About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2007
>>
[2007] ZANCHC 55
|
|
S v Kashe and Others (CA&R 81/2007) [2007] ZANCHC 55 (21 September 2007)
IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: CA&R 81/2007
DATUM
AANGEHOOR: 10-09-2007
DATUM
VAN UITSPRAAK: 21-09-2007
In
die Appèl van:
MTUTHUZELI
KASHE EERSTE APPELLANT
MOSES
MBIZEWANE TWEEDE APPELLANT
ZOLILE
RADEBE DERDE APPELLANT
teen
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM:
WILLIAMS R:
UITSPRAAK
WILLIAMS
R:
1. Die drie appellante in
hierdie borgappél is op 20 September 2006 gearresteer op ân klag
van roof met verswarende omstandighede
en verkeer sedertdien in
aanhouding. Twee ansoeke om borgtog is op onderskeidelik 8 November
2006 en 7 Februarie 2007 in die landdroshof,
Kimberley geweier.
Hulle appelleer nou teen die weiering van borgtog.
2. Die getuienis, deur
middel van eedsverklarings, deur die appellante aangebied in die
borgaansoek van 8 November 2006 is verontskuldigend
en kan kortliks
as volg opgesom word:
2.1 Die drie appellante
het ân persoon met die naam van Lucas vergesel vanaf Soweto na
Kimberley. Die doel van die besoek was sodat
Lucas geld kon
kollekteer wat aan hom verskuldig was deur ân plaaslike inwoner.
Hulle het hier in Galeshewe oornag en die volgende
oggend is hulle
met Lucas na ân ander huis, ook in Galeshewe. Hierdie huis het ân
huiswinkel gehad ek terwyl Lucas die huis
binnegegaan het, het die
drie appellante buite by die winkel sigarette gekoop.
2.2 Op ân stadium het
hulle Lucas binne die winkel gesien waar hy die dame wat agter die
toonbank gewerk het met ân vuurwapen
opgehou het. Hulle het
onmiddelik die huis ingegaan om te keer. Net toe het die dame (die
klaagster in die saak) se man daar aangekom,
ook gewapen met ân
vuurwapen. Die drie appellant het toe weggehardloop.
2.3 Die eerste en tweede
appellant is nog dieselfde oggend met ân minibus taxi terug
Johannesburg toe. Oppad soontoe, in die omgewing
van Christiana is
die taxi deur die polisie gestop. Die twee appellante is deur die
polisie gevisenteer, geld is op hulle gevind
en hulle is toe daar
gearresteer.
2.4 Die derde appellant
het, na hy by die huis van die klaagster uitgehardloop het, geval en
is deur ân groep mense gevang. Hy
is teruggeneem na die klaagster
se huis waar hy deur die polisie gearresteer is.
3. Die ondersoekbeampte,
Inspekteur Hugo, het die staatsaak as volg weergee:
3.1 Die klaagster is die
betrokke oggend deur vier mans in haar huiswinkel oorval, nadat hulle
haar tuinier se hande agter sy rug
vasgemaak het met kabels. Een van
die mans het ân vuurwapen uitgehaal, dit teen haar kop gedruk en
haar na haar slaapkamer geneem.
Daar is sy gedreig om geld uit te
haal. Die klaagster het toe voorgestel dat hulle teruggaan na die
winkel. Daar het die kassiere
geld uit die laai gehaal. Die
klaagster se man het op daardie stadium by die huis aangekom en die
vier mans het weggehardloop.
3.2 Die
derde appellant het in ân voertuig geklim en weggery. Hy is egter
deur die klaagster se man in sy eie voertuig agternagesit.
Toe derde
appellant die klaagster se man gewaar, het hy op hom geskiet. Hy het
egter net die enjinkap van die voertuig raakgeskiet.
Derde appellant
het sy voertuig gestamp en het uitgeklim en weggehardloop. Hy is
egter deur die eienaar van ân
âshantyâ
waar hy gaan wegkruip het gearresteer en teruggeneem na die toneel.
Die polisie het hom daar gaan arresteer en beslag gelê op ân
vuurwapen wat in sy besit was.
3.3 Ten opsigte van die
eerste en tweede appellante het die polisie navraag gedoen, toe hulle
agterkom dat die verdagtes vanaf Soweto
afkomstig is, oor taxis na
Johannesburg. Daar is uitgevind dat ân taxi reeds onderweg
Johannesburg toe is. Hulle het die name
en adresse van die
passasiers by die taxi onderneming gekry en kontak gemaak met die
polisie van die dorpies oppad Johannesburg toe
om padblokkades te
hou.
3.4 Eerste en tweede
appellant is by die padblokkade in Christiana gearresteer. Dit het
aan die lig gekom dat hulle valse name verskaf
het aan die
taxi-eienaar.
3.5 ân Passasier wat
saam gereis het, het die polisie meegedeel dat die tweede appellant
ân vuurwapen uit die taxi gegooi het
toe hy die padblokkade gewaar.
Die twee appellante het ook geld uit ân sak gehaal en onder mekaar
verdeel.
Eerste appellant is in
besit gevind van R1 600, 00 kontant en die tweede appellant R1 019,
00 sowel as die klaagster se selfoon.
Die vuurwapen is langs die pad
gevind en op beslag gelê.
4. Ten tye van die eerste
borgaansoek was die polisieondersoek nie voltooi nie. Die forensiese
verslae was nog uitstaande en die
vierde verdagte (Lucas) was nog
soek. Dit het ook geblyk vanuit Hugo se getuienes dat die klaagster
nie die vier mans sou kon uitken
nie en ân uitkenningsparade is ook
nog nie gehou nie.
5. Die eerste appellant
se vorige oortredings bestaan uit twee verkeersoortredings,
aanranding gedurende 1994 waarvoor hy gewaarsku
en ontslaan is en
roof gedurende 1995 waarvoor hy 8 jaar gevangenisstraf opgelê is.
Die derde appellant het
twee vorige veroordelings vir bedrog gedurende 2003 en 2005. Ten
tye van die borgaansoek was daar ook ân
lasbrief uitgereik vir sy
ingegtenisname op ân aanklag van bedrog in Gauteng. Hugo se
getuienes was dat die derde appellant op
hierdie laasgenoemde aanklag
ân valse naam aan die polisie verskaf het.
Die
tweede appellant het geen vorige veroordelings nie.
6. Die appellante het
almal vaste woonaddresse in Gauteng. Dit is ook so bevestig aan Hugo
deur ene Superintendent Happy van Gauteng.
7. Die eerste appellant
is 35 jaar oud. Hy woon al die afgelope 20 jaar by dieselfde adres.
Hy woon met sy werklose suster en haar
twee kinders. Met die eerste
borgaansoek was sy verloofde agt maande swanger met hul kind. Hy is
self- werksaam en bedryf ân
motorwassery. Hy het twee werknemers
wat hy R60,00 per dag betaal. Hy self verdien ongeveer R220,00 per
dag. Die eerste appellant
het nie ân paspoort nie en was ook nooit
buite die landgrense nie.
8. Die tweede appellant
is 33 jaar oud. Hy woon met sy werklose suster en haar twee kinders.
Hy is werkloos maar verkoop oor naweke
bier vanf die huis waaruit hy
ongeveer R500, 00 per naweek verdien. Hy het vier kinders. Hy het
nie ân paspoort nie en was nooit
buite die land nie.
9. Die derde appellant is
26 jaar oud. Hy besit sy eie huis. Hy is getroud en het twee
kinders. Hy is selfwerksaam as swyser en
verdien ongeveer R3000, 00
per maand. Hy het ook nie ân paspoort nie en was ook nooit buite
Suid-Afrika nie.
10. Die
eerse borgaansoek is geweier op die basis dat die staat ân sterk
prima
facie
saak teen die appellante het, dat hulle op moontlike skuldigbevinding
langtermyn gevangenisstraf in die oë staar en dus hul verhoor
mag
ontduik indien hulle op borg vrygelaat word. Die landdros het bevind
dat daar nie buitengewone omstandighede bestaan het wat
hul vrylating
in belang van geregtigheid regverdig het nie.
11. Met die tweede
borgaansoek is nuwe feite voor die hof geplaas wat in kort opgesom
kan word as volg:
11.1 Ten opsigte van die
eerste appellant;
Hy ervaar emosionele
stres in die gevangenis as gevolg van die feit dat hy aan
slaaploosheid ly en ân sel met vyftig ander persone
moet deel. Hy
ly ook aan depressie en het ân velkwaal ontwikkel wat sere onder sy
voete veroorsaak.
Hy
het nog geen besoeke gehad van sy familie nie as gevolg van die lang
afstand vanaf Soweto.
Sy familie trek swaar
sonder sy inkomste en sy verloofde het intussen geboorte geskenk aan
sy kind.
11.2 Ten opsigte van die
tweede appellant;
Hy ervaar ook
slaaploosheid en nagmerries in die gevangenis as gevolg van
oorbevolking. Sy bejaarde ouers het intussen siek geword.
Sy
kinders kry swaar as gevolg daarvan dat hy, hul enigste broodwinner
in hegtenis is. Sy huweliksverhouding word negatiewelik
geaffekteer
as gevolg van die afstand tussen hom en sy vrou.
11.3 Ten opsigte van die
derde appellant;
Hy ly ook aan emosionele
stres as gevolg van die gevangenisopset.
Hy het nog geen
betekenisvolle kommunikasie met sy familie gehad as gevolg van die
afstand nie.
Sy besigheid kan nie
voortgesit word sonder hom nie, as gevolg waarvan die familie geen
inkomste het nie.
Hy bied ook aan om die
polisie behulpsaam te wees met die opsporing van Lucas.
12. Daar is ook namens
die appellante angevoer dat aangesien hulle in ân onbekende
omgewing aangehou word hulle dit moeilik vind
om met
regsverteenwoordigers van hul eie keuse te kommunikeer.
13. Met hierdie tweede
borgaansoek het Inspekteur Hugo te kenne gegee dat die ondersoek teen
die appellante afgehandel is en dat hul
verhoor sou kon voortgaan op
5 Maart 2007.
14. Borg is geweier
omrede die nuwe feite voorgelê, nie die hof oortuig het dat hulle
vrygelaat word op borg nie en daar geen mediese
getuienis voorgelê
is ter stawing van die mediese klagtes geopper deur die appellante
nie.
15. Die
regsverteenwoordiges het my met die appél meegedeel dat die verhoor
op 5 Maart 2007 uitgestel is op versoek van die appellante
wat
regsverteenwoordiging wou bekom. ân Nuwe verhoordatum sal so
spoedig moontlik ná die uitslag van die appél verkry word.
16. Die appellante staan
tereg op ân misdryf wat resorteer onder Bylae 6. Ingevolge artikel
60(11)a) van die Strafproseswet 51
van 1977 berus die onus op ân
beskuldigde om die hof op ân oorwig van waarskynlikhede te oortuig:
erstens dat daar buitegewone
omstandighede bestaan wat sy vrylating
toelaat en, tweedens, dat sodanige buitengewone omstandighede die
vrylating in belang van
geregtigheid veroorloof.
17. Mnr.
Pistorius wat namens die appellante opgetree het, het betoog dat die
landdros met die tweede borgaansoek fouteer het deur
nie die nuwe
feite voorgehou deur die appellante behoorlik in ag te neem tesame
met die inligting verskaf in die eerste borgaansoek
nie. (Sien
S
v Vermaas
1996(1) SACR 528(T) te 531f). Dat indien die landdros die tweede
borgaansoek op hierdie wyse beoordeel het, hy tot die gevolgtrekking
sou gekom het dat buitengewone omstandighede wel bestaan wat die
vrylating van die appellante in belang van geregtigheid veroorloof.
18. Ek kan my egter nie
uitlaat oor die landdros se wyse van beoordeling van die tweede
borgaansoek nie. Die uitspraak in daardie
aansoek vorm nie deel van
die notule nie. Volgens die transkribeerder se aantekening kan die
uitspraak nie op die bande gevind word
nie. Een band is gevind
foutief te wees en het geëindig by ân uitstel van die
aangeleentheid. Die enigste redes vir die weiering
van borg is dit
wat verskaf is deur die landdros op die oggend van die appél en wat
hierbo in paragraaf 14 verskyn.
Hoe dit ookal sy, al die
feite is voor my en vind ek myself in ân posisie om die appél
daarvolgens te oorweeg.
19. Die
aanklagte teen die appellant is van ernstige aard. Indien hulle
skuldgbevind word is daar ân minimum vonnis van 15 jaar
gevangenisstraf wat vir hulle in die vooruitsig lê. Volgens
Inspekteur Hugo se getuienis blyk dit wel dat die staat ân sterk
prima
facie
saak teen die appellante het. Die moontlikheid dat hier ân
ontvlugtingsrisiko bestaan kan dus nie uit die oog verloor word nie.
20. Na
my mening egter, as daar in totaliteit gekyk word na die inligting
vervat in die twee borgaansoeke, het al drie die appellante
buitengewone omstandighede op ân oorwig van waarskynlikhede bewys.
Daar is geen geslote of omskrewe kategorie van buitengewone
omstandighede nie. In
S
v Dlamini; S v Dladla and others; S v Joubert; S v Schietekat
1999(2)
SACR 51 (CC) te 89 e-f sê Kriegler R die volgende in verband met die
buitengewone omstandighede wat vereis word in terme
van art 60(11)a)
van die Wet.
â
Likewise
I do not agree that, because of the wide variety of 'ordinary
circumstances' enumerated in ss (4) to (9), it is virtually
impossible to imagine what would constitute 'exceptional
circumstances', and that the prospects of their existing are
negligible.
In requiring that the circumstances proved must be
exceptional, the subsection does not say they must be circumstances
above and
beyond, and generally different from those enumerated.
Under the subsection, for instance, an accused charged with a
Schedule 6 offence
could establish the requirement by proving that
there are exceptional circumstances relating to his or her emotional
condition that
render it in the interests of justice that release on
bail be ordered notwithstanding the gravity of the case.â
21. Die hof is getaak om
elke saak op sy eie meriete te oorweeg en dan te beoordeel na
aanleiding van die bewese omstandighede van
die saak of dit van so ân
aard is dat dit as buitengewoon aangemerk kan word.
22. In die onderhawige
geval is dit so dat die appellante alreeds vir ân jaar in
aanhouding is. Die moontlikheid van ân verhoordatum
gedurende die
loop van hierdie jaar, kan maar aanvaar word, is skraal.
Die appellante het al
drie vaste woonadresse, met sterk familiebande.
As
gevolg van die feit dat hulle in Kimberley aangehou word ontvang
hulle weinig of geen familie besoeke nie.
Deur
hulle in aanhouding te hou word hulle gesinne finansieel benadeel en
ly hulle finansiele verliese.
Die
tweede appellant word sterk benadeel deurdat hy as gevolg van die
afstand tussen sy tuiste en Kimberley nog nie sy baba gesien
het nie.
Die
ondersoek tussen die appellante is afgehandel.
Die appellante word
benadeel deurdat hulle nie sinvol met hul gekose
regsverteenwoordigers kan kommunikeer nie.
Dit
is so dat daar geen stawing is vir die gesondheidsprobleme wat die
appellante kwel nie, maar dit kan seker maar aanvaar word
dat ân
persoon maklik aan stress of depressie kan ly as gevolg van die
omstandighede in die gevangenis.
Die
appellante besit nie paspoorte nie en die moontlikhied dat hulle
landuit sal vlug is minimaal.
23. Na my mening kan die
moontlikheid van ontvlugting, waarop swaar gesteun is met die
weiering van borg, sowel as moontlike inmenging
met getuies,
onderskep word deur gepaste borgvoorwaardes.
24. Mnr. Pistorius het
aangedui dat die appellante in staat sal wees om met die hulp van
familie en vriende ân stewige bedrag borgtog,
tot op R30 000,00 te
kan betaal. Ek meen dat borgtog in so ân hoë bedrag ook daartoe
sal bydra dat die appellante hul verhoor
staan. Ek meen egter dat
daar ân onderskeid in die verband getref behoort te word tussen die
tweede appellant, wat ân skoon
rekord het, en die eerste en derde
appellante.
Die
volgende bevel word gemaak.
a) Die
appél slaag.
b) Borgtog word
toegestaan, in die geval van die eerste en derde appellante, in die
bedrag van R30 000,00.
c) Ten
opsigte van die tweede appellant word borgtog toegestaan in die
bedrag van R20 000, 00.
d) Dit
word gelas dat die appellante een maal per dag, tussen 07:00 en 19:00
rapporteer by die Orlando Polisiestasie, Soweto.
e) Die
appellante mag nie die distrik van Johannesburg verlaat sonder die
skriftelike toestemming van die ondersoekbeampte, Inspekteur
Hugo,
nie.
f) Die
appellante mag nie die distrik van Kimberley besoek behalwe om
hofverrigtinge by te woon nie.
_______________________
C.C.
WILLIAMS
REGTER
Nms.
Appellant: Adv Pistorius
i.o.v Andre Potgieter
Prokureurs
Nms.
Respondent: Mnr Mashuga