About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1986
>>
[1986] ZASCA 88
|
|
S v Mandulo (287/84) [1986] ZASCA 88 (9 September 1986)
SITHEMBISO MANDULO en DIE STAAT
mp
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING
)
SITHEMBISO MANDULO
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM:
RABIE, HR, JANSEN et HOEXTER, ARR
VERHOOR:
29 Augustus 1986
GELEWER:
9 September 1986
UITSPRAAK
HOEXTER, AR
2.
HOEXTER, AR,
Dit is 'n strafappèl. In die streekhof te Kempton Park is die
appellant, wat toe negentien jaar oud was, op twee klagtes van
roof skuldig
bevind en op elke klagte 'n vonnis van gevangenisstraf van vier jaar
opgelê. Die verhoorhof het egter gelas dat
twee jaar van die vonnis op die
tweede klagte gelyktydig met die vonnis op die eerste klagte uitgedien sal word.
'n Appèl
teen gemelde vonnisse is deur die Transvaalse Provinsiale
Afdeling afgewys. Met verlof van die Hof benede kom die appellant tans
voor
hierdie Hof in hoër beroep.
Die feite van die geval is in hooftrekke die volgende. Teen dagbreek op
Saterdag 7 Augustus 1982 het Lillian Mahlangu ("die klaagster")
saam met haar
swaer in 'n woonbuurt van Tembisa op pad na die spoorwegstasie gestap. Onder
haar arm was die klaagster se handsak
bevattende o a haar beursie met R50 in
kontant. Die klaagster en haar
swaer
3. swaer is deur drie manspersone gekonfronteer. Terwyl twee van
laasgenoemdes hul aandag op die swaer toegespits het, het die derde
man die
klaagster aan haar klere voor haar bors vasgegryp en geld gevra. Die klaagster
se reaksie was om te sê dat sy nie geld
het nie, waarop die aanvaller haar
handsak gegryp het, die klaagster met die geskoende voet op haar rug geskop het,
en met haar handsak
weggehardloop het. 'n Halfuur of wat daarna het die
klaagster hierdie voorval by die Tembisa aanklagkantoor aangemeld as gevolg
waarvan
adjutant-offisier Phadu die klaagster saam met hom in 'n polisievangwa
na die roóftoneel geneem het. Toe niemand aldaar aangetref
is nie het die
vangwa die omgewing gepatrolleer en daartydens het die klaagster Phadu se aandag
gevestig op 'n Datsun motor ("die
motor") wat in 'n ander straat dwars voor die
vangwa verbygery het. Aan Phadu het die klaagster gesê dat een van die
insittendes
van die motor die persoon is wat haar beroof het. Toe die vangwa
die
motor
4. motor agterna gesit het, het die motor aanvanklik sy spoed
versnel maar kort daarna by 'n winkel tot stilstand gekom. Sy insittendes
het
uitgeklim, uitmekaar gespat en weggehard= loop. Een van die vlugtelinge is deur
Phadu agterna gesit en met die hulp van mense
vorentoe is hy gevang en deur
Phadu in hegtenis geneem. Die man aldus gevange geneem, was die appellant en die
klaagster het hom
as die persoon wat haar beroof het, uitgewys. In die
agtergelate motor is die klaagster se handsak gevind.
Die motor is dan ook die gesteelde eiendom waaroor die ander roofklagte gaan.
Die eienaar van die motor was ene Thomas Mabaso. 'n
Tydjie na die pleging van
die roof op die klaagster het Mabaso die motor in Tembisa
bestuur. Toe hy by
'n stopstraat-stilgehou het, is die
motor deur vier jong manspersone
omsingel. Een van die vier, wat 'n mes in sy hand gehad het, het 'n aanval op
Mabaso geloods. Met
sy vrye hand het die aanvaller die
voordeur
5. voordeur van die motor oopgeruk en met sy ander hand het hy
'n steekbeweging met die mes na Mabaso gemik. Hierdie aanval het Mabaso
afgeweer
deur die hand wat die mes gehou het, te gryp; en om sy greep op laasgenoemde
hand te verstewig het Mabaso uit die motor
gespring. Terwyl Mabaso en sy
aanvaller buite die motor met mekaar geworstel het, het die aanvaller se makkers
in die motor gespring
en stadig daarmee begin wegry. Daarmee het die aanvaller
van Mabaso losgeruk, die stadigbewegende motor ingehaal, en met sy makkers
in
die motor weggery. Soos reeds aangedui, is die boewebende se planne met die
motor deur die tussenkoms van die klaagster en adjutant-offisier
Phadu
gefnuik.
Die appellant, wat by sy verhoor nie regsver= teenwoordiging gehad het nie,
het onskuldig gepleit en na afloop van die staatsaak het
hy self getuig. Hy het
ontken dat hy enigsins by pleging van die roof op die klaagster of die roof op
Mabaso betrokke was. Ofskoon
die appellant
teen
6.
teen sowel die skuldigbevindinge as die vonnisse geappelleer
het, het sy advokaat in sy betoog aan die Hof
a quo
heel verstandig die
appèl teen die skuldigbevindinge laat vaar. Ek kan volstaan deur te
sê dat die verhoorhof die getuienis
van die appellant tereg as vals
verwerp het.
Die appellant is ongetroud en het geen afhanklikes nie. Hy is 'n eerste
oortreder en ten tyde van die verhoor het hy vaste werk by
'n boukontrakteur
gehad. In 'n kort vonnisuitspraak het die streeklanddros die persoonlike
omstandighede van die appellant in oënskou
geneem en verwys na die
veelvuldige voorkoms van die misdaad roof in Tembisa. Die verhoorhof het
vervolgens die mening uitgespreek
dat vir elk van die twee misdade
gevangenisstraf die aangewese straf sou wees. Met hierdie beskouing kan die
verhoorhof nie in die
ongelyk gestel word nie. Roof is altyd 'n ernstige misdaad
en bowendien dra die appellant
die
7. die verwyt van twee besonder laakbare vergrype. By die eerste
roof was sy slagoffer 'n weerlose vrou. Die gemeenheid van hierdie
tipe van roof
is meermale deur die howe beklem= toon. By die tweede roof het die appellant se
optrede vir die bestuurder van die
motor lewensgevaar ingehou.
Desnietemin bly die oorheersende faktor by vonnisoorweging in die onderhawige
geval die feit dat die appellant ten tyde van die pleging
van die misdade 'n
jeugdige eerste oortreder was. Uit hoofde van laasgenoemde oorwegings behoort sy
gevangenisstraf so kort moontlik
te gewees het. Met inagneming van al die
omstandighede van die geval sou dit na my oordeel billik en gepas wees om vir
doeleindes
van vonnis die twee klagtes saam te neem; en na my mening sou
geregtigheid geskied by oplegging van 'n vonnis van gevangenisstraf
van vier
jaar. Tussen die gewraakte vonnis en dié wat hierdie Hof as
verhoorhof
sou
8.
sou opgelê het, bestaan daar gevolglik n steurende
ongelyk= heid. Dit bring mee dat hierdie Hof regtens verplig is om teen die
opgelegde vonnis in te gryp.
Die appèl slaag. Die vonnis deur die streekhof opgelê, word
gewysig om soos volg te lees:-
"Vir doeleindes van vonnis word die twee klagtes saamgeneem en 'n vonnis van
gevangenis= straf van vier jaar word opgelê."
G G HOEXTER, AR
RABIE, HR )
Stem saam. JANSEN, AR )