About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2007
>>
[2007] ZAWCHC 11
|
|
Distell Beperk v Neethling (A460/2006) [2007] ZAWCHC 11 (28 February 2007)
REPORTABLE
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
Saaknommer: A 460/2006
In die appèl van
DISTELL BEPERK
Appellant
en
CORNELIUS JOHANNES NEETHLING
Respondent
UITSPRAAK GELEWER OP 28 FEBRUARIE 2007
BLIGNAULT R
:
[1] Appellant, Distell Beperk, is ân maatskappy wat sake doen as ân
vervaardiger en verspreider van wyn en verwante produkte.
Sy
hoofkantoor en vernaamste besigheidsplek is geleë te
Aan-de-Wagenweg, Stellenbosch, Wes-Kaap Provinsie. Respondent, mnr
Cornelius
Johannes Neethling, is ân boer en sakeman wat woonagtig
is te Malmesbury, Wes-Kaap Provinsie.
[2] Die partye het op 15 Mei 2000 ân skriftelike ooreenkoms gesluit
waarvolgens appellant onderneem het om jaarliks al respondent
se
wyndruiwe van die plaas bekend as Saamspan in die Malmesbury distrik
aan te koop. Die ooreenkoms sou vir ân minimum periode
van tien
jaar geld waarna dit by wyse van skriftelike kennisgewing van een
jaar deur enige van die partye beëindig kon word. Besonderhede
van
die betrokke kultivars, die blokke op die plaas waar dit geproduseer
word en die verwagte opbrengs per blok is op ân bylae
tot die
ooreenkoms uiteengesit. Daarvolgens sou 350 ton Chenin Blanc druiwe
vanaf blokke 1, 2, 3, 4 en 5 gelewer word, 150 ton Sauvignon
Blanc
druiwe vanaf blokke 9 en 13, 160 ton Chardonnay van blokke 11, 15 en
17 asook bepaalde hoeveelhede van verskeie rooiwynkultivars.
[3] Gedurende
Februarie 2005 het daar ân geskil tussen die partye ontstaan met
betrekking tot die druiwe wat vanaf blokke 4 en 5
op respondent se
plaas aan appellant gelewer was. Appellant het toe die ooreenkoms by
wyse van ân brief, gedateer 18 Februarie
2005, gekanselleer op
grond daarvan dat dit Colombard druiwe was wat respondent vanaf
hierdie twee blokke gelewer het terwyl die
kontrak bepaal het dat
Chenin Blanc druiwe
op die twee blokke geproduseer word.
[4] Respondent
het daarop ân aansoek geloods waarin hy rektifikasie van die
skriftelike ooreenkoms gevorder het ten einde die beskrywing
van die
kultivar ten opsigte van blokke 4 en 5 vanaf
âChenin Blancâ
na
âChenin Blanc/Colombardâ
te verander asook
ân
verklarende bevel dat die ooreenkoms, ondanks appellant se gepoogde
kansellasie, steeds van krag was. Respondent se loodsende
eedsverklaring in die aansoek was vergesel van eedsverklarings van
mnre Daniël Kritzinger en Albertus Heerschap, beide persone wat
appellant verteenwoordig het in die onderhandelinge wat die
ooreenkoms voorafgegaan het en sedertdien appellant se diens verlaat
het. Appellant het die aansoek bestry en antwoordende eedsverklarings
afgelewer. Die saak is toe by ooreenkoms verwys vir die aanhoor
van
mondelinge getuienis. Respondent het ân stel repliserende
eedsverklarings afgelewer en onder andere sy aansoek gewysig ten
einde ân alternatiewe regshulp aan te vra, naamlik dat die
ooreenkoms met uitsluiting van blokke 4 en 5 steeds van krag is en
nie
gekanselleer is nie.
[5] Nadat
die Hof benede (Traverso ARP) mondelinge getuienis aangehoor het, het
sy op 6 Desember 2005 uitspraak gelewer waarin sy
respondent gelyk
gegee het en die regshulp toegestaan het wat hy gevorder het met
koste.
[6] Appellant
appelleer nou teen hierdie uitspraak na ân Volbank van hierdie hof
nadat die Hoogste Hof van Appèl verlof aan hom
daartoe verleen het.
Die uitstaande feite
[7] Die uitstaande feite is nie werklik in geskil nie. Respondent
het met wyndruiwe geboer op die plaas beskryf as Saamspan in die
distrik van Malmesbury. Hy het die plaas in 1984 van sy vader
gekoop. Tot en met die parsseisoen van 2000 het respondent sy druiwe
gelewer aan die Swartland Wynkelder. Aan die einde van 1999 en weer
vroeg in 2000 het Heerschap, Kritzinger en Dr Pierre Marais,
wat al
drie in appellant se diens was, respondent genader. Appellant het
daarin belanggestel om ân ooreenkoms met hom aan te gaan
om al sy
druiwe aan te koop. Verdere onderhandelinge het gevolg. Respondent
en Heerschap en Kritzinger het een dag deur die plaas
gery en hy het
die wingerde aan hulle uitgewys. Hy het onder meer blokke 4 en 5 aan
hulle uitgewys en hulle meegedeel dat die betrokke
blokke uit
gemengde Chenin Blanc en Colombard druiwe bestaan het. (Die kultivar
Chenin Blanc, kan ek byvoeg, staan ook algemeen
bekend as Steen.)
Appellant was tevrede met die kwaliteit van die druiwe en het besluit
om die ooreenkoms met hom aan te gaan.
Kort voor die ondertekening
van die ooreenkoms het Heerschap weer by respondent aangedoen ten
einde ân skedule op te stel van die
blokke en kultivars. Hulle het
die skedule saam opgestel en dit het later deel van die ooreenkoms
gevorm. Volgens respondent het
hy dit weer onder Heerschap se aandag
gebring dat blokke 4 en 5 gemeng was maar Heerschap het hom meegedeel
dat hy dit as Chenin
Blanc aanteken omdat hy nie blokke as gemeng kan
aanteken nie. Op 15 Mei 2000 het respondent die ooreenkoms wat deur
appellant opgestel
was, onderteken. Die partye het daarna
voortgegaan om die ooreenkoms uit te voer totdat die geskil tussen
hulle ontstaan het gedurende
die 2005 parsseisoen.
[8] Appellant
het op 18 Februarie 2005 ân brief aan respondent gerig waarin hulle
die ooreenkoms beëindig het. Die brief lees
soos volg:
â
Beste mnr Neethling
OOREENKOMS OM DRUIWE TE VOORSIEN: KANSELLASIE
Die ooreenkoms om druiwe te
voorsien tussen uself en Distillers Korporasie (nou Distell) gedateer
Junie 2000, verwys.
Ons
gee hiermee kennis van ons besluit dat die ooreenkoms met
onmiddellike effek beëindig word en dat Distell nie verder druiwe in
terme daarvan by u gaan aankoop nie.
Hierdie
besluit is die gevolg van u wesenlike kontrakbreuk wat spruit uit ân
voorval vroeër hierdie week toe u Colombar druiwe
aan Distell
gelewer het onder die valse voorwendsel dat dit Chenin blanc druiwe
is.
Onafhanklike
kundiges aan die Universiteit van Stellenbosch het bevestig dat die
druiwe wat in die loop van Dinsdag die 15de Februarie
by Distell
gelewer is inderdaad Colombar druiwe is, terwyl ons druiweaankopers
uitdruklik versoek het en u ooreengekom het om Chenin
blanc druiwe
gelewer word.
Te
meer het ons intussen vasgestel en bevestig dat die ooreenkoms met
Distell glad nie voorsiening maak vir Colombar druiwe nie, maar
dat
blokke â4â en â5â op u plaas ingesluit is by die kontrak
onder die voorwendsel dat dit Chenin blanc druiwe is. Hierdie
blokke
is inderwaarheid Colombar druiwe en is ook as sodanig aan
Swartlandkelder gelewer voordat die ooreenkoms met Distell aangegaan
is.
Distell
beskou die aangeleentheid in ân baie ernstige lig en behou die reg
voor om enige siviele eise wat ons mag hê teen u in
te stel en selfs
om die aangeleentheid strafregtelik te laat ondersoek.
Indien u enige verdere
inligting benodig, versoek ons u om dit direk met ons mnr Ernst le
Roux of Hennie Heÿl op te neem.â
[9] Op 21
Februarie 2005 het respondent en sy eggenote ân vergadering met
verteenwoordigers van appellant bygewoon waar die geskil
bespreek is.
Appellant het respondent later meegedeel dat hulle sy rooiwyndruiwe
vir die betrokke seisoen sou koop maar andersins
bly staan by die
kansellasie van die ooreenkoms.
Die
uitspraak van die Hof benede
[10] Die
Hof benede het benadruk dat appellant se skuldoorsaak kontrakbreuk
was. Sy het in die verband die volgende gesê:
â
Dit
is ook belangrik om daarop te let dat dit nooit Distell se saak was
dat daar ân bedrieglike wanvoorstelling deur Neethling was
ten tye
van die aangaan van die kontrak nie. Dit kan ook nie Distell se saak
wees in die lig van die getuienis van Heerschap en
Kritzinger nie.
Dit was aldus hulle getuienis nooit gesuggereer dat Neethling enige
voorstelling aan hulle gemaak het aangaande
die persentasie of
getalle Chenin Blanc stokke en Colombard stokke wat in blokke 4 en 5
teenwoordig is nie. Hy self was nie daarvan
bewus nie.â
[11] Die
geleerde regter het daarna gehandel met appellant se verwere dat die
partye op 21 Februarie 2005 ân skikkingsooreenkoms
aangegaan het en
dat respondent die kansellasie van die ooreenkoms aanvaar het. Sy
het die getuienis hieromtrent ontleed en, in
kort, beslis dat daar
nie meriete was in hierdie twee verwere nie.
[12] Die
geleerde regter het daarna gehandel met appellant se getragte
kansellasie van die ooreenkoms. Sy het daarop gewys dat daar
ân
aantal belangrike feite was wat nie in geskil was nie. Die eerste
was dat respondent en appellant se twee verteenwoordigers,
Heerschap
en Kritzinger, gedurende die onderhandelinge wat die ooreenkoms
voorafgegaan het, dit eens was dat blokke 4 en 5 uit gemengde
blokke
van Chenin Blanc en Colombard druiwestokke bestaan het. Respondent
het geen voorstellings aangaande die spesifieke persentasies
of
getalle van die betrokke stokke gemaak nie. Hy self was nie daarvan
bewus nie. Hieruit volg dit, het sy beslis:
â
...
dat Distell, wat verteenwoordig was deur sy bogemelde werknemers,
tydens die aangaan van die ooreenkoms kennis gehad het van
die feit
dat blokke 4 en 5 Colombar druiwe ingesluit het, en dat daar dus
noodwendigerwys Colombar druiwe uit hierdie blokke aan
Distell
gelewer sou word. Distell was bereid om hierdie lewerings te aanvaar
ongeag die persentasie Colombar wat in die betrokke
blokke was. Die
feit dat daar sekere ander werknemers van Distell was wat onbewus was
van hierdie feite, is regtens irrelevant.
Kritzinger en Heerschap
was behoorlik gevolmagtigde verteenwoordigers van Distell en hulle
het hierdie kennis gehad. Die basis
waarop Distell in sy
kansellasiebrief steun vir die kansellasie is nie dat daar meer
Colombar gelewer is as wat verwag is nie. Die
klagte is dat daar
Colombar druiwe gelewer is terwyl Neethling nie geregtig was om enige
Colombar druiwe te lewer nie. Maar vanweë
die feit dat Neethling
kennis gedra het van die feit dat hierdie blokke Colombar stokke
bevat, kan hierdie basis vir die kansellasie
nie water hou nie.
Selfs Liebenberg het erken dat hy ingelig is dat die druiwe gemeng
is. Sy terugkrabbeling het my nie beïndruk
nie. Indien Neethling
hom van meet af gesê het dat daar slegs ân paar Colombar stokke
tussen die Chenin blanc stokke is, sou
ân mens verwag dat hy vir
Neethling met hierdie feit sou konfronteer tydens die 21 Februarie
vergadering. Instede daarvan gee hy
toe tydens die vergadering dat
Neethling hom meegedeel het dat daar gemengde variëteite in die
betrokke blokke is. Hy vra slegs
aan Neethling wat hy verstaan onder
gemengde blokke. Indien Neethling spesifiek vir hom gesê het dat
die gemengde blokke daarin
bestaan dat daar slegs ân paar Colombar
stokke tussen die Chenin blanc stokke teenwoordig is, sou so ân
vraag onsinnig wees.
Dit is verder ook onverklaarbaar waarom
Neethling hom sou bedank het vir sy eerlikheid indien hy slegs
hierdie beperkte erkenning
gemaak het.â
[13] Die
geleerde regter het verder daarop gewys dat respondent oor ân
tydperk van vyf jaar druiwe vanaf die betrokke blokke gelewer
het
waarvoor appellant hom betaal het. Sy het soos volg daarop
kommentaar gelewer:
â
Ek
kan nie glo dat geeneen van die vele opgeleide en deskundige persone
wat by Distell werk op geen stadium tydens hierdie vyf jaar
agtergekom het dat die gelewerde druiwe oorwegend Columbar is nie.
Die enigste redelike afleiding wat gemaak kan word uit Distell
se
versuim om hieromtrent iets te doen, is dat hulle inderdaad bewus was
daarvan dat Columbar druiwe gelewer sal word maar dat hulle,
soos wat
Kritzinger en Heerschap getuig het, nie veel gewig daaraan geheg het
nie omdat hierdie druiwe vir versnitdoeleindes gebruik
sou word.â
[14] Die geleerde regter het gevolglik beslis dat appellant nie
geregtig was om die ooreenkoms te kanselleer nie en dat respondent
geregtig was op die rektifikasie van die ooreenkoms soos deur hom
gepleit is.
Appellant se betoog op appèl
[15] Mnr H
M Scholtz SC, bygestaan deur mnr P de B Vivier, het namens appellant
verskyn. In sy skriftelike betoogpunte op appèl
het hy betoog dat
appellant se ware skuldoorsaak bedrieglike wanvoorstelling en nie
kontrakbreuk was nie. Die Hof benede, volgens
sy betoog, het fouteer
deur appellant se skuldoorsaak as een van kontrakbreuk te beskou
terwyl dit inderwaarheid een van wanvoorstelling
was. Die
wanvoorstelling het daarin bestaan dat respondent in die
onderhandelinge die druiwestokke op blokke 4 en 5 as
Chenin Blanc
of as
Chenin Blanc/Colombard gemeng
beskryf het terwyl hy
inderdaad geweet het dat dit as
Colombard
beskryf moes gewees
het. Aangesien dit ân bedrieglike wanvoorstelling was, so het hy
betoog, was appellant geregtig om die geheel
van die ooreenkoms te
kanselleer. Mnr Scholtz, kan ek byvoeg, het nie op appèl gesteun op
appellant se alternatiewe verwere van
ân skikkingsooreenkoms of die
aanvaarding deur respondent van die kansellasie van die ooreenkoms
nie.
[16] In
die loop van sy mondelinge betoog op appèl, en bevestig in
aanvullende betoogpunte, het mnr Scholtz sy betoog uitgebrei ten
einde ook op nalatige wanvoorstelling as skuldoorsaak staat te maak.
Volgens hierdie betoog kan die gewraakte wanvoorstelling in
die
alternatief as ân nalatige wanvoorstelling beskou word op grond
waarvan appellant geregtig sou gewees het om die geheel van
die
ooreenkoms te kanselleer. Mnr Scholtz, kan ek byvoeg, het nie getrag
om op ân onskuldige wanvoorstelling of ân
dictum et promissum
(sien
Phame (Pty) Ltd v Paizes
1973 (3) SA 397
(A) te
418A) as skuldoorsaak staat te maak nie.
Respondent se
betoog op appèl
[17] Mnr J
Newdigate SC het namens respondent verskyn. Hy het betoog dat
appellant nie op die eedsverklarings wat as pleitstukke
gedien het,
ân saak van bedrieglike of nalatige wanvoorstelling uitgemaak het
nie. So ân saak is, volgens sy betoog, ook nie
teen respondent
bewys nie. Die prestasies van die partye ingevolge die ooreenkoms,
het hy verder betoog, was in elk geval deelbaar
sodat appellant,
selfs indien hy geregtig sou gewees op enige regshulp, net die
gedeelte van die ooreenkoms kon gekanselleer het
wat betrekking gehad
het op blokke 4 en 5.
Respondent se
weergawe
[18] Ten
einde die partye se betoë te beoordeel is dit nodig om meer volledig
te kyk na die getuienis. Respondent het getuig dat
hy aan die einde
van 1999 deur Heerschap, Kritzinger en Dr Pierre Marais, wat al drie
in appellant se diens was, genader is. Hulle
het hom meegedeel dat
appellant daarin belanggestel het om ân ooreenkoms met hom aan te
gaan om al sy druiwe aan te koop. Hy (respondent)
het op daardie
stadium al sy druiwe aan die Swartland Wynkelder gelewer en wou eers
nadink oor die aanbod. Ongeveer ân maand later
het Kritzinger en
Heerschap hom weer besoek en die voordele wat die ooreenkoms vir hom
sou inhou, aan hom verduidelik. Hulle het
besluit dat hy intussen
druiwe uit ân paar blokke vir die Januarie 2000 oesjaar aan
appellant sou lewer. Gedurende April 2000
het Kritzinger hom
geskakel en hom meegedeel dat appellant tevrede was met die gehalte
van sy druiwe en graag die ooreenkoms wou
finaliseer. Hy het
ingestem daartoe. Kort daarna het Kritzinger en Heerschap hom weer
op die plaas kom sien. Hulle het by hierdie
geleentheid deur die
plaas gery en hy het die wingerde aan hulle uitgewys. Hy het onder
meer blokke 4 en 5 aan hulle uitgewys en
hulle meegedeel dat die
betrokke blokke uit gemengde Chenin Blanc en Colombard druiwe bestaan
het. Nadat hulle deur die blokke gery
het, het Kritzinger hom
meegedeel dat hulle tevrede was met die druiwe en graag die
ooreenkoms met hom wou sluit. Kritzinger het
hom meegedeel dat hy
self kon besluit hoe lank die ooreenkoms sou duur. Ongeveer ân
week later het Heerschap weer by hom aangedoen
ten einde ân skedule
op te stel van die blokke en kultivars. Hulle het die skedule saam
opgestel en dit het later deel van die
ooreekoms gevorm. Hy het dit
weer onder Heerschap se aandag gebring dat blokke 4 en 5 gemeng was
maar Heerschap het hom meegedeel
dat hy dit as Chenin Blanc aanteken
omdat hy nie blokke as gemeng aanteken nie. Op 15 Mei 2000 het mnr
Sakkie Niewoudt, een van
appellant se werknemers die ooreenkoms vir
hom gebring om te teken. Hy het die skedule wat by die ooreenkoms
aangeheg was, deurgegaan
en gemerk dat dit was soos hy en Heerschap
dit saam opgestel het.
[19] Respondent
het voorts getuig dat het mnr Bennie Liebenberg teen die einde van
2000 Heerschap se plek as appellant se druiwe-aankoper
vir die
betrokke area geneem het. Liebenberg het hom op die plaas besoek en
hy het hom met ân bakkie deur die wingerde geneem.
Tydens hierdie
rit het hy aan Liebenberg meegedeel dat blokke 4 en 5 gemengde druiwe
gehad het van Chenin Blanc en Colombard. Hulle
het ook oor blokke 7
en 8 gepraat wat nie deel van die ooreenkoms was nie. Blok 8, het hy
vir Liebenberg verduidelik, het Chenin
Blanc druiwe bevat maar blok 7
het Colombard druiwe bevat. Daar was ân naambordjie wat duidelik
aangetoon het dat blok 7 Colombard
druiwe bevat het. Hy het vir
Liebenberg gevra wat hy met blok 7 se Colombard druiwe moes maak.
Dit was min druiwe, net 2,8 hektaar,
en Liebenberg het gesê hy moet
die Colombard inmeng tussen die Chenin Blanc as hy oes. Liebenberg
het toe in die skedule wat hy
besig was om in te vul, beide blokke 7
en 8 as Chenin Blanc aangetoon. Appellant het getuig dat hy elke
jaar vanaf die 2001 oesjaar
sy oes aan appellant gelewer het. Hy het
deurgaans die druiwe wat vanaf blokke 4 en 5 gelewer was, as Chenin
Blanc aangeteken.
[20] Respondent
het getuig dat hy op 15 Februarie 2005 ân oproep ontvang het van
Mnr Kobus Gerber, die witwynmaker by appellant,
wat hom meegedeel het
dat een van sy vragte druiwe wat appellant besig was om af te laai,
Chenin Blanc en Colombard gemeng was.
Hy het Gerber meegedeel dat
blokke 4 en 5 gemeng was en dat Liebenberg dit weet. Op Gerber se
versoek het hy toe vir Liebenberg
geskakel en hom meegedeel dat hy
nie die probleem verstaan nie aangesien Liebenberg bewus was daarvan
dat hy Chenin Blanc en Colombard
gemeng gelewer het. Op 18 Februarie
2005 het hy die brief van appellant ontvang waarin hy meegedeel is
dat die ooreenkoms gekanselleer
word. Hy het mnr Hennie Heyl die
volgende dag gaan sien en hom onder meer meegedeel dat Liebenberg
geweet het dat blokke 4 en 5
gemengde Colombard en Chenin Blanc
druiwe was. Heyl het toe ân vergadering belê vir Maandag 21
Februarie 2005 by appellant se
kantore te Stellenbosch waar die saak
bespreek was. Teenwoordig was mnre Hennie Heyl, Ernest le Roux,
Coenie Snyman, Liebenberg
en Wessel de Wet, almal verteenwoordigers
van appellant, asook hyself en sy eggenote. Sy eerste woorde aan
Liebenberg was
âIs jy ân eerlike mens?â
Toe Liebenberg
ja antwoord het hy vir hom pertinent gevra:
Het jy geweet blokke
4 en 5 op my plaas is Colombard en Steen gemeng?â
Liebenberg
het weer ja geantwoord. Sy volgende vraag aan hom was
âDie
klein bietjie Colombard wat apart staan, het jy gesê ek moet dit
inmeng tussen die Steen, jy kan dit nie apart neem nie.â
Liebenberg het weer ja geantwoord. Na verdere bespreking het De
Wet gesê dit lyk vir hom daar is ân kommunikasiegaping en dat
al
die feite nie op die tafel was nie. Respondent en sy eggenote is toe
gevra om die vergadering te verlaat. Hulle is ân rukkie
later weer
ingeroep en Le Roux het hom toe meegedeel dat hulle vireers sy rooi
druiwe sou neem en dat hulle na parstyd weer kan praat
as die emosies
bedaar het. Op 24 Februarie 2005 het respondent ân skrywe van
appellant ontvang wat bevestig het dat hulle sy rooiwyndruiwe
vir die
betrokke seisoen sou neem maar dat hulle volstaan by die kansellasie
van die ooreenkoms. Verdere briefwisseling het gevolg
tussen sy
prokureur en appellant maar appellant het volhard met sy standpunt
dat die ooreenkoms gekanselleer was.
[21] Respondent
het getuig dat dit nie vir hom ân probleem sou gewees het om blokke
4 en 5 se wingerdstokke uit te haal indien appellant
ân probleem
gehad het met die hoeveelheid Colombard druiwe wat daar geplant was
nie. Die blokke was oud gewees en hy sou bereid
gewees het om dit in
samewerking met appellant met ander druiwe te vervang soos hy
inderdaad reeds met blok 1 gedoen het. Hierdie
stukkie getuienis is
glad nie in kruisondervraging bevraagteken nie.
[22] Onder
kruisondervraging het respondent getuig dat sy vader die druiwe in
blokke 4 en 5 as Colombard aangeplant het. Hy self
het vandat hy die
boerdery in 1984 oorgeneem het, die druiwe van daardie twee blokke as
Colombard aan Swartland Wynkelder afgelewer.
Dit het egter gereeld
gebeur dat Swartland Wynkelder hom meegedeel het dat hulle die druiwe
afgegradeer het omdat dit Colombard
en Chenin Blanc gemeng was. Hy
het getuig dat niemand by Swartland Wynkelder vir hom gesê het dat
die druiwe oorwegend Steen of
oorwegend Colombard was nie. Sy vader
en hy self het die blokke by die Suid-Afrikaanse Wyn- en Spiritusraad
aangegee as Colombard
totdat hy die ooreenkoms met appellant
aangegaan het. Daarna het hy dit as Chenin Blanc aangegee
âwant
hy wou dit so gehad het, mnr Heerschapâ.
Respondent het
bevestig dat hy nie vir Heerschap en Kritzinger meegedeel dat dit
aangeplant was as Colombard nie. Respondent het
op ân spesifieke
vraag van appellant se advokaat gesê dat indien hy ten tyde van
kontraksluiting geweet het dat slegs 11% van
die totaal van die
stokke in die twee blokke Chenin Blanc was, sou hy nie toegelaat het
dat die blokke as Chenin Blanc beskryf word
nie. Respondent het ook
getuig dat hy self nie kon onderskei tussen ân tros Chenin Blanc en
ân tros Colombard druiwe as dit
nog aan die wingerdstok sit nie.
[23] Dr
Anna Lategan is respondent se eggenote. Sy praktiseer as ân
mediese dokter te Malmesbury. Sy het getuig dat sy saam met
respondent die vergaderings met appellant se verteenwoordigers op
Saterdag 19 Februarie 2005 en Maandag 21 Februarie 2005 bygewoon
het.
Sy het respondent se weergawe van die gebeure op die twee
vergaderings bevestig, in besonder respondent se spesifieke vrae
aan
Liebenberg en sy antwoorde daarop.
[24] Respondent het verder vir mnr Paul Joubert as getuie geroep. Hy
was vanaf 1989 tot 1997 in diens van Swartland Wynkelder as
skaaloperateur en druiwegradeerder. In die loop van die uitvoering
van sy pligte het dit tot sy kennis gekom dat respondent vragte
druiwe afgelaai het wat Colombard en Chenin Blanc gemeng was. Hy het
respondent dan gebel en hom meegedeel dat hy dit gaan afgradeer
omdat
dit gemeng was wat hy dan gedoen het. In antwoord op ân spesifieke
vraag van appellant se advokaat het hy gesê dat hy nooit
die
onderskeie persentasies van die twee kultivars probeer bepaal het
nie. Hy het dit eenvoudig as gemeng beskou as hy dit agtergekom
het
en dan afgegradeer.
Mnre Kritzinger en Heerschap se getuienis
[25] Mnre
Daniël Kritzinger en Nieuwoudt Heerschap het beide namens respondent
getuig. Kritzinger het vanaf 1987 tot 2001 vir Distillers
Korporasie
(appellant se voorganger) as wynaankoper gewerk. Hy het bevestig dat
hy saam met Heerschap en Dr Marais vir respondent
op sy plaas besoek
het ten einde ân langtermynooreenkoms met hom te sluit. Respondent
het twee blokke witwyndruiwe aan hom uitgewys
wat volgens hom
gemengde Chenin Blanc en Colombard druiwe bevat het. Die
persentasies of getalle van die twee kultivars was glad
nie bespreek
nie. Die feit dat die twee blokke gemengde kultivars bevat het, het
hy getuig, was nie vir hom van belang nie. Op
daardie stadium was
daar ân groot tekort aan rooi wyn in die Suid-Afrikaanse wynbedryf
maar ân surplus van wit wyn. Omdat appellant
graag rooiwyndruiwe
wou hê
âmoes ons ook die wit akkommodeerâ
. Appellant het
destyds baie min produkte gehad wat as Chenin Blanc geëtiketteer
was. Hulle het groot hoeveelhede Chenin Blanc
en Colombard aangekoop
wat algemeen in versnitte gebruik was. Die pryse wat hulle vir
Chenin Blanc en Colombard betaal het, het
nie veel verskil nie. Die
hoeveelheid druiwe vanaf die twee blokke wat gemeng was, was baie min
in vergelyking met die totale hoeveelhede
Chenin Blanc wat appellant
aangekoop het. Kritzinger het verder getuig dat daar voor
kontraksluiting met respondent ooreengekom
is dat sommige van sy
blokke, waaronder die twee gemengde blokke wat reeds 20 jaar oud is,
mettertyd uitgehaal sou word en dat daar
dan ander kultivars
aangeplant sou word soos deur appellant se behoeftes bepaal sou word.
Sulke ooreenkomste, het hy getuig, is
gereeld deur appellant met sy
produsente gesluit.
[26] Onder kruisondervraging het Kritzinger met sekere stellings van
appellant se advokaat aangaande ân gebruik in die wynbedryf
saamgestem, wat in die betoog voor ons as ân belangrike element van
appellant se saak voorgehou is. Daar is aan hom gestel dat
gemengde
blokke in die tagtigerjare ontstaan het as gevolg van die feit dat ân
produsent ân bepaalde kultivar bestel het en dat
daar dan ân paar
vreemde stokke was in die plantmateriaal wat aan hom gelewer is. Dit
was nooit die praktyk onder produsente om
ân gemengde blok van sê
40% van een kultivar en 60% van ân ander, aan te plant nie. Die
vreemde stokke was
âgewoonlik van ân klein persentasieâ.
Kritzinger het met hierdie stellings saamgestem en onder meer
gesê
âEen kultivar is gewoonlik heeltemal dominantâ.
Die daaropvolgende kruisondervraging het soos volg verloop:
â
Nou
as ek na u toe kom en ek sê vir u mnr Kritzinger, ek wil hê Distell
â op die stadium wat u in hierdie hoedanigheid opgetree
het â ek
wil graag hê Distell moet hierdie blok wit druiwe by my koop. Die
samestelling is daar 90% van die druiwe is Colombar
maar dis gemeng
in die sin dat daar het ân klompie Chenin Blanc stokke en ân paar
ander stokke tussenin gekom, as wat sou u daardie
blok beskryf? ---
Edelagbare, die dominante kultivar. As dit Chenin Blanc was, sou dit
Chenin Blanc wees. As dominant Colombar
was, sou dit Colombar gewees
het.
Nou gee u die getuienis teen
die agtergrond wat ons vroeër bespreek het. Met ander woorde die
primêre kultivar is die kultivar
wat die boer wil plant. --- Dit is
korrek Edelagbare.
En u sê die oorgrote â kom
ons noem dit vir die oomblik die indringer kultivar â die indringer
kultivar het u reeds gesê is
gewoonlik ân baie klein persentasie,
nie waar nie? â Gewoonlik ja Edelagbare. Soos ek gesê het, daar
is een baie dominant gewoonlik
en dit is klein, klein persentasies,
dis korrek ja.
Wat nie dominant is nie. ---
Ja. Ja.
Met ander woorde, die
sogenaamde indringers is klein persentasies. Nou as ek na u toe
gekom het en ek het vir u gesê mnr Kritzinger,
hier is ân blok van
11 hektaar of 11.5 hektaar of twee blokke; ongelukkig het ân
probleem ingesluit by die aanplanting, onwetend
het hier indringer
Colombar â het hier Colombar tussenin gekom maar hier is 98% Steen
en 10% Colombar. As wat sou u dit beskryf
het? --- Edelagbare, as
Steen.
As ek vir u gesê het
ongelukkig het hier Steen ingekom, hier is 90% Colombar en 10% Steen,
hoe sou u dit beskryf het?
---
As Colombar Edelagbare.
As
die eiser in hierdie saak, mnr Neethling vir u gesê het mnr
Kritzinger, ek weet Distell koop nie gewoonlik Colombar nie, hier
is
ân probleem; hier is ân Colombar blok met 10% Steen in, hoe sou u
dit beskryf het? --- Ons sou dit as Colombar beskryf het
Edelagbare.â
[27] Heerschap het Kritzinger se weergawe van die destydse gesprekke
met respondent bevestig, in besonder dat respondent aan hulle
gesê
het dat die druiwe in blokke 4 en 5 gemengde druiwe was van Colombard
en Chenin Blanc. Hy het bevestig dat appellant in elk
geval die
ooreenkoms met respondent sou aangegaan het, al sou blokke 4 en 5
daarvan uitgesluit gewees het. Heerschap het ook bevestig
dat daar
met respondent uitgeklaar is dat hy die druiwe in blokke 4 en 5 binne
ân jaar of twee sou vervang. Hy het getuig dat
hy die kultivar van
die twee blokke as Chenin Blanc aangeteken het omdat appellant se
rekenaarstelsel nie voorsiening gemaak het
vir die aantekening van ân
gemengde blok nie. Hy het getuig dat die betrokke druiwe vir laer
prysklas produkte aangewend sou word
waar daar in elk geval
versnyding plaasvind. Heerschap is in kruisondervraging uitgevra oor
die beweerde gebruik. Hy het onder
meer die volgende gesê:
â
Daar
was getuienis voor die Hof en dit blyk gemeensaak te wees dat in die
tagtiger jare wanneer stokke aangekoop word vind jy dat
daar ân
vermenging van variëteite is tot die mate dat die primêre variëteit
word aangekoop, maar dan is daar ân persentasie
vreemde stokke, ek
het dit sommer indringer stokke genoem ... (tussenbeide) --- Ja.
Om dit te onderskei in die
aankoop teenwoordig? --- Hâm.
Met
ander woorde ân boer plant byvoorbeeld Cabernet Sauvignon en hy
koop Cabernet Sauvignon stokke veral as hy dit op ân veiling
koop,
en dan vind hy dat wanneer dit aangeplant is en in produksie kom dat
ân persentasie van daai stokke is nie variëteit eg
nie. Dit is
miskien Pinotage of Shiraz of Merlot of wat ook al die geval mag
wees. Is u bewus van daai situasie? --- Ek is bewus
daarvan, ja.
Soos
ek mnr Kritzinger se getuienis verstaan, en dit is ook soos Distell
die saak sien, daar was hoegenaamd nie ân gebruik dat ân
produsent ân gemengde blok gaan aanplant nie? --- Nee.â
Die aantal druiwestokke in blokke 4 en 5
[28] Wat
die aantal druiwestokke per kultivar in blokke 4 en 5 betref, het
respondent die getuienis van mnre Hendrik Gerber en Paul
Joubert
aangebied. Hulle is lede van BG Plantinspeksie Konsultante BK wat
professioneel betrokke is by die inspeksie van druiwestokke
ten einde
die kultivar daarvan te bepaal. Hulle het op 26 en 27 Oktober 2005
op versoek van respondent wingerdblokke 4 en 5 op respondent
se plaas
inspekteer ten einde die aantal stokke per kultivar te bepaal. Hulle
het bevind dat daar 8 241 stokke altesaam in blok
4 was waarvan
1479 Chenin Blanc stokke was en 24 ander stokke. Die res was
Colombard stokke gewees. In blok 5 was daar 16 485
stokke
Chenin Blanc en 51 ander stokke. Die res in blok 5 was Colombard
stokke gewees. Die persentasie Colombard stokke, oor beide
blokke
geneem, was dus 88,4% en die persentasie Chenin Blanc stokke 10,9%.
Liebenberg
se getuienis namens appellant
[29] Mnr
Benjamin Liebenberg was een van die persone wat namens appellant
getuig het. Hy was sedert Desember 2000 by appellant werksaam.
Hy
is in sy getuienis in hoof verwys na die volgende paragraaf in
appellant se eedsverklarings:
â
Aldus die Applikant is
blokke 4 en 5 gedurende 1980 aangeplant. In daardie jare was dit nie
ongewoon dat blokaanplantings van ân
sekere tipe kultivar (soos
byvoorbeeld Colombar) ân geringe aantal âvreemde stokkeâ,
naamlik stokke van ân ander kultivar,
bevat nie.â
Daarna is hy soos volg gelei:
â
Was
u bewus van daardie posisie toe u begin werk het by Distell? --- Ja,
dis ân algemene â voorgekom.
Die
getuienis onder kruisverhoor â en daar gaan ek aan u stel â is
egter dat dit was nie die gebruik om gemengde blokke as sulks
aan te
plant nie. Met ander woorde, boere produsente het nooit beplan om ân
gemengde blok van byvoorbeeld Cabernet Sauvignon en
Pinotage te plant
nie. Bevestig u dit ook so? --- Dit is korrek.â
Liebenberg het bevestig dat hy respondent gedurende Desember 2000 op
sy plaas besoek het. In sy getuienis in hoof het hy gesê
dat respondent by hierdie geleentheid met betrekking tot blokke 4 en
5 vir hom meegedeel het dat dit Chenin Blanc blokke was
âen daar
is ân paar Colombar stokke tussenin...â
Liebenberg het ook
getuig oor die vergadering wat op 21 Februarie 2005. Hy het bevestig
dat respondent in die vergadering vir hom
gevra het of hy geweet het
dat die blokke gemeng was. Hy het ja geantwoord. Respondent het hom
ook gevra of hy toestemming gegee
het om die Colombar druiwe te sny.
Hy het verstaan dat respondent verwys het na die minderheid
indringer-stokke in blokke 4 en 5.
Volgens Liebenberg het hy toe vir
respondent gevra:
âWat bedoel jy as gemeng. Wat is daar van
elke kultivar in die blok?â
waarop respondent geantwoord het
dat hy nie seker was nie.
[30] Onder
kruisondervraging het Liebenberg soos volg getuig oor die gesprek met
sy eerste besoek aan respondent:
â
Ek stel dit aan u dat hy
gesê het dat dit gemengde stokke van Chenin Blanc en Colombar bevat?
--- Ek sal nie sê dit was sy presiese
woorde gewees nie, U Edele,
maar hy het verwys dat dit hoofsaaklik Chenin Blanc is met ân paar
Colombarstokke tussenin.
My
stelling aan u is die volgende. Hy het aan u genoem dat dit gemengde
stokke van Chenin Blanc en Colombar bevat. --- Ek kan nie
die
presiese woorde onthou nie, U Edele.
Mag
dit wees dat hy aan u gesê het dis gemengde blokke van Chenin Blanc
en Colombar? --- U Edele, wat ek kan ont- dit mag wees, dit
mag nie
wees nie. Ek kan nie â ek is nie verseker wat hy vir my â
presiese woorde wat hy vir my gesê het nie, U Edele.â
Daarna het
Liebenberg weer ontken dat respondent aan hom gesê het dat dit
gemengde druiwe was maar onder verdere kruisondervraging
het hy die
volgende gesê:
â
Mnr Liebenberg, die
erkenning wat u in hierdie hof gemaak het vanoggend, is dat mnr
Neethling aan u gesê het by u eerste besoek aan
hom dat blokke 4 en
5 bestaan uit gemengde Chenin Blanc en Colombar, nie so nie? --- Dit
was my woorde vanoggend gewees, U Edele.
U
het dit erken. --- Korrek.
U
het geen twyfel daaraan nie. Dis wat hy vir u gesê het nie so nie?
--- As ek moet sê âtwyfelâ, dan â dit is â soos ek
sê ek
twyfel nie, dit is wel genoem dat die blokke nie uit een suiwer
kultivar bestaan nie.
Dis
gemeng. --- Dis vermenging van een kultivar met ân ander kultivar.
Sy woorde aan u was gewees,
âDis gemengde blokkeâ, bestaande uit Chenin Blanc en Colombar.
--- As dit sy woorde was, dan moet
ek dit glo.â
[31] Appellant
se ander getuies het getuig oor die gebeure op die vergadering van 21
Februarie 2005. In die lig daarvan dat appellant
nie volhard met die
verweer dat daar ân skikkingsooreenkoms aangegaan is nie, is
hierdie getuienis tans nie meer relevant nie.
Bedrieglike
wanvoorstelling
[32] Appellant
se saak van ân bedrieglike wanvoorstelling is in paragrawe 36, 37
en 38 van appellant se betoogpunte soos volg saamgevat:
â
36. Dit word betoog dat
die Verhoofhof misgetas het deur nie erkenning te verleen aan die
feit dat op al die getuienis voor die Hof,
dit duidelik was dat in
die bedryf, wat betref aanplantings wat veral in die tagtigerjare
gemaak is, daar nie wingerdblokke was wat
bekendgestaan het as
âgemengde blokkeâ nie, en dat blokke geïdentifiseer was op
sterkte van die dominante variëteit, in die
onderhawige geval
Colombar.
37. Dit
word betoog dat op al die getuienis dit duidelik is dat die korrekte
beskrywing van die gewraakte blokke, âColombarâ blokke
was. Om
dit as Chenin Blanc blokke aan te gee, is dus ân wanvoorstelling,
wat op die feite van hierdie saak wesenlik was.
38. Dit
word betoog dat die Respondent klaarblyklik te alle relevante tye,
veral onmiddellik voor en ten tye van die aangaan van die
ooreenkoms,
geweet het dat Colombar die dominante variëteit in blokke 4 en 5
was. Sy verontskuldigende weergawe dat hy nie tussen
Colombar en
Chenin Blanc kan onderskei nie en dat hy nie geweet het wat die
persentasie was van die onderskeie kultivars nie, is
totaal
onwaarskynlik en ongeloofwaardig, veral in die lig van sy eie
ondervinding en kennis as druiweboer, sowel as Kritzinger en
Joubert
se getuienis hierbo na verwys.â
[33] By ontleding van appellant se skuldoorsaak van bedrieglike
wanvoorstelling blyk dit dat dit wesenlik op vier feitelike elemente
berus. Die eerste element is die praktyk of gebruik wat in para 36
van die betoogpunte beskryf word. Ek sal geriefshalwe daarna
verwys
as die handelsgebruik. Dit speel ân vername rol in die betoog en
kan inderdaad as die hoeksteen van die saak beskou word.
Die
argument is dat respondent, ondanks sy kennis van hierdie
handelsgebruik, die kultivar van die betrokke druiwe met opset
verkeerd
beskryf het. Die tweede feitelike element is dat respondent
inderdaad tussen Chenin Blanc en Colombard druiwetrosse kon onderskei
het en dus geweet het dat Colombard die dominante kultivar was (sien
para 38 van die betoogpunte). ân Derde element is dat respondent
voor en ten tyde van kontraksluiting die feit verswyg het dat sy
vader die druiwestokkies destyds as Colombard aangekoop het. Die
vierde feitelike element is dat respondent verswyg het dat hy die
druiwe as Colombard by Swartland Kelder gelewer het.
[34] Die
eerste punt wat dan oorweeg moet word is of appellant die
skuldoorsaak van bedrieglike wanvoorstelling behoorlik gepleit
het.
Appellant se kennisgewing van kansellasie, naamlik die brief van 18
Februarie 2005, is dubbelsinnig. Daarin word uitdruklik
na
âkontrakbreukâ
verwys maar ook na
âvalse
voorwendselâ
. Dit is egter gevestigde reg dat ân
kontraksparty wat ân ooreenkoms kanselleer, sodanige kansellasie
kan regverdig op enige
geldige gronde wat inderdaad daarvoor bestaan
het. Sien
Datacolor International (Pty) Ltd v Intamarket (Pty)
Ltd
[2000] ZASCA 82
;
2001 (2) SA 284
(SCA) te 299E-G.
[35] Die
verhoor is gevoer op die basis dat die partye se eedsverklarings as
pleitstukke sou dien. Respondent se antwoordende eedsverklaring
in
die aansoek is deur sy regsadviseur, mnr Wessel de Wet, gemaak. Dit
het die vorm van ân oorkoepelende eedsverklaring aangeneem
wat
respondent se saak saamgevat het en na die eedsverklarings van
verskeie ander persone verwys het. Paragraaf 10 van De Wet se
eedsverklaring handel met respondent se bewering dat blokke 4 en 5
gemengde kultivars van Colombard en Chenin Blanc bevat het. Dit
lees
soos volg:
â10. Ad paragraaf 8.2
10.1 Ek ontken die
bewerings in hierdie paragraaf.
10.2 Dit is met eerbied ân
woordspeling en ân verdraaiing van die feite om die kultivar
waarmee blokke 4 en 5 gevestig is, te
beskryf as âgemengde
kultivars van Colombar en Chenin blancâ.
10.3 Van
die totale aantal wingerdstokke in blok 4, is slegs 4.7% Chenin
blanc. Die res van die wingerdstokke in blok 4 is Colombar.
10.4 Wat betref blok 5 is
97.8% van die totale aantal wingerdstokke inderdaad Colombar. Slegs
2.1% van die wingerdstokke in blok
5 is Chenin blanc. Die res is ân
samestelling van enkele stokke elk van die Semillon, Alicante Bouchet
en Cabernet Sauvignon kultivars.
10.5 Ter
bevestiging van hierdie feite verwys ek na die meegaande beëdigde
verklaring van Mnr Gawie Kriel, hierby aangeheg gemerk
âDB5â.
10.6 Aldus die Applikant is
blokke 4 en 5 gedurende 1980 aangeplant. In daardie jare was dit nie
ongewoon dat blok-aanplantings van
ân sekere tipe kultivar
(soos byvoorbeeld Colombar) ân geringe aantal âvreemde stokkeâ,
naamlik stokke van ân ander kultivar bevat het nie. Ter
stawing
hiervan verwys ek na die bevestigende verklarings van Marais, Le
Roux, Nieuwoudt en Liebenberg.
10.7 Gegewe die voorafgaande
feite in verband met die wingerdstokke wat op blokke 4 en 5 gevestig
is, kan die kultivar van die wingerdstokke
in blokke 4 en 5 werklik
net op een manier beskryf word, naamlik as Colombar (en beslis nie ân
mengsel van Colombar en Chenin blanc
nie).â
[36] Alhoewel
De Wet nie die woorde
bedrieglike wanvoorstelling
in hierdie
paragraaf gebruik het nie, kan daar myns insiens wel afgelei word dat
dit die skuldoorsaak is waarop appellant getrag het
om te steun. In
para 10.6 word daar verwys na dit wat later die hoeksteen van die
saak blyk te wees, naamlik die handelsgebruik,
alhoewel dit op
hierdie stadium nog nie eintlik as ân gebruik beskryf is nie. Daar
word bloot gesê dat dit
ânie ongewoonâ
was nie. Die
tweede feitelike element van appellant se saak is egter duidelik
uitgespel. Wat die aantal wingerdstokke betref het
De Wet verwys na
die persentasies soos op daardie stadium deur Kriel bepaal is.
(Respondent het daarna die wingerdstokke laat tel
en die presiese
syfers, soos hierbo uiteengesit, is nie deur appellant betwis nie.)
De Wet se bewering is egter duidelik: Respondent
het geweet dat die
korrekte beskrywing van die betrokke druiwe Colombard was.
[37] Na my
oordeel het appellant dus sy skuldoorsaak van bedrieglike
wanvoorstelling met voldoende besonderhede gepleit. Die vraag
wat
dan ontstaan is of appellant hierdie skuldoorsaak bewys het.
[38] Wat
die eerste feitelike element, die handelsgebruik, betref is daar twee
geskilpunte. Is die bestaan van handelsgebruik bewys,
en indien wel,
is daar bewys dat respondent daarvan kennis gedra het? Wat die
bestaan en inhoud van die handelsgebruik betref het
appellant self
geen getuienis aangebied nie behalwe vir die leidende vraag wat aan
Liebenberg gestel is wat ek hierbo aangehaal het.
Die hoogwatermerk
van die getuienis waarop appellant in hierdie verband steun, is dit
wat by wyse van kruisondervraging van Kritzinger
ontlok is waarna ek
in para 26 hierbo verwys het. By ontleding van die inhoud daarvan
ontstaan egter allerlei vrae. So byvoorbeeld
kan gevra word wat die
rede vir die praktyk was en waarom die praktyk beperk sou wees tot ân
klein aantal vreemde stokke. Indien
die verkopers van druiwestokke
op veilings foute gemaak het in die beskrywing van die kultivar,
waarom sou dit beperk gewees het
tot ân klein aantal daarvan?
Sulke vrae skep natuurlik twyfel of daar ooit ân vaste praktyk of
gebruik van hierdie aard bestaan
het. Na my oordeel het die
antwoorde wat van Kritzinger ontlok is, hoogstens gedien as getuienis
van iets wat dikwels gebeur het.
Dit kan egter glad nie as bewys van
ân vaste praktyk of gebruik beskou word nie. Die kruisondervraging
van Heerschap, kan ek
byvoeg, het die bewys van so ân gebruik niks
verder geneem nie.
[39] Wat
die tweede geskilpunt in hierdie verband betref, naamlik respondent
se kennis van die beweerde handelsgebruik, het appellant
nog minder
getuienis aangebied. Daar is geen voor die hand liggende rede waarom
respondent kennis van die beweerde handelsgebruik
sou gehad het. Dit
is inderdaad nie eers in kruisondervraging aan respondent gestel dat
hy kennis van die gebruik gedra het nie.
[40] Indien
appellant op toegedigte kennis van die handelsgebruik wou staatmaak,
kan ek byvoeg, sou die vereistes soos gestel in
Golden Cape Fruits
(Pty) Ltd v Fotoplate (Pty) Ltd
1973 (2) SA 642
(C) te 645H van
toepassing gewees het:
â
Nevertheless,
despite its ignorance, appellant would be bound by - and the contract
in question would be subject to - the alleged
trade usage provided
that it is shown to be universally and uniformly observed within the
particular trade concerned, long-established,
notorious, reasonable
and certain, and does not conflict with positive law (in the sense of
endeavouring to alter a rule of law which
the parties could not alter
by their agreement) or with the clear provisions of the contract.â
Appellant
se getuienis het kennelik nie aan hierdie vereistes voldoen nie.
[41] Die
tweede feitelike element van appellant se skuldoorsaak is die
beweerde kennis wat respondent sou gedra het van die feit dat
Colombard die dominante kultivar was. Respondent se getuienis was
egter konsekwent dat hy self nie kon onderskei tussen druiwetrosse
van die twee kultivars nie en dat hy nie geweet het wat die
onderskeie persentasies of getalle van die wingerdstokke van die twee
kultivars was nie. Die Hof benede het respondent se getuienis in
hierdie verband as geloofwaardig aanvaar. Dit is gevestigde reg
dat
ân hof van appèl nie ligtelik inmeng met ân verhoorhof se
bevindings van hierdie aard nie. Na my oordeel is daar nie op
appèl
gronde aangevoer om haar bevinding te bevraagteken nie.
[42] Die
derde en vierde feitelike elemente waarop appellant steun, is die
twee verswygings. Die een is dat respondent nie aan appellant
openbaar het dat sy vader die stokke op ân veiling as Colombard
aangekoop het nie en die tweede is dat hy nie openbaar het dat
hy die
druiwe by die Swartland Wynkelder as Colombard gelewer het nie. Na
my oordeel is die feite rondom hierdie verswygings egter
ontoereikend
om ân afleiding van bedrog te regverdig. Daar is inderdaad ân
aantal objektiewe faktore wat strydig is met die
afleiding dat
respondent hier bedrieglik opgetree het. In die eerste plek moes hy
geweet het dat die lewering van die druiwe waarskynlik
deur appellant
gekontroleer sou word. In die tweede plek is sy uitdruklike
vermelding van die feit dat Swartland Wynkelder gekla
het oor die
feit dat dit gemengde druiwe was, strydig met ân bedrieglike opset.
Die ware feite was immers by die kelder beskikbaar
indien appellant
dit wou nagaan. Derdens is dit belangrik dat respondent by Liebenberg
se eerste besoek aan die plaas die gewraakte
beskrywing spontaan
herhaal het en dat Liebenberg niks daaromtrent gedoen het nie.
Liebenberg het nie gereageer dat so ân beskrywing
strydig met enige
gebruik sou wees nie. Hy het aanvanklik in sy getuienis ontken dat
die stelling hoegenaamd gemaak is. Sy ontkenning
is egter onder
kruisondervraging afgewater en die Hof benede het geen probleem gehad
om respondent se weergawe eerder as dié van
Liebenberg te aanvaar
nie.
[43] Ek is
derhalwe van oordeel dat appellant nie daarin geslaag het om die
beweerde bedrieglike wanvoorstelling deur respondent te
bewys nie.
Nalatige
wanvoorstelling
[44] In
die loop van sy betoog in hierdie hof (en in aanvullende betoogpunte)
het mnr Scholtz hom in die alternatief op ân nalatige
wanvoorstelling as skuldoorsaak beroep. Ek oorweeg vervolgens of
appellant sy kansellasie van die ooreenkoms op hierdie grond kan
regverdig.
[45] In
die eerste plek is ek nie oortuig dat nalatige wanvoorstelling as
skuldoorsaak behoorlik geopper is in die eedsverklarings
wat as
pleitstukke gedien het nie. ân Nalatige wanvoorstelling verskil
wesenlik van ân bedrieglike wanvoorstelling. In laasgenoemde
geval
is die betrokke persoon se subjektiewe kennis en wil deurslaggewend.
By nalatigheid word ân objektiewe maatstaf toegepas,
naamlik die
optrede van ân redelike man in die betrokke omstandighede. Dit
spreek vanself dat die kwessie van respondent se nalatigheid
feitelike vrae opper wat glad nie in die getuienis uitgepluis is nie.
[46] In
die tweede plek glo ek nie dat appellant ân nalatige
wanvoorstelling aan die kant van respondent bewys het nie. Wat die
beweerde handelsgebruik betref geld dieselfde kritiek,
mutatis
mutandis,
wat ek hierbo uitgespreek het by die bespreking van
bedrieglike wanvoorstelling.
Appellant het nie bewys gelewer
dat die handelsgebruik bestaan het nie en appellant het ook nie die
grondslag gelê vir ân bevinding
dat respondent redelikerwyse
kennis van so ân gebruik moes gedra het nie.
[47] In
die derde plek is ek nie oortuig dat die beweerde nalatige
wanvoorstelling die kansellasie van die geheel van die ooreenkoms
deur appellant sou regverdig nie. Hierdie vraag behels die oorweging
van die kwessie van die deelbaarheid van die partye se prestasies
ingevolge die ooreenkoms, in besonder of die prestasies met
betrekking tot blokke 4 en 5 deelbaar was van die res. Dit was nooit
appellant se standpunt, kan ek noem, dat dit slegs daardie gedeelte
van die ooreenkoms wou kanselleer nie.
[48] Die
algemene beginsels waarvolgens die deelbaarheid van kontraktuele
prestasies bepaal word, is nie in geskil nie. In
Munn Publishing
(Pvt) Ltd v Zimbabwe Broadcasting Corporation
1995 (4) SA 675
(ZS) is dit, te 684E-H, soos volg gestel:
â
It
seems to me that the test to be applied is to determine whether the
portions of the agreement are clearly and fairly divisible.
Does each
stand separate and apart from the other? Will the termination of the
one affect the very nature, substance or viable existence
of the
other? If it does, then legal severability is not competent, see
Brown v Hayden
1931 CPD 70
at 74, and, prima facie, could not have
been envisaged by the parties when entering into the agreement. In
Cheshire et al Law of
Contract 11 ed at 406, this concept is stated
thus:
â
The
parties themselves must have sown the seeds of severability in the
sense that it is possible to construe the promise drafted by
them as
divisible into a number of separate and independent parts. If this is
the correct construction, then one or more of the parts
may be struck
out and yet leave a promise that is substantially the same in
character as that framed by the parties, though it will
be diminished
in extent by the reduction of its sphere of operation.'â â
Sien ook
Collen v
Rietfontein Engineering Works
1948 (1) SA 413
(A) te 434-435.
[49] Die
kwessie van die deelbaarheid van kontraktuele prestasies speel ân
rol by verskillende aspekte van die kontraktereg. Dit
word
byvoorbeeld toegepas by die oorweging van die gevolge van
kontrakbreuk deur een van die partye. In De Wet en Van Wyk
Die
Suid-Afrikaanse Kontraktereg en Handelsreg
vyfde uitgawe word dit
soos volg gestel, te 180:
â
Is
die prestasie deelbaar en gedeeltelik goed en gedeeltelik gebrekkig,
kan die skuldeiser pro tanto terugtree of verwerp. Hy kan
egter nie
vir die geheel terugtree of verwerp nie.â
Die reëls aangaande die deelbaarheid van prestasies word ook
toegepas by die oorweging van die geldigheidsvereistes vir ân
kontrak
(sien
Sasfin (Pty) Ltd v Beukes
1989 (1) SA 1
(A) te
15I-16C) en dit kan ân rol speel by die beoordeling van die gevolge
van die onmoontlikwording van ân bepaalde prestasie
(sien
Bob's
Shoe Centre v Heneways Freight Services (Pty) Ltd
[1994] ZASCA 158
;
1995 (2) SA 421
(A) te 428F â 430J).
[50] Daar skyn geen logiese of billikheidsoorwegings te wees waarom
die reëls van deelbaarheid nie ook toegepas kan word by die
oorweging van die gevolge van ân nalatige wanvoorstelling nie.
Die aard en effek van die wanvoorstelling in enige bepaalde geval
sal
klaarblyklik ân relevante faktor wees wat oorweeg moet word. Daar
skyn egter geen rede in beginsel te wees waarom die reëls
aangaande
deelbaarheid nie toepassing kan vind in ân gepaste geval nie.
[51] Word
die reëls aangaande die deelbaarheid van prestasies met betrekking
tot die feite van die huidige geval toegepas, dan is
ek van mening
dat die partye se verpligtinge met betrekking tot blokke 4 en 5 wel
as ân deelbare prestasie beskou kan word. Dit
is duidelik dat
respondent se beweerde wanvoorstelling slegs op daardie twee blokke
betrekking gehad het. In geldterme het die opbrengs
van blokke 4 en
5 slegs ongeveer 5 tot 6% van die totaal uitgemaak. Die bepalings
van die ooreenkoms wat betrekking het op die ander
blokke word glad
nie geraak deur die betrokke wanvoorstelling nie. Daar skyn ook geen
rede te wees waarom die res van die ooreenkoms
(sonder die twee
blokke) nie toegepas kan word nie. Ek het verder die besliste indruk
gevorm van die getuienis dat indien die ware
feite met betrekking tot
hierdie twee blokke aan die partye bekend was, hulle steeds dieselfde
ooreenkoms met betrekking tot al die
ander blokke sou gesluit het.
[52] Ek is
derhalwe van mening dat appellant in elk geval nie geregtig sou
gewees het om die geheel van die ooreenkoms te kanselleer
vanweë
enige beweerde nalatige wanvoorstelling met betrekking tot die
druiwestokke in blokke 4 en 5 nie. Die vraag of daar ân
onskuldige
wanvoorstelling was en, indien wel, wat die implikasies daarvan sou
gewees het, is, soos ek hierbo verduidelik het, nie
op appèl vir
beregting geopper nie.
Gevolgtrekking
[53] Ek is
derhalwe van oordeel dat daar geen gronde op appèl aangetoon is
waarop daar met die Hof benede se bevele ingemeng kan
word nie. Die
appèl word gevolglik met koste van die hand gewys.
-------------------------
A P BLIGNAULT
FOURIE R:
ek stem saam
------------------------
P
B FOURIE
ALLIE R:
ek stem saam
------------------------
R
ALLIE