About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2007
>>
[2007] ZANCHC 62
|
|
ans Cuici Agri (Edms) Beperk and Another v Saamwerk Soutwerke (Edms) Beperk (540/07) [2007] ZANCHC 62 (16 November 2007)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja /Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja /Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: 540/07
DATUM
AANGEHOOR:16 -10 -2007
DATUM
GELEWER:16- 11-2007
In
die saak tussen:
SANS
CUICI AGRI (EDMS) BEPERK Eerste applikant
STEPHAN
MALAN Tweede applikant
en
SAAMWERK SOUTWERKE (EDMS)
BEPERK Eerste Respondent
DIE MINISTER VAN MINERAAL &
ENERGIESAKE Tweede Respondent
DISTRIKSBESTUURDER:
MINERAAL EN ENERGIESAKE
(NOORD-KAAP STREEK) Derde
respondent
JACOB CASPER KRUGER DU
TOIT Vierde respondent
CORAM:
C C WILLIAMS R:
U
I T S P R A A K
WILLIAMS
R:
1. Hierdie is ân
aansoek om tersydestelling van ân bevel verleen deur Molwantwa WnR
op 20 April 2007 onder saaknommer 291/2007,
waarin die eerste
respondent, die applikant in daardie aangeleentheid, die volgende
regshulp verkry het teen die tweede en derde
respondente in die
onderhawige saak sowel as die Direkteur Generaal: Mineraal en
Energiesake: Noord-Kaap streek:
ï
g
1. DAT
dit verklaar word dat applikant geregtig is daarop dat ân mynreg
vir die myn van sout op die plaas bekend as:
Die plaas Eenzaamheid
nr 626
Geleë
in die distrik Gordonia
Groot:
16 225, 4219 hektaar
Aan
applikant uitgereik word.
2. DAT dit verklaar
word dat applikant se omgewingsbestuurprogram deur eerste respondent
goedgekeur is en dat die applikant geregtig
is om ingevolge die
mynreg te myn asof die omgewingsbestuursprogram deur eerste
respondent goedgekeur is ingevolge artikel 39(4)
van die Mineraal en
Petroleum Hulpbronontwikkelingswet, Wet 28 van 2002.
3. DAT
die eerste respondent gelas word om self of deur middel van sy
gevolmagtigde te verskyn voor ân behoorlike toegelate notaris
en om
die mynreg waarvan ân afskrif hierby aangeheg is as bylaag
âXâ
te
onderteken voor sodanige notaris terwyl applikant se
regsverteenwoordiger ook teenwoordig is.
4. DAT indien die
eerste respondent of sy gevolmagtigde sou versuim om binne sewe dae
vanaf datum van hierdie bevel te handel soos
in paragraaf 3
uiteengesit, word die Griffier van hierdie Hof gemagtig en gelas om
dit namens die eerste respondent te doen.
5. DAT
die respondent gelas word om die koste van hierdie aansoek
gesamentlik en afsonderlik te betaalâ.
2. Die
eerste applikant is die eienaar van die plaas Eenzaamheid nr. 626
(
âdie
plaasâ
)
waarop die eerste respondent die mynreg bekom het. Die tweede
aplikant is die Besturende Direkteur van die eerste applikant en
huurder van die plaas..
3. Die applikante was nie
as partye gesiteer in saaknommer 291/2007 nie en het geen kennis
gehad van die regshulp daarin aangevra
en verkry nie tot met 9 Mei
2007.
4. Die
huidige aansoek word gebring in terme van Reël 42(1)a) van die
Eenvormige Hofreëls op die basis dat die bevel verleen deur
Molwantwa WnR
âverkeerdelik
aangevra of verkeerdelik gegee is in die afwesigheid van ân party
wat daardeur geraak wordâ
en die gemenereg.
5. Die gronde waarop die
eerste respondent die aansoek in saaknr. 291/2007 gebasseer het is
opsommenderwys die volgende:
5.1 Die eerste respondent
het aansoek gedoen om ân mynreg vir die myn van sout op die plaas
op 16 Mei 2005. Hierdie aansoek is
aanvaar soos bedoel in artikel
22(2) van Wet 28 van 2002(âdie Wetâ).
5.2 Op 14 Desember 2006
het die Direkteur-Generaal: Mineraal en Energiesake vir die eerste
respondent in kennis gestel ingevolge artikel
23(1) van die Wet dat
die mynreg toegestaan is.
5.3 In hierdie bogenoemde
kennisgewing vanaf die Direkteur-Generaal word vermeld dat die derde
respondent die relevante omgewingsbestuursprogram
sal goedkeur en
onderneem om die mynreg te onderteken teen 13 Februarie 2007, op
welke datum die mynreg van krag word.
5.4 Alle relevante
voorwaardes en vereistes ingevolge die Wet is aan voldoen.
5.5 Die derde respondent
het ongeag die bovermelde, versuim of geweier om die
omgewingsbestuursprogram goed te keur en die mynreg
te onderteken.
6. Die kruks van die
eerste respondent se saak in aansoek 291/07 was dat die twee
tersaaklike besluite reeds geneem is, dit is, die
toestaan van die
mynreg en die goedkeuring van die omgewingsbestuursprogram, en dat
die regshulp wat aangevra was slegs gevolg sou
gee aan hierdie
besluit.
7. Die respondente in
saak 291/07 (Die Minister van Mineraal en Energiesake, die Direkteur
Generaal: Mineraal en Energisake en die
Distriksbestuurder: Mineraal
en Energiesake: Noord-Kaap Streek) het nie die aansoek geopponeer
nie. Dit blyk wel dat die respondente
se regsverteenwoordiger met
die aanhoor van die gemelde aansoek teenwoordig was by die hof en is
die bevel met die toestemming van
die respondente verleen.
8. Die bewerings deur die
applikante gemaak ter ondersteuning van die tersydestellingaansoek
is die volgende:
8.1 Die applikante, as
eienaar en huurder onderskeidelik van die plaas, het ân belang
gehad by die aansoek onder saak 291/07 en
is nie gevoeg as
respondente in die aansoek nie.
8.2 Dat
sekere inligting, wel bekend aan die vierde respondent, wat ook die
deponent was tot die funderende eedsverklaring in saak
291/07, sowel
as die respondente in die hof
a
quo,
verswyg is en dat indien Molwantwa WnR daarvan kennis gedra het, sy
nie die regshulp sou toestaan nie. Hierdie inligting behels:
8.2.1 Die feit dat die
tweede applikant op 3 Mei 2005 aansoek gedoen het om ân mynreg vir
die myn van sout op die plaas, welke aansoek
deur die tweede
respondent afgewys is. Ten tye van die aanhoor van aansoek 291/07
sowel as die huidige aansoek was daar ân appél
ingevolge artikel
96 van die Wet hangende teen hierdie besluit van die tweede
respondent.
8.2.2 Dat die eerste
respondent nie aan al die vereistes en voorwaardes ingevolge die Wet
voldoen het nie, deurdat daar geen konsultasies
ingevolge artikel
22(4) van die Wet met die applikante plaasgevind het nie en daar nie
toestemming verkry is vanaf die eerste applikant
om ân
omgewingsimpakstudie op die plaas te doen nie.
8.2.3 Dat die pad wat
toegang verleen tot die plaas en wat gebruik sal word deur die eerste
respondent in die uitoefening van die
mynreg oor die buurplaas loop
en ân servituut ten gunste van Eezaamheid daarstel. Dit beteken
dus dat die eerste applikant ân
verpligting het om die pad te
onderhou wat dan noodwending deur eerste respondent se
mynbedrywighede sal versleg.
8.2.4 Dat die eerste
respondent ten tye van die loods van die aansoek om ân mynreg nie
bestaan het nie. Die eerste respondent was
aanvanklik ân beslote
korporasie wat gederegistreer is. Die aansoek om ân mynreg is
gebring in die tydperk wat die BK gederegistreer
is maar voordat die
eerste respondent as maatskappy geregistreer is.
9. Die
eerste en vierde respondente, verteenwoordig deur mnr. Danzfuss SC,
betwis nie die bewerings gemaak deur die applikante in
die
sub-paragrawe tot paragraaf 8.2 hierbo nie. Die argument is dat
hierdie feite ontersaaklik is waar die applikante hoofsaaklik
steun
op Reël 42(1)a) vir die tersydestelling van die bevel. Dat indien
die eerste respondent prosedureel geregtig was op die bevel,
dit nie
tersyde gestel kan word bloot omdat die applikant moontlik goeie
verwere mag hê nie. Ter ondersteuning van hierdie punt
word verwys
na
Colyn
v Tiger Food Industries Ltd T/a Meadow Feed Mills (Cape)
2003(6) SA 1 SCA te 8g,
De
Wet and Others v Western Bank Ltd
1979(2) SA 1031(A) te 1038 B-G,
Lodhi
2 Properties Investments CC v Bondev Developments (Pty) Ltd
(2007)
SCA 85 (RSA), ân ongerapporteerde beslissing van die Hoogste Hof
van Appél.
Gedagtig daaraan dat in
die sake hierbo vermeld die partye wel kennis gegee is van
verrigtinge, behandel ek die verdere argumente
van die respondente
10. Daar word voorts ook
aangevoer namens die respondent, dat die applikant geensins ân
belang gehad het in die aansoek onder saak
no. 291/07 nie. Die
argument is dat die besluite (verwys na in paragraaf 6 hierbo), wat
administratiewe handelinge daarstel soos
bedoel in die Wet op
Bevordering van Administratiewe Geregtigheid, Wet 3 van 2000, reeds
geneem is. Dat dit hierdie besluite is
waarin die applikant ân
belang het en het die applikante ân reg van appél in terme van die
Wet teen hierdie besluite. Aansoek
291/07 het bloot ten doel gestel
die implementering van hierdie besluite en kan die applikant nie
daarby ân belang gehad het nie
aangesien die besluite reeds geneem
is en dit bly staan todat dit op appél of hersiening tersyde gestel
word.
11. Reël
42(1)a) bepaal as volg:
ï
g
Die
hof het benewens ander magte wat hy mag hê, die reg om mero motu of
op aansoek van ân party wat geraak word, bevele of vonnisse
te
wysig of te herroep:
a) wat verkeerdelik
aangevra of verkeerdelik gegee is in die afwesigheid van ân party
wat daardeur geraak word.â
Bloot teoreties gesproke
kan daar seker ân argument uitgemaak word dat die applikante nie ân
belang het in die bevel verkry in
saak 291/07 nie. Op ân praktiese
vlak egter, word die applikante daardeur geraak aangesien die
verlening van die bevel die reg
aan die eerste respondent gee om
daadwerklik te begin myn op die plaas en het hulle dus ân belang
gehad in die bevel. In die afwesigheid
van die bevel het die
besluite asât ware in die lug gehang en kon die eerste respondent
nie die mynreg prakties benut nie. Dit
is juis die rede waarom die
bevel aangevra is. Na my mening kan daar nie gesê word dat die
applikante nie partye is wat âgeraakâ
word deur die bevel, soos
in die Reël bedoel nie, en moes die applikante gevoeg gewees het as
respondente in saak 291/07.
12. Die bevel in aansoek
291/07 staan egter nie net tersyde gestel te word op die basis dat
dit in die afwesigheid van ân party
wat ân belang daarby het
aangevra is nie. Sekere wesenlike inligting is, na my mening,
doelbewus nie voor Molwantla WnR geplaas
met die aansoek nie. Die
vierde respondent, wat ân direkteur is van die eerste respondent en
die deponent was tot die funderende
eedsverklaring in die aansoek
voor Molwantwa Wnr, meld daarin dat
ï
g
8.2 Die
derde respondent het ook vereis dat konsultasie met belanghebbende
partye gevoer moet word soos bedoel in artikel 22(4)b)
van die Wetâ.
Wat hy egter nie meld
nie, is dat aan hierdie belangrike vereiste nie voldoen is nie.
13. Die
vierde respondent, in sy hoedanigheid as direkteur van die eerste
respondent moes vir seker geweet het dat teen die tyd wat
die aansoek
om ân mynreg ingedien is die eerste verweerder nog nie as ân
maatskappy geregistreer was nie, dit ook in daardie
tydperk reeds as
BK gederegistreer was en dit dus nie ân
âpersoonâ
was wat in terme van die Wet kon aansoek doen om ân mynreg nie.
14. Die vierde respondent
het ook nagelaat om te meld dat daar ân appél hangende is teen die
weiering van die tweede applikant
se aansoek om ân mynreg op
dieselfde perseel. Indien die tweede applikant suksesvol is met die
appél sal die onhoudbare situasie
ontstaan waar twee verskillende
persone die reg het om te myn op dieselfde gebied.
15. Ek meen dat geen
redelike Hof indien al die feite geopenbaar was, in weerwil daarvan,
die bevel in saak 291/07 sou gegee het nie.
Ek meen ook dus nie dat
Molwantwa WnR die bevel in sodanige omstandige sou toestaan nie.
Sien
President of the RSA v Eisenberg & Associates 2005(1) SA 247(CPD)
te 264 D-J en die sake daarin na verwys.
16. Mnr. Wessels SC, wat
namens die applikante optree, voer aan dat die tweede en derde
respondente, deur hul swye oor hierdie feite
waarvan hulle ten minste
bewus behoort te gewees het en hul toestemming tot die bevel, daartoe
bygedra het tot die verlening tot
die bevel. Ek kan nie anders as om
hiermee saam te stem nie. Dit mag wees dat die betrokke respondente
mislei is deur die eerste
respondent ten aansien van die
konsultasievereiste waaraan nie voldoen is nie sowel as die feit dat
die eerste respondent ân nonentiteit
was ten tye van die aansoek om
ân mynreg. Wat die hangende appél egter betref moes die tweede en
derde respondente van hierdie
feit bewus gewees het en indien hulle
vir Molwantwa WnR slegs net daarvan bewus gemaak het, sou sy in alle
waarskynlikheid nie die
bevel verleen het nie.
17. Na my mening het die
applikante daarin geslaag om ân saak uit te maak vir die
tersydestelling van die bevel, nie net onder
Reël 42(1)a) nie maar
ook onder die gemene reg wat voldoende gronde daarvoor vereis. Om
hierdie rede is ek van mening dat die tweede
en derde respondente,
alhoewel hulle nie die tersydestellingsaansoek daadwerklik bestry het
nie (Kennisgewing van Opponering is teruggetrek
sonder dat enige
opponerende eedsverklarings geliasseer is), gesamentlik en
afsonderlik met die ander respondente die koste van die
aansoek
behoort te betaal op die skaal soos tussen prokureur en kliënt.
18. Ter afsluiting is
daar nog ân enkele aspek waarmee gehandel moet word. Op 17
Augustus 2007 is beide die tersydestellings aansoek
sowel as ân
aansoek dat die tersydestellingsaansoek van die rol geskrap word,
uitgestel vir aanhoor na 16 Oktober 2007.
19. Die aanloop tot die
aansoek om skrapping van die rol kan as volg opgesom word.
19.1 Die eerste en vierde
respondente het op 9 Junie 2007 ân Kennisgewing in terme van Reël
35(12) aan die applikante gelewer waarin
versoek is dat sekere
dokumente na verwys in die funderende stukke ter insae voorgelê
word. Op 25 Julie 2007, nå daar versuim
is om aan die Reël 35(12)
Kennisgewing te voldoen, het die betrokke respondente ân
Kennisgewing ingevolge Reël 30A op die applikante
beteken,
waarvolgens die aangevraagde dokumente binne 10 dae voorgelê moet
word, by versuim waarvan die respondente aansoek sou
doen vir die
afwysing van die aansoek.
19.2 Ten spyte daarvan
dat die applikante nie voldoen het aan enige van hierdie
Kennisgewings nie, het die applikante se prokureur,
op 13 Augustus
2007, die tersyderstellingsaansoek op die onbestrede mosiehofrol
geplaas vir Vrydag, 17 Augustus 2007.
19.3 Die aangevraagde
dokumente is eers op 14 Augustus 2007 deur die applikante beskikbaar
gestel, drie dae na die verstryking van
die tydperk aangedui in die
Reël 30(A) Kennisgewing. Die respondente voer aan dat hulle genoop
is deur die versuim van die applikante
om die dokumente betyds te
lewer en die feit dat die bestrede tersydestellingsaansoek prematuur
op die mosiehofrol geplaas is, om
die aansoek om skrapping van die
rol op daardie stadium te bring.
20. Die respondente het
egter intussen die aansoek om skrapping laat vaar en vra hulle slegs
dat die applikante die koste van die
aansoek om skrapping betaal.
21. Ek kan aan geen rede
dink waarom die applikante in hierdie omstandighede, waar die aansoek
deur hul toedoen veroorsaak is, nie
die koste van die aansoek om
skrapping van die rol moet betaal nie.
Die
volgende bevele word gemaak:
a) Die bevele gemaak
deur Molwantwa WnR op 20 April 2007 onder saaknommer 291/2007 word
hiermee tersyde gestel.
b) Die respondente
word gelas om die applikante se koste te betaal gesamentlik en
afsonderlik op die skaal soos tussen prokureur en
kliënt.
c) Die applikante word
gelas om die koste van die aansoek om skrapping van die rol onder
saaknommer 540/2007 te betaal.
______________________
C.C
WILLIAMS
REGTER
Nms.
Applikante
: Adv Wessels SC
i.o.v
Engelsman Magabane ING
Nms.
Respondent
: Adv Danzfuss
CC nms 1ste en 4de Respondente
i.o.v Duncan &
Rothman