S v Van Zyl (CA&R 17/07) [2007] ZANCHC 43 (22 June 2007)

62 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Assault — Appeal against conviction — Appellant found guilty of assaulting two minors — Incident occurred when appellant was struck by a bicycle ridden by the minors — Appellant reacted by grabbing and shaking the younger child — Conviction upheld despite appellant's claim of provocation and defense of "de minimis non curat lex" — Court emphasized the need for protection of children's rights and the inappropriateness of the appellant's reaction — Appeal dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2007
>>
[2007] ZANCHC 43
|

|

S v Van Zyl (CA&R 17/07) [2007] ZANCHC 43 (22 June 2007)

Verslagwaardig:
Sirkuleer
Aan Regters:
Sirkuleer
aan Streeklandroste
Sirkuleer
Aan Landdroste:
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno: /
Case number:
CA&R
17/07
Datum
verhoor: / Date heard:
18/06/2007
Datum
gelewer: / Date delivered:
22/06/2007
In
die appèl:
VAN
ZYL, FREDERICK JACOBUS
Appellant
teen
DIE
STAAT Respondent
Coram:
Lacock R et Williams R
UITSPRAAK OP APPÈL
LACOCK
R:
Die appellant is in
die landdroshof, De Aar, skuldig bevind aan aanranding en gevonnis
tot betaling van ‘n boete van R500.00 of
3 maande gevangenisstraf
en wat in die geheel voorwaardelik opgeskort is vir ‘n periode van
2 jaar. Met verlof deur hierdie
Hof verleen, kom die appellant nou
in hoër beroep teen sy skuldigbevinding.
Die landdros het die
appellant op sy eie weergawe van die tersaaklike gebeure, skuldig
bevind. Daardie gebeure, en soos voorgehou
deur die appellant, kan
as volg saamgevat word:
Die
appellant was gedurende die dag van 18 Oktober 2005 in ’n
besigheidsperseel geleë in Alexanderstraat, De Aar. Net toe hy uit
hierdie perseel op die sypaadjie tree, het twee seuns van
onderskeidelik 13 en 10 jaar oud met ‘n fiets teen hom vasgery.
Die
twee seuns het met die fiets op die sypaadjie gery. Die oudste
seun was in beheer van die fiets, en die jonger seun was ‘n
passasier
wat op die raamwerk voor die saal van die fiets gesit het.
Met die botsing het al drie partye geval. Die appellant het hierna
eers
die ouer kind aan sy klere gegryp, hom nader gepluk en met hom
geraas, en daarna die jonger kind voor die bors gegryp, hom geruk
en
met hom geraas. Die appellant getuig dat hy beide kinders
“hardhandig”
hanteer het, maar nie sodanig dat hy hulle klere geskeur het nie.
Die landdros was nie
bereid om die weergawes van die kinders naamlik dat, benewens die
gryp deur die appellant aan hul klere en
dat hy hulle geruk het, hy
die ouer een gestamp het dat hy struikel en die jonger een met die
vuis teen die kop geslaan het, te
aanvaar nie.
Na my mening kon die
appellant homself uiters gelukkig ag dat hierdie kinders se getuienis
nie aanvaar is nie. Beide was blootgestel
aan deurtastende
kruisverhoor deur ‘n ervare prokureur, en hulle het, met inagneming
van hul ouderdomme, uitstekend as getuies
gevaar. Veral die jonger
kind het na my mening goed getuig en deurgaans by sy weergawe gehou
en homself in geen wesenlike opsig
weerspreek of sy getuienis
aangepas nie.
Wat verdermeer
eienaardig voorkom is dat die appellant vrygespreek is op die
aanranding op die ouer kind, en dit terwyl hy, op sy
eie getuienis,
die ouer kind op dieselfde wyse aangerand het as die jonger kind!
Hoe dit ookal sy, die
vraag ter beantwoording is of die appellant korrek skuldig bevind is
aan aanranding op die jonger kind. Na
my mening is daar geen gronde
waarop ingemeng kan word met hierdie bevinding van die landdros nie.
Aanranding
bestaan daaruit dat ‘n persoon wederregtelik en opsetlik geweld
aan die liggaam van ‘n ander toevoeg (of die laat
glo dat geweld
hom onmiddellik toegevoeg sal word). Sien Snyman,
“Strafreg”
(4
de
uitgawe) te 447.
Die gewaande handelinge
van die appellant was ooglopend wederregtelik. Hy het geen
regverdiging gehad om die kinders leed aan te
doen nie.
Dat hy die opset gehad
het om die kinders te gryp en te ruk, is ook bewys. Mnr. Schreuder
namens die appellant, het myns insiens
tereg toegegee dat die
bewering van die appellant naamlik dat hy gedink het dat hy geregtig
was om die kinders te ruk en pluk onder
die omstandighede, tereg deur
die landdros verwerp was.
Uiteindelik
het mnr. Schreuder slegs daarop gesteun dat die appellant op sy
vryspraak geregtig was op grond, van die
“de
minimis non curat lex”
leerstuk.
“Daar
bestaan in ons strafhowe ‘n goed gevestigde en heilsame praktyk
om, met die gebruik van die “de minimis”-reël, nie
mense
skuldig te bevind aan onbenullige aanrandings nie”
(
S
v A en ‘n Ander, 1993 (1) SASV 600 (A) te 607 e
).
Vir
doeleindes van die beslissing van hierdie vraag is dit nodig om nie
alleen die aard van die misdryf in ag te neem nie, maar ook
alle
tersaaklike omstandighede waaronder dit gepleeg is. Sien
S
v Van Wyk,
1974 (1) SA 36
(A) te 43 A
.
Wat na my mening enersyds tersaaklik is, is dat (a) die appellant
niksvermoedend uit ‘n winkel gestap het op die sypaadjie voor
die
winkel; (b) hy nie kon verwag het dat hy daar deur ‘n fiets getref
sou word nie; (c) die kinders nie geregtig was om op die
sypaadjie te
ry met ‘n fiets nie; (d) die appellant kwaad was omdat hy deur die
fiets getref is; en (e) die appellant se daaropvolgende
optrede
reaktief van aard was.
Hierteenoor moet egter
ook in ag geneem word dat (1) die appellant ‘n volwasse man en boer
van 52 jarige ouderdom was; (2) die kinders
slegs 13 en 10 jaar oud
was; en (3) die appellant op sy eie weergawe, hierdie jong kinders
hardhandig hanteer het.
Uiteraard
verg die onderhawige vraag ‘n waarde oordeel. In sekere
omstandighede mag ‘n Hof oordeel dat die leerstuk toepassing
vind
(Sien
S v Bester,
1971 (4) SA 28
(T)
en
in andere nie (Sien
R
v Maguire,
1969 (4) SA 191
(R.AD)
en
S
v Schwartz,
1971 (4) SA 30
(T)
).
Na my
mening behoort die onderhawige aangeleentheid nie straffeloos
verskoon te word kragtens die
“de
minimis”
-reël
nie. Ons hedendaagse bestel verleen, soos te begrepe is in ‘n
beskaafde en demokratiese samelewing, besondere erkenning
en
beskerming aan kinderregte en die sosiaal/maatskaplike belange van
kinders. Hierdie belange en beskerming is nie alleen vervat
in
wetgewing nie (sien bv. die voorwoord tot die Children’s Act, nr.
38 van 2005) maar is ook in die Grondwet van 1996 verskans,
en meer
bepaald in art. 28 daarvan. Hierdie regte van kinders, en meer
bepaald jonger kinders, verg dat die howe onder andere
moet waak
daarteen dat daar onregmatig teen kinders opgetree word. Na my
mening sal dit neerkom op die versuim van hierdie plig
indien howe
sou toelaat, of gesien word om toe te laat, dat volwassenes hulle
vergryp teenoor kinders – soos die appellant gedoen
het – bloot
omdat ‘n kind verkeerd opgetree het en die volwassene die
slagoffer van daardie verkeerde optrede was. In
casu
was dit na my mening nie nodig vir die appellant om die jonger kind
voor die bors te gryp en te ruk nie. Hy moes homself van
hierdie
optrede weerhou het. ‘n Streng vermaning sou voldoende gewees
het.
Gesien vanuit die
oogpunt van hierdie jong seun, moes dit vir hom ‘n vreesbevange
ervaring gewees het om deur ‘n volwasse man
aan die bors gegryp en
geruk te word. Na my mening verdien sy integriteit die beskerming
van die reg.
Bygevolg word die
volgende bevel hierin verleen:
Die appèl word
afgewys.
_______________
HJ Lacock
REGTER
Ek
stem saam.
_______________
CC Williams
REGTER
Namens
appellant:
Adv
JJ Schreuder
Namens
respondent:
Adv
AH Van Heerden (Kantoor van die DOV, Kimberley)