About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2007
>>
[2007] ZANCHC 66
|
|
S v Mosikare (K/S 10/01) [2007] ZANCHC 66 (30 November 2007)
Verslagwaardig:
Sirkuleer
Aan Regters:
Sirkuleer
aan Streeklandroste
Sirkuleer
Aan Landdroste:
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno: /
Case number:
K/S
10/01
Datum
verhoor: / Date heard:
26/11/2007
Datum
gelewer: / Date delivered:
30/11/2007
In
die appèl:
MOSIKARE,
HENDRIK
Appellant
teen
DIE
STAAT Respondent
Coram:
Lacock R et Williams R et Nduna WnR
UITSPRAAK OP APPÃL
LACOCK
R:
Die
appellant is in die Streekhof, Vryburg, skuldig bevind aan
verkragting van ân 15-jarige dogter, en is die verrigtinge daarna
in daardie Hof gestaak en na hierdie Hof vir vonnis verwys kragtens
art. 52 van Wet 105 van 1997 (die Wet).
Van
Der Walt R
het die skuldigbevinding bekragtig, en die appellant op 21 Junie
2001 gevonnis tot lewenslange gevangenisstraf nadat hy bevind
het
dat daar geen wesenlike en dwingende omstandighede aanwesig was wat
hom sou regverdig om ân mindere vonnis dan dié voorgeskryf
in
Deel I van Bylae 2 tot die Wet die appellant op te lê nie.
Met
verlof verleen deur
Olivier
R
en nadat kondonasie verleen is vir die laat liasering van daardie
aansoek, kom die appellant nou in hoër beroep teen sy
skuldigbevinding
en vonnis.
Die gebeure in hierdie
aangeleentheid het afgespeel in die veld op ân plaas in die
landdrosdistrik van Vryburg. Die klaagster,
me. Blommie Thusho, het
getuig dat sy die tersaaklike dag te voet op pad was na haar moeder
en wat ook op ân plaas woonagtig
was, toe die appellant haar ân
geleentheid met sy kar en donkies aangebied het. Op ân stadium
het die klaagster van die donkiekar
afgeklim om te voet verder te
stap. Die appellant het haar egter ingehardloop, haar gegryp, die
bosse ingesleep en verkrag terwyl
hy haar met ân mes gedreig het.
Sy is huilend vanaf die toneel na haar moeder waar sy die voorval
aan haar moeder rapporteer
het.
Die appellant, wat
regsverteenwoordig was en onskuldig gepleit het, het erken dat hy ân
geleentheid aan die klaagster gebied het
tot waar sy van die
donkiekar afgeklim het, maar ontken dat hy haar daarna gevolg of
verkrag het. Hy beweer die klaagster en haar
moeder het saamgespan
om hom te laat vervolg.
Na
sluiting van die Staatsaak en op vrae van die Landdros, is ân
verslag van ân forensiese deskundige by die Hof ingehandig
en wat
aantoon dat ân ontleding gedoen is van genetiese materiaal gevind
aan ân
âdepperâ
.
ân Ontleding is ook gedoen van bloedmonsters wat na bewering
geneem is van die klaagster en die appellant. Die opsteller van
die
verslag, me. Phillips, het dan tot die gevolgetrekking gekom dat die
âdepperâ
genetiese materiaal bevat wat ooreenstem met die genetiese materiaal
vervat in die bloedmonsters.
Die Landdros het sterk
gesteun op hierdie verslag en wat met toestemming van die
regsverteenwoordiger van die appellant voor die
Hof geplaas was.
Die Staat het egter
nie bewys dat die genetiese materiaal wat ontleed is, inderdaad van
óf die klaagster óf die appellant geneem
is nie, en of die
materiaal wat ontleed is, inderdaad van óf die een óf die ander
geneem is nie. Vir doeleindes van hierdie
uitspraak sal ek
vervolgens aanvaar dat die Landdros ân mistasting begaan het deur
enige waarde te heg aan die inhoud van daardie
verslag.
Mnr. Cloete, namens
die appellant, betoog dat die Verhoorhof aan die hand van die
versigtigheidsreël, nie die getuienis van die
klaagster as bewys bo
redelike twyfel moes aanvaar het nie, en dat bevind moes word dat
die weergawe van die appellant redelik
moontlik waar was. Mnr.
Cloete grond sy argument primêr op die volgende weersprekings in
die getuienis van die Staatsgetuies:
Die klaagster en haar
moeder het getuig dat daar krapmerke aan die keel van die klaagster
was. Nóg die Polisie beampte wat die
klagte ondersoek het, nóg
die geneesheer wat die klaagster na die voorval medies ondersoek
het, het krapmerke aan haar keel waargeneem.
Die getuienis van die
klaagster dat sy van klere verwissel het, strook nie met die nota
van die geneesheer dat sy nie van klere
verwissel het nie.
Die getuienis van die
klaagster en haar moeder verskil ten aansien van die vraag of die
klaagster se klere skoon of vol grond was
toe sy by haar moeder
opgedaag het. Hulle sou ook verskil aangaande die beskrywing van
die klere wat die klaagster aangehad het.
Na my mening is
hierdie argument sonder enige substansie, en het die Landdros tereg
bevind dat die Staat bo redelike twyfel bewys
het dat die appellant
die klaagster verkrag het, en is die weergawe van die appellant
tereg as nie redelik moontlik waar nie verwerp.
Die Landdros het
bevind dat die klaagster ân goeie getuie was. Uit die oorkonde
blyk dit dan ook dat die klaagster op ân geloofwaardige
wyse haar
getuienis met oortuiging voorgedra het. Sy het haarself nooit
weerspreek nie, het nie haar getuienis aangepas nie, en
het
voorgekom as ân getuie wat seker is van die gebeure waaroor sy
getuig.
Dat sy ook ân
betroubare getuie was, blyk uit die volgende stawing van haar
getuienis:
Dat sy huilend by
haar moeder aangekom het, word deur haar moeder gestaaf. Ook die
ondersoekbeampte het getuig dat toe hy by
die klaagster en haar
moeder opgedaag het, kon hy sien dat sy vroeër gehuil het, en was
sy nog effens geskok en ontsteld.
Die
geneesheer wat die klaagster na die voorval ondersoek het (wie se
verslag by die Hof ingehandig is en waarvan die inhoud as
korrek
erken is), het gevind dat haar maagdevlies geskeur was en ook is
skeurtjies gevind aan die post-fourchette van die geslagsdele
van
die klaagster. Hoewel die geneesheer nie aangedui het hoe oud of
vars hierdie beserings was nie, en ook nie of hy tekens
van
verkragting gevind het nie, is sy bevindinge minstens aanduidend
daarvan dat geslagsgemeenskap met die klaagster plaasgevind
het.
Hy het haar immers ondersoek vir doeleindes van ân klagte van
verkragting. Indien hy van mening was dat daar nie onlangs
geslagsgemeenskap met haar plaasgevind het nie, sou ek verwag het
dat hy dit uitdruklik in sy verslag vermeld het. Dit is nie
vermeld nie. Trouens, onder die hoof,
âAnder
tersaaklike waarnemingsâ
in sy verslag, het hy aangemerk
âGeenâ
.
Die
getuienis van die klaagster naamlik dat sy deur die beskuldigde
gedwing was om deur ân draadheining te kruip, deur die appellant
eers na een plek geneem is in die bossse, en vandaar weer na ân
ander plek dieper die bosse in waar sy verkrag is, word deur
die
ondersoekbeampte gestaaf na aanleiding van sy waarnemings op die
toneel. Laasgenoemde het twee stelle spore â die een
ân grote
en die ander ân kleiner spoor â gevind by die draadheining soos
uitgewys deur die klaagster en vandaar na ân
plek waar dit
voorgekom het of daar
âbietjie
stoei merkeâ
was. Vandaar het die spore dieper die bosse ingelei tot ân plek
waar die klaagster volgens haar verkrag is, en waar hy stoei-
en
vasskopmerke op die grond waargeneem het.
Die plek wat deur die
klaagster aangedui is aan die ondersoekbeampte as die plek waar sy
verkrag is, synde in die onmiddellike
omgewing van waar sy van die
donkiekar van die appellant afgeklim het, is nie deur of namens die
appellant in geskil geplaas
nie. Ek vind dit hoogs onwaarskynlik
dat iemand anders die klaagster op daardie selfde plek langs ân
grondpad in die veld
sou aantref en verkrag. Die klaagster was
immers op pad na haar moeder. As ân ander persoon by haar sou
aangekom het net
nadat sy van die donkiekar afgeklim het en saam
met haar die bosse in is, sou ek verwag het dat die appellant
sodanige persoon
gesien het waar hy die klaagster afgelaai het.
Daar is egter geen sprake of suggestie van so ân persoon in óf
sy óf die
klaagster se getuienis.
Afgesien daarvan dat
die sogenaamde weersprekings waarna mnr. Cloete verwys na my mening
nie wesenlik van aard is nie, is dit onduidelik
of dit werklik
weersprekings was.
Wat betref die
krapmerke aan die klaagster se keel, is daar eerstens geen getuienis
wat die aard daarvan was nie. Duidelik was
dit nie merke wat die
vel beskadig het nie, want dan sou die geneesheer dit waargeneem
het. Dit kon bloot merke op byvoorbeeld
stowwerige veloppervlak
gewees het wat op velerlei wyses van die keel van die klaagster
verdwyn het vandat sy by haar moeder aangekom
het totdat die Polisie
daar opgedaag en sy na die geneesheer geneem is. Nóg die klaagster
nóg haar moeder is om ân verduideliking
gevra van die aard van
die merke óf waarom die geneesheer dit nie opgemerk het nie.
Wat egter die
waarskynlikheid van die aanvanklike teenwoordigheid van die merke
versterk, is die feit dat die klaagster dit aan die
geneesheer
vermeld het.
Laastens
is daar geen getuienis wat aanduidend daarvan is hoe lank sodanige
merke sigbaar sou bly nie. Die voorval het die oggend
om 11:00
plaasgevind, en die geneesheer het haar eers die aand om 19:10
gesien, dit wil sê ongeveer 8 ure na die voorval.
In soverre die mediese
verslag aantoon dat die klaagster nie van klere verwissel het sedert
die voorval nie, moet in gedagte gehou
word dat die klaagster slegs
die kort broek wat sy aangehad het, verwissel het met ân ander
kort broek. Sy het nooit óf haar
T-hemp óf haar romp verwissel
nie. Sy is ook nooit versoek om te verduidelik wat sy aan die
geneesheer gesê het aangaande haar
klere nie. As sy byvoorbeeld
aan die geneesheer gesê het dat sy dieselfde romp en T-hemp
aangehad het, kon hy heel moontlik aanvaar
het dat sy nie van klere
verwissel het nie.
Ek vind
ook geen weerspreking in die getuienis van mev. Thuso en dié van
die klaagster ten aansien van die vraag of die klaagster
se klere
vol grond was al dan nie. Mev. Thuso het slegs verwys na die
âklereâ
van die klaagster wat vol grond was. Sy is nie gevra om die klere
waarna sy verwys het te spesifiseer nie. Sy kon dus verwys
het na
die romp en die bloes van die klaagster. Die klaagster het eweneens
slegs getuig dat sy ân ander broek aangetrek het
omdat die eerste
een vol grond was. Sy het nooit getuig dat haar romp en T-hemp nie
ook vol grond was nie. Trouens sy getuig
in soveel woorde dat die
klere wat sy aangehad het was vol grond en vuil, en nie slegs die
kort broek nie.
Die Landdros het myns
insiens tereg die getuienis van die appellant verwerp as nie redelik
moontlik waar nie.
Eerstens, beweer die
appellant dat die klaagster en haar moeder teen hom saamgesweer het
om hom te inkrimineer. Hierdie verweer
is nooit aan óf mev. Thuso
óf die klaagster gestel nie. Dit was ooglopend ân nagedagte. In
iedere geval blyk dit uit die
getuienis van die appellant self dat
daar geen rede was waarom daar aldus teen hom saamgesweer sou wees
nie. Inteendeel getuig
hy dat daar geen probleme tussen homself en
die Thusoâs was wat so ân sameswering sou regverdig nie. Dit is
dus hoogs onwaarskynlik
dat daar so ân sameswering was.
Tydens
kruisverhoor van die klaagster is dit aan haar gestel dat die
appellant sou sê
âdat
hy nie vir jou geken van voorheen af nieâ
.
In sy getuienis in hoof het die appellant presies die teendeel
getuig naamlik dat hy die klaagster ken.
Uit die
kruisondervraging van die appellant asook uit die vrae aan hom
gestel deur die Landdros, blyk dit onteenseglik dat die appellant
uiters ontwykend was, versuim het om antwoorde te verskaf wat
verband hou met vrae aan hom gestel, aanvallend was en ook uitdagend
en argumentatief was. Hy was ooglopend ân uiters onbevredigende
getuie.
Uit
hoofde van die voorgaande is ek tevrede dat die Landdros korrek
bevind het dat die skuld van die appellant bo redelike twyfel
bewys
is. In soverre die klaagster ân enkel getuie was, het die
Landdros die toets soos neergelê in onder andere
S
v Sauls & Others
1981 (3) SA 172
(A) te 180 E tot F
,
en waar die volgende gesê is:
â
There
is no rule of thumb test or formula to apply when it comes to a
consideration of the credibility of the single witness (see
the
remarks of RUMPFF JA in S v Webber
1971 (3) SA 754
(A) at 758). The
trial Judge will weigh his evidence, will consider its merits and
demerits and, having done so, will decide whether
it is trustworthy
and whether, despite the fact that there are shortcomings or defects
or contradictions in the testimony, he is
sattisfied that the truth
has been told.â
korrek toegepas.
Die appèl teen
skuldigbevinding moet vervolgens afgewys word.
Wat
vonnis aanbetref, het die Staat toegegee dat
Van
Der Walt R
ân mistasting begaan het deur nie enige wesenlike en dwingende
omstandighede soos bedoel in art. 51 (3) van die Wet te bevind
nie.
Hierdie toegewing is myns insiens tereg gemaak.
In sy
uitspraak op vonnis het
Van
Der Walt R
onder andere as volg opgemerk:
â
In die eerste instansie, dit
is ân afskuwelike misdaad wat jy gepleeg het. Jy het ân jong
kind van haar onskuld beroof. Dit
moet noodwendig in verskeie
opsigte haar vir die res van haar lewe benadeel. Jy is ân volwasse
man. Jy het ân kind se weerloosheid,
waar julle alleen in die veld
was, het jy dit vir jou eie doeleindes misbruik.
Jou misdaad op sigself het al die
elemente wat ek my kan indink wat die wetgewer in gedagte gehad het
toe hy hierdie swaar straf voorgeskryf
het. Wat die misdaad self
betref, is daar geen faktore wat in ag geneem kan word vir ân
mindere straf nie.â
Eerstens
blyk dit uit die tersaaklike verslag van die geneesheer wat die
klaagster ondersoek het, dat sy voor die verkragting al vrywillige
gemeenskap gehad het. Sy is dus nie deur die appellant
âvan
haar onskuld beroofâ
nie.
Tweedens
is dit by herhaling deur onder andere die Hoogste Hof van Appèl
neergelê dat, hoewel verkragting uiteraard in alle gegewe
omstandighede ân uiters ernstige misdryf is, aan graadverskille in
die erns van die misdryf oorweging gegee behoort te word in
die
oorweging van wesenlike en dwingende omstandighede. Sien
S
v Abrahams, 2002 (1) SASV 116 (HHA)
;
S v Mahomotsa, 2002 (2) SASV 435 (HHA) te par. 29
;
en
S v Nkomo, 2007 (2) SASV 198 (HHA)
.
Dit blyk
uit die verslag van die geneesheer dat die klaagster feitlik geen
beserings tydens hierdie wandaad opgedoen het nie. Daar
is ook geen
getuienis van enige psigiese letsels wat sy sou opgedoen het of
oorgehou het nie. Daar is byvoorbeeld geen getuienis
of sy na die
voorval aan byvoorbeeld slapeloosheid of enige vrese gely het nie.
Daar is ook nie enigiets wat daarop dui dat, indien
die klaagster
psigies nadelig geraak is, hierdie nadeel nie met terapie herstel
kan word nie. Hierdie omstandighede moes deur
die Hof
a
quo
oorweeg gewees het. Sien
S
v Sikhipha, 2006 (2) SASV 439 (HHA) te 445 i
.
Uit hoofde van die
voorgaande staan dit hierdie Hof vry om die oplegging van ân
gepaste vonnis te heroorweeg, en so ook of daar
wesenlike en
dwingende omstandighede aanwesig is wat die oplegging van ân
mindere vonnis dan die van lewenslange gevangenisstraf
soos
voorgeskryf in die Wet, regverdig.
Die volgende
omstandighede noop my tot die gevolgtrekking dat die oplegging van
ân vonnis van lewenslange gevangenisstraf tot
gevolg sal hê dat
ân growwe onreg die appellant aangedoen sal word:
Hierdie verkragting
kan nie aangemerk word as een van die mees ernstige vorme van
verkragting nie.
Die klaagster is
uiters gering beseer tydens die verkragting.
Daar is geen getuienis
dat die klaagster enige psigiese leed as gevolg van die wandaad gely
het nie, hoewel aanvaar kan word dat
die gebeure noodwendig uiters
traumaties vir haar moes gewees het.
Teenoor die voormelde
moet opgeweeg word alle faktore toepaslik by die oorweging van ân
gepaste vonnis.
Wat sy persoonlike
omstandighede betref, blyk dit dat die appellant ongeveer 40 jaar
oud was ten tye van die gebeure, dat hy by
sy moeder gewoon en haar
bokke opgepas het, dat hy ân saamleef verhouding met ân vrou
gehad het wie oorlede is, en dat hy geen
afhanklikes het nie.
Die misdryf wat die
appellant gepleeg het, is ân uiters afkeurenswaardige een, en het
die appellant ooglopend sy wellus met brute
krag op ân 15-jarige
dogter afgedwing sonder in agneming van haar integriteit en
gevoelens en die enorme vernedering wat sy deurgemaak
het.
Dit behoef geen betoog
dat die Howe ân verantwoordelikheid het teenoor die gemeenskap om
vergrype van hierdie aard te probeer
temper nie, en dit sal tragies
wees as die Howe sou versuim om hierdie verantwoordelikheid ferm en
vreesloos na te kom.
Afgesien van die
afskuwelikheid van die daad gepleeg deur die appellant, is daar ook
ander verswarende omstandighede wat myns insiens
in die vonnis
verstalt behoort te word.
Eerstens het die
appellant geen berou vir sy optrede getoon nie. Trouens, hy het
deurgaans in sy onskuld volhard en met leuens gepoog
om die Hof
daarvan te oortuig.
Tweedens blyk dit uit
sy lys van vorige veroordelings dat die appellant reeds by verskeie
geleenthede met die gereg gebots het as
gevolg van misdrywe waarvan
geweld teenoor die persoon van ân ander ân element is. In 1980
is hy skuldig bevind aan verkragting
en gevonnis tot 3 jaar
gevangenisstraf. In 1984 en 1987 is hy by drie geleenthede skuldig
bevind aan aanranding waarvoor hy óf
gewaarsku en ontslaan is, óf
ân opgeskorte vonnis opgelê is. Tot voordeel van die appellant
sal ek in ag neem dat hierdie misdrywe
gepleeg was etlike jare
voordat die onderhawige misdryf gepleeg is.
Met in agneming van al
die voorgaande omstandighede word die volgende bevel hierin verleen:
Die appèl teen
skuldigbevinding word afgewys.
Die appèl teen die
vonnis die appellant opgelê slaag tot die volgende mate:
Die vonnis die
appellant opgelê word ter syde gestel en vervang met een van 18
(agtien) jaar gevangenisstraf.
Die vonnis soos per
par. B van hierdie bevel word terugdateer na 21 Junie 2001.
_______________
HJ
Lacock
REGTER
Ek
stem saam.
_______________
CC
Williams
REGTER
_______________
N
Nduna
WAARNEMENDE
REGTER
Namens
appellant:
Adv
J Cloete (Regshulpsentrum, Kimberley)
Namens
respondent:
Adv
W Bagananeng (Kantoor van die DOV, Kimberley)