About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 109
|
|
S v Tobelo (1606/2005) [2006] ZAFSHC 109 (9 February 2006)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 1606/2005
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
MICHAEL
THABO TOBELO
______________________________________________________
CORAM:
HATTINGH, R
et
VAN DER
MERWE, R
UITSPRAAK:
VAN DER MERWE, R
GELEWER OP:
9 FEBRUARIE 2006
[
1] Die
beskuldigde is op grond van sy pleit van skuldig tereg skuldig bevind
aan handeldryf in 18,15 kilogram dagga ter oortreding
van artikel
5(b) van Wet no. 140 van 1992. Hy is daarna gevonnis tot ân boete
van R2 000,00 of 18 maande gevangenisstraf asook
ân verdere 12
maande gevangenisstraf welke 12 maande gevangenisstraf opgeskort is
vir 4 jaar op voorwaarde dat die beskuldigde
nie skuldig bevind word
aan ân oortreding van artikel 5(b) van Wet no. 140 van 1992 gepleeg
het gedurende die opskortingstermyn
nie.
[2] Die verhoorlanddros
het vanweë die versagtende omstandighede in die saak vir die
beskuldigde ân boete opgelê wat effens minder
is dan wat
normaalweg vir hierdie tipe oortreding opgelê word. Hiermee is geen
fout te vind nie. Die beskuldigde is 54 jaar oud
en het geen vorige
veroordelings nie. Hy is getroud maar beide hy en sy eggenote is
werkloos. Hy en sy eggenote het 5 skoolgaande
kinders, twee waarvan
so siek was dat hul ten tye van die verhoor in die hospitaal was.
Die beskuldigde het gesê dat hy die misdryf
gepleeg het omdat hy
geld nodig gehad het om sy kinders te versorg en as gevolg van ân
begrafnis wat gehou moes word. Die boete
is nie betaal nie.
[3] In
hierdie omstandighede is die alternatiewe gevangenisstraf van 18
maande buitensporig swaar en heeltemal buite verhouding tot
die
boetevonnis wat deur die omstandighede van die saak geregverdig is.
Na my oordeel moet dit vervang word met 6 maande gevangenisstraf.
[4] Gevolglik word die
skuldigbevinding bekragtig maar word die opgelegde vonnis ter syde
gestel en vervang met ân boete van R2
000,00 (tweeduisend rand) of
6 (ses) maande gevangenisstraf asook ân verdere 12 (twaalf) maande
gevangenisstraf welke 12 (twaalf)
maande gevangenisstraf opgeskort
word vir 4 (vier) jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig
bevind word aan ân oortreding
van artikel 5(b) van Wet no. 140 van
1992 gepleeg gedurende die opskortingstermyn nie en moet hierdie
vonnis geag word opgelê te
gewees het op 1 Desember 2005.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Ek stem saam.
________________
G.A. HATTINGH, R
/em