S v Modise (CA&R 69/07) [2007] ZANCHC 59 (2 November 2007)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Cumulative effect of sentences — Appellant convicted of rape and two counts of assault with intent to cause grievous bodily harm — Sentenced to a total of 25 years’ imprisonment — Appeal against severity of sentence — Court finds cumulative sentence excessively harsh — Sentences for assault to run concurrently with sentence for rape — Appropriate sentence adjusted to reflect cumulative effect.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2007
>>
[2007] ZANCHC 59
|

|

S v Modise (CA&R 69/07) [2007] ZANCHC 59 (2 November 2007)

Verslagwaardig:
Sirkuleer
Aan Regters:
Sirkuleer
aan Streeklandroste
Sirkuleer
Aan Landdroste:
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno: /
Case number:
CA&R
69/07
Datum
verhoor: / Date heard:
29/10/2007
Datum
gelewer: / Date delivered:
02/11/2007
In
die appèl:
ABRAHAM
MODISE
Appellant
teen
DIE
STAAT Respondent
Coram:
Lacock R et Mokgohloa WnR
UITSPRAAK OP APPÈL
LACOCK
R:
Die appellant is in
die Streekhof skuldig bevind aan verkragting en twee aanklagtes van
aanranding met die opset om ernstig te beseer,
en is op dieselfde
dag gevonnis tot 15 jaar gevangenisstraf op die verkragting, en 5
jaar gevangenisstraf op elk van die aanrandingklagtes.
In totaal is
hy dus gevonnis tot 25 jaar gevangenisstraf.
Verlof is
deur
Majiedt
R
aan die appellant verleen om appèl teen sy vonnis aan te teken.
Die appellant is
daaraan skuldig bevind dat hy op 27 April 2000 die 27-jarige me.
Patricia Mtingwa in ‘n begraafplaas verkrag
het nadat hy haar op
die grond laat val, haar damesbroekie van haar afgeskeur het en
gedreig het om haar met ‘n mes te steek.
Nadat hierdie klaagster
huilend die gebeure aan haar vriendin, me. Ellen Phiri (40 jaar oud)
meegedeel het, en hulle op pad was om
‘n klagte by die Polisie
aanhangig te maak, het die appellant hulle genader en eers vir me.
Phiri met ‘n mes gesteek en daarna
ook vir me. Mtingwa. Vandaar
die klagtes en skuldigbevindings aan aanranding met die opset om
ernstig te beseer.
Me. Phiri is een hou
onder haar linker bors gesteek, en twee in haar kop. Sy is aangeval
deur die appellant terwyl sy ‘n 7-maande
oue baba op haar rug gedra
het. Na die voorval is haar wonde in die hospitaal behandel waar dit
onder andere met hegsteke geheg
was.
Die
appellant het me. Mtingwa een hou met die mes in haar nek gesteek en
een hou in die rug. Ook sy is gehospitaliseer en is haar
wonde met
hegsteke geheg.
Adv. Birch namens die
Staat gee toe dat die kumulatiewe effek van die opgelegde vonnisse
tot gevolg het dat aan die appellant ‘n
totaal skokkend swaar en
onvanpaste vonnis opgelê is. Beide advokate betoog dat ‘n
gepaste vonnis een sou wees waarin gelas
word dat die vonnisse
opgelê op die aanrandingklagtes saam uitgedien word met die vonnis
die appellant opgelê op die aanklag
van verkragting. Ek stem
hiermee saam.
Die minimum
voorgeskrewe straf kragtens die toepaslike voorskrifte van Wet 105
van 1997 vir die verkragting gepleeg deur die appellant
is 10 jaar
gevangenisstraf. ‘n Vonnis van 15 jaar gevangenisstraf vir
hierdie oortreding is ‘n swaar vonnis. Die verkragting
op me.
Mtingwa kan beslis nie aangemerk word as een van die mees ernstige
vorms van verkragting nie. Nietemin is die vonnis, veral
met in
agneming die vorige veroordelings van die appellant naamlik onder
andere drie van roof, nie so swaar dat dit as sigself
as skokkend
onvanpas inmenging deur hierdie Hof regverdig nie. Ook die vonnisse
die appellant opgelê op die aanrandings is swaar
vonnisse, hoewel
geregverdig. Indien egter in ag geneem word dat al hierdie
oortredings gepleeg is binne ‘n kort tydsverloop,
en dat die
aanrandings gepleeg is toe dit vir die appellant geblyk het dat hy
‘n klagte van verkragting in die gesig sou staar,
en hy
waarskynlik in ‘n toestand van paniek gehandel het, meen ek dat ‘n
periode van 25 jaar gevangenisstraf vir die drie oortredings
saam
skokkend swaar en onvanpas is.
Volledigheidshalwe wys
ek daarop dat die Landdros in sy uitspraak geen oorweging gegee het
aan die vraag of daar wesenlike en dwingende
omstandighede aanwesig
was wat hom sou regverdig om ‘n mindere vonnis dan die
voorgeskrewe minimum vonnis kragtens Wet 105 van
1997 op te lê nie.
In die lig van adv. Fourie se toegewing dat geen sodanige
omstandighede aanwesig is nie en dat die opgelegde
vonnis
geregverdig was, is dit nie nodig om verder met hierdie oënskynlike
onregmatigheid te handel nie. Geen benadeling het
hieruit vir die
appellant voortgevloei nie.
Bygevolg word die
volgende bevel hierin verleen:
Die
skuldigbevindings en die vonnisse die appellant opgelê word
bekragtig.
Dit word gelas dat
die gevangenisstraf die appellant opgelê op aanklagtes 2 en 3
(synde die aanrandings met die opset om ernstig
te beseer)
gelyktydig en samelopend uitgedien word met die vonnis van 15 jaar
gevangenisstraf opgelê ten aansien van aanklag 1
naamlik dié van
verkragting.
Paragraaf B van
hierdie bevel word terugdateer na 7 Maart 2001.
_______________
HJ
Lacock
REGTER
Ek
stem saam.
_______________
FE
Mokgohloa
WAARNEMENDE
REGTER
Namens
appellant:
Adv
T Fourie (Regshulpsentrum, Kimberley
Namens
respondent:
Adv
T Birch (Kantoor van die DOV, Kimberley)