About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2007
>>
[2007] ZANCHC 53
|
|
Lunne v Nama Khoi Munisipaliteit and Others (1293/2006) [2007] ZANCHC 53 (14 September 2007)
Rapporteerbaar:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
onder Landdroste: Ja / Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saak
No: 1293/2006
Datum
aangehoor: 07/09/2007
Datum
gelewer: 14/09/2007
In
die saak tussen:
S
W B LUBBE APPLIKANT
en
NAMA
KHOI MUNISIPALITEIT 1
STE
RESPONDENT
LINA
ELIZABETH SIMBOYIA 2
DE
RESPONDENT
AUBREY
NEVE BAARTMAN 3
DE
RESPONDENT
LUR:
DEPARTEMENT VAN
BEHUISING
EN PLAASLIK BESTUUR
VAN
DIE NOORD-KAAP 4
DE
RESPONDENT
Coram:
Olivier R et Mokgohloa WnR
UITSPRAAK
Olivier R:
Die applikant,
mnr Schalk Willem Burger Lubbe, doen aansoek om die tersydestelling
van die aanstelling van die derde respondent,
mnr Aubrey Neve
Baartman, as die munisipale bestuurder van die eerste respondent,
Nama Khoi Munisipaliteit. Die burgemeester van
die eerste
respondent, me Lina Elizabeth Simboyia, is gesiteer as die tweede
respondent en die Lid van die Uitvoerende Komitee
van die
Departement van Behuising en Plaaslike Bestuur van die Noordkaap
Provinsie as die vierde respondent. Die aansoek word
egter slegs
deur die eerste en tweede respondente teengestaan en daar word dus
hierinverder na hulle verwys as â
die
respondente
â.
Die feitelike
agtergrond is tot Å groot mate gemenesaak. Die termyn van
aanstelling van die voormalige munisipale bestuurder van
die eerste
respondent, mnr Engelbrecht, sou verstryk op 29 September 2006. Met
die oog hierop is die tweede respondent deur die
munisipale raad van
die eerste respondent Å mandaat gegee om met mnr Engelbrecht te
onderhandel met die oog daarop dat hy aanbly,
op Å maand-tot-maand
basis, hangende die aanstelling van Å nuwe permanente munisipale
bestuurder.
Die betrokke
onderhandelinge is egter eers gevoer die dag voordat mnr Engelbrecht
se termyn sou verstryk. Die rede hiervoor is
nooit verduidelik nie;
dit teen die agtergrond daarvan dat die besluit reeds op 4 Julie
2006 geneem was dat mnr Engelbrecht ná
sy termyn op Å
maand-tot-maand basis aangestel sou word. Ek sal later weer
kortliks hierna verwys.
Hoe dit ookal sy, mnr Engelbrecht
het die aanbod afgewys. Die tweede respondent het toe, op eie
inisiatief, Å soortgelyke aanbod
gemaak aan die derde respondent,
wat dit aanvaar het.
Toe die tweede
respondent tot hierdie effek berig het by Å vergadering van die
uitvoerende komitee van die munisipale raad op 4
Oktober 2006, het
die applikant, Å lid van die uitvoerende komitee en ook Å lid van
die munisipale raad van die eerste respondent,
die standpunt
ingeneem dat selfs Å waarnemende munisipale bestuurder slegs deur
die volle munisipale raad aangestel kon word en
dat selfs die
uitvoerende komitee â
geen
magte het om sodanige besluit te neem nie
â.
Ten spyte
daarvan, en ten spyte van die applikant se teenstem, is die volgende
besluit toe deur die uitvoerende komitee geneem:
â
BESLUIT
DEUR DIE UITVOERENDE KOMITEE VAN 4 OKTOBER 2006 DAT DIE OPTREDE VAN
DIE BURGEMEESTER OM AAN MNR BAARTMAN, KANTOORBESTUURDER
IN DIE
KANTOOR VAN DIE BURGERMEESTER EN SPEAKER, âN AANBOD TE MAAK OM WAAR
TE NEEM AS MUNISIPALE BESTUURDER OP âN MAAND TOT MAAND
BASIS TOTDAT
DIE POS VAN MUNISIPALE BESTUURDER GEADVERTEER EN GEVUL IS,
TE
KONDONEER EN GOEDKEUR EN DAT MNR BAARTMAN DUS AANGESTEL WORD AS
WAARNEMENDE MUNISIPALE BESTUURDER
.
â
(My beklemtoning)
Dié besluit is
in die betrokke vorm geneem, met ander woorde tot die effek dat die
uitvoerende komitee die aangaan van die kontrak
tussen die tweede en
die derde respondente â
kondoneer
en goedkeur
â
en dat die derde respondent
âdus
aangestel word as waarnemende munisipale bestuurder
â,
ten spyte van Å ander raadslid se voorstel (die enigste ander
voorstel) dat â
die
optrede van die Burgemeester na die volle Raad verwys word vir
kondonasie
â.
Die munisipale raad was bestem om
op 19 Oktober 2006 te vergader, maar is die betrokke vergadering
uitgestel (blykbaar op versoek
van die applikant) tot 30 Oktober
2006. Op laasgemelde datum is die volgende besluit deur die
munisipale raad geneem:
â
Die notule
van die Spesiale Uitvoerende Komitee vergadering van 4 Oktober 2006
is ... bekragtig en is dus nou besluite van die Raad.
â
Intussen het die
applikant toe egter alreeds op 27 Oktober 2006 hierdie aansoek
aanhangig gemaak.
Die applikant se
aansoek berus in breë eerstens op die grond dat artikel 82 (1) (b)
van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale
Strukture, 117 van
1998 (hierinverder na verwys as â
die
Munisipale Strukture Wet
â),
bepaal dat ook Å waarnemende munisipale bestuurder deur die
munisipale raad aangestel moet word. Dit is dan ook so toegegee
in
argument namens die respondent.
Voorts is aangevoer dat die
aanstelling van die derde respondent ook in stryd was met:
die voorskrifte
van Å beleidsdokument wat van toepassing is op die eerste
respondent en wat onder andere bepaal dat â
interne
werwing eerste prioriteit geniet
â;
en
die voorskrifte van regulasie 38
van die regulasies uitgevaardig ingevolge artikel 120 van die Wet
op Plaaslike Regering: Munisipale
Stelsels, 32 van 2000, en
afgekondig in Goewermentskennisgewing no R805 van 1 Augustus 2006,
wat bepaal dat die posbeskrywing
van Å munisipale bestuurder
voorsiening moet maak vir, onder andere, die vereistes van Å
erkende B-graad in publieke administrasie
(of ân relevante veld)
en Å minimum van vyf ondervinding op senior bestuursvlak.
In die lig van
wat volg, is dit onnodig om die voorskrifte van die betrokke
beleidsdokument of van die gemelde regulasie te oorweeg.
Die applikant is
soos reeds gemeld, Å lid van die munisipale raad van die eerste
respondent en ook Å lid van die uitvoerende komitee
daarvan, en
maak op hierdie basis aanspraak op
locus
standi
.
Die applikant se
saak is hier gegrond op die verbreking van Šstatutêre voorskrif
en in sulke gevalle is die benadering wat Å
Hof sal volg by
oorweging van die vraag na
locus
standi
soos volg opgesom in
Financial
Services Board and Another v De Wet No and Others
2002
(3) SA 525
(C) op 580 (para [144]):
â
Where the
question of standing arises in the context of an alleged violation of
a statutory prohibition, the sufficiency of a claimant's
interest for
purposes of locus standi is generally gauged with reference to the
purpose of the prohibition. If it was enacted for
the benefit of a
specific class of persons, membership of that class gives the
claimant a sufficient interest. If the prohibition
has been enacted
in the general public interest, a person does not have standing
merely because he is a member of the public ....
Whether a
prohibition falls into the one class or the other is a matter of
statutory construction, and the class of persons in whose
interests
the prohibition has been enacted may be express or implied ....â
(Sien ook
Roodepoort-Maraisburg
Town Council v Eastern Properties (Prop) Ltd
1933 AD 87
op 96) en
Verstappen
v Port Edward Town Ward and Others
1994 (3) SA 569
(D) op 574 A-E).
Selfs al sou die
bepalings van artikel 82 (1) (b) van die Munisipale Strukture Wet
net gedeeltelik geskep gewees het in die belang
van raadslede van Å
munisipale raad, soos die applikant, sal die applikant Å voldoende
belang hê om
locus
standi
te hê vir doeleindes van hierdie aansoek (vergelyk
Smalberger
and Another v Cape Times Ltd and Others
1979 (3) SA 457
(C) op 462B-D).
Omdat artikel 82
van die Munisipale Strukture Wet bepaal dat die aanstelling van,
onder andere, Å waarnemende munisipale bestuurder
deur die
munisipale raad gedoen moet word, het dit, minstens ten dele, die
effek gehad dat dit vir raadslede soos die applikant
die reg geskep
het om, as lede van Å munisipale raad soos beoog in artikel 82,
inspraak te hê in die aanstelling van Šwaarnemende
munisipale
bestuurder.
In die lig
hiervan meen ek dat die applikant in hierdie geval Å voldoende
belang in die uitslag van die verrigtinge het om
locus
standi
te hê (vergelyk
Ngcwase
and Others v Terblanche, NO and Others
1977 (3) SA 796
(A)), in teenstelling met Å geval waar die
applikant suiwer op die basis van sy lidmaatskap, en sonder die
agtergrond van Å bepaling
soos artikel 82, aanspraak sou maak op
locus
standi
(vergelyk
Nasionale
Party, Suidwes-Afrika, en Andere v Konstitusionele Raad en Andere
1987 (3) SA 544
(SWA)).
Alhoewel die
tweede respondent in haar eedsverklaring die applikant se bewering
van
locus
standi
ontken het, het daardie ontkenning duidelik berus op totaal
ontersaaklike gronde en het mnr Ismail Jamie SC, namens die
respondent,
dan ook nie volhard met enige argument tot die effek dat
die applikant nie
locus
standi
het nie.
Dit bring my dan
by die meriete. Deur die maak van die aanbod aan die derde
respondent, en sy aanvaarding daarvan, het die tweede
respondent in
effek die derde respondent as waarnemende munisipale bestuurder
aangestel. Sy was nie bevoeg om so te doen nie en
haar handeling
was dus
ultra
vires
en nietig.
Na my oordeel steek
daar niks in mnr Jamie se argument dat die optrede van die tweede
respondent nie neergekom het op die gewaande
aanstelling van die
derde respondent nie. Die maak van ân werksaanbod en die aanname
daarvan sou op niks anders kon neerkom
nie.
Mnr Jamie se
submissie dat die tweede respondent sou geweet het dat sy nie die
aanstelling mag maak nie en dus nooit bedoel het
om so te doen nie,
hou nog minder water. Sy het nie die applikant se bewering ontken
dat sy op 4 Oktober 2006 gesê het sy het
die derde respondent
â
aangestel
â
nie. In elk geval, as sy nie het nie, en ook nooit bedoel het om so
te doen nie, wat moes dan â
gekondoneer
â
word deur die uitvoerende komitee?
Die vraag of
haar mandaat (vanaf die munisipale raad van die eerste respondent)
haar bevoeg sou gemaak het (by wyse van delegasie)
om mnr
Engelbrecht so aan te stel, hoef nie beslis te word nie, want
daardie mandaat was in elk geval beperk tot Å aanbod aan
mnr
Engelbrecht.
Net so was die
uitvoerende komitee nie bevoeg om Å waarnemende munisipale
bestuurder aan te stel nie. Nie alleen het dit nooit
so Å mandaat
van die munisipale raad gehad nie, maar ook sou dit nie andersins
ingevolge artikel 82 van die Munisipale Strukture
Wet bevoeg gewees
het om so te doen nie. Selfs al sou die uitvoerende komitee dus wel
die aanstelling gemaak het, soos wat die
resolusie van 4 Oktober
2006 lees, sou dit
ultra
vires
opgetree het.
Mnr Jamie het
aan die hand gedoen dat die besluit deur die uitvoerende komitee
geneem is op die basis dat dit onderhewig sou wees
aan verwysing
daarvan na die munisipale raad (en dan nooit bedoel was om enige
werking te hê voor daardie stadium nie). Die probleem
is egter dat
die notule van die betrokke vergadering van die uitvoerende komitee
niks van dié aard reflekteer nie. Die verste
wat dit gaan, is om
te reflekteer dat een van die ander raadslede die voorstel gemaak
het â
dat
die optrede van die Burgemeester na die volle Raad verwys word vir
kondonasie
â
(en dus insiggewend nie die besluit van die uitvoerende komitee
opsigself nie).
Die resolusie wat geneem is, toon
in elk geval geen teken van ân bedoeling om dié voorstel te
implementeer nie. Dit lees nie
eers dat die munisipale raad gevra
moet word om iets te kondoneer nie. Inteendeel, dit lees juis dat
die uitvoerende komitee sommer
self die kondonasie verleen het.
Daar is dus geen meriete in die
submissie van mnr Jamie dat die uitvoerende komitee eintlik niks
meer gedoen het as om die hele
aangeleentheid na die volle
munisipale raad te verwys nie. Mnr Jamie het in alle billikheid
darem toegegee dat die bewoording
van die resolusie van die
uitvoerende komitee problematies is vir sy submissie. Dit bevat,
soos reeds gemeld, gee teken dat enige
besluit daarvan eers werking
sou hê wanneer dit deur die munisipale raad oorweeg is nie en lui,
inteendeel, dat die derde respondent
aangestel word.
Dit was dus die stand van sake op
die stadium toe die applikant hierdie aansoek geloods het.
Die vertrekpunt van mnr Jamie se
argument, wat betref artikel 82 van die Munisipale Strukture Wet en
die munisipale raad se besluit
van 30 Oktober 2006, was dat dit
eintlik maar die munisipale raad was wat die derde respondent
aangestel het. Hy het aan die hand
gedoen dat die applikant geen
saak daarvoor uitgemaak het dat die munisipale raad nie self op 30
Oktober 2006 die meriete van ân
aanstelling van die derde
respondent oorweeg het en toe ân besluit geneem het om hom aan te
stel nie.
Daar is verskeie
probleme met dié argument. In die eerste plek druis dit in teen
die tweede respondent se eie stelling dat die
aangeleentheid na die
munisipale raad verwys is vir
bekragtiging
.
Die tweede respondent het dit uitdruklik gestel dat die
â
aanstelling
van die Waarnemende Munisipale Bestuurder
bekragtig
was deur die volle Raad tydens ân Raadsvergadering op 30 Oktober
2006â
.
Nie alleen
reflekteer die notule van 30 Oktober 2006 geensins dat die meriete
van die aanstelling oorweeg is (of watter inligting
dan in hierdie
verband deur die munisipale raad oorweeg sou gewees het) nie, maar
die resolusie lui ook duidelik dat ân ander
liggaam se besluit
â
bekragtig
â
word en op dié wyse ân besluit van die munisipale raad sou word.
Daar kan kwalik ân duideliker voorbeeld wees van ratifikasie.
Mnr Jamie het
dan ook self, in sy betoogshoofde, die submissie gemaak dat die
munisipale raad van die eerste respondent, met die
neem van die
besluit op 30 Oktober 2006, die aanstelling behoorlik geratifiseer
het (â
duly
ratified
â);
wat tog onversoenbaar sou wees met ân argument dat die munisipale
raad die aanstelling self gemaak het.
Dit kan
natuurlik in elk geval ook nie korrek wees nie, want Å ongemagtigde
handeling soos hierdie aanstelling van die derde respondent
kan nie
deur middel van ratifikasie of bekragtiging geldig gemaak word nie
(vergelyk
Mathipa
v Vista University and Others
2000 91) SA 396
(TPD) op 400F-401D,
AAA
Investments (Pty) Ltd v Micro Finance Regulatory Council
[2006] ZACC 9
;
2007 (1) SA 343
(CC) op 380H,
Blue
Grass Estates (Pty) Ltd v Minister van Landbou
[1991] ZASCA 119
;
1992 (4) SA 406
(A) en
Duze
v Eastern Cape Admin Board and Another
1981 (1) SA 827
(A) op 843D-E).
Mnr Jamie se
argument dat dié hele proses, op Šbehoorlike vertolking van die
bepalings van artikel 82 van die Munisipale Strukture
Wet, tog
neergekom het op Å behoorlik voldoening daaraan, kan ook nie opgaan
nie.
In die eerste
plek kan dit nie weggedink word nie dat Å
ultra
vires
aanstelling en Å oneffektiewe ratifikasie daarvan dan deel van die
hele proses sou wees nie. Dit kon kwalik die oogmerk van die
wetgewer gewees het dat sy doel, naamlik die aanstelling van Å
waarnemende munisipale bestuurder deur die volle munisipale raad,
op
sò Šwyse bewerkstellig kon word.
Die saak van
African
Christian Democratic Party v Electoral Commission
[2006] ZACC 1
;
2006 (3) SA 305
(CC) waarop mnr Jamie in hierdie verband gesteun
het, kan nooit dien as gesag vir so ân benadering nie en daardie
saak het, afgesien
daarvan dat dit baie duidelik in die konteks
gesien moet word van verkiesingswetgewing (en die doel daarvan) nie
gegaan oor optrede
wat hoegenaamd nie gemagtig was deur die betrokke
bepaling nie, maar eerder oor die nie-nakoming van prosedurele
voorskrifte.
Dieselfde geld wat mnr Jamie se steun op
Nkisimane
and Others v Santam Insurance Company Ltd
1978 (2) SA 430
(A) betref.
Tweedens meen ek
in elk geval nie dat artikel 82 se bepalings so uitgelê kan word
nie. Die wetgewer se bedoeling met artikel 82
was duidelik dat die
munisipale raad self die aanstelling moes oorweeg en maak, en nie
dat dit bloot iemand anders se besluit daaroor
kon ratifiseer nie
(vergelyk
Mathipa
v Vista University and Others, supra
,
op 401E). Op Å normale vertolking van die duidelike en
ondubbelsinnige bewoording van artikel 82 kan tot geen ander slotsom
gekom word nie.
Selfs al sou hier ook sprake kon
gewees het van substantiewe nakoming â wat ek nie meen die geval
is nie â sou een van die tersaaklike
aspekte sekerlik gewees het
wat die rede vir die nie-nakoming was. Vir soverre dit die
respondente se saak sou wees dat dringende
stappe geneem moes word
om Å waarnemende munisipale bestuurder aan te stel toe mnr
Engelbrecht die aanbod afgewys het, lyk dit
op die oog af of die
dringendheid deur die tweede respondent self geskep is. Daar is ook
geen getuienis dat die munisipale raad
nie op Å dringende grondslag
kon vergader het om, byvoorbeeld, te besin oor die tussentydse
aanstelling van die derde respondent
nie.
Mnr Jamie het aangevoer dat die
applikant sy saak in fundering moes uitgemaak het en dat die
beweringe oor die tydsberekening van
die gesprek met mnr Engelbrecht
eers in repliek gemaak is. Dit moet egter nie uit die oog verloor
word nie dat, eerstens, die
applikant nie te blameer is daarvoor dat
die besluit van 30 Oktober geneem is nadat die aansoek aanhangig
gemaak is nie. Dit,
en ook die respondente se bewering tot die
effek dat die tweede respondent verplig was om tussentydse maatreëls
te neem om te
verseker dat daar ân munisipale bestuurder was, het
verder sekerlik repliek van die applikant daaroor geregverdig.
Dan het mnr
Jamie ook, as Å alternatiewe argument, namens die respondente
verwys na gesag rakende die vraag wanneer nie-nakoming
van Å
statutêre bepaling sal lei daartoe dat dit Šnulliteit is. Ek
meen dat dit nie hier toepaslik is nie. Dit gaan nie hier
bloot om
die nie-nakoming van prosedurele voorskrifte nie (vergelyk
Gründling
v Beyers and Others
1967 (2) SA 131
(W)). Dit gaan hier om optrede wat ongemagtig en
ultra
vires
die bevoegdhede van die tweede respondent en die uitvoerende komitee
was, en daarom Å nulliteit en nietigheid was (sien
Abrahamse
v Connockâs Pension Fund
1963 (2) SA 76
(W) op 79D-F,
Chairman
of the Board of the Sanlam Pensioenfonds (Kantoorpersoneel) v
Registrar of Pension Funds
2007 (3) SA 41
(T) op 55, para [34] en
Darson
Construction (Pty) Ltd v City of Cape Town
2007 (4) SA 488
(C) op 500G).
Geeneen van die
sake waarop mnr Jamie vir hierdie argument gesteun het, het gehandel
met optrede wat weens ân gebrek aan magtiging
ultra
vires
was nie. Hulle het almal gegaan oor gevalle waar prosedurele
voorskrifte nie nagekom is nie en waar besin moes word oor of die
voorskrifte gebiedend of aanwysend was en oor wat, teen dié
agtergrond, dan die gevolge van die nie-nakoming daarvan was.
In die onderhawige
geval gaan dit glad nie oor ân einddoel wat bereik is met die
nodige bevoegdheid, maar strydig met ân voorgeskrewe
prosedure,
nie. Dit gaan om ân bepaling wat slegs die munisipale raad, en
nie die burgemeester of die uitvoerende komitee nie,
gemagtig het om
ân aanstelling te doen. Die kwessie van die onderskeid tussen
gebiedende en aanwysende bepalings, en die gevolge
van die
nie-nakoming daarvan, kom dus nie hier tersprake nie.
Dit is ook nie
hier ân geval dat die Hof bloot die nie-nakoming van die een of
ander prosedurele stap kan wegdink omdat die gevolge
van die
verlening van die regshulp vir andere nadelige gevolge mag inhou
(deurdat die derde respondent intussen handelinge mag
aangegaan en
ooreenkomste mag gesluit het) nie. Dit is nie vir doeleindes van
die onderhawige geval nodig om te besin oor of estoppel
nie in elk
geval opgewerp sou kon word nie of oor die vraag tot watter mate die
beginsels neergelê in
Oudekraal
Estates (Pty) Ltd v City of Cape Town and Others
2004 (6) SA 222
(SCA) op 241H - 244A hier toepaslik sou kon wees
nie.
Dit volg dus dat
die aanstelling van die derde respondent tersyde gestel behoort te
word. In die lig daarvan dat daar meerdere
besluite in hierdie
verband geneem was, deur die tweede respondent en deur die
uitvoerende komitee en munisipale raad van die eerste
respondent,
mag dit wenslik wees om ook die betrokke besluite tersyde te stel
(vir soverre daar enige onduidelikheid sou kon bestaan
oor die effek
van ân bevel, op hierdie stadium, dat die aanstelling van die
derde respondent tersyde gestel word).
Mnr Jamie het
nie volhard met die submissie, wat in die tweede respondent se
eedsverklaring gemaak is, dat die applikant eers sekere
interne
remedies moes uitgeput het nie, en na my mening wyslik so. In die
lig hiervan is dit nie nodig om verder daarmee te handel
nie.
Daar bestaan
geen rede waarom die koste nie die uitslag behoort te volg nie. Wat
die tweede respondent betref, het sy strydig met
die duidelike
voorskrifte van artikel 82 opgetree en, nadat die applikant haar
daarop gewys het, daarmee volhard. Vir soverre
dringendheid ân
rol gespeel het in haar optrede, het sy dit self veroorsaak. Ek
meen dus dat daar geen rede is waarom sy nie
ook aanspreeklik
behoort te wees vir die applikant se koste nie (vergelyk
Priem
v Hilton Stuart Trust and Another
1994 (4) SA 255
(E) en
Luck
Agencies v Els No and Another
1996 (3) SA 1011
(SE) op 1016A-D).
Bygevolg word die
volgende bevele hierin gemaak:
Die aanstelling van die derde
respondent as waarnemende munisipale bestuurder van die eerste
respondent, en die besluite in hierdie
verband geneem deur die
tweede respondent en die uitvoerende komitee en munisipale raad van
die eerste respondent in die periode
September en Oktober 2006, word
hersien en tersyde gestel.
Die eerste en tweede respondente
word gelas om gesamentlik en afsonderlik die koste van die aansoek
te betaal.
________________________
C
J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE AFDELING
Ek
stem saam:
________________________
F
E MOKGOHLOA
WAARNEMENDE
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms
Applikant: Adv W J Coetzee
In opdrag van: Engelsman,
Magabane Inc, KIMBERLEY
Nms 1ste
& 2de Respondente: Adv I Jamie, SC
In
opdrag van: Towell & Groenewald, KIMBERLEY