorgestel het dat die betrokke goedere
inderdaad gelewer is aan en ontvang is deur Agri-My Beperk
soos meer
volledig blyk uit bylae
âAâ
en âBâ hiertoe.â
Die
aanhangsels tot die nadere besonderhede is inderdaad ân dokument
wat ân beskrywing gee van die goedere wat verkoop is en ân
ander
dokument, gemerk bylae âAâ, wat ân faktuur is wat uitgereik is
deur Agrival (Edms) Bpk en weereens verwys na die goedere
wat hier
ter sprake is. In laasgenoemde faktuur gee C J Nel, die Besturende
Direkteur van Agrival, te kenne dat die goedere â
namens
uâ
(verwysende na respondent) gelewer is aan Agri-My Beperk. Dit is
gemene saak dat die handtekening van tweede appellant op hierdie
dokument op die regterkantse onderste hoek aangebring is.
[12] Dit
is dus duidelik dat die respondent self nie enige getuienis kon lewer
oor hoe lewering plaasgevind het nie, waar en wanneer
dit plaasgevind
het nie of dat respondent enige stappe geneem het om vas te stel of
lewering inderdaad geskied het. Alhoewel respondent
se getuie, mev M
Venter, gekonstateer het dat lewering wel plaasgevind het, is dit
duidelik dat haar getuienis op afleidings gebaseer
is en dat sy nie
self teenwoordig was ten tye van lewering nie en glad nie kon getuig
van hoe en waar lewering plaasgevind het nie.
Haar getuienis was
trouens dat sy staatgemaak het op die ondertekening van die faktuur
deur tweede appellant om hierdie afleiding
te maak. Ook het die
respondent geen ander getuie geroep om lewering te bewys nie, soos
byvoorbeeld hulle agent, Agrival (Edms)
Bpk en spesifiek die
Besturende Direkteur daarvan, synde voormelde C J Nel of ân sekere
mnr Mantle onder wie se beheer die transaksie
geresorteer het. Die
persoon wat aanvanklik in beheer van die transaksie was, ene Chet
Maherry, is ook nie geroep nie en kon die
ander getuie, De Kiewit,
geensins enige getuienis ten aansien van lewering verskaf nie.
[13] Daarenteen
is deur appellant se getuienis duidelik dat lewering slegs
plaasgevind het van ân baie beperkte deel van die goedere
wat
kragtens die afbetalings-verkoopsooreenkoms verkoop is en waarvan die
waarde veel minder is as die betalings wat deur Agri-My
gemaak is.
Daar was ook getuienis gewees dat daar besoek gebring is gedurende
2001 aan die fabriek en dat daar âpypeâ en ander
goed rondgelê
het wat nie gemonteer of gekonnekteer is nie. Die is trouens
duidelik dat respondent se regsverteenwoordiger nie
stellings aan
tweede appellant kon maak dat lewering inderdaad plaasgevind het of
ten aansien van waar en wanneer lewering plaasgevind
het nie en aan
wie lewering inderdaad geskied het nie. Dit moet dus op ân oorwig
van waarskynlikhede aanvaar word dat daadwerklike
lewering nooit
plaasgevind het van die oorgrote meerderheid van die items ten
opsigte waarvan die afbetalings-verkoopsooreenkoms
aangegaan is, en
dat insoverre daar ân bewyslas op appellante was om dit aan te
toon, die bewyslas gekwyt is.
[14] Om
daardie rede is daar deur mnr Colditz, wat namens respondent in die
hof
a
quo
en ten tye van die aanhoor van die appèl verskyn het, gesteun op
estoppel. Daar is inderdaad juis gesteun op die voorstelling wat
tweede appellant na bewering gemaak het toe hy die voormelde faktuur
onderteken het, en ten opsigte waarvan respondent soos volg
gepleit
het in ân pleitstuk wat genoem is âeiser se antwoordâ (en
vermoedelik ân replikasie op die verweerskrif is):
â
1.2.3
Agri-My
Beperk en Verweerders het te alle relevante tye voor en tydens
aangaan van die ooreenkoms teenoor Eiser voorgestel dat die
goedere
uiteengesit in bylae âAâ tot die Besonderhede van Vordering deur
die verskaffer daarvan aan Agri My Beperk gelewer is.â
Daar
is voorts gepleit dat indien respondent daarvan bewus sou gewees het
dat die goedere of enige gedeelte daarvan nie aan Agri-My
gelewer was
nie, die respondent nooit die ooreenkoms sou aangegaan het nie.
[15] Insoverre die
respondent in repliek op estoppel gesteun het, is die gemene saak dat
die bewyslas ten opsigte daarvan op respondent
rus en is dit trouens
toegegee deur mnr Colditz ten tyde van argument.
[16] Die tweede appellant
het in sy getuienis volledig uiteengesit waarom die goedere nie
bestaan het ten tye van die aangaan van
die ooreenkoms nie en dat dit
eers later vervaardig sou word en mettertyd by die bestaande fabriek
aangebring sou word. Toe hy gevra
is om die faktuur te onderteken,
het hy dit baie duidelik aan mev Venter oorgedra dat die goedere nog
nie afgelewer was nie en sy
het daarop geantwoord:
âMaar
is dit wat julle gaan kry.â
Daar
is geen rede om hierdie getuienis van tweede appellant te verwerp nie
en kom dit trouens onwaarskynlik voor dat hy dit sou versin.
[17] Mnr Colditz het ten
tye van argument en in sy betoogspunte veral daarop gesteun dat die
feit dat daar heelwat afbetalings gemaak
is deur Agri-My, teen
appellante tel. Tweede appellant het egter ân heeltemal
bevredigende antwoord gegee op ân spesifieke vraag
waarom daar
betalings gemaak is terwyl die goedere nog nie ontvang is nie. Hy
het spesifiek vermeld dat hulle baie op beloftes staatgemaak
het van
die kontrakteur dat hy sou presteer. Hy het ook verder in sy
getuienis vermeld dat hulle met mev M Venter bymekaar gekom
het toe
dit blyk dat lewering nie plaasgevind het nie en dat hulle saam ân
strategie beplan het waarvolgens Agri-My Beperk. ân
finansiële
inspuiting sou kry deur op ân ander wyse fondse in te samel. Sy
getuienis is dat hy trouens herhaalde male tussen
1999 en 2001 aan
mev Venter te kenne gegee het dat lewering nie plaasgevind het nie.
Op 6 April 2001 was voormelde mnr Mantle saam
met mev Venter op hulle
perseel en is die gebrekkige prestasie ook aan hulle uitgewys.
Hierdie getuienis moet ook verstaan word
in die lig van die getuienis
met betrekking tot vorige transaksie wat tussen Agri-My Beperk en
respondent aangegaan is.
[18] Voorts was daar
getuienis van tweede appellant dat daar ân vergadering op 22
Januarie 1999 gehou is waarin uiteensetting gegee
is van die goedere
wat aangekoop sou word en waarvoor dit gebruik sou word en was daar
ook ân vloeidiagram op blaaibord gelaai
om om aan te dui wanneer
die goedere gelewer sou word aangesien dit nog nie bestaan het nie.
ân Skrywe is ook inderdaad deur die
verskaffer, Agrival (Edms) Bpk,
aan respondent gerig gedateer 29 Januarie 1999 (ân paar dae voor
die afbetalingsverkoopsooreenkoms
onderteken is) waarin verdere
besonderhede van die goedere verskaf is. (Terloops kan vermeld word
dat die eerste van die verkoopte
items as â1 Marshall Fowler
Stoomketel of die ekwivalent 100 kg stoom per uur tweedehandsâ
beskryf word wat waarskynlik nie betrekking
kan hê op reeds
gelewerde items nie.) Indien hierdie getuienis aanvaar word, kom dit
uiters onwaarskynlik voor dat mev Venter ten
tyde van die
daaropvolgende ondertekening van die ooreenkoms nie daarvan bewus sou
gewees het dat die goedere eers later verskaf
sou word nie. Trouens
moet die getuienis van mev Venter dat die bank tot sy nadeel gesteun
het op die voorstelling in die faktuur
in die lig van al die
getuienis met betrekking tot die feit dat lewering inderdaad nooit
plaasgevind het, gesien word.
[19] Voorts
is dit veral in die verband belangrik dat respondent, op wie die
bewyslas ten opsigte van die voorstelling gerus het,
dit nie nodig
geag het om voormelde Chet Maherry en Mantle te roep nie (en ook nie
vir Nel nie). Getuienis van wat na die tyd plaasgevind
het speel ân
minder belangrike rol. Dit kan trouens nie veel lig werp ten opsigte
van die vraag of daar inderdaad ân voorstelling
aan die kant van
appellante was waarop respondent kon steun. Indien die tweede
appellant se getuienis in die verband aanvaar word,
kan daar nie
sprake wees van enige voorstelling op grond waarvan appellant kon
aanneem dat lewering inderdaad geskied het nie.
[20] Daar kan ten beste
in respondent se guns aanvaar word dat die waarskynlikhede in die
verband eweredig is (alhoewel ons van mening
is dat ook in die opsig
die getuienis appellante begunstig) en daarom kan respondent se
beroep op die beginsels van estoppel nie
slaag nie.
[21] Bygevolg slaag die
appèl en word die volgende bevel gemaak:
Die appèl slaag met
koste.
Die
bevel van die hof
a
quo
word tersyde gestel en vervang met die volgende bevel:
Absolusie van die
instansie ten gunste van die verweerders met koste.
________________ ______________
G.A.
HATTINGH, R G.F. WRIGHT, R
Namens
die appellante: Adv. S.J. Reinders
In
opdrag van:
Honey
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Mnr. P. Colditz
In
opdrag van:
Schoeman
Maree Ing.
BLOEMFONTEIN
/sp