About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2007
>>
[2007] ZANCHC 40
|
|
S v Stander (CA&R 4/2007) [2007] ZANCHC 40 (8 June 2007)
Reportable: YES/NO
Circulate
to Judges: YES/NO
Circulate
to Magistrates: YES/NO
Circulate
to Regional Magistrates: YES/NO
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: CA&R 4/2007
DATUM:
08-06-2007
In
die Appèl van:
HENDRIK
STANDER APPELLANT
teen
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM:
LACOCK R et WILLIAMS R:
UITSPRAAK
WILLIAMS
R:
1. Die
appellant is op 28 Oktober 1999 in die Landdroshof te Windsorton
skuldig bevind op ân aanklag van diefstal. As gevolg van
die
appellant se lang lys vorige veroordelings het die landdros die
aangeleentheid in terme van artikel 116(1)(b) van Wet 51 van
1977
(
âdie
Wetâ
)
na die Streekhof verwys vir vonnis. Hy is daar gevonnis op 10
Augustus 2000 tot ân gewoontemisdadiger in terme van artikel 286(1)
van die Wet.
2. Aansoek om verlof om
te appelleer teen sy skuldigbevinding en vonnis is in die Streekhof
van die hand gewys. Op petisie na hierdie
Hof is die appellant egter
verlof verleen om te appelleer teen beide die skuldigbevinding en
opgelegde vonnis.
3. Die hoofgrond van
appél teen die skuldigbevinding blyk te wees dat die landdros
fouteer het deur te bevind, nieteenstaande weersprekings
in die
getuienis van die staatsgetuies, dat die
Staat se saak bo
redelike twyfel bewys is.
4. Slegs twee getuies is
deur die Staat geroep â Mnr. Isak Dassie, die klaer en Mnr. Steward
Bezuidenhout.
Die klaer se getuienis is
dat hy die betrokke dag by die Diggers Shop te Windsorton was toe die
appellant en Bezuidenhout hom genader
het. Bezuidenhout het by hom
geld gevra. Terwyl die klaer by die toonbank gestaan het om
kleingeld te maak, het die appellant sy
beursie, bevattende R600, 00,
uit sy hand gegryp en tesame met Bezuidenhout weggehardloop. Die
geld is nie teruggekry nie.
5. Bezuidenhout, ân
getuie wat in terme van artikel 204 van die Wet gewaarsku is, se
getuienis is dat die klaer alreeds vir hom
R10, 00 gegee het, dat hy
ân bier daarmee gekoop het en eers toe hy uit die winkel gekom het
het hy gesien dat die klaer en die
appellant buite die winkel ân
onderonsie het. Die appellant het ân beurs in sy hand gehad terwyl
die klaer hom aan die arm beetgehad
het. Die appellant het losgeruk
en weggehardloop. Hy ontken dat hy saam met die appellant
weggehardloop het.
6. Dit
is duidelik uit die bogemelde dat daar wel weersprekings in die
getuienis van die staatsgetuies is. Daar moet egter gewaak
word
daarteen om getuienis broksgewys te beoordeel en te veel klem te lê
op weersprekings. Die getuienis moet in geheel beoordeel
word om te
bepaal of sulke weersprekings wesenlik is. Sien
S
v Bruiners en ân Ander
1998(2)
SASV 432 (SOKPA) te 439c-g;
S
v Chabalala
2003(1)
SACR 134 (SCA) te 139i-140b;
S
v Hadebe
1998(1) 422 (SCA) te 426 c-h.
7. Die appellant het ook
getuig in die verhoor. Sy getuienis het uiteindelik daarop neergekom
dat hy wel die klaer se beurs gegryp
het en geld daaruit gehaal het.
Alhoewel dit sy weergawe is dat hy slegs R150,00 geneem het. wat
volgens hom, verskuldig was aan
hom nà hy en die klaer ân diamante
transaksie aangegaan het, is sy erkenning in die verband ân
belangrike betroubaarheidswaarborg
wanneer die getuienis in die
geheel oorweeg word.
8. Na my mening is die
toegewing deur Mnr. Rasenthunsa, wat namens die appellant optree, dat
die skuldigbevinding in orde is, regtens
gemaak.
9. Wat
die appél teen die vonnis betref maak mnr. Rasenthunsa ân
soortgelyke wyse toegewing.
10. Die appellant was 31
jaar oud ten tyde van vonnisoplegging. Op daardie stadium het hy
reeds 16 vorige veroordelings gehad vir
oneerlikheidsmisdrywe. Hy is
gedurende 1989 by ân vorige vonnisoplegging gewaarsku daarteen dat
hy as gewoontemisdadiger verklaar
kan word. Na hierdie waarskuwing
het hy egter nog 6 verdere oneerlikheidsmisdrywe gepleeg.
11. Daar kan in hierdie
omstandighede, na my mening, geen sprake daarvan wees dat die
streeklanddros nie sy diskresie ten opsigte
van vonnis behoorlik
uitgeoefen het nie óf dat die vonnis onvanpas swaar is nie. Die
appellant is duidelik ân persoon wat uit
gewoonte misdrywe pleeg en
nie afgeskrik word deur waarskuwings of die normale vonnisse nie. Na
my mening kan die appél teen vonnis
ook nie slaag nie.
I
n
die omstandighede word die volgende bevel gemaak:
Die appél teen beide
die skuldigbevinding en vonnis opgelê word van die hand gewys.
________________________
C.C.
WILLIAMS
REGTER
Ek
stem saam.
_______________________
H
J LACOCK
REGTER
Nms.
Appellant: Adv. Rasanthunsa
Nms.
Respondent: Adv. Cloete
Datum
aangehoor: 28-05-2007