About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2007
>>
[2007] ZANCHC 64
|
|
S v Batwali (CA&R 74/2007) [2007] ZANCHC 64 (16 November 2007)
Rapporteerbaar:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
onder Landdroste: Ja / Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saak
No: CA&R 74/2007
Datum
gelewer: 16/11/2007
In
die saak tussen:
K.
BATWALI APPELLANT
en
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram:
Olivier R et Mokgohloa WnR
UITSPRAAK
OP APPèl
Olivier R:
Die appellant is
in die Streekhof skuldig bevind op Å aanklag van moord (aanklag 1)
en op twee aanklagte van aanranding met die
opset om ernstig te
beseer (aanklagte 2 en 3). Sy is op aanklag 1 gevonnis tot 12 jaar
gevangenisstraf en op aanklagte 2 en 3
tot onderskeidelik 2 jaar en
3 jaar gevangenisstraf, wat gelas is om gelyktydig uitgedien te
word. Die appellant kom nou met verlof
van die verhoorhof in hoër
beroep teen haar vonnisse.
Dit is geykte reg dat Å Hof van
appèl slegs met Å verhoorhof se vonnis sal inmeng as daar Å
wesenlike mistasting begaan is of
die vonnis skokkend onvanpas is.
Namens die appellant
is betoog dat die streeklanddros die erns van die misdade
oorbeklemtoon het. Ek stem nie saam nie.
Die appellant
het die Vrydagaand van 10 Oktober 2003 (aanklag 2) haar man (â
die
klaer
â)
met Å mes gesteek in Å totaal ongeprovokeerde aanval en terwyl die
klaer probeer het om weg te kom van haar. Die klaer moes
die
betrokke aand hegsteke ontvang vir die besering wat hy in die proses
opgedoen het.
Letterlik die volgende dag,
Saterdag 11 Oktober 2003 (aanklag 3), het die appellant, toe die
klaer by haar wou weet waar sy kos
was, nie geaarsel om dieselfde
mes weer tevoorskyn te bring en hom etlike steekwonde daarmee toe te
dien nie.
Mense het die appellant probeer
keer, maar sy wou nie luister nie. Sy het ook op daardie toneel
ander persone met die mes rondgejaag.
Die appellant
het op Šstadium oor die klaer gestaan waar hy gaan lê het toe hy
weens bloedverlies te swak geword het om te staan,
en vir hom gesê:
â
Haal
jy nog asem, want ek wil jou klaarmaak
â.
Ek meen dat die appellant gelukkig was dat sy nie ten aansien van
dié aanval van poging tot moord aangekla is nie.
Dit is toe wat
die oorledene (die broer van die klaer), klaarblyklik omdat hy
besorgd was oor sy broer wat op die grond gelê en
bloei het,
nadergekom het en gevra het: â
Broer,
sy steek vir jou gisteraand, nou steek sy vir jou weer vandag. Wat
is dit eintlik?â
Die appellant,
wat op daardie stadium in die nabyheid was, se reaksie was om weer
die mes uit te haal en vir die oorledene te sê:
â
Ek
soek vir jou
â.
Dit het geblyk dat daar ongeveer Å maand tevore Å uitval was
tussen die appellant en die oorledene en dat dit was waarom
sy gesê
het:
âEk
soek vir jouâ
.
Die appellant
het toe die oorledene twee keer geklap, waarop die oorledene vir
haar gesê het: â
Ek
baklei nie, dat ek kom kyk maar net waarmee is julle twee besig
â.
Dit was egter nie vir die appellant goedgenoeg nie. Sy het die
oorledene toe die fatale steekwond op sy bors toegedien (aanklag
1).
Na my oordeel het die
streeklanddros hoegenaamd nie die erns van die drie aanvalle
oorbeklemtoon nie. Ek meen dat die appellant
gelukkig was dat daar,
ten aansien van die moordklag, wesenlike en dwingende omstandighede
bevind is en afgewyk is van die voorgeskrewe
vonnis van 15 jaar
gevangenisstraf. Die aanval op die oorledene was totaal
ongeprovokeerd en duidelik gemotiveer deur wraaksug.
Daar is bitter weinig wat
versagtend in aanmerking geneem kon word. Volgens die klaer het die
appellant wel gedrink, maar was sy
nie juis onder die invloed van
drank nie. Dit is egter so dat, alhoewel die appellant vorige
veroordelings van diefstal en meineed
gehad het, sy op 26-jarige
ouderdom darem nog nie Å vorige veroordeling van geweld teenoor die
persoon van Å ander gehad het
nie.
Na my oordeel het die
streeklanddros behoorlike oorweging verleen aan wat daar ookal
versagtend was in die guns van die appellant
en ook behoorlik gelet
op haar persoonlike omstandighede, en is geen faktor ten koste van Å
ander oorbeklemtoon nie.
Verder is die streeklanddros
gekritiseer as sou sy die veelvoudige voorkoms van geweldsmisdade
oorbeklemtoon het. Ek vind geen
aanduiding hiervan nie en meen nie
dat daar onbehoorlike klem op dié faktor gelê is nie.
Daar is ook
namens die appellant geargumenteer dat die strekking van die getuie
Iphkati se getuienis sou gewees het dat die klaer,
met die aanval op
hom Saterdag 11 Oktober 2003, die aggressor was. Ook hiermee stem
ek glad nie saam nie.
Alhoewel die
getuie getuig het (soos die klaer ook) dat die klaer Å staaldraad
gehad het en daarmee na die appellant geslaan het,
was sy getuienis
dat dit die appellant was wat die klaer genader het nadat hy die
staaldraad opgetel het, dat die klaer geretireer
het â
en
op daardie stadium het sy haar hand opgetel en toe gaan val Oupa
(wat ân noemnaam van die klaer was)â.
Inteendeel, Iphkati se
getuienis was verder (strydig met dié van die klaer) dat die
appellant die klaer met die mes gesteek het
terwyl hy op sy rug gelê
het. Dit is moeilik om te begryp hoe gesê kan word dat hierdie
getuienis daarop sou dui dat die klaer
die aggressor was tydens die
betrokke voorval.
Die streeklanddros het die
kumulatiewe effek van die vonnisse in ag geneem by die oorweging van
vonnis. Die feit dat sy Å vonnis
van 15 jaar gevangenisstraf as
nie gepas op die aanklag van moord beskou het nie, beteken nie dat
sy dié termyn ook nie as gepas
kon beskou as Å effektiewe termyn
ten aansien van al drie misdade tesame nie.
Na my oordeel is daar geen basis
waarop ingemeng kan word met enige van die vonnisse nie.
Ter afsluiting verwys ek bloot na
my opmerkings in die appèl van Janse van Rensburg (CA&R 44/07)
oor die kwaliteit (of gebrek
daaraan) van die praktyksnotas en
betoogshoofde wat maar te dikwels voorkom in kriminele appèlle.
Dit geld beslis ook vir die
praktyksnotas in hierdie aangeleentheid,
en vir die betoogshoofde namens die respondent.
Ek maak dan die
volgende bevele in hierdie aangeleentheid:
Die appèl word afgewys en die
opgelegde vonnisse word bekragtig.
________________________
C
J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE AFDELING
Ek stem saam:
________________________
F
E MOKGOHLOA
WAARNEMENDE
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms
Appellant: Adv T Fourie
In
opdrag van: Regshulpraad, Kimberley
Nms
Respondente: Adv M G W Baganeneng
In opdrag van: Direkteur
van Openbare Vervolging, Kimberley