About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 104
|
|
Mohola v S [2006] ZAFSHC 104 (26 January 2006)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : A87/2005
In
die saak tussen:
THABO
SIMON MOHOLA
Applikant
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM:
BECKLEY, R
et
CILLIé,
R
et
H.M.
MUSI R
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
CILLIé, R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
26 JANUARIE 2006
_____________________________________________________
[1]
Die
appellant is deur Gyanda Wnd Regter skuldig bevind aan ân klagte
van poging tot moord en ân tweede klagte van moord. Hy is
daarop
tot 10 jaar gevangenisstraf op die skuldigbevinding aan poging tot
moord en 18 jaar gevangenisstraf op die skuldigbevinding
aan moord
gevonnis. Dit is egter gelas dat die opgelegde vonnisse samelopend
uitgedien kan word. Met verlof van die hof kom hy
nou in hoër
beroep teen die twee vonnisse hom opgelê. Gelyktydig met die
aanhoor van die appèl is aansoek gedoen om kondonasie
vir die laat
voortsetting van die appèl. Die redes vir die versuim in hierdie
verband is aanvaarbaar verduidelik en kondonasie
is aan die appellant
verleen.
[2] Die appellant se
skuldigbevinding spruit voort uit ân voorval wat plaasgevind het op
21 April 1999. Dit het egter ân lang
aanloop gehad wat vermeld
moet word om die gebeure in perspektief te sien. Die appellant was
tydens die gebeur ân polisiebeampte
met 17 jaar diens. Hy was
reeds 10 jaar getroud met sy vrou en 2 kinders is uit die huwelik
gebore. Die oorledene in die moordklagte
was die appellant se
skoonvader en die klaagster op die poging tot moord klagte is die
appellant se skoonmoeder. Die oorledene en
klaagster is dus die
appellant se vrou se ouers.
[3] Op 16 April 1999 dit
wil sê 5 dae voor die voorval waaruit die klagtes spruit het daar
die aand ân hewige rusie tussen die
appellant en sy vrou ontvlam.
Die oorsaak daarvan was ân horlosie wat die appellant se vrou op
die rekening van ân manlike kollega
van haar gekoop het. Appellant
het dit onaanvaarbaar gevind tot die mate dat hy haar daarvan
beskuldig het dat sy ân verhouding
met die man het. Terwyl die
rusie voortduur het die appellant begin drink. Later het die
appellant sy vrou se vader (die oorledene)
gebel om oor te kom en
die probleem te probeer oplos. Dié het nie gekom nie omdat hy
bejaard was en dit reeds laat in die nag
was. Later die nag toe die
appellant reeds geslaap het het sy vrou van haar besittings gepak en
na haar ouers gegaan.
[4] Die volgende aand,
dit wil sê 17 April 1999, is die appellant na sy skoonouers se huis.
Hy was onder die invloed van drank.
Sy aandrang om sy kind saam met
hom te neem het teenstand van sy vrou en skoonmoeder ontlok. Hul
vrees was vir die veiligheid van
die kind omdat appellant onder die
invloed van drank was. Dit het tot ietwat fisiese struweling tussen
appellant en sy vrou gelei.
Die polisie en applikant se ouers wat te
Potcherstroom woonagtig was is toe gebel. Op advies van die
oorledene is die appellant
egter later toegelaat om die kind te neem
en te vertrek. Toe die polisie later opdaag is dié deur appellant
se vrou ingelig van
haar vrese oor die veiligheid van die kind.
Later die dag het die polisie met die kind en appellant teruggekeer
na die skoonouers
se huis. Die appellant was egter nie geneë om die
probleem te bespreek nie maar het nietemin die kind daar gelaat en
briesend vertrek.
[5] Op
Sondag 18 April 1999 het die appellant weer daar opgedaag en versoek
om die ander kind saam met hom te neem. Dit is toegelaat.
Toe die
appellant later die kind terugbring was hy vergesel van sy suster.
Die probleem is toe in die teenwoordigheid van die oorledene
bespreek
maar nie opgelos nie.
[6] Op Maandag 19 April
1999 het die appellant se vrou hom geskakel en voorgestel dat hulle
gesamentlik die probleem met die appellant
se stasiebevelvoerder by
die Parkweg Polisiestasie te Bloemfontein moet gaan bespreek. Dit
het die appellant geweier. Die appellant
se vrou is toe na die
polisiestasie waar sy die probleme met die maatskaplike werkster
bespreek het. Die appellant is ontbied maar
was teësinnig en die
probleem is nie opgelos nie.
[7] Op 21 April 1999 is
die appellant die aand weer na sy skoonouers se woning. By sy
aankoms aldaar was daar ân besoeker in die
persoon van ân
familievriend. Die appellant het aangedring dat hy die
huweliksprobleme nou bespreek maar nie in die teenwoordigheid
van die
besoeker nie. Die oorledene het gevra waarom die appellant nie
bereid is om die probleem voor die besoeker te bespreek nie.
Appellant het toe gekla oor die feit dat sy vrou die aangeleentheid
by sy werk rapporteer het. Skynbaar het die besoeker toe vertrek
alhoewel dit nie heeltemal duidelik uit die getuienis is nie.
Appellant het versoek dat die hele gesin die huweliksprobleem moet
bespreek en dat sy vrou en kind wat toe reeds geslaap het daarvoor
wakker gemaak moes word. Die oorledene het gemeld dat die appellant
se ouers wel ontbied is en op pad is vanaf Potchefstroom en
voorgestel dat daar vir hulle gewag word. Die appellant se
skoonmoeder
het egter opgestaan om wel die appellant se vrou te gaan
wakker maak. Die oorledene het haar gekeer en voorgestel dat hy
eerder
die appellant se vrou sou gaan wakker maak omdat die
skoonmoeder sieklik is. Dit het die oorledene gedoen maar vanaf die
slaapkamer
gesê dat die appellant se vrou vas slaap en nie wil
wakker word nie. Die appellant het toe opgestaan en gesêâ âEk
sal julle
nou wys wie ek is.â Hy het daarop sy vuurwapen
tevoorskyn gehaal. Die skoonmoeder het begin gil en na die
slaapkamer gehardloop.
Die oorledene het uit die slaapkamer gekom en
is geskiet. Die skoonmoeder en die appellant se vrou het toe die
slaapkamerdeur toegedruk.
ân Skoot is deur die deur geskiet wat
die skoonmoeder in die hand getref het. Die appellant het daarop na
die polisiestasie gehardloop
en rapporteer wat gebeur het en sy
vuurwapen oorhandig.
[8] Bostaande is die
weergawe van die gebeure soos wat dit deur die verhoorhof aanvaar
was. Volledigheidshalwe moet gemeld word dat
die appellant se
weergawe grootliks hiermee ooreenstem behalwe dat hy aanvoer dat die
oorledene hom uit die huis wou stoot, sy vuurwapen
uit sy broek geval
het, die oorledene dit gegryp het en hulle oor besit daarvan
geworstel het. Twee skote, een waarvan die oorledene
gedood het en
die ander die skoonmoeder getref het het toe volgens die appellant
afgegaan. Die appellant se weergawe is tereg deur
die verhoofhof
verwerp.
[9] Ten
aansien van vonnis het beide die appellant se vrou sowel as die
skoonmoeder getuig. Die effek van hulle getuienis was dat
beide van
hulle hartseer voel oor die gebeure en die effek daarvan op die
kinders. Uit beide se getuienis is elemente van bitterheid
oor die
appellant se optrede egter nie mis te kyk nie. Met verwysing na
Mattheus 5 vers 21 het die skoonmoeder aangedui dat sy berusting
vind
daarin dat die oortreder aan die hof oorhandig is en daar na
verdienste gestraf sal word.
[10] Die
gronde waarop ân Hof van Appèl sal inmeng met die vonnis deur ân
ander hof opgelê is so welbekend dat dit nouliks vermelding
verdien.
Dit is voldoende om te meld dat inmenging sal geskied wanneer
1. die vonnisoplegger by
oorweging van ân gepaste vonnis ân mistasting of wanvoorligting
begaan het ten aansien van die reg of
die feite van toepassing op die
geval, of
2. die
vonnis al die omstandighede inaggenome onvanpas swaar en skokkend is.
[11] Namens die appellant
het
Mnr.
Reinders aangevoer dat die verhoorhof by oorweging van vonnis
onvoldoende aandag geskenk het aan die appellant se bonormale
gunstige
persoonlike omstandighede asook die omstandighede wat
geheers het tydens die pleeg van die misdrywe. So ân aangevoerde
grond van
wanvoorligting by oorweging van die vonnis is, indien nie
geheel nie, baie naby aan gelyk daaraan om aan te voer dat die vonnis
in
al die omstandighede onvanpas swaar en skokkend is. Na alles is
die vraag of onvoldoende gewig aan sodanige omstandighede geheg
is en
die vraag of as sulke omstandighede na behore in aanmerking geneem is
die vonnis onvanpas is, in wese dieselfde.
[12] Die vraag is dus
steeds of die opgelegde vonnis van 18 jaar gevangenisstraf en 10 jaar
gevangenisstraf sodanig is dat dit inmenging
regverdig. Mnr.
Reinders voer aan dat die appellant as 35-jarige eerste oortreder met
17 jaar diens in die polisie en ân huwelik
van 10 jaar met twee
kinders in ân ander klas val dan die gewone tipe veroordeeldes wie
se vonnis daagliks deur die howe oorweeg
word.
[13] Ten aansien van die
misdaadomstandighede voer Mnr. Reinders aan dat dit duidelik is dat
die appellant in ân erg emosionele
toestand was tydens die gebeure.
Dit is volgens hom teweeggebring deur die vermoede dat sy eggenote
betrokke was by die persoon
deur wie sy die horlosie gekry het. Mnr.
Reinders beklemtoon ook dat die appellant direk na die voorval
volgens aanduidinge tot
sy sinne gekom het en die voorval by die
polisie gaan rapporteer het.
[14] Mnr.
Hiemstra namens die staat het betoog dat die appellant as
geregsdienaar nie met die gewone maat gemeet moet word nie omdat
die
gemeenskap na hom opsien vir beskerming. Volgens hom moet die
appellant getrou aan sy opleiding deurgaans op ân gedissiplineerde
en professionele wyse optree. Vergelyk
S
v KRIELING
1993 (2) SASV 495 A.
[15] Vanweë
die bepaligs van Artikel 51(2)(a)(1) van Wet 105 van 1997 was die
appellant aan ân minimum vonnis van 15 jaar gevangenisstraf
onderhewig. Die hof
a
quo
het bevind dat daar nie wesentlike en dwingende omstandighede bestaan
wat die oplegging van ân mindere vonnis regverdig nie. Die
hof het
gesteun op
S
v MOFOKENG
1999 (1) SASV 502 soos toegepas in
S
v SHONGWE
1999 (2) SASV 220 in hierdie hof vir die sienswyse dat die gewone
tipe versagtende omstandighede wat in die meeste sake voorkom nie
voldoende is om die sogenaamde wesentlike en dwingende omstandighede
daar te stel wat die oplegging van ân mindere vonnis regverdig
nie.
Sedert gemelde beslissings het die Hoogste van Appèl egter in
S
v MALGAS
2001 (1) SA 469
HHA ân ander mennig daarop nagehou. Dit is in
gemelde beslissing bevestig dat enige omstandigheid wat na die
oordeel van die hof
voldoende is wel die vereiste wesentlike en
dwingende omstandighede daar kan stel.
[16] Daar
moet met die hof
a
quo
saamgestem word dat hier nie werklik wesentlike en dwingende
omstandighede bestaan wat die oplegging van ân mindere vonnis as
die
voorgeskrewe minimum van 15 jaar gevangenisstraf regverdig nie.
Na heelwat bepeinsing het ek egter tot die gevolgtrekking gekom
dat
hierdie ân geval is waar daar nie werklik gronde bestaan waarom ân
langer periode gevangenisstraf as die voorgeskrewe minimum
van 15
jaar gevangenisstraf opgelê moet word nie. Hierdie siening word
teweeggebring hoofsaaklik vanweë die appellant se besondere
gunstige
persoonlike omstandighede. Daarby meen ek dat dit foutief is om die
appellant se morele blaamwaardigheid in hierdie geval
anders aan te
slaan bloot omdat hy ân polisiebeampte is. Na alles is
polisiebeamptes net soos ander mense nie gevrywaar van emosionele
aanslae teweeggebring deur traumas in hul persoonlike verhoudinge
nie. Ek meen nie dat
S
v KRIELING
supra
verstaan behoort te word as dat polisiebeamptes wat dit betref anders
behandel moet word as andere nie. Van die polisiebeamptes
in daardie
saak was verwag dat hulle in hul ondersoek van misdrywe professioneel
en gedissiplineerd moet optree en nie moet swig
voor die versoeking
om verdagtes aan te rand nie. Dit maak die omstandighede van daardie
saak heeltemal onderskeibaar van die onderhawige.
In al die omstandighede
slaag die appèl teen vonnis dermate dat die vonnis van 18 (agtien)
jaar gevangenisstraf opgelê op klagte
4 dit wil sê moord vervang
word met ân vonnis van 5 (vyftien) jaar gevangenisstraf. Dit word
origens bevestig dat die vonnis
opgelê op klagte 3 samelopend
uitgedien kan word met die vonnis van 15 (vyftien) jaar opgelê op
klagte 4.
____________
C.B. CILLIé, R
Ek
stem saam.
_______________
A.P. BECKELY, R
Ek
stem saam.
____________
H.M. MUSI, R
Namens
die appellant: Advokaat S.J. Reinders
In
opdrag van:
Honey
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Advokaat J.H.S. Hiemstra SC
In
opdrag van:
Direkteur
van Openbare
Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/EM