About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2007
>>
[2007] ZANCHC 42
|
|
Du Plessis and Another v Canal Square Investments 48 (Pty) Ltd (595/2007) [2007] ZANCHC 42 (21 June 2007)
Verslagwaardig:
Sirkuleer
Aan Regters:
Sirkuleer
aan Streeklandroste
Sirkuleer
Aan Landdroste:
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno: / Case
number:
595/2007
Datum verhoor: / Date
heard:
21/06/2007
In
die saak:
DU
PLESSIS, W P (SNR)
1
ste
Applikant
DU
PLESSIS, W P (JNR)
2
de
Applikant
teen
CANAL
SQUARE INVESTMENTS
48
(Pty) Ltd Respondent
Coram:
Lacock R
UITSPRAAK
LACOCK
R:
In die lig van die
toegewings deur Adv. Coetzee, namens die applikante, hierin gemaak
en soos hieronder aangedui, is ek voornemens
om bloot ân
kernagtige uitspraak hierin te lewer. Indien nodig en indien
daartoe versoek, sal ek dan meer volledige redes vir
my uitspraak
verskaf.
Die applikante doen
aansoek vir die likwidasie van die respondent. Die
locus
standi
van die applikante is gegrond daarop dat beide van hulle skuldeisers
van die respondent is. Na bewering is die respondent aan
die
applikante verskuldig verskeie bedrae ten aansien van balanse
verskuldig op die kooppryse van onroerende eiendomme verkoop
deur
die applikante aan die respondent, uitgawes aangegaan deur die
applikante namens en ten behoewe van die respondent, gelde
verskuldig vir die verbouiing van gewasse namens die respondent, en
onbetaalde salaris verskuldig deur die respondent aan die tweede
applikant.
Die respondent ontken
eerstens dat enige gelde aan die applikante verskuldig is soos
beweer. Tweedens ontken die respondent dat
die tweede applikant
ooit in diens van die respondent was, en beweer dat hy in diens van
ân ander maatskappy en wat deel van
sy groep van maatskappye is,
was.
Die respondent se
beweringe word gestaaf deur ân uiteesetting van alle gelde wat aan
of namens die applikante betaal is deur die
respondent, en daaruit
blyk dit dat alle gelde wat aan die applikante en ene Mnr. Kotze
verskuldig was, ten volle betaal is. Selfs
in soverre dit mag blyk
dat â nadat die totaal van die skulde soos beweer deur die
applikante asook die beweerde balans verskuldig
aan Mnr Kotze in
berekening gebring word teen dit wat die respondent aan die
applikante betaal het â daar steeds ân bedrag verskuldig
is deur
die respondent, was Mnr Coetzee nie in staat om aan te toon dat
daardie moontlik verskuldigde bedrag verskuldig was aan enigeen
van
óf die applikante óf Mnr Kotze nie.
Die respondent het by
sy stukke dokumentasie aangeheg ter stawing daarvan dat die tweede
applikant nie in diens van die respondent
was nie. Die applikante
kon geen aanvaarbare getuienis tot die teendeel in repliek voorhou
nie. Trouens, dokumentasie aangeheg
aan die repliserende stukke
bevestig die weergawe van die respondent.
Mnr Coetzee het dan
ook, heeltemal tereg na my mening, toegegee dat die applikante nie
op ân oorwig van waarskynlikhede aangetoon
het dat hulle
skuldeisers van die respondent is nie, en dat hul vervolgens nie oor
die nodige
locus
standi
beskik om hierdie aansoek te doen nie.
Vervolgens word die
volgende bevel hierin verleen:
Die
aansoek word van die hand gewys met koste. Sodanige koste sluit in
die koste van die verhoor op 6 Junie 2007.
_______________
HJ Lacock
REGTER
Namens applikant:
Adv
WJ Coetzee
Namens
respondent:
Adv
CH Botha