About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2007
>>
[2007] ZANCHC 58
|
|
S v Burwana (54/2007) [2007] ZANCHC 58 (26 October 2007)
Rapporteerbaar:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
onder Landdroste: Ja / Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saak
No: 54/2007
Datum
Aangehoor: 22/10/2007
Datum gelewer:
26/10/2007
In
die saak tussen:
Sipho
Abel Steve Burwana APPELLANT
en
Die
Staat RESPONDENT
Coram:
MAJIEDT R et OLIVIER R
UITSPRAAK
OP APPèL
Olivier R:
Die appellant is
in die Streekhof te Upington skuldig bevind op Å aanklag van
verkragting en gevonnis tot 10 jaar gevangenisstraf.
Na Å
onsuksesvolle aansoek om verlof tot appèl is daar op petisie deur
hierdie Hof aan hom verlof verleen om teen sy skuldigbevinding
en
vonnis te appelleer.
Wat die
skuldigbevinding betref, was die volgende gemenesaak of nie wesenlik
in geskil nie:
Die klaagster,
haar vriendin (me Hannelie Job) Å vriend van die appellant (mnr
Thomas Basson) en die appellant het die aand van
die voorval met
die appellant se voertuig vanaf Å klub genaamd
Beloved
Son gery na Å klub genaamd
Seventies.
By die
laasgemelde klub het die appellant en die klaag-ster op Å stadium
gedans en mekaar gesoen.
Op Å later
stadium, gedurende die oggendure van 16 Oktober 2005, het die vier
van hulle aangekom by die appellant se verblyfplek
by die Eiland
vakansieoord te Upington.
Daar het die
appellant in Å kamer van die rondawel met die klaagster gemeenskap
gehad.
Op Å later
stadium het die klaagster die rondawel verlaat en weggehardloop.
Die appellant het haar agtervolg, maar voordat hy
haar kon inhaal,
het sy Å huurmotor gestop.
Die klaagster
het toe Å klagte van verkragting teen die appellant aanhangig
gemaak.
Om ongeveer
07:00 die betrokke oggend is die klaagster medies ondersoek deur Å
verpleegkundige, mnr H G Ferris.
Die appellant
het op die aanklag onskuldig gepleit. Alhoewel hy geen
pleitverduideliking verskaf het nie, het dit duidelik uit
stellings
van sy regsverteenwoordiger in kruisverhoor geblyk dat sy verweer
een van toestemming was.
Wat die meriete
betref, is die toets op appèl geyk. ŠHof van appèl sal nie
ligtelik inmeng met Å verhoorhof se geloof-waardigheidsbevindinge
nie en daar sal slegs met Å skuldig-bevinding ingemeng word as die
Hof van appèl oortuig is dat dit verkeerd is (sien
S
v Hadebe and Others
1997 (2) SACR 641
(SCA) op 645e-f).
Die
Streeklanddros het ongelukkig geen pertinente
geloof-waardigheidsbevindinge gemaak nie. Dit blyk uit haar
uitspraak asof sy
bloot omdat sy die Staat se getuienis meer
waarskynlik bevind het as dié van die verdediging, laasgemelde se
getuienis verwerp
het. Alhoewel sy toe op dié basis uiteindelik
tot die gevolgtrekking gekom het dat die Staat sy saak bo redelike
twyfel bewys
het, het sy afgesluit met die opmerking dat die
verdediging se getuienis nie
ânot
probable and not even reasonably
probably
trueâ
was nie.
Dit is duidelik
dat die Streeklanddros hierin misgetas het. Die korrekte toets was
natuurlik of die appellant se weergawe redelik
moontlik
(en nie redelik waarskynlik nie) was (sien
S
v Kubeka
1982 (1) SA 534
(W) op 537f).
Wat die appellant se verweer van
toestemming betref, was dit sy saak dat hy en die klaagster in Å
liefdesverhouding betrokke was;
iets wat die klaagster ontken het.
Die Streeklanddros het Å groot deel van haar uitspraak gewy aan die
vraag of die blote bestaan
van so Å verhouding die appellant
daardie nag die reg sou gegee het tot gemeenskap, selfs al sou die
klaagster geweier het.
Dit was egter nooit
die appellant se saak nie. Sy saak was wel:
dat hy en die klaagster reeds in
die Seventies klub nie net met mekaar gedans het en mekaar gesoen
het nie, maar dat hulle daar
reeds baie intiem verkeer het, deurdat
hy die klaagster se vagina met sy vinger penetreer het;
dat hulle almal onder
die invloed van drank was toe hulle daar weg is; en
dat, reeds
oppad na die vakansieoord,
âthat
was the agreement between myself and my girlfriend ... that before
she goes home, we will have sexual intercourseâ.
Die
Streeklanddros het die appellant daarvoor verkwalik dat hy nie
verklaar het hoe die klaagster sou toegestem het tot gemeenskap
nie.
Na my oordeel is dit nie deurslaggewend nie. Die appellant is
nooit in kruisverhoor getoets oor die wyse waarop die klaagster
toegestem het nie.
Die strekking van die appellant se
saak in hierdie verband was betreklik duidelik dat die aanloop tot
die voorval, en meer spesifiek
die agtergrond van hulle verhouding
en die gebeure in die Seventies klub gelei het tot Å
verstandhouding dat hy en die klaagster
gemeenskap sou hê voordat
hy haar huis toe neem, en dat sy op geen stadium toestemming geweier
het nie.
Die
Streeklanddros se opmerking dat dit nooit namens die appellant in
kruisverhoor aan die klaagster gestel is dat hulle so intiem
verkeer
het in die Seventies klub nie, het getuig van ân mistasting,
aangesien dit wel pertinent so gestel is.
Daar was ook heelwat ander
getuienis wat aanduidend was van Å verhouding tussen die klaagster
en die appellant, en ook van Å verstandhouding
tussen die appellant
en die klaagster, minstens, dat daar eers na die appellant se
verblyfplek gegaan sou word voordat hy die klaagster
en haar
vriendin sou huistoe neem.
Dit was die klaagster se weergawe
dat die appellant eintlik veronderstel was om haar en haar vriendin
huistoe te neem, toe hy
onverwags na sy verblyfplek by die oord
gery het. Volgens haar het die appellant toe, op Å vraag van haar
waarom hulle daarheen
ry, bloot geantwoord dat hy nie lank sou wees
nie.
Job se getuienis het totaal hiervan
verskil. Volgens haar het die klaagster geen so Å vraag gestel aan
die appellant nie en is daar
nooit gesê dat hy nie lank sou wees
nie.
Volgens die klaagster se
verklaring (wat sy in die Hof bevestig het as korrek) was daar
reeds onderweg na die oord in baie eksplisiete
terme Å gesprek oor
seks; iets waarvan die klaagster nooit melding gemaak het in haar
getuienis nie en wat moeilik sou inpas
by haar weergawe dat sy
onder die indruk was dat hulle oppad was om haar te gaan aflaai.
Dit sou egter wel inpas by die appellant
se weergawe dat daar Å
verstandhouding was dat hy en die klaagster eers gemeenskap sou hê.
Inteendeel, Job
se getuienis was dat sy eintlik reeds by die Seventies klub al wou
huistoe gegaan het â
omdat
ek weet hy wil haar hêâ
.
Ná die
voorval het Job dan ook teenoor die sekuriteitswag â en
staatsgetuie - mnr J J Murphy opgemerk dat die appellant en
sy
vriend by die klaagster en haarself
âwil
seks gehad hetâ
.
Dit is baie toevallig dat nie net die appellant nie, maar ook
Basson ewe skielik dieselfde planne gehad het indien die appellant
dan totaal onverwags en onbepland by die oord aangery het toe hulle
eintlik oppad was om die twee dames af te laai.
Op Murphy se
getuienis kon die indraai by die oord ook nie vir die klaagster so
Å vreemde ervaring gewees het nie, want volgens
hom het die
klaagster
âgereeld
daar
(gekom)
met
verskillende ouens dan kom boek hulle Å bungalowâ
.
Murphy se getuienis was verder â
totaal strydig met dié van die klaagster en Job â dat die
klaagster en die appellant toe
boonop nog eers mekaar gesoen het
voordat hulle by die appellant se rondawel in is.
Murphy was die Staat se eie getuie.
Hy is op geen wyse gediskrediteer nie en die Streeklanddros het ook
geen negatiewe geloofwaardigheidsbevinding
oor hom gemaak nie.
Inteendeel, hierdie wesenlike strydigheid tussen sy weergawe en dié
van die klaagster en Job is nie deur die
Streeklanddros in haar
uitspraak behandel nie.
Op die klaagster en Job se
weergawes sou die appellant nie eers geweet het waar die klaagster
woon nie. Murphy het egter ook
getuig dat die appellant kort ná
die voorval met sy voertuig opgedaag het by die klaagster se
ouerhuis (waar sy gewoon het)
om te verneem waar sy was. Dit
strook met die appellant se weergawe dat hy goed geweet het waar
die klaagster woon, dat hy al
voorheen daar was en dat hy al
voorheen daar met die klaagster se vader gesels het.
Volgens Murphy was Job teenwoordig
toe die appellant ná die voorval by die klaagster se ouerhuis
opgedaag het; iets wat Job ontken
het.
Die appellant
se getuie, mnr S Maritz, het ook getuig dat hy die appellant en die
klaagster by geleentheid voor die dag van die
voorval saam in die
appellant se voertuig gesien het, waar die appellant en die
klaagster toe mekaar gesoen en vasgehou het.
Hierdie getuienis was totaal strydig
met dié van die klaagster en Job, waarvolgens die aand van die
voorval maar die tweede keer
was wat die appellant en die klaagster
ontmoet het en hulle nog nooit voorheen saam in sy voertuig sou
gewees het nie.
Maritz se getuienis is na my oordeel
in geen opsig afgekraak nie en die Streeklanddros het ook geen
sodanige bevinding gemaak nie.
Inteendeel, die aanklaer het dit in
herverhoor aan die klaagster gestel dat Maritz ook Å verklaring tot
dié effek gemaak het en
daar is dus geen basis waarop die
Streeklanddros Maritz se weergawe sou kon verwerp nie. Ook hierdie
getuienis is egter nie eers
deur die Streeklanddros behandel nie.
Die Streeklanddros se weiering om
die verdediging toe te laat om verklarings van Å sekere mnr Jordaan
en van die gemelde Maritz
in te dien by sluiting van die staatsaak
hoef, in die lig van die voorgaande, nie in diepte oorweeg te word
nie. Dit blyk duidelik
dat die strekking van beide sou gewees het
dat die klaagster en die appellant wel voor die datum van die
voorval in omstandighede
gesien is wat aanduidend daarvan sou wees
dat hulle Å liefdesverhouding gehad het; of minstens dat hulle
heelwat nouer by mekaar
betrokke was as wat die klaagster wou erken.
In die lig daarvan dat die aanklaer
nie alleen op daardie stadium van die verhoor reeds die tersaaklike
deel van die inhoud van
Maritz se verklaring in Å stelling op
rekord geplaas het nie, maar ook toegestem het tot die inhandiging
van die twee verklarings
deur die verdediging, val die
Streeklanddros se besluit egter vreemd op.
Dit is so dat
daar duidelik nie Å saak uitgemaak is vir die toepaslikheid van
artikel 213 van die Strafproseswet, 51 van 1977,
nie. Die
verdediging het egter eers op dié artikel probeer terugval toe die
Streeklanddros nie die verklarings as getuienis wou
toelaat op die
basis daarvan dat die aanklaer daartoe toegestem het nie. In
hierdie verband volstaan ek met Å verwysing na bladsye
384 tot 386
van die 3de uitgawe van Schmidt se werk
Bewysreg
.
Wat egter die bewyswaarde van die verklarings sou gewees het, is
onnodig om op hierdie stadium oor te beslis.
Om dus op te som wat hierdie aspek
te betref, was daar geen basis waarop die appellant se weergawe van
Å vorige verhouding verwerp
kon gewees het as nie redelik moontlik
waar nie. Dit beteken, soos reeds gemeld, nie dat hy outomaties
toestemming tot gemeenskap
sou gehad het nie. Soos reeds gemeld, is
daar egter aanduidings dat die klaagster met Å heel ander
gesindheid na die oord en
in die appellant se rondawel in is as wat
sy wou voorgee.
Wat betref die gebeure
in die rondawel waar die gemeenskap plaasgevind het, en die vraag of
gemeenskap met die klaagster se toestemming
geskied het, is daar van
staatsweë die getuienis aangebied van die klaagster en Job.
Die Streeklanddros het tot die
slotsom gekom dat daar nie in die staatsaak wesenlike weersprekings
was nie. Die enigste weerspreking
waarna die Streeklanddros verwys
het wat geslaan het op die gebeure in die rondawel self, het
gehandel oor waar die klaagster sou
gestaan het voor sy op die bed
by die appellant beland het.
Na my oordeel was daar egter ân
menigte weersprekings, strydighede en waarskynlikhede wat die
Streeklanddros nie behandel het
nie en wat wesenlik was (in
wisselende grade) vir die oorweging van die vraag of dit redelik
moontlik waar was dat die klaagster
toegestem het tot gemeenskap of,
anders gestel, by oorweging van die vraag of dit, op hierdie tipe
getuienis, bo redelike twyfel
bewys is dat die klaagster nie
toegestem het nie en, inteendeel, toestemming geweier het. Ek sal
slegs met die meer wesenlikes
daarvan handel.
Dit was, met respek, Å
oorvereenvoudiging van die Streeklanddros om te sê dat daar bloot Å
weerspreking was oor waar die klaagster
gestaan het voordat sy op
die bed beland het. Dit gaan veel verder as dit.
Op die klaagster se weergawe was
hulle al vier in Å kamer waarin daar een bed was, en dan ook Å
tafel en stoele. Die appellant
het volgens haar op die bed gelê,
toe half regop gekom en haar toe, van waar sy ongeveer 1½ treë
weg gestaan het, gegryp en
tot op die bed gepluk. Volgens haar was
daar op daardie stadium nog Å kombers op die bed, maar het die
appellant met sy stoeiery
met haar dit reggekry om haar onder die
kombers in te woel.
Job se
getuienis was egter dat daar twee beddens was. Volgens haar het
die appellant en die klaagster elk op een van die betrokke
beddens
gesit. Haar getuienis was verder dat die appellant van die bed af
opgestaan het, na die klaagster beweeg het en haar
toe na
âsyâ
bed getrek het. Volgens Job het die appellant ook die duvet op die
bed oopgetrek voordat die klaagster op die bed beland het.
Dit is dus duidelik dat die
klaagster en Job wesenlik van mekaar verskil het oor hoe dit gekom
het dat die klaagster op die bed
beland het waar die gemeenskap
plaasgevind het.
Ek onderbreek myself om op hierdie
stadium te verwys na Å verdere vreemde beslissing wat die
Streeklanddros in die verloop van
die verhoor gemaak het, naamlik om
te weier om Å fotoplan as getuienis te ontvang nadat op rekord
geplaas is dat die verdediging
geen beswaar gehad het teen die
toelating daarvan nie en dat die klaagster die punte daarop uitgewys
het.
Dit het die verdediging tog
vrygestaan om toe te stem tot die toelating van hierdie getuienis.
Dit was nie bloot Å geval dat
die verdediging versuim het om
beswaar te maak nie. Daar is op daardie stadium namens die
verdediging uitdruklik op rekord geplaas
dat daar geen beswaar was
teen die toelating van dié getuienis nie. Wat anders kon dit
gewees het as toestemming tot die inhandiging
en toelating daarvan?
Toegegee, dit kon seker duideliker
gestel gewees het, byvoorbeeld dat dit erken word dat die fotoplan
Å korrekte beeld van die
toneel is, maar dit is sekerlik iets wat
die Streeklanddros met die appellant se regsverteenwoordiger kon
opgeneem het indien
daar enige onduidelikheid in hierdie verband
bestaan het. Die probleem is nou dat daar Å legio voorbeelde in
die oorkonde is
van gevalle waar die afwesigheid van die fotoplan
die ondervraging van getuies met betrekking tot die opset in die
rondawel belemmer
het.
Om dan terug te
keer na die gebeure in die rondawel en die kwessie van toestemming,
was daar ook heelwat verskille tussen die klaagster
en Job se
getuienis oor presies hoe die klaagster aan die appellant te kenne
sou gegee het dat sy nie toestem tot gemeenskap nie.
Volgens die klaagster
sou sy vir die appellant gesê het, toe hy haar broek uitgetrek
het, dat hy die gevolge sou dra as hy haar
nie los nie en dat sy
haar broer sou vertel, waarop die appellant toe volgens haar gesê
het dat hy vir niemand bang is nie en
dat hy die gereg in sy hande
het.
Job, wat in
dieselfde vertrek gesit het, het niks geweet van enige van die
uitlatings van die klaagster nie. Volgens haar sou
sy slegs gehoor
het hoe die klaagster
âneeâ
sê.
Toe Job met die klaagster se
weergawe hieroor gekonfronteer is, het sy eers probeer voorgee dat
die televisie se klank so hard
was dat sy moontlik nie alles gehoor
het wat die klaagster gesê het nie. Dit was egter strydig met
haar vroeëre getuienis
dat die televisie se klank nie so hard was
nie.
Gekonfronteer hiermee, het Job toe
beweer dat die klaagster en die appellant sag gepraat het met
mekaar. Dit was nie alleen Å
ooglopende poging om haar getuienis
aan te pas nie, maar sou ook moeilik te versoen wees met Å
scenario waar die klaagster hardhandig
tot op Å bed gepluk is,
gewikkel is in Å stoeiery en selfs gewurg word deur die aanvaller.
Volgens Job sou
sy al dié gebeure gesit en gade slaan het sonder om Švinger te
verroer om haar boesemvriendin te help.
Haar aanvanklike verduideliking
hiervoor was dat sy as Å swanger vrou nie sou kon help nie. Sy
het egter ook nie Å poging
aangewend om, byvoorbeeld, die
sekuriteitswagte te gaan roep nie. Sy moes bewus gewees het van
die moontlikheid, want sy het
getuig dat daar met die inry by die
oord by die wagte gestop is.
Job se latere
verduideliking was dat sy eers wou kyk of
âdie
hele ding ... Å incident of Å wat isâ
.
Dit is jammer dat
dié uitlating nie in kruisverhoor verder ondersoek is nie, maar dit
kon tog niks anders beteken het as dat sy eers
wou kyk of daar Å
misdaad gepleeg word nie; en dit terwyl sy volgens haar gehoor het
hoe haar vriendin
âneeâ
sê en gesien het hoe sy gewurg word.
Dat Job nie
gaan hulp soek het, of selfs net gevlug het nie, is na my oordeel
veel eerder te versoen daarmee dat sy tevrede was
dat die
gemeenskap met toestemming plaasvind.
Inteendeel, so
tevrede was sy dat sy, volgens haar, selfs gesit en televisie kyk
het gedurende die gebeure.
Dit pas in by
Job se optrede om, toe Murphy later as Å sekuriteitsbeampte
opdaag, bloot aan hom te rapporteer dat die appellant
en sy vriend
by hulle seks wou gehad het en dat die appellant die klaagster
âby
die palmlaning op gejaag hetâ
.
Job het nooit aan Murphy die verkragting, of enige misdaad
hoegenaamd, gerapporteer nie.
Hoekom sou sy nie, indien haar
vriendin voor haar oë gewurg en verkrag is, dit dadelik aan Murphy
gerapporteer het nie; veral
dan ook toe Murphy by haar aangekom het
met die appellant?
Ook daarna, toe Job vir Murphy
vergesel het na die klaagster se huis, het sy nie teenoor hom Å
woord van Å misdaad gerep nie;
ook nie eers toe die appellant hom
ook volgens Murphy daar by hulle aangesluit het nie.
Job het ook nie, op
haar eie weergawe, met die besoek aan die klaagster se huis van die
geleentheid gebruik gemaak om die voorval
en die verkragting aan
die klaagster se ouers te rapporteer nie.
Job het ook
ontken dat sy, soos wat die klaagster beweer het, die klaagster
onmiddellik ná die voorval aangeraai het om Šklag
te lê.
Volgens beide die klaagster en Job
was hulle nugter tydens die gebeure en het hulle elk by die
Seventies klub slegs een drankie
gedrink. Die appellant se weergawe
was egter dat hulle almal onder die invloed van drank was.
Die getuie me
Elmarie Olyn, vir wie die klaagster teëgekom het in die huurmotor
wat haar opgelaai het, het egter, op Å vraag
na die klaagster se
soberheidstoestand op daardie stadium, geantwoord
âsy
het natuurlik na alkohol geruik, maar sy was nou nie slinger ... â
.
Alhoewel Olyn vir een of ander rede nie gevra is om die sin te
voltooi nie, blyk dit duidelik dat sy van mening was dat die
klaagster onder die invloed van drank was.
Dit sou inpas
by die getuienis van Murphy, wie se getuienis was dat Job, selfs
nog met sy aankoms en dus al Šhele ruk ná die
voorval, onder die
invloed van drank was; tot so Å mate dat sy
âsleeptongerigâ
gepraat het. Ook Job kon dus nie slegs een drankie gedrink het
nie.
Nie alleen het beide
die klaagster en Job dus onder eed nie die waarheid gepraat oor
hulle drankinname en soberheidstoestand nie,
maar ook moes hulle
ware toestand in ag geneem gewees het by die beoordeling van die
betroubaarheid van hulle waarnemings en
die rasionaliteit van hulle
optrede.
Dit blyk na my oordeel duidelik uit
die oorkonde dat die klaagster en Job beide swak getuies was wat oor
Å menigte aspekte hulself,
mekaar en hulle getuieverklarings
weerspreek het.
Die klaagster het haarself op Å
stadium probeer regverdig deur te sê dat sy tydens Švorige
sessie se getuienis deurmekaar,
bang en op haar senuwees was. Dit
is egter nie die indruk wat Å mens uit die oorkonde kry nie en die
Streeklanddros het ook
nie so Å waarneming genotuleer nie. Die
klaagster het ook probeer om vrae nie te beantwoord nie. Sy moes
male sonder tal weersprekings
toegee en het uiteindelik maar
volhard daarmee om te sê dat dit wat in haar verklaring staan die
waarheid is, ongeag haar getuienis
in die Hof.
Job was op papier Å nog swakker
getuie. Sy het geïrriteerd en ongeduldig geraak, en by ander tye
die indruk van verwaandheid
geskep deur te glimlag vir vrae. Sy
het male sonder tal geantwoord dat sy nie kon onthou nie, in
opsigtelike pogings om vrae
oor weersprekings nie te antwoord nie
en ook oor aspekte wat sy op die waarskynlikhede nie sou vergeet
het nie.
Die
Streeklanddros het klem gelê op die mediese getuienis as synde
stawend vir die klaagster en Job se weergawes. Dit is so dat
Ferris
bepaalde beserings aan die klaagster gevind het wat, op die
oppervlak beskou, as stawend vir die klaagster se weergawe mag
voorkom. Wanneer die betrokke getuienis egter van naderby beskou
word, blyk die posisie nie so eenvoudig te wees nie.
Ferris het, in die
eerste plek, getuig van kneusings wat hy aan die klaagster se
geslagsdele gevind het en wat binne die voorafgaande
agt ure
veroorsaak moes gewees het.
Sy getuienis was egter
dat dié beserings ewe versoenbaar sou wees daarmee dat die klaagster
toegestem het tot gemeenskap, as dat
sy nie toegestem het nie.
Afgesien hiervan kon hy ook nie die
moontlikheid uitsluit dat die klaagster se damesbroekie, wat nie
uitgetrek is nie maar bloot weggetrek
is, die kneusings kon
veroorsaak het nie.
Ferris
se getuienis oor hierdie kneusings is dus totaal kleurloos.
Volgens Ferris se
getuienis het hy ook drie merke aan die klaagster se nek gevind wat
in die vorige vier-en-twintig uur veroorsaak
moes gewees het.
Hy het hulle eers
as
âSkaafmerkeâ
beskryf, en later as
âskraapmerkeâ
.
Hierdie verskil in terminologie is nooit met hom opgeklaar nie.
Belangriker egter, is dat hy getuig
het dat dié merke nie die soort merke was wat hy sou verwag het om
te sien waar die slagoffer
gewurg is nie. Volgens die klaagster is
dit hoe die beserings aan haar nek opgedoen is, naamlik deurdat sy
gewurg is, en Ferris
se getuienis is dus in hierdie opsig strydig met
dié van die klaagster.
Ook belangrik is
om te let op die verskillende weergawes van die klaagster van wat
presies die appellant met haar nek sou gedoen het.
Sy het soms
beweer dat die appellant sy
âarmâ
op haar nek gesit het en op ander vrae weer dat hy sy
âhandâ
op haar nek gesit het.
Die klaagster
het ook getuig dat sy tydens die voorval Å bloukol onder haar
linkerbors opgedoen het. Sy kon egter nie verklaar
hoe sy dié
besering opgedoen het nie en het gesê dit moes maar tydens die
stoeiery met die appellant gebeur het.
Ferris het in sy verslag melding
gemaak van Å merk onder die linkerbors, maar dit beskryf as Å
skaafwond, en nie Å blou kol nie.
Ferris se getuienis is ook nooit
aangebied oor hierdie besering nie. Daar is dus geen getuienis van
hom oor die moontlike ouderdom
en oorsaak van dié merk nie.
Wat betref die
weghardloop van die klaagster, is dit natuurlik Å faktor wat, op
die oog af, sou strook met haar weergawe. Die
appellant se
verduideliking hiervoor was dat sy weggehardloop het toe sy vir hom
kwaad geword het oor hy haar nie dadelik wou huis
toe neem nie.
Die klaagster het die indruk
probeer skep dat sy, toe Basson die deur oopgesluit het om Å
selfoonoproep buite te beantwoord en
hy sy rug op daardie stadium
op haar gedraai het, desperaat die eerste geleentheid om weg te kom
benut het en weggehardloop het.
Job se getuienis oor die
omstandighede waaronder die klaagster begin het om weg te hardloop,
verskil hemelsbreed. Alhoewel sy haarself
weerspreek het oor die
oopsluit van die deur, was sy beslis daaroor dat Basson nie op
daardie stadium Å selfoonoproep gaan ontvang
het nie en dat hy,
inteendeel, in Å ander kamer van die rondawel was op die stadium toe
die klaagster weggehardloop het.
Indien die klaagster in vrees
gevlug het, waarom het sy reg by die kantoor van die
sekuriteitsbeamptes verby gehardloop sonder
om daar om hulp aan te
klop? Sy het probeer voorgee dat sy nie van die
sekuriteitsbeamptes geweet het nie, maar Job se getuienis
was dat
hulle daar gestop het oppad na die betrokke rondawel.
Die klaagster se saak was dat sy
by die polisie wou kom om hulp te kry, omdat sy gevrees het vir Job
se veiligheid (alhoewel sy
op ân ander stadium beweer het dat
haar enigste oogmerk was om by die huis te kom). Job is egter
nooit op enige weergawe bedreig
nie en het duidelik nie self
bedreig gevoel nie. Sy het nie self probeer wegkom of na die
sekuriteitsbeamptes gevlug nie.
Die klaagster se
weghardlopery moet ook gesien word teen die agtergrond van die feit
dat sy duidelik onder die invloed van drank
was en nie noodwendig
rasioneel sou opgetree het nie.
Daar moes ook Å
vraagteken gehang het oor Olyn en die klaagster se getuienis ten
aansien van die klaagster se toestand en uitlatings
toe sy in die
huurmotor geklim het.
Volgens die klaagster was die
huurmotor vol mense gewees. Volgens Olyn was daar slegs twee mense
in die huurmotor. Hierdie weerspreking
is egter moontlik meer
aanduidend van die klaagster se soberheids-toestand op daardie
stadium.
Volgens die klaagster
het sy toe maar net deurmekaar gepraat, kon sy nie verduidelik wat
gebeur het nie en het sy net gesê haar
vriendin âNonoâ is nog
by die Eiland en hulle moet haar na die naaste polisiestasie neem.
Volgens Olyn sou die
klaagster egter in die fynste besonderhede aan haar in die huurmotor
beskryf het waar hulle vroeër die aand
was, hoe hulle by die oord
beland het en wat toe daar gebeur het.
Alhoewel dit, veral in die lig van
die mediese getuienis en die klaagster se weghardlopery, sekerlik
vir die Streeklandros geregverdig
sou gewees het om Å baie sterk
suspisie te hê dat die appellant wel die klaagster verkrag het,
meen ek dat daar tog, onder andere
in die lig van die uiters
wesenlike weersprekings in die getuienis van die klaagster en Job,
by die Streeklanddros Å redelike
twyfel moes bestaan het.
ïg
The rule
that the State is required to prove guilt beyond a reasonable doubt
has on occasion been criticised as being anomalous. On
the other
hand, the vast majority of lawyers (myself included) subscribe to the
view that in the search for truth it is better that
guilty men should
go free than that an innocent man should be punished.â
(sien
S
v Kubeka, supra
,
op 538H).
Ek meen dus dat
die appèl teen die skuldigbevinding behoort te slaag en gevolglik
is dit onnodig om die appèl teen die vonnis
te oorweeg. Ek moet
egter opmerk dat die slotsom waartoe ek gekom het wat die
skuldigbevinding betref geensins die gevolg is van
die appellant se
getuienis â en sy houding as ân getuie â nie, maar eerder ten
spyte daarvan. Hy was duidelik ân verwaande
en ontwykende getuie
en sy uitlatings oor die aanklaer se vrae was uiters onvanpas; veral
komende van iemand wat veronderstel is
om nie alleen
regsgekwalifiseerd te wees nie, maar wat toe ook al as ân Landdros
waargeneem het.
Bygevolg sou ek
die volgende bevel hierin maak:
Die appèl slaag en
die skuldigbevinding en vonnis word tersyde gestel.
________________________
C
J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE AFDELING
Ek stem saam en dit word so
gelas:
________________________
S
A MAJIEDT
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms
Applikant: Adv J Schreuder
In
opdrag van: Phungula Prokureurs
Nms
Respondente: Adv A H van Heerden
In
opdrag van: Direkteur van Openbare Vervolgings