About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 2
|
|
Engelbrecht v Road Accident Fund (A38/05) [2006] ZAFSHC 2 (9 February 2006)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèl Nr : A38/2005
In
die appèl tussen:
H
C ENGELBRECHT
Appellant
en
DIE
PADONGELUKKEFONDS
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
VAN
DER MERWE, R
et
C.J. MUSI, R
UITSPRAAK:
C.J.
MUSI, R
_____________________________________________________
DATUM AANGEHOOR:
6
FEBRUARIE 2006
DATUM GELEWER:
9
FEBRUARIE 2006
[1] Hierdie is ân appèl
teen ân kostebevel wat die landdros Koppies gemaak het tydens ân
hersiening van taksasie deur die klerk
van die hof.
[2] Die aansoek om
hersiening van taksasie was voor die landdros gebring omdat die
appellant beweer het dat hy nie voldoende kennis
gekry het van die
taksasie en dit derhalwe nie bygewoon het nie
1
.
_____________________________________________________
1. Ingevolge Reël 33
(16) van die landdros howe Reëls moet daar 5 dae kennis gegee word
Die landdros het, nadat
daar getuienis aangebied was, die klerk van die hof se taksasie
bekragtig en die beswaar van die hand gewys
met koste, insluitend
reiskoste en reistyd. Die appellant kom nou in hoër beroep slegs
teen die kostebevel.
[3] Meneer Cronje, namens
appellant, het geargumenteer dat die landdros nie geoorloof was om
sodanige kostebevel te maak nie aangesien
artikel 81 van Wet 32 van
1944 (die Wet) dit uitdruklik verbied.
[4] Artikel 81 van die
Wet lees as volg:
â
Die deur die klerk van die hof
verrigte taksasie is aan kostelose hersiening deur ân regterlike
amptenaar van die distrik onderhewig,
en die beslissing van so ân
regterlike amptenaar kan te eniger tyd binne ân maand daarna voor
ân regter van die hof van appèl
in hersiening gebring word, soos
deur die reëls voorgeskryf.â
Aldus meneer Cronje,
beteken âkosteloosâ gratis en mag die landdros derhalwe nie ân
koste bevel maak nie. Ek kan my nie met
hierdie argument
vereenselwig nie.
[5] Generies beteken
âkosteâ seëls, gelde, koste en onkoste. Koste kan ook slegs na
seëls, hofgelde en baljugelde verwys.
In
BERGH v KHAMDERA
AND SONS
1924 TPD 560
bladsy
567 stel
Mason JP dit as volg:
â
Whilst the word âcostsâ is
frequently used in a general sense as including not only all charges
for work done, but also all disbursements,
it is sometimes apparently
contrasted with disbursements such as stamps, court fees and
messengerâs feesâ¦â
Na my mening beteken
âkosteloosâ in artikel 81 sonder betaling van, onder andere,
hofgelde, maar verbied dit nie ân landdros
om ân kostebevel te
maak nie. Die voorgeskrewe tariewe maak inderdaad voorsiening vir
koste vir verskyning by hersiening van taksasie
2
. Logika
dikteer dat die tariewe nie voorsiening sal maak vir koste wat die
landdros nie mag toestaan nie. Reël 33(9) magtig die
landdros om
reistyd en reiskoste by ân kostebevel in te sluit
3
.
________________________________________________
Sien bylae 2, Deel IV
item 8 wat as volg lees:
â
8. Verskyning by
hersiening van taksasie, vir elke kwartier of gedeelte daarvan in die
hof, terwyl hersiening werklik verhoor wordâ¦
67.00â
Reël 33 (9) lees as
volg:
â
Waneer dit in enige
verrigtinge redelik is vir ân party om die dienste van ân ander
prokureur as ân plaaslike prokureur te verkry,
kan die hof by
bewyslewering daarvan en indien koste aan hom toegeken word, bevel
dat sonadige koste die redelike reistyd, reiskoste
en verblyfkoste
van sodanige prokureur moet insluit soos deur die hof vasgestel: Met
dien verstande dat die hof kan bevel dat die
vasstelling van sodanige
koste deur die klerk van die hof by taksasie gedoen moet word.â
[6] Daar is in elk geval
voldoende gesag vir die standpunt dat ân landdros, onder hierdie
omstandighede, wel ân kostebevel kan
maak. In
BERG v
KHAMDERA
supra
te bladsy 561 - 563 word
die uitspraak van die hof
a quo
aangehaal.
In die hof
a quo
het Stratford R, onder andere, die volgende bevel gemaak
â
I think therefore, costs must be
paid by the appellant up to and including the review before the
magistrate.â
4
In
ROOIKRUISVERENIGING
(OOS KAAP STREEK) v RETIEF
1981 (4) SA 60
(KPA) te 61
H het Fagan R aanvaar dat die landdros wel ân kostebevel kan maak.
Hy stel dit as volg:
ââ
n Hersiening ingevolge Reël 35
(1) van ân taksasie deur die klerk van die hof is nie ân appèl
nie. Die landdros se magte is
wyer. Hy mag bevoorbeeld, feite
voorgelê ter stawing van ân item geeis in ag neem alhoewel die
feite nooit aan die klerk gestel
is nie⦠ân Party wat versuim om
voldoende feite voor die klerk te lê en die kwessie eers regstel
voor die landdros op hersiening,
kan klaarblyklik gepenaliseer word
deur ân geskikte kostebevelâ
________________________________________________
In Bergh v Khamdera het
dit gegaan om ân hersiening van taksasie ingevolge artikel 78 van
Wet 32 van 1917. Die bewoording van
daardie artikel is presies
dieselfde as die van artikel 81 van die Wet.
Sien ook
CORDINGLEY,
N.O. v BP SOUTHERN AFRICA (PTY) LTD
1971 (3) SA 118
(O) te 120 B â C,
LACHMAN v KOCH
1956
(4) SA 371
te 374 B â C.
Dit is duidelik dat die
argument dat die landdros nie bevoegd was om ân kostebevel te
verleen nie, sonder meriete is.
[7] Omdat die landdros
wel ân kostebevel kon maak ontstaan die vraag of hierdie appèl
ontvanklik is. Indien die appellant ontevrede
was met die landdros
se bevel, inbegrepe die kostebevel, moes hy hierdie hof by wyse van
hersiening en nie appèl genader het. Hy
moes dus sy
onvergenoegdheid aangespreek het deur gebruik te maak van artikel 81
gelees met Reël 35 van die Landdroshowe Reëls.
Sien
ROGOFF v
WULFF
1928 (1) PH F59 bladsy 83 (C) te bladsy 84. Die
appellant het dus die verkeerde prosedure gebruik. Die appèl moet
na my mening
van die rol geskrap word.
[8] Ons het oorweging
geskenk aan die respondent se versoek dat ons ân koste bevel
de
bonis propriis
hierin moet maak. Ons het egter daarteen besluit
omdat ons van mening is dat die omstandighede van die saak nie so ân
bevel regverdig
nie.
[9]
In die
omstandighede word die volgende bevel gemaak.
Die appèl word van
die rol geskrap met koste.
_________________
C.J. MUSI, R
Ek
stem saam.
_______________________
C.H.G VAN DER MERWE, R
Namens
appellant: Adv. P.R. Cronjé
In
opdrag van:
Rosendorff
Reitz Barry
BLOEMFONTEIN
Namens
respondent: Adv. P.U. Fischer
In
opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
MS