About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2007
>>
[2007] ZAWCHC 85
|
|
Propbel Fifty Four (Pty) Ltd and Others v Basson (7382/2004) [2007] ZAWCHC 85 (14 May 2007)
UITSPRAAK
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROViNSIALE AFDELING)
SAAK
NO
:
7382/2004
DATUM:
14
MEI 2007
In
die saak tussen:
PROPBEL
FIFTY FOUR (PTY ) LIMITED
1
ste
APPLIKANT
ACTPROP
(PTY) LIMITED
2
nd
APPLIKANT
J
ROODT
3
rd
APPLIKANT
en
M
A BASSON 1
ste
RESPONDENT
UITSPRAAK
FOURIE,
R
Hierdie
is
'
n
aansoek wat in die vierde afdeling van die Hof geplaas is vir die
aanhoor van mondeling getuienrs op geskilpunte wat gefinaMseer
staan
te word. Paragraaf 2 van die bevel waarkragtens hierdie verwysing
geskied net lees soos volg;
"On
or before 15 April 2005 the parties will agree to formulate and list
ail the issues to be referred to oral evidence.
If the parties
fail to reach an agreement all the issues in dispute will be
formulated and referred for oral evidence.
1
'
Die
partye het tot hede nog nie daarfn geslaag om ft ooreenkoms te
bereik oor die formulering van die geskilpunte nie. Daarbenewens
het
eerste respondent op 7 Mei 2007 haar vorige prokureur en advokaat se
mandaat beeindig. Op 8 Mei 2007
r
dit is drie hofdae voor vandag het sy aan haar huidige
regsverteenwoordiger opdrag gegee om haar by te staan. Dit het
daartoe
aanleiding gegee dat Mnr
McLachlan
wat nou namens haar optree, aansoek gedoen het vir die uitstel van
die aangefeentheid. Die aansoek vir uitstel word geopponeer
deur die
applikante, verteenwoordig deur Mnr
Marais
.
Die
beginsels van toepassing by ft aansoek van hierdie aard is
welbekend, in wese kom dit daarop neer dat ek ft regterlike
diskresie
moet uitoefen aan die hand van die gronde waarop die
eerste respondent steun in haar aansoek vir n uitstel, met
inagneming van
die benadeling wat vir applikante mag volg tndien
uitstel wel toegestaan word.
Wat
die gronde vir eerste respondent se aansoek betref, blyk dit dat sy
haar vertroue in haar vorige regsverteenwoordigers verloor
het toe
hulle, volgens haar, op ft laat stadium kort voor die verhoor vir
haar meegedeel het dat sy nie 'n redelike vooruitsig
op sukses in
hierdie aansoek het me. Dit, se sy, het as 'n skok vir haar gekom
aangesien sy deurentyd onder die indruk verkeer
het dat daar wel
meriete in haar opponering is. Soos sy, waarskynllk tereg
r
byvoeg, sou sy nie die moeite en die onkoste aangegaan het om die
aansoek te opponeer as sy van meet af geadviseer was dat daar
nie
meriete in haar opponering sou wees nie.
Waarvoor
eerste respondent in wese nou vra, is 'n geleentheid om met haar
huidige regsadviseurs te konsulteer en hulle advies
in te win oor
haar vooruitsig op sukses en dan Yi ingeligte besluit oor die
voortsetting van haar opponering van die aansoek
te neem. In hierdie
verband mag ek byvoeg dat Mnr
McLachlan
bevestig
het dat hy en sy opdraggewende prokureur nie voorbereid is om met
die meriete van die aansoek te handel nie en dus sal
moet onttrek as
die aansoek vir uitstel van die hand gewys word.
Dit
is te verstane, veral as gelet word op die volume van die aansoek
wat hulte op h laat stadium ontvang het. Mnr
Marais
het gewys op die geskiedenis van die aangeleentheid en aangevoer dat
eerste respondent 'n obstruktiewe houding in hierdie saak
ingeneem
het en dat sy waarskynlik steeds poog om die verrigtinge te
vertraag. Ek moet meld dat die inhoud van die stukke voor
my toon
dat applikante nie alleen probleme ondervind het om prosedurele
samewerking te verkry van eerste respondent se vorige
regsverteenwoordigers nie, maar dat eerste respondent se vorige
regsverteenwoordigers self ook probleme gehad het om behoorlike
opdragte van haar te ontvang.
Wat
egter ook duidelik is, is dat dit deurlopend eerste respondent se
voorneme was om die hoofaansoek te bestry. Die stukke toon
dat sy by
ongeveer 17 geleenthede met haar vorige regsverteenwoordigers
gekonsulteer het, hetsy by wyse van die telefoon of andersins.
Na
oorweging is dit vir my duidelik dat ek nie bloot op die stukke voor
my kan bevind dat eerste respondent ter kwade trou handel
deur die
bring van hterdie aansoek vir uitstel nie. Applikante kan ook nie
betwis dat daar wel ft vertrouensbreuk tussen haar
en haar vorige
prokureurs ontstaan het nie, en in so 'n geval sou dit sekerlik
redelik wees vir enige litigant in haar posisie
om 'n verdere mening
te wil inwin. Ek is dus van oordeel dat in sodanige omstandighede
die belang van geregtigheid vereis dat
sy die geteenthetd gegun word
om 'n tweede mening in te win, behalwe as dit natuurlik aanfeiding
sou gee tot onherroeplike benadeling
vir die applikante.
Daar
sal uiteraard benadeltng vir applikante wees weens die uitstel van
die aansoek. Dit sal ft verdere vertraging van die aangeleentheid
tot gevoEg he en ook nadelige koste-implikasies vir applikante
inhou. Sodanige nadeel kan egter waarskynlik grootliks vermy word
deur die helende balsem van ft gepaste kostebevel. Daarteenoor moet
in gedagte gehou word dat as ek die aansoek vir uitstel sou
weier,
eerste respondent onherroephk benadeel mag word deur dan prakties
verhoed te word om haar verweer na behore, of enigsins,
te voer.
Ek
is dus van mening dat nieteenstaande die laat stadium waarop die
aansoek vir uitstel geloods is en die benadeling wat dit wel
vir
applikante inhou, die belange van geregtigheid verg dat die uitstel
wel toegestaan word. Eerste respondent het uiteraard
die betaling
van die verspilde koste aangebied en dit moet die verspilde koste
ten aansien van die hoofaansoek en die koste van
die aansoek vir
uitstel, behels. Ek is verder van oordeel dat die toestaan van
sodanige koste in hierdie omstandighede op h hoer
skaal as die
gebruiklike toegelaat moet word.
Wat
die verdere verloop van die hoofaansoek betref, is ek, soos ook sal
blyk uit my bevel, voornemens om 'n tydperk neer te le
waarbinne die
partye Vi ooreenkoms moet bereik ten aansien van die geskilpunte wat
bereg moet word.
In
die vooropstelling word die volgende bevel gemaak;
Die
hoofaansoek word uitgestel vir aanhoring in die vierde afdeling van
haerdie Hof, op 'n datum wat die partye met die griffier
kan reel.
Dit word gelas dat die griffier 'n voorkeurdaturn vir hierdie doe)
kan bepaal
OK
word getas dat die partye binne 14 (veertien) hofdae na datum van
hierdie bevel
'n
ooreenkoms
moet bereik oor die geskilpunte wai vir die aanhoor van mondelinge
getuienis verwys word. By die ontstenienis van
so n ooreenkoms, sal
enige of beEde partye dEe reg he om die Hof te nader op dieselfde
stukke vir 'n bevel waar sodanige geskilpunte
deur die Hof
geformuleer word.
Eerste
respondent word gelas om die koste van die aansoek vir uitstel, op
die skaal soos tussen prokureur en eie klient, te
betaal.
Eerste
respondent word ten aansien van die hoofaansoek gelas om a 1
1
e
verspilde koste wat met die uitstel verband mag hou, op die skaal
soos tussen prokureur en eie klient, te betaal.
Die
koste vermeld in paragrawe 3 en 4 hierbo sal onmiddellik
takseerbaar en betaalbaar wees.
FOURIE, R