About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2007
>>
[2007] ZANCHC 60
|
|
S v Sehako (CA&R 70/07) [2007] ZANCHC 60 (2 November 2007)
Verslagwaardig:
Sirkuleer
Aan Regters:
Sirkuleer
aan Streeklandroste
Sirkuleer
Aan Landdroste:
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno: /
Case number:
CA&R
70/07
Datum
verhoor: / Date heard:
29/10/2007
Datum
gelewer: / Date delivered:
02/11/2007
In
die appèl:
SEHAKO,
MOSIMANEGAPE
Appellant
teen
DIE
STAAT Respondent
Coram:
Lacock R et Mokgohloa WnR
UITSPRAAK OP APPÃL
LACOCK
R:
Die appellant is in
die Streekhof skuldig bevind aan strafbare manslag deurdat hy na
bewering op 17 November 2005 ene Thomas Sehako
nalatiglik gedood
het. Hy is gevonnis tot 6 jaar gevangenisstraf.
Met verlof van die
Verhoorhof appelleer die appellant nou slegs teen sy
skuldigbevinding.
Die Streekhoflanddros
het die appellant primêr skuldig bevind op die getuienis van ân
enkel getuie, te wete die 17 jarige
Boitumelo Mothibi. Die
essensie van haar getuienis kan as volg saamgevat word:
Die oorledene was
ân oom van die beskuldigde, en beide van hulle het in dieselfde
huis gewoon. Die getuie het gewoon in die
tweede huis vanaf die
huis waar die appellant en die oorledene gewoon het in dieselfde
straat.
Terwyl sy ân
tuinslang in hul erf opgerol het, het die appellant voor die huis
verby gestap en gesê,
âjulle
gaan ân âmovieâ sienâ
.
Die appellant het by ân taverne ingegaan, en na ân ruk weer te
voorskyn gekom. Sy sien toe dat die oorledene en die appellant
met
mekaar stry in die erf van die woning waar hulle twee gebly het.
Terwyl hulle so gestry het, het die appellant weer gesê,
âvanaand
sien julle ân f⦠âmovieââ
.
Die appellant stoot toe die oorledene weg en steek hom het ân
voorwerp in die bors.
Die oorledene het op sy
gesig geval en is daar op die toneel dood.
Dit is gemeensaak dat
die oorledene beswyk het aan ân enkele steekwond in die linkerbors
wat die linker long en die linker ventrikel
van die hart penetreer
het.
Die appellant het
ontken dat hy ân voorwerp te voorskyn gehaal het waarmee hy die
oorledene gesteek het. Hy het beweer dat, terwyl
hy en die
oorledene gestry het oor die voortsetting van sy verblyf in hul
woning, die oorledene ân mes uitgetrek het waarmee
hy (die
oorledene) vir hom (die appellant) wou steek. Hy het toe die hand
van die oorledene waarin die mes was vas gegryp en het
beide van
hulle in die daaropvolgende gestoei, op die grond geval. In die
proses moes die mes die borskas van die oorledene gepenetreer
het.
Hierdie weergawe van
die appellant is deur die Landdros as nie redelik moontlik waar nie
verwerp. Mnr Van Tonder namens die appellant
betoog dat die Landdros
hieraangaande fouteer het.
Na my mening is daar
geen gronde vir inmenging in die bevinding van die Landdros nie.
Die Landdros het
bevind dat mej. Mothibi ân uitstekende getuie was. Mnr. Van
Tonder betoog nie tot die teendeel nie, en geen
rede doen hom voor
om hiervan te verskil nie.
Stawing vir die
getuienis van mej. Mothibi is te vinde in die aanvanklike medeling
van die appellant aan die Polisie met die afneem
van sy
waarskuwingsverklaring die dag na die voorval, en waar hy as volg
verklaar het:
â
Die
oorledene het my agtervolg in die woning van die straat af. Hy het
weer gestry oor my verblyf, hy was onder die invloed. Hy
het my
geslaan in die gesig en ek het ân mes geneem en hom op die bors
gesteek.â
Na my
mening is die weergawe van die appellant tereg verwerp; ten spyte
daarvan dat die Landdros bevind het dat die appellant hom
ânie
as ân slegte getuie beïndruk het nieâ
.
Die
appellant se verduideliking dat hy aan die Polisie ân foutiewe
weergawe van die gebeure gegee het met sy arrestasie omdat
hy
âdeurmekaarâ
was, is eenvoudig vergesog. Duidelik het hy tydens die verhoor
homself probeer verontskuldig.
Tydens
die verhoor het die appellant klaarblyklik die negatiewe implikasies
besef van sy bravade voor die stry met die oorledene
toe hy gesê
het
âjulle
gaan ân âmovieâ sienâ
,
en het hy tydens die aflê van sy getuienis te kenne gegee dat
Mothibi hom verkeerd verstaan het en dat hy eintlik verwys het
na sy
voorneme om te verhuis. Dat hierdie getuienis ooglopend ân
nagedagte was blyk daaruit dat dit nooit aan Mothibi gestel
of
gesuggereer was nie.
Mnr. Van Tonder betoog
dat die gedrag van die appellant onmiddellik nadat die oorlende
gewond was, naamlik dat hy andere versoek
het om ân ambulans te
ontbied, aanduidend is van die redelik moontlike waarheid van die
appellant se weergawe.
Hierdie moontlikheid
word myns insiens totaal uitgeskakel deur wat reeds vermeld is in
paragrawe 4 en 5 hierbo. Daarbenewens is hierdie
gedrag van die
appellant eweseer versoenbaar met ân besef dat daar vir hom geen
uitkoms was nie daar andere ân ooggetuie van
die gebeure en die
vete tussen hom en die oorledene was. Dit moet ook nie uit die oog
verloor word dat die oorledene sy oom was
en in dieselfde huis as
hyself gewoon het nie. Ek vind dit vervolgens nie vreemd of
buitengewoon dat hy die huismense versoek het
om ân ambulans te
ontbied nie.
Uit hoofde van die
voorgaande kan die appèl nie slaag nie, en word die volgende bevel
hierin verleen:
Die appèl word
afgewys.
_______________
HJ
Lacock
REGTER
Ek
stem saam.
_______________
FE
Mokgohloa
WAARNEMENDE
REGTER
Namens
appellant:
Mnr
A Van Tonder
Namens
respondent:
Adv
W Bagananeng (Kantoor van die DOV, Kimberley)