S v Meyer (CA&R 51/2007) [2007] ZANCHC 57 (28 September 2007)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Cumulative effect of sentences — Appellant sentenced to 10 years' imprisonment for theft, while serving an 8-year sentence for a prior theft conviction — Court held that the cumulative effect of the two sentences, resulting in an effective 18 years' imprisonment, was disproportionate — Appellant's prior conviction not properly considered as a previous conviction due to lack of evidence — Appeal upheld, and 5 years of the current sentence ordered to run concurrently with the prior sentence.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2007
>>
[2007] ZANCHC 57
|

|

S v Meyer (CA&R 51/2007) [2007] ZANCHC 57 (28 September 2007)

IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: CA&R 51/2007
DATUM
AANGEHOOR: 10-09-2007
DATUM
VAN UITSPRAAK: 28-09-2007
In
die Appèl van:
ADAM
MEYER APPELLANT
teen
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM:
WILLIAMS R ET MOCUMIE WnR:
UITSPRAAK
WILLIAMS
R:
1. Die appellant is op 29
April 2004, in die Landdroshof De Aar, skuldig bevind aan diefstal
van goedere ter waarde van R5310, 00
en in terme van artikel 116(1)b)
van die Strafproseswet 51 van 1977 verwys na die Streekhof vir
vonnis. Na bekragtiging van die
skuldigbevinding is die appellant op
18 Augustus 2004 gevonnis tot 10 jaar gevangenisstraf. Hy kom nou in
hoër beroep teen die
vonnis hom opgelê.
2. Ten
tye van die vonnisverrigtinge in die Streekhof was die appellant
besig om ‘n vonnis van 8 jaar gevangenisstraf uit te dien
wat hom
opgelê is op 21 Julie 2004, ten opsigte van ‘n aanklag van
diefstal. Hierdie skuldigbevinding en meegaande vonnis is
egter nie
aangeteken op die lys van vorige veroordelings wat voor die Streekhof
gedien het nie – heel moontlik omdat daar minder
as ‘n maand
verstryk het vanaf die datum van afhandeling van daardie saak en die
vonnisverrigtinge in die huidige saak.
Die moontlikheid bestaan
ook dat daardie aangeleentheid nie as ‘n vorige veroordeling geld
nie, sou daardie skuldigbevinding na
die skuldigbevinding in die
huidige saak uitgebring wees.
3. Hoe
dit ookal sy, ten spyte daarvan dat die appellant se
regsverteenwoordiger die Streeklanddros ingelig het oor die vorige
vonnis
wat die appellant uitdien en versoek het dat oorweging daaraan
geskenk word om ‘n gedeelte van die gevangenisstraf opgelê in die
huidige saak daarmee te laat saamloop, was die Streekhoflanddros nie
te vinde daarvoor nie,
“onder
andere omdat die hof nie volle besonderhede van daardie
gevangenisstraf voor hom het nie, ook nie wat die oortreding behels
het nie. Die hof neem dit nie as ‘n vorige oortreding in
aanmerking nie.”
4. Na
my mening het die landdros heeltemal tereg nie die appellant se
skuldigbevinding aan diefstal, waarvoor hy op 21 Julie 2004
gevonnis
is, as ‘n
“
vorige
veroordeling
”
in aanmerking geneem nie. Dit sou onbillik wees teenoor ‘n
beskuldigde waar die Staat nie so ‘n oortreding behoorlik bewys het
nie. Sien
S
v Kqawane
2004(2) SACR 80 (TPD).
5. Dit gaan egter nie
hier oor ‘n vorige veroordeling wat nie behoorlik bewys is nie,
maar oor die feit dat die appellant besig
was om gevangenisstraf van
8 jaar uit te dien. Die kumulatiewe effek van die twee vonnisse,
skaars ‘n maand na mekaar opgelê,
beteken effektiewelik dat die
appellant 18 jaar gevangenisstraf moet uitdien op twee aanklagte van
diefstal. Ek meen dat selfs in
die geval van die appellant, wat
reeds tien vorige veroordelings vir diefstal op sy kerfstok het, so
‘n vonnis, kumulatief gesien,
skokkend swaar en onvanpas is.
6. Dit is die
voorsittende beampte se plig om alle relevante faktore wat ‘n impak
mag hê op vonnis in aanmerking te neem. Die
feit van ‘n vorige
vonnis wat tans uitgedien word is hoogs relevant tot die oorweging
van ‘n gepaste vonnis en kan nie sondermeer
geïgnoreer word nie.
7. Na my mening is die 10
jaar gevangenisstraf die appellant opgelê nie onvanpas wanneer dit
in isolasie beskou word nie. Dit sal
egter gepas wees om die
kumulatiewe effek van hierdie vonnis tesame met die vorige vonnis te
temper deur ‘n gedeelte van die huidige
vonnis te laat saamloop met
die vorige vonnis.
Die
volgende bevele word gemaak:
a) Die
appél slaag.
b) Die vonnis opgelê
word ter syde gestel en vervang met die volgende:
“
10
(Tien) jaar gevangenisstraf. Dit word verder gelas dat 5(vyf) jaar
van die gevangenisstraf samelopend uitgedien word met die vonnis
die
beskuldigde opgelê op 21 Julie 2004.”
c) Die
vonnis word teruggedateer na 18 Augustus 2004.
_______________________
C.C.
WILLIAMS
REGTER
EK
STEM SAAM
______________________
B
C MOCUMIE
WAARNEMENDE
REGTER
Nms.
Appellant: Adv P J Cloete
I.o.v
Regshulpraad
Nms.
Respondent: Mnr Mashuga
Departement
van Openbare Vervolgings