S v lefaso and Another (1445/2005) [2006] ZAFSHC 142 (16 February 2006)

60 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Review — Testimony of minor witness — The court reviewed the conviction of two accused based on the testimony of a 14-year-old witness. The witness's understanding of truth and falsehood was questioned, and the court found that the magistrate failed to adequately assess the witness's competence. Additionally, the record was incomplete, lacking a coherent reasoning for the convictions. The court concluded that the evidence presented did not establish guilt beyond a reasonable doubt and set aside the convictions of both accused.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 142
|

|

S v lefaso and Another (1445/2005) [2006] ZAFSHC 142 (16 February 2006)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening Nr. :
1445/2005
In
die hersiening tussen:-
DIE
STAAT
versus
MOJALEFA
JAMES LEFASO
Beskuldigde
1
SIYABANGA
PAPI MBOYISA
Beskuldigde
2
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
KRUGER,
R
et
C.J.
MUSI, R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
16
FEBRUARIE 2006
_____________________________________________________
[1] Hierdie
is ‘n hersiening. Die getuie L.C. Thatso was deur die tolk
ingesweer. Die staatsaanklaer het die landdros se aandag
daarop
gevestig dat hy 14 jaar oud was. Daarna het die volgende gebeur:
“
HOF:
Reg,
dankie. Mnr. Thatso, hoe oud is u? – 14.
Is u op skool? –
Ja.
In
watter graad is u? – 9.
Weet u wat die verskil is tussen die
waarheid en ‘n leuen? – Ja.
Wie het vir u dit geleer? – My
ouers.
Reg,
u kan dan maar voortgaan.”
[2] ‘n
Getuie is slegs bevoeg om te getuig as hy die verskil tussen die
waarheid en onwaarheid verstaan. Die hof moet vrae vra
ten einde die
posisie te bepaal. In sy redes gee die landdros toe dat meer vrae
aan getuie L.C. Thatso gevra kon gewees het, maar
sê dat uit die
getuie se selfversekerde houding in die getuiebank was dit vir die
hof duidelik dat hy die verskil tussen waarheid
en leuen verstaan.
Voordat ‘n getuie die eed aflê, moet die hof tevrede wees dat die
getuie die betekenis daarvan begryp. Sodanige
begrip blyk nie uit
die oorkonde nie.
[3] Sonder
die getuienis van getuie L.C. Thatso is daar geen basis vir ‘n
skuldigbevinding nie.
[4] Die rekord is ook
onvolledig. Die uitspraak hou op by ‘n bespreking van die
beskuldigdes se getuienis. Die beredenering ontbreek.
Daar is geen
redes in die uitspraak waarom die beskuldigdes skuldig bevind word
nie. Die landdros sê in sy redes dat is onmoontlik
om die uitspraak
te rekonstrueer.
[5] Daar is ook ‘n
aantal onbevredigende aspekte rondom die getuienis. Daar was ‘n
enkelgetuie wat 14 jaar oud was wat die beskuldigdes
geïdentifiseer
het. Hy het die beskuldigdes beskryf aan ‘n getuie wat volgens die
landdros nagenoeg 16 – 17 jaar oud was, op
grond waarvan die
beskuldigdes gaan haal is. Daar was onbevredigende getuienis oor die
beligting en oor hoe lank die beskuldigdes
dopgehou is. Die mees
onbevredigende aspek van die enkelgetuie se getuienis betref die tyd
van die voorval. In hoof word hy gelei
waar hy bevestig dat dit 10
uur die aand was. Hy sê hy was 10 uur die aand by die huis en het
toe die beskuldigdes gesien. In
kruisondervraging praat hy van 3
uur. Dit is ‘n wesenlike weerspreking. Die landdros sê nou in sy
redes dit was eenvoudig gedurende
die nag en van geen belang nie. ‘n
Enkelgetuie se getuienis moet bevredigend wees in alle wesenlike
opsigte. Mens kan nie sê
dat hierdie getuienis sodanig bevredigend
was nie.
[6] Wat
betref die uitkenning van die beskuldigdes, blyk dit dat die
ooggetuie ‘n beskrywing aan sy vriendjie gegee het op grond
waarvan
sy vriendjie gemeen het die ooggetuie verwys na die beskuldigdes
waarop hulle deur die polisie gebring is en waarop die eerste
getuie
toe bevestig het dat dit inderdaad die persone was. Hierdie
getuienis is uiters verdag, veral as ‘n mens in ag neem hoe
hulle
beskryf is en hoe hierdie getuienis aangebied is. Ek is tevrede dat
op hierdie rekord die skuld van die beskuldigdes nie bo
redelike
twyfel bewys is nie.
[7] Verder verwys die
landdros in sy uitspraak na die feit dat beskuldigde No. 1 nie getuig
het nie, en na die onbevredigende getuienis
van beskuldigde No. 2.
Die beskuldigdes se skuld word nie bewys deur hul eie getuienis, of
gebrek daaraan nie. Die vraag is of
die staatsgetuienis, gesien saam
met die beskuldigdes se getuienis, as geheel beoordeel, skuld
daarstel. Na my mening is dit hier
nie die geval nie.
[8] Die
feit dat beskuldigde 1 geswyg het, kan nie teen hom gehou word, omdat
daar nie ‘n
prima
facie
saak teen hom was nie. Ek meen nie dat beskuldigde No. 2 so ‘n
swak getuie was as wat die landdros bevind het nie. Die kwessie
of
daar enige vriendskap tussen die twee beskuldigdes was, kan nouliks
bydra tot bewys van skuld. Dit is al herhaaldelik gesê dat
‘n
leuenagtige beskuldigde nie noodwendig ‘n skuldige beskuldigde is
nie. Daar kan verskeie redes wees om onwaarhede te vertel
of om jou
te probeer distansieer van iemand anders. Ook die feit dat jy
aangekla was as beskuldigde saam met ‘n persoon, mag jou
moontlik
daartoe noop, maar dit bewys nog nie jou skuld nie.
[9] Gevolglik word die
skuldigbevindings en vonnisse van beide beskuldigdes tersyde gestel.
____________
KRUGER, R
Ek
stem saam.
___________
C.J. MUSI, R
/sp