About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2007
>>
[2007] ZANCHC 41
|
|
S v Koopman (CA&R285/2007) [2007] ZANCHC 41 (15 June 2007)
VERSLAGWAARDIG JA/NEE
SIRKULEER
ONDER REGTERS JA/NEE
SIRKULEER
ONDER LANDDROSTE JA/NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: CA&R285/2007
DATUM
GELEWER:15-06-2007
In die Appél van:
WHITNEY
KOOPMAN APPELLANT
teen
DIE
STAAT RESPONDENT
CORAM:
H J LACOCK R et WILLIAMS R:
UITSPRAAK
WILLIAMS R:
1. Die
appellant, wat regsverteenwoordig was, is op 26 Mei 2005 in die
Streekhof te Douglas skuldig bevind op aanklagte van verkragting,
moord en aanranding met die opset om ernstig te beseer. Hy is
gevonnis tot onderskeidelik 10 jaar, 15 jaar en 1 jaar
gevangenisstraf
op die aanklagte. Die verhoorlanddros het verder
gelas dat die vonnisse tot so ân mate saamloop dat die appellant
effektiewelik
20 jaar gevangenisstraf uitdien.
2. Die appellant kom nou
in hoër beroep teen die skuldigbevindings en vonnisse hom opgelê
nadat verlof daartoe deur hierdie Hof
op petisie aan hom verleen is.
Die verkragting
3. Die
appellant het onskuldig gepleit op hierdie aanklag en het ter
pleitverduideliking erken dat hy gemeenskap gehad het met die
klaagster, maar dat dit met haar toestemming plaasgevind het.
4. Mev. Anna Koekemoer,
die klaagster, se getuienis was dat sy die betrokke nag, om ongeveer
01h30, by haar voordeur gestaan en tee
drink het toe sy die appellant
verby haar huis sien loop. Na ân ruk het die appellant teruggekeer
en haar gevra om hom te help
met sy vrou, Jane, wat in pyn was. Die
appellant het vier huise vanaf die klaagster gewoon met sy vrou Jane
Koopman, ân niggie
van die klaagster. Mev. Koopman was op daardie
stadium swanger.
5. Die klaagster se
getuieins was dat sy aan die appellant gesê het dat hy moet
teruggaan huis toe terwyl sy haar 16 jarige dogter,
Sonia, wakker
maak om te gaan help.
Toe die klaagster en
Sonia by die appellant se erf ingaan het hy om die hoek van sy huis
gekom en vir Sonia gesê om na sy moeder
se huis te gaan waar daar ân
persoon was met ân voertuig en om hierdie persoon te vra om met sy
voertuig na die appellant se
huis te kom. Sonia is toe daar weg.
6. Die klaagster is toe
die appellant se huis in waarna die appellant die deur agter haar
gesluit het. Sy het agtergekom dat Mev.
Koopman nie tuis was nie en
het onmiddellik vir die appellant gesê dat sy nie met hom sou slaap
nie. Appellant het egter ân mes
uitgehaal en haar daarmee gedreig
tot op die bed in die slaapkamer, waar hy haar onderklere uitgetrek
het en haar verkrag het. Daarna
het die appellant aangebied om die
klaagster R300, 00 te betaal indien sy vir niemand van die voorval
vertel nie. Die klaagster
het toe gevra dat die appellant die deur
van die huis oopmaak, wat hy wel gedoen het, en sy is toe daar uit.
7. Buitekant die
appellant se huis het sy vir Sonia by die hek gekry en die twee is
daar weg in die rigting van hul eie huis. By
haar huis aangekom het
die klaagster se man ook net aangekom nadat hy uit was vir die aand.
Die klaagster het hom meegedeel dat
die appellant haar verkrag het.
Die polisie is daarna ontbied.
8. Gedurende
kruisondervraging het die klaagster getuig dat sy dié nag vir Sonia
wakker gemaak het om saam te gaan na die appellant
se huis omdat
âek
moet vir Sonia wakker maak, want Sonia is my dogter. Ek moet hom
wakker maak dat hy kan saam met my gaan, want as ek alleen
gegaan het
het my man mos nou ân ander gedagte gekry en dan het hy my mos nou
gesê ek vry hoeka met die man, dis hoekom ek alleen
na sy huis toe
gegaan het. Daarom het ek net gevoel dat ek my kind wakker maak, dat
my kind dan saam met my gaan.â
9. Hierdie
brokkie getuienis moes na my mening alreeds die rooi ligte laat
flikker het by die verhoorhof. Dit strook nie met die
klaagster se
ontkenning van ân stelling gemaak deur die appellant se
regsverteenwoordiger dat sy ân jarelange verhouding met
die
appellant sou gehad het nie. Waarom dan reken die klaagster dat haar
optrede verdag sou voorkom vir haar man indien sy slegs
die appellant
se swanger vrou moes gaan help?
10. Die feit dat die
klaagster weer later gedurende kruisondervraging teruggeval het op
haar aanvanklike rede vir die saamneem van
Sonia â dat sy moes help
met die appellant se vrou, word ook nie ondersteun deur die gebeure
nie. Sonia is, nog voordat die klaagster
haarself kon vergewis van
Mev. Koopman se toestand, deur die appellant gestuur om ân voertuig
te gaan kry, klaarblyklik sonder
enige beswaar vanaf die klaagster.
11. Sonia
Koekemoer het ook getuig. Haar getuienis was dat die appellant se
moeder se huis ân redelike afstand was vanaf die appellant
se
woning. In haar eie woorde
â.
. .ân hele ent van sy huis af. ân Lang ent van sy huis af na sy
ma se huis toe.â
Die verdere vraag wat opkom is hoekom die klaagster toegelaat het
dat haar 16 jarige dogter, daardie tyd van die nag, so ver alleen
loop, sonder dat sy (die klaagster) eers vir Mev. Koopman gesien het.
Dit kan net terloops gemeld word dat Sonia vir Mev. Koopman
aangetref het by die appellent se moeder se huis en onmiddellik
teruggedraai het.
12. Dit
blyk ook duidelik uit die klaagster se getuienis dat sy bang was vir
haar man. Dat sy gevrees het dat haar man haar sou seermaak
indien
hy sou agterkom dat sy met die appellant verkeer het. Hierin
ontstaan ân moontlike motief vir ân valse beskuldiging.
Sy het
self getuig dat
âEk
was bang vir my man, want hy kon my mos iets gemaak het. Hy kan my
doodgemaak het ook.â
Dit
moet ook hier in ag geneem word dat die klaagster nie enige melding
teenoor Sonia, die eerste persoon wat sy ontmoet het, gemaak
het oor
die verkragting nie, maar eers hierdie rapport gemaak het toe sy haar
man buite hul huis raakgeloop het.
13. Die
appellant se weergawe aan die anderkant is dat hy die nag verby die
klaagster se woning gestap het en haar daar in die deur
gesien staan
het. Die klaagster, met wie hy oor die jare heen ân verhouding
gehad het, het hom geroep en aan hom die plan voorgehou
dat sy na die
appellant se huis gaan onder voorwendsel dat die appellant se vrou in
pyn verkeer. Dit was, volgens die appellant,
ook die klaagster se
voorstel dat Sonia saam met haar gaan om enige suspisie te vermy en
dat sy dan deur die appellant weggestuur
word sodat hulle twee
ongestoord gemeenskap kan hê.
14. Die
verhoorlanddros het, op sterkte van die goeie indruk wat die
staatsgetuies op hom gemaak het en sy oordeel van die
waarskynlikhede,
die appellant se weergawe verwerp as nie redelik
moontlik waar nie.
15. Die
verhoorlanddros het bevind onder andere, dat die appellant se
getuienis oor sy jarelange verhouding met die klaagster aan
die einde
van die dag neerkom op enkele geleenthede waar hy en klaagster intiem
sou verkeer het, dat dit onwaarskynlik is dat die
klaagster die
betrokke nag reëlings vir die twee se samesyn sou maak oor ân
afstand van 6 meter (die afstand tussen die deur waar
die klaagster
gestaan het en waar die appellant in die pad gestaan het) terwyl haar
kinders in die huis wakker kon word, dat die
klaagster se rede vir
die saamneem van Sonia (watter een van die redes hy aanvaar is nie
duidelik nie), meer sinvol is as dit van
die appellant en dat dit
onwaarskynlik is dat indien die klaagster die rendezvous voorgestel
het, sy onmiddellik toe sy haar man
teëkom aan hom meegedeel het dat
sy verkrag is.
16. Dit
is so dat ân hof van appél nie geredelik met ân verhoorhof se
feitebevindings sal inmeng nie, slegs wanneer dit van mening
is dat
die verhoorhof fouteer het. Oor die vraag of daar ân feitelike
mistasting begaan is het Davis WnR in
R
v Dhlumayo and Another
1948 (2) SA 677(A)
op 706 gesê.
â
10.
There may be a misdirection on fact by the trial Judge where the
reasons are either on their face unsatisfactory or where the
record
shows them to be such; there may be such a misdirection also where,
though the reasons as far as they go are satisfactory,
he is shown to
have overlooked other facts or probabilities.
11.
The appellate court is then at large to disregard his findings on
fact, even though based on credibility, in whole or in part
according
to the nature of the misdirection and the circumstances of the
particular case, and so come to its own conclusion on the
matter.ââ
17. Ek
het reeds hierin te paragrawe 8 tot 12 enkele onbevredigende aspekte
van die klaagster se getuienis uitgewys. Die verhoorhof
het nie met
hierdie aspekte gehandel in sy uitspraak nie en nog minder blyk dit
het hy dit in aggeneem in sy beoordeling van die
waarskynlikhede.
Indien die verhoorhof wel hierdie aspekte behoorlik oorweeg het, ook
in die lig daarvan dat die klaagster ân
enkelgetuie was ten opsigte
van die verkragting en daar boonop geen mediese getuienis voor die
hof geplaas is nie, moes die verhoorhof
na my mening bevind het dat
die staat nie sy saak bo redelike twyfel bewys het nie.
18. Mnr. Cloete, wat
namens die staat in die appél opgetree het, het ook uiteindelik
toegegee, na aanleiding van die probleme wat
ons uitgewys het met die
klaagster se weergawe, dat daar nie gesê kan word dat die appellant
se weergawe nie redelik moontlik waar
kan wees nie.
Die
moord en aanranding met die opset om ernstig te beseer
19. Hierdie
aanklagte spruit voort uit ân insident tussen die appellant en sy
vrou, mev. Jane Koopman ongeveer twee maande na die
geboorte van hul
dogter, Desiré.
20. Dit is gemeensaak dat
Mev. Koopman die betrokke dag, met die baba op haar rug, agter die
appellant aangeloop het met die versoek
dat hy geld gee vir kos vir
hul kinders. Op ân stadium het hulle hulle bevind by die huis van
ene Lena se ouma. Mev. Koopman
het die baba gaan borsvoed in ân
slaapkamer terwyl die appellant in die sitkamer gesit het met nog
ander mense.
21. Mev. Koopman se
weergawe vanaf hierdie punt was dat sy, nadat sy die baba gevoed het,
met die baba oor haar regterskouer vasgehou,
gaan staan het in die
deur tussen die kombuis en sitkamer. Sy het weereens met die
appellant gepraat oor geld waarop die appellant
ân klip, die
grootte van ân tennisbal, na haar gegooi het. Die klip het haar
eers teen die regterkant van haar kop getref waarna
dit die baba teen
die agterkop getref het. Die baba is as gevolg van hoofbeserings
oorlede.
22. Mej. Felicity Bosch,
een van die mense wat in die huis teenwoordig was met die voorval,
het ook in die staat saak getuig en die
weergawe van Mev. Koopman
beaam.
23. Die appellant se
weergawe aan die anderkant was dat hy vir Mev. Koopman genader het
toe sy met die baba uit die slaapkamer gekom
het met die versoek dat
hulle die geskil oor geld by hulle eie huis uitsorteer. Op daardie
stadium het Mev. Koopman die baba met
haar linkerarm vasgehou. Sy
het met haar regterhand ân erdebord gegryp en die appellant daarmee
teen die kop geslaan. Die appellant
het toe ân klip, wat langs ân
blomvaas gestaan het, opgetel en haar daarmee teen haar kop gekap.
Die appellant se getuienis
was dat Mev. Koopman, na hy haar hierdie
hou toegedien het, weggeswaai het en dat die baba se agterkop, in
hierdie beweging, met
ân geweldige slag teen die deurkosyn gekap
het.
24. Die mediese getuienis
deur die Staat aangebied staaf egter nie een van hierdie weergawes
nie.
25. Dr.
Japie Bosman, die geneesheer wat die lykskouing op die oorledene
uitgevoer het, se getuienis was dat dit onwaarskynlik is
dat die
oorledene so ân erge besering aan die kop sou hê indien die klip
eers vir Mev. Koopman getref het. Hy getuig verder dat
dit ook
onwaarskynlik is dat die besering opgedoen is in ân scenario waar
die oorledene eerste getref is deur die klip. Sy getuienis
in die
verband lui as volg:
â
Jy
weet die agterkop wat pla
t
was, is meer soos ân kind wat op ân harde vloer val van bo-af
val. So dit is onwaarskynlik dat die klip die kind getref het
of dat
die klip die ma getref het en toe die kind. Dit is debateerbaar.
Dit is nie onmoontlik nie, maar dit is onwaarskynlik.
Ek dink die
eerdere situasie is maar dat die kind van bo-af geval het op sy kop.â
26. Toe
die geneesheer gekonfronteer word met die appellant se weergawe, dat
die baba se agterkop teen die deurkosyn gekap het, was
sy reaksie as
volg:
â
Not
with such force. You know, probably not.
also debateable. Not
with such force. This is more a direct blow, either by the stone
itself then or having fallen â but just
turning around hitting â
his head is just a bump
or a bruise but not a massive skull fracture where the skull is
driven in you know. Not like that no. Probably not. . . . . . â
The child either fell or the stone hit the child first.â
27. Op
watter basis die geneesheer die appellant se weergawe uitgesluit het
as ân moontlikheid vir die beserings opgedoen deur die
oorledene,
en dan gedurende kruisondervraging as ân redelike moontlikheid
voorgehou het dat die beserings opgedoen kon word indien
die klip die
oorledene eerste getref het, iets wat hy aanvanklik gedurende
ondervraging in hoof as onwaarskynlik beskou het, is nie
duidelik nie
en maak vir my nie sin nie.
28. Hoe
dit ookal sy, die verhoorhof het aan die einde van die dag bevind dat
â.
. . die enigste logiese afleiding, as hierdie kind nie geval het
nie, is dat hierdie klip die kind direk eerste getref het en
toe die
klaagster getref het.â
29. Daar is egter geen
getuienis waarop die verhoorhof tot so ân bevinding kon kom nie.
Dit strook nie met die getuienis van een
van die ooggetuies nie en
word ook nie met oortuiging deur die geneesheer ondersteun nie.
Indien aanvaar kan word dat die beserings
slegs deur direkte geweld
veroorsaak kon word, dan is daar na my mening geen logiese rede
waarom die appellant se weergawe nie redelik
moontlik waar is nie.
30. Mnr. Cloete gee dit
ook so toe en betoog dat die appellant slegs aan strafbare manslag
skuldig bevind moes word aangesien hy behoort
te voorsien het dat ân
twee maande oue baba wat midde in die aanranding op Mev. Koopman met
die klip verkeer het, noodlottig beseer
kon word.
31. Mnr. Rasenthunsa, wat
namens die appellant in die verhoor sowel as die appél opgetree het,
ondersteun ook so ân bevinding.
Ek meen die regsverteenwoordigers
is korrek dat die appellant hom skuldig gemaak het aan strafbare
mansslag.
32. Wat
die aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer betref,
is die appellant op sy eie getuienis skuldig aan die
aanranding op
Mev. Koopman en is daar ook geen betoeë tot die teendeel gerig nie,
ook nie wat betref die vonnis van 1 jaar gevangenisstraf
hiervoor
opgelê nie.
Vonnis
33. Die
appellant was 38 jaar oud ten tye van vonnis. Hy was getroud en het
vier kinders gehad om te onderhou. Vir doeleindes van
vonnisoplegging is hy ân eerste oortreder. Hy het ook alreeds twee
jaar as gevonnisde in aanhouding deurgebring. Mnr. Cloete
het
voorgestel dat ân gepaste vonnis in al die omstandighede van
hierdie saak een is van tussen 3 en 5 jaar effektiewe
gevangenisstraf.
Ons is egter van mening, dat daar in die tragiese
omstandighede van hierdie saak, geen rede is waarom die appellant
enige verdere
tydperk in gevangenis uitdien as wat hy alreeds gedoen
het nie.
Die
volgende bevele word gemaak.
a) Die
skuldigbevinding en vonnis ten opsigte van aanklag 1 (verkragting)
word ter syde gestel.
b) i) Die
skuldigbevinding ten opsigte van aanklag 2 (moord) word ter syde
gestel en vervang met die volgende
âskuldig
aan strafbare manslagâ
ii) Die vonnis opgelê
ten opsigte van aanklag 2 word ter syde gestel en vervang met die
volgende;
â
2 jaar
gevangenisstrafâ
c) Die
appél teen die skuldigbevinding en vonnis opgelê ten opsigte van
aanklag 3 (aanranding met die opset om te beseer) word van
die hand
gewys.
d) Dit
word gelas dat die vonnis ten opsigte van aanklag 3 samelopend
uitgedien word met die vonnis hierin opgelê op aanklag 2.
e) Dit
word verder gelas dat die vonnis terugdateer word tot 26 Mei 2005.
________________________
C
C WILLIAMS
REGTER
Ek
stem saam.
________________________
H
J LACOCK
REGTER
Nms.
Appellant: Mnr. Rasethuntsa
Regshulpraad
Nms.
Respondent: Adv. Cloete
Kantoor van die Direkteur
van Openbare Vervolgings, Noord-Kaap
Datum
aangehoor: 29-05-2007