About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2007
>>
[2007] ZANCHC 63
|
|
S v Van Rensberg (CA&R 44/2007) [2007] ZANCHC 63 (16 November 2007)
Rapporteerbaar:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
onder Landdroste: Ja / Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saak
No: CA&R 44/2007
Datum
aangehoor: 12/11/2007
Datum
gelewer: 16/11/2007
In
die saak tussen:
P
JANSE VAN RENSBURG APPELLANT
en
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram:
Olivier R et Mokgohloa WnR
UITSPRAAK
OP Appèl
Olivier R:
Die appellant is
in die Landdroshof skuldig bevind op Å aanklag van die oortreding
van artikel 65 (1) van die Nasionale Padverkeerswet,
93 van 1996
(bestuur van Å voertuig op Å openbare pad terwyl hy onder die
invloed van sterk drank was) en op Å aanklag van die
oortreding van
artikel 61 (1) (d) van die gemelde Wet (versuim om die aard en
omvang vas te stel van die skade wat in Å ongeluk
veroorsaak is).
Die appellant is op hierdie aanklagte gevonnis tot, onderskeidelik,
Å boete van R4 000,00 of 6 maande gevangenisstraf
en Å boete
van R500,00 of 2 maande gevangenisstraf.
Die appellant
kom nou met verlof van die verhoorhof in hoër beroep teen beide sy
skuldigbevindings. Dit is geykte reg dat Å Hof
van appèl slegs
met Å skuldigbevinding sal inmeng indien dit oortuig is dat die
bevinding inderdaad verkeerd is (sien
S
v Francis
1991
(1) SASV 1989 (A) op 204d-f en
Mnyandlu
v S
[2006] 4 All SA 146
(Tk)). Dit is ewe geyk dat ŠHof van appèl
ook nie ligtelik met Å verhoorhof se geloofwaardigheidsbevindinge
sal inmeng nie
(sien
S
v Hadebe and Others
1997 (2) SACR 641
(SCA) op 645e-f).
Die aanklagte het voortgespruit uit
Å voorval toe die appellant, wat blykbaar Å polisiebeampte was,
gedurende die aand van 18
Januarie 2006 op Å openbare grondpad
tussen die dorpsgebied van De Aar en die skougronde met sy
privaatvoertuig in Å botsing
betrokke was met die stilstaande
voertuig van mnr Nana.
Die landdros het bevind dat die
appellant ten tye van die voorval onder die invloed van sterk drank
was en dat sy bestuursvermoë
daardeur aangetas is. Ek is
hoegenaamd nie oortuig dat hierdie bevinding van die landdros
verkeerd was nie.
Dit is so dat daar, wat betref die
vraag of die appellant onder die invloed van sterk drank was, tot Å
mate botsende weergawes
van staatsweë aangebied is.
Konstabels Young en Esau, beide
natuurlik kollegas van die appellant, se weergawes was dat die
appellant vir hulle nugter voorgekom
het. Inteendeel, volgens Young
sou die appellant nie eers na drank geruik het nie.
Ek vind veral
Young se getuienis maar taamlik verdag. Dit is vir my onduidelik
hoe hy op die toneel beland het. Alhoewel hy verwys
na Å â
berig
â
van Å ongeluk wat hy sou gekry het terwyl hy aan diens was, gee hy
dan later te kenne dat hy die persoon was wat die botsing
rapporteer
het. Waar sou die berig dan vandaan gekom het?
Interessant genoeg, het dit geblyk
dat Young Å selfoon by hom gehad het en was Nana se getuienis dat
dit vir hom ook voorgekom
het asof die appellant Å selfoon by hom
gehad het op die stadium toe hy besig was om die toneel te verlaat.
Young is verder die persoon wat,
alhoewel hy opdrag gegee is om Å bloedmonster van die appellant te
verkry en sekerlik daarvan
bewus moes gewees het dat tyd van belang
was en dat die appellant ook nie die geleentheid moes kry om alkohol
in te neem voor die
neem van die bloedmonster nie, op sy eie
weergawe bewustelik toegelaat het dat die appellant vir Å lang tyd
buite sy sig en beheer
was en dat Å geruime tyd gesloer is met die
neem van die bloedmonster.
Young se getuienis dat die
appellant nie na drank geruik het nie, lyk ook verdag. Op die
appellant se eie weergawe het hy vroeër
bier gedrink. Hy het ook
beweer dat hy in die huis, en voor hy weggeneem is vir die neem van
Å bloedmonster, brandewyn gedrink
het. Young was tog saam met die
appellant by die geneesheer, en hy was ook voor dit by die huis in
die teenwoordigheid van die
appellant, en Å mens wonder hoe hy
nooit enige reuk van drank by die appellant sou bespeur het nie.
Young se
getuienis in hierdie verband is ook strydig met dié van die
appellant se eie geneesheer, wat tydens die ondersoek met
die neem
van die bloedmonster aangeteken het dat die reuk van alkohol
â
middelmatig
â
waarneembaar was.
Wat Esau betref, is dit duidelik
dat hy die appellant vir die eerste keer gesien het toe die
appellant alreeds by die geneesheer
was, en ook alreeds mediese
behandeling ontvang het.
Inspekteur
Stevens, eweneens Å kollega van die appellant, se getuienis was dat
die appellant â
was
mos nou nie dronk persoon nie
â.
Sy getuienis is ook ongelukkig maar redelik verdag.
In die eerste plek blyk dit nêrens
uit die oorkonde dat Stevens ooit die appellant gedurende die
betrokke aand gesien het nie;
minstens nie voordat die appellant
vir die bloedmonster geneem is nie.
Verder is Stevens Å persoon wat,
as Å polisiebeampte wat al die rang van Å inspekteur beklee het,
en wat deur Nana voorsien is
van inligting tot die effek dat die
appellant onder die invloed van drank was, die vreemde opdrag gegee
het dat Å bloedmonster
van die appellant verkry moes word, maar dat
hy nie gearresteer moes word nie; dit terwyl Stevens daarop attent
gemaak is dat
die verdagte besig was om die toneel vir Å tweede
keer te verlaat.
Stevens het ook, nadat hy op Å
bottel beslag gelê het waarin nog drank was en wat volgens Nana
deur die appellant weggegooi is
voordat hy die toneel verlaat het,
versuim om die betrokke bottel te laat nagaan vir vingerafdrukke.
Van heelwat meer
belang, is egter die getuienis van die gemelde geneesheer, dr
Theron, wat die appellant se persoonlike geneesheer
was en wat in sy
getuienis toegegee het dat hy die appellant ook â
persoonlik
â
geken het. Sy getuienis was dat die appellant onder die invloed van
drank was; soos wat hy dit spontaan gestel het: â
...
hy was onder die invloed, maar nie erg nie ...
â.
Dr Theron het
ondermeer bevind dat daar Å fyn
nystagmus
by die appellant teenwoordig was en het getuig dat dit Å teken was
daarvan dat die appellant onder die invloed van drank was.
In betoog namens
die appellant is verwys na die beslissing van
S
v Conradie
2002 (2) SACR 386
(C), waar daar getuienis gelewer was dat Å stamp
teen die kop ook tot
nystagmus
kon lei. In die onderhawige geval was daar geen sulke getuienis nie
en dr Theron is eenvoudig nooit daaroor uitgevra nie. Daar
kon tog
seker nie van die verhoorhof verwag gewees het om bevindinge te maak
op grond van getuienis wat in ander sake aangebied
is nie.
Dr Theron het in elk geval ook
getuig dat die appellant se hoë polsslag Šverdere aanduiding
daarvan was dat hy onder die invloed
van drank was.
Verder was dit op die getuienis
baie duidelik dat die appellant, nadat sy voertuig tot stilstand
gekom het en hy besef het dat hy
teen Nana se voertuig vasgery het,
meerdere bottels in die veld en bossies ingeslinger het voordat hy
van die toneel weggehardloop
het, een van welke bottels nog gevind
is met Å hoeveelheid alkohol in. Waarom sou hy dit gedoen het as
hy heeltemal nugter was
en om 17:00 die middag laas alkohol ingeneem
het?
Dan is daar die feit dat, volgens Å
ontleding van Å bloedmonster, die bloedalkoholpresentasie daarvan
0.11gr/100ml was. Dit blyk
baie duidelik uit die getuienis dat dit
die bloedmonster van die appellant was. Heelwat gewag is gemaak van
Å teenstrydigheid
in die staatsaak met betrekking tot of die
bloedmonster die aand in die kluis by die polisiestasie geplaas is
en of dit inderdaad
aan Å speurder (Deetlefs) oorhandig is.
Dit blyk egter
duidelik dat die bloedmonster behoorlik gemerk en verseël by die
laboratorium aangekom het en of dit intussen in
Å kluis geplaas was
aldan nie lyk nie vreeslik belangrik nie (sien
S
v Du Plessis
1972 (4) SA 31
(A) en
S
v Jantjies en Å Ander
1993 (2)SACR 475 (A) op 479e).
Ook is gewag
gemaak van die feit dat, volgens dr Theron, die houer waarin die
bloedmonster geplaas is niks bevat het voordat die
bloed daarin
gedeponeer is nie, terwyl in die verslag van die laboratorium
verklaar is dat die bloedmonster â
contained
sufficient sodium fluoride to prevent any formation of alcohol
â.
Daar is nie
getuienis oor of die teenwoordigheid van so Å middel in die houer
opsigtelik sou gewees het nie. Dr Theron kon in
elk geval ook nie
eers meer onthou of hy sy eie naald gebruik het en of hy gebruik
gemaak het van een wat die polisie aan hom voorsien
het nie.
Boonop lui die verslag
juis dat die betrokke stof die vorming van alkohol sou verhoed het.
Gewag is ook
gemaak van die tyd wat sou verloop het tussen die voorval en die
verkryging van die bloedmonster en daar is aangevoer
dat die Staat
nie bewys het dat die bloedmonster binne twee ure geneem is nie
(sien
artikel
65 (3) van die Nasionale Padverkeerswet, 96 van 1993
).
In hierdie verband is gewys op Nana se onsekerheid oor die presiese
tyd van die voorval en op dr Theron se getuienis, waarvolgens
hy
eers te kenne gegee het dat hy die bloedmonster so teen 22:50 geneem
het en later weer dat dit so teen 23:00 of 23:05 kon gewees
het.
Mnr Nana se getuienis oor die tyd
van die voorval was dat dit in die omgewing van 21:00 plaasgevind
het. Volgens Young het hy
om 21:42 gehoor van die botsing en
volgens Esau is hy al om 21:40 van die botsing verwittig.
Die feit is dat
Nana se getuienis was dat hy feitlik dadelik die polisie gebel het
en dat, alhoewel hy gesukkel het, hy hulle wel
in die hande gekry
het. Die polisie was op alle aanduidings betreklik kort na die
voorval op die toneel.
Ek meen dat die
aanduidings eerder is dat die ongeluk iewers ná 21:00 gebeur het.
Dit is duidelik dat Nana die tyd bloot geskat
het.
In hierdie verband is
die getuienis van konstabel Matha, wat geroep is om namens die
appellant te getuig, van baie belang. Sy was
aan diens as
aanklagkantoorbevelvoerder en volgens haar het die appellant self
telefonies rapporteer dat die ongeluk om 21:35 plaasgevind
het.
Selfs al sou dr Theron die
bloedmonster dus eers om 23:05 geneem het, sou dit op die appellant
se eie saak binne die voorgeskrewe
twee uur periode geval het.
Inteendeel, volgens konstabel Matha is die bloedmonster alweer om
23:25 teruggebring deur Young, wat
selfs ook binne die twee ure sou
gewees het (indien haar getuienis korrek sou wees dat Young die
bloedmonster na die aanklagkantoor
gebring het).
Sou Young en inspekteur Deetlefs
reg wees, aan die ander kant, daaroor dat Young die bloedmonster
direk na Deetlefs geneem het dieselfde
aand (en nie eers na die
aanklagkantoor toe nie), is Deetlefs se getuienis dat hy die
bloedmonster by sy huis ontvang het om 23:38
ook geredelik
versoenbaar daarmee dat die bloedmonster binne twee ure na 21:35
(toe die ongeluk volgens die appellant se eie rapport
sou
plaasgevind het) geneem sou gewees het.
Mnr van Heerden het glad nie met
konstabel Matha se getuienis gehandel in sy betoogshoofde nie. Hy
het, toe ek dit met hom opgeneem
het in argument, egter betoog dat,
omdat Matha ook getuig het dat sy die inskrywing om 21:35 gemaak
het, sy waarskynlik ân fout
begaan het in die aantekening van die
tyd van die ongeluk. Sy argument was dat die tyd van die botsing en
die tyd van die maak
van die aantekening in die voorvalleboek nie
dieselfde kon wees nie.
Matha se getuienis oor
die tyd van die ongeluk is egter duidelik. Sy het getuig dat die
appellant self gerapporteer het dat dit
om 21:35 plaasgevind het.
Mnr van Heerden het
verder verwys na die appellant se pleitverduideliking, waarvolgens
hy eers vanaf die toneel van die botsing
na die huis van ene
inspekteur Ben is en toe vandaar die polisie van die voorval in
kennis gestel het. Mnr van Heerden het aan
die hand gedoen dat dit
sou aandui dat daar ân geruime tyd tussen die ongeluk en die
rapportering aan die polisie moes verstryk
het en dat Matha se
aantekening oor die tyd van die ongeluk ân fout moet wees.
Die probleem is egter,
eerstens, dat hierdie nie getuienis is nie. Dit is beweringe in ân
pleitverduideliking wat nooit onder
eed herhaal is nie.
Verder is dit so dat,
in elk geval, dié argument strydig is met die getuienis van die
appellant se eie getuie en die appellant
se regsverteenwoordiger het
nooit destyds vir konstabel Matha gevra hoe die tyd van die
aantekening en die tyd van die ongeluk
dieselfde kon wees nie.
Die appellant,
wat soos reeds gemeld verkies het om nie te gaan getuig nie, wil nou
hê dat daar in sy guns bespiegel moet word
oor hoeveel tyd kon
verstryk het tussen die ongeluk en die tyd wat hy die oproep na
Matha gemaak het. Hy is nie hierop geregtig
nie. Hy is die enigste
persoon wat sou weet hoeveel tyd (indien enige noemenswaardige
tydsverloop) kon verstryk het tussen die
plaasvind van die ongeluk
en die rapportering deur hom daarvan aan konstabel Matha en hy het
nie van die geleentheid gebruik gemaak
om dit onder eed te
verduidelik nie (sien
S v Nzimande
2003 (1) SACR 280
(O) op 283I â 284A).
Å Aspek waarvan
heelwat gewag gemaak is namens die appellant, is die getuienis van
dr Theron dat die appellant tydens sy ondersoek
teenoor hom sou
beweer het dat hy ná die voorval tuis alkohol ingeneem het.
Die landdros het die houding
ingeneem dat hierdie hoorsê-getuienis was wat ontlok is tydens die
kruisverhoor, namens die appellant,
van dr Theron, maar het in elk
geval ook vlugtig gehandel met die waarde en geloofwaardigheid van
die betrokke getuienis.
Dit is so dat die persoon van wie
se geloofwaardigheid hierdie getuienis sou afhang, naamlik die
appellant, nie getuig het nie.
Die landdros se indruk dat die
getuienis deur die appellant se regsverteenwoordiger ontlok is, is
egter verkeerd. Dit was inderdaad
die aanklaer wat, nog in
hoofondervraging van dr Theron, dié getuienis ontlok het deur die
volgende vraag:
â
D
okter,
die verdediging se saak is verder na die ongeluk het die beskuldigde
Å halwe, Å stewige halwe brandewyndop gedrink en toe
u hom nou vra
oor sy vrywillige verklaring aangaande sy alkoholgebruik gedurende
die afgelope 24 uur het hy melding gemaak vir dokter
daaromtrent?â
Daarna het die aanklaer selfs
verder gegaan en dr Theron ondervra oor waarom hy nie in sy verslag
Å aantekening daarvan gemaak
het nie.
Dit maak Å
wesenlike verskil. Vir soverre die aanklaer nie hiermee in elk
geval duidelik toegestem het tot die toelating van die
getuienis
nie, kan hy hom in elk geval nie daaroor bekla nie (vergelyk
S
v Waldeck
2006 (2) SA 120
(NC)).
Ek meen dat, afgesien daarvan dat
dit vreemd is dat dr Theron so Å belangrike brokkie inligting nie
sou aangeteken het op die toepaslike
vorm nie (waar hy tog die
appellant se mededeling oor die bier wat hy vroeër gedrink het,
aangeteken het), die waarde van hierdie
inligting weinig kan wees.
Dr Theron het
getuig dat die appellant hom nie gesê het wat en hoeveel hy gedrink
het nie. Belangriker nog, dr Theron is nooit
uitgevra omtrent die
effek, indien enige, wat selfs die â
stewige
dop brandewyn
â
waarna verwys is in die appellant se pleitverduideliking sou kon
gehad het op die bloedalkohol-presentasie, en op die vermoede
geskep
in artikel 65(3) van die Wet, nie. Geen grondslag is eers van die
kant van appellant gelê vir presies hoe lank voor die
neem van die
bloedmonster die drank na bewering ingeneem is nie.
In die omstandighede
meen ek nie dat dr Theron se getuienis omtrent hierdie mededeling
van die appellant enigsins kon bygedra het
tot die weerleggingslas
geskep in artikel 65(3) van die Wet nie.
Wat betref die vraag
of die appellant se bestuursvermoë deur die drank aangetas is, meen
ek eweneens dat die landdros se bevinding
nie vatbaar is vir kritiek
nie.
Dit blyk duidelik dat die appellant
sy voertuig in die rondte laat tol het vir geen ander verklaarbare
rede as dat hy onder die
invloed van drank was nie. Daarna het hy
teen sodanige hoë spoed in die rigting van Nana se voertuig beweeg
dat laasgemelde dit
nodig geag het om te poog om sy voertuig uit die
pad te kry, maar te laat was.
Alhoewel dit
blyk dat Nana se voertuig in die padoppervlak gestaan het, op die
ryvlak aan die kant van aankomende verkeer (soos
die appellant se
voertuig), is Nana se getuienis dat hy die hoofligte daarvan gedomp
aangelaat het, nooit afgekraak nie.
Die pad was nie
Å snelweg, soos in die beslissing van
S
v Raleni
2001 (2) SACR 295
(T) waarna namens die appellant verwys is, nie.
Dit was Å grondpad met draaie. Die 30 m lange remmerke sou ook
aanduidend wees
daarvan dat die appellant onder die heersende
omstandighede (in die nag) en op die betrokke oppervlak vinnig gery
het. Die impak
tussen die twee voertuie was ook toe, ten spyte van
die lang remmerke, hewig en beide voertuie is sodanig beskadig dat
hulle later
vanaf die toneel verwyder moes word.
Teen die agtergrond
van al hierdie getuienis het die appellant verkies om nie te gaan
getuig nie en ek meen nie dat hy hom in die
omstandighede kan bekla
oor die afleidings wat die landdros uit die enigste beskikbare
getuienis gemaak het nie.
Of Nana nalatig
was om sy voertuig in die pad te laat, is natuurlik nie
deurslaggewend met betrekking tot die vraag of die appellant
roekeloos of nalatig bestuur het (of onder die invloed van drank
bestuur het) nie. Die vraag onstaan in elk geval waarom die
appellant, indien hy van mening was dat die enigste oorsaak van die
botsing Nana se nalatigheid was en dat daar niks geskort het
met sy
bestuursvermoë nie, van die toneel weggehardloop het, en ook waarom
hy, toe hy en sy vader en Å vriend teruggekeer het,
nie daar en dan
aangedring het op die arrestasie van Nana nie, maar eerder weer die
toneel verlaat het.
Wat aanklag 2
betref, het die landdros eweneens nie die voordeel van die appellant
se weergawe gehad nie.
Die appellant
het verkies om in hierdie verband te steun op die getuienis van Nana
dat die appellant, nadat sy voertuig tot stilstand
gekom het,
uitgeklim het, van langs sy voertuig af in die rigting van Nana se
voertuig gekyk het en geswets het voordat hy die
toneel te voet
verlaat het.
Dit
is duidelik dat dit donker was op die toneel. Die polisie moes
byvoorbeeld in die veld met Å flitslig soek na die bottels
wat die
appellant weggegooi het.
Luidens die
bepalings van artikel 61(1)(d) van die Nasionale Padverkeerswet moes
die appellant die â
aard
en omvang
â
van die skade vasgestel het. Die blote besef dat daar Å botsing
was en skade was, sou tog sekerlik nie voldoende kon wees
nie.
Ek kan my nie vir Å oomblik indink
dat Å blik op die ander voertuig wat in die ongeluk betrokke was,
sou neerkom op voldoening
aan hierdie bepalings nie. Hoe sou die
appellant op hierdie wyse, byvoorbeeld, die omvang van die skade kon
vasgestel het? Hoe
sou hy, byvoorbeeld, geweet het of Nana se
voertuig nog kon aangeskakel word en bestuur word?
Na my oordeel sou dit darem seker
minstens wees wat die wetgewer verwag het van Å persoon in die
posisie van die appellant. Die
appellant het in elk geval ook glad
nie gepoog om te kom verduidelik wat die skade was wat hy met
daardie oomblik se betragting
sou waargeneem het nie.
Daar is geen aanduiding dat die
appellant eers probeer het om Nana se skade van naderby te betrag
nie. Dit is duidelik dat hy besef
het hy was in Å redelik ernstige
botsing betrokke, dat hy onder die invloed van drank was en nog
drank in sy voertuig ook gehad
het en dat hy, soos wat Nana tereg
gesê het, net sou gou as moontlik van die toneel wou wegkom.
Alhoewel dit
baie duidelik is dat die appellant nie werklik hulp gaan soek het of
die toneel moes verlaat het om hulp te bekom of
om die ongeluk te
rapporteer nie, sou dit in elk geval nie Å rede gewees het vir sy
versuim om eers die aard en die omvang van
die skade vas te stel nie
(sien
R
v Tomlinson
1953 (2) SA 13
(SR)).
Ek het tydens die aanhoor van
argument my teleurstelling uitgespreek met die wyse waarop
praktyksnotas in kriminele appèlle hanteer
word, en met die swak
gehalte van die betoogshoofde namens die respondent. Uit gesprekke
met van my kollegas het dit geblyk ook
hulle ervaring te wees. In
die hoop dat my opmerkings teenoor die advokate die gewenste
uitwerking gaan hê, gaan ek egter nie
nou verder in hierop nie en
gaan ek nie op hierdie stadium hierdie aspek verder neem nie.
In die omstandighede
meen ek dat die appèl nie kan slaag nie en word die volgende bevel
gemaak:
Die appèl
misluk en beide die appellant se skuldigbevindings word bekragtig.
________________________
C
J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE AFDELING
Ek stem saam:
________________________
F
E MOKGOHLOA
WAARNEMENDE
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms
Appellant: Adv C F van Heerden
In
opdrag van: Joseph & van Rensburg, De Aar
Nms
Respondente: Adv M G W Baganeneng
In
opdrag van: Direkteur van Openbare Vervolging