Venter N.O and Another v Coetzee (2268/2004) [2006] ZAFSHC 137 (2 February 2006)

45 Reportability
Civil Procedure

Brief Summary

Costs — Taxation — Review of taxation under Rule 48 of Uniform Rules — Dispute over the taxation of a wasted costs account — Items taxed and allowed by the Taxing Master — Item (1) partially allowed due to uncertainty of necessity for further reading; item (2) allowed as costs in the proceedings; item (3) allowed as costs to be incurred at trial — Review dismissed with no order as to costs.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 137
|

|

Venter N.O and Another v Coetzee (2268/2004) [2006] ZAFSHC 137 (2 February 2006)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 2268/2004
In
die saak tussen:
C.J.
VENTER N.O.
1ste
Applikant
J.H.
JANSE VAN RENSBURG N.O.
2de
Applikant
en
B.B.
(BEN) COETZEE
Respondent
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
KRUGER
R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
2
FEBRUARIE 2006
_____________________________________________________
HERSIENING VAN
TAKSASIE
[1] Hierdie is ‘n
hersiening van taksasie kragtens reël 48 van die Eenvormige
Hofreëls.
[2] ‘n
Verspilde kosterekening van advokaat is op 4 Junie 2004 getakseer.
[3]
Rekening:
Rekening
Afgetakseer
Toegelaat
(1)
Nalees
stukke (5 dae)
32
500
16
800
15
700
(2)
Betooghoofde
13
000
13
000
0
(3)
Gekanselleer
23/1 vir 29/1
4
300
0
4
300
[4] Mnr.
Maree
maak beswaar by taksasie, sê dat slegs item (3) toegelaat behoort te
word.
[5] Mnr.
Scheepers
het saamgestem dat die volle fooi nie op ‘n verspilde laaste
rekening toelaatbaar is nie, maar meen dat item (1) nie in die geheel
afgetakseer kan word nie.
[6] Die Takseermeester
takseer soos in derde kolom.
[7] Mnr.
Maree teken beswaar teen taksasie aan op 28 Junie 2004. Gestelde
saak is op 5 April 2005 uit na prokureurs. Geen submissies
van
prokureurs is ontvang nie.
[8] Verspilde
koste is die bykomende koste wat deur die uitstel veroorsaak word –
CARLIS
v HAY
1903 TS 317.
Dit is koste wat voorheen aangegaan is wat nutteloos
geword het as gevolg van die teenparty se optrede –
MBEKENI
v JIKA
1995 (1) SA 423
(Tk) te 424 F – G.
[9] Ten
einde te bepaal of sekere koste as verspilde koste beskou moet word,
kan gevra word of dit, as gevolg van die uitstel, nodig
sou wees om
weer die besondere koste aan te gaan. Indien wel, is die koste
verspilde koste.
[10] Koste
aangegaan vir optrede wat reeds in die litigasie gebruik is, bv. waar
sekere getuies reeds getuig het, of betooghoofde
reeds voltooi is,
word koste in die geding. Aan die einde van die saak beslis die hof
wie dit moet betaal (tensy daar spesiale omstandighede
is wat ‘n
ander optrede verg).
[11] Waar
‘n saak voor die aanvang van die verhoor geskik of uitgestel word,
moet die takseermeester die advokaat se fooie met betrekking
tot
kansellasies en voorbereiding wat apart gemaak is, evalueer –
PRETORIUS
v SANTAM BPK
2000 (2) SA 858
(T) te 862 E – H.
[12] Wat
punt (2) van die kosterekening betref, die betooghoofde, is dit ‘n
voorbeeld van koste wat koste in die geding sal word.
Die koste is
nie verspil nie. Die betooghoofde sal later gebruik word. Dus is
item (2) afgetakseer.
[13] Wat
punt (3) op die kosterekening betref: Die koste van advokaat op
verhoor sal weer aangegaan moet word, dus is die advokaat
se gemerkte
⅔
verhoorfooi toelaatbaar.
[14] Wat
punt (1) betref: Daardie advokaat het reeds die oorkonde gelees. Hy
sal moontlik voor die uitsteldatum weer na die oorkonde
moet kyk,
maar hy sal dit nie in die geheel hoef te bestudeer nie.
[15] Moontlik
sal daardie advokaat nie beskikbaar wees op die uitsteldatum nie, en
sal ‘n ander advokaat die rekord moet lees (hy
sou wel nie weer
betooghoofde hoef op te stel nie, en sy voorganger s’n gebruik).
In so ‘n geval sal die koste verbonde aan
die lees van die rekord
ten minste gedeeltelik wel verspilde koste wees. Dit is met daardie
onsekere situasie in die oog dat die
takseermeester nagenoeg ½
toegelaat het.
[16] Die
leeswerk was nie heeltemal nutteloos nie, maar ook nie in die geheel
benut nie. Op daardie basis het die takseermeester
nagenoeg helfte
toegelaat. Daardie benadering kan nie gefouteer word nie.
[17] Ek
sien geen rede waarom enige kostebevel toegestaan moet word nie.
[18] Die hersiening word
afgewys.
____________
KRUGER, R
Prokureur
vir applikant in taksasie: Schoeman Maree Ingelyf
BLOEMFONTEIN
Prokureur
vir respondent in taksasie: Naudes Prokureurs
BLOEMFONTEIN
/sp