S v Manye and Another (CA&R 05/07) [2007] ZANCHC 39 (1 June 2007)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Corruption — Appeal against conviction and sentence — Appellants convicted of corruption under repealed Corruption Act — Evidence of cash payment for avoiding tax audit — Appellants' defense rejected as implausible — Court finds overwhelming evidence of guilt — Appeal dismissed. The appellants were convicted in the Regional Court of corruption for unlawfully receiving R6,000 from a taxpayer to prevent a tax audit. They appealed against their convictions and sentences of 3 and 5 years' imprisonment, arguing that their versions were reasonable and that the evidence was insufficient. The legal issue was whether the State proved the appellants' guilt beyond reasonable doubt, considering the credibility of the sole witness and the plausibility of the appellants' defense. The court held that the evidence against the appellants was overwhelming, the witness was credible, and their defense was implausible, leading to the dismissal of the appeal.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2007
>>
[2007] ZANCHC 39
|

|

S v Manye and Another (CA&R 05/07) [2007] ZANCHC 39 (1 June 2007)

Verslagwaardig:
Sirkuleer
Aan Regters:
Sirkuleer
aan Streeklandroste
Sirkuleer
Aan Landdroste:
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno: / Case
number:
CA&R
05/07
Datum verhoor: / Date
heard:
28/05/2007
Datum
gelewer: / Date delivered:
01/06/2007
In
die appèl:
MANYE,
MARSHALL AMOS
1
ste
Appellant
MATLAKALE,
PATRICK
2
de
Appellant
teen
DIE
STAAT Respondent
Coram:
Lacock R et Williams R
UITSPRAAK OP APPÈL
LACOCK
R:
Die appellante is op
21 Februarie 2005 in die Streekhof, Hartswater, skuldig bevind aan
‘n oortreding van art. 1(1)(b)(i) van
die (nou herroepe) Wet op
Korrupsie, nr. 94 van 1992 (die Wet) en is daarna gevonnis tot 3 en
5 jaar gevangenisstraf onderskeidielik.
Met verlof deur hierdie Hof
(Goliath WnR – soos sy toe was) op petisie verleen, kom beide
appellante nou in hoër beroep teen
hul skuldigbevindinge en die
vonnisse hul opgelê.
Luidens die klagstaat
is dit die appellante ten laste gelê dat hulle
“
op
of omtrent: 14 Junie 2002 en te of naby: Hartswater in die
streekafdeling Noord-Kaap, synde persone aan wie daar ‘n
bevoegdheid
verleen of ‘n plig opgedra is uit hoofde van ‘n
diensbetrekking of die bekleding van ‘n amp of ‘n
verteenwoordigingsverhouding
of ‘n wet: te wete ‘n amptenaar in
diens van die Ontvanger van Inkomste en’n boekhouer wederregtelik
en op ‘n korrupte wyse
van ‘n persoon: Ecogetswe Aubrey Matshelo
‘n voordeel wat nie regtens verskuldig is nie: te wete R6 000.00
kontant ontvang of
verkry het, of tot die ontvangs daarvan ingestem
het, of gepoog het om dit te verkry, hetsy vir hulleself, of vir
enigiemand anders,
met die opset om ‘n handeling met betrekking tot
so ‘n bevoegdheid of plig te verrig of na te laat te wete: om te
onderneem
dat genoemde Ecogetswe Aubrey Matshelo se belastingopgawes
nie geouditeer sal word nie.”
Mev. Zwiegelaar namens
die appellante het die skuldigbevindings op twee fronte aangeval.
Eerstens het sy betoog dat die Landdros
fouteer het deurdat die
appellante se weergawes as nie-redelik moontlik waar nie verwerp is,
en tweedens dat geeneen van die appellante
getref kon word deur die
voorskrifte van die Wet nie.
Ek handel hieronder
afsonderlik met elkeen van die argumente.
Die Argument op
Meriete
Die volgende feitelike
gebeure en omstandighede is nie in geskil nie en kan as gemeensaak
aangemerk word:
Die eerste appellant
was in diens van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (Ontvanger) as ‘n
klerk in die sogenaamde
“Tax
Base Broadening”
afdeling te Mmabatho. Sy pligte het behels die opspoor en
registrasie van persone en ondernemings as belastingpligtiges asook
die verskaffing van opleiding in verband daarmee.
Die tweede appellant
was ‘n privaat boekhouer gestasioneer te Mafikeng. Hy het onder
andere vir individue en ondernemings finansiële
jaarstate opgestel
wat vir belastingdoeleindes aangewend word.
In die jaar 2001 het
die eerste appellant die klaer, Mnr. Mashelo, in die loop van sy
werksverpligtinge te Taung ontmoet. Tydens
hierdie ontmoeting het
hy Mnr. Mashelo aanbeveel om van die dienste van die tweede
appellant gebruik te maak. Dit het Mnr. Mashelo
gedoen, en het hy
die tweede appellant versoek om die boeke van sy besigheid vir die
2000 en 2001 finansiële jaar te doen. Dit
het die tweede appellant
dan ook gedoen.
Na aanleiding van
telefoniese gesprekke tussen die appellante en Mnr. Mashelo, het die
appellante Mnr. Mashelo te Taung ontmoet
op 14 Junie 2002, is hulle
na die woning van Mnr. Mashelo te Hartswater, en het Mnr. Mashelo ‘n
bedrag van R6 000.00 in
R200.00 note aan die eerste appellant
oorhandig. Kort na die oorhandiging van die geld aan die eerste
appellant is beide appellante
buite die woning van Mnr. Mashelo deur
die polisie arresteer en is hulle later aangekla van korrupsie. Die
polisie het dan ook
die R6 000.00 op die eerste appellant gevind, en
is hierdie geld weer later aan Mnr. Mashelo oorhandig.
Mnr. Mashelo het
getuig dat op 29 April 2002 het beide appellant hom afsonderlik
geskakel en meegedeel dat die inspekteurs van die
kantoor van die
Ontvanger voornemens is om hom te besoek ten einde sy boeke te
ondersoek. Die tweede appellant sou aan hom gesê
het dat, indien
die inspekteurs foute in sy boeke sou waarneem, hy wat Mnr. Mashelo
is, alles sou kon verloor. Die eerste appellant
het tydens sy
gesprek aan Mnr. Mashelo gesê dat, indien Mnr. Mashelo ‘n bedrag
van R10 000.00 vir die inspekteurs sou betaal,
sou dit voorkom dat
hulle sy boeke inspekteer.
Mnr. Mashelo het besef
dat hy die slagoffer van omkopery was, en het die optrede van die
appellante aan die polisie rapporteer.
Intussen het Mnr. Mashelo
ook oor die bedrag met die eerste appellant onderhandel, en is daar
toe afgespreek op R6 000.00.
Fotostate is deur die polisie
gemaak van die R6 000.00 (in R200.00 note) wat Mnr. Mashelo gereed
gehou het, en na verskeie telefoniese
gesprekke het Mnr. Mashelo op
13 Junie 2002 afgespreek om die appellante die volgende dag op Taung
te ontmoet. Die appellante,
soos hierbo vermeld, het dan ook
opgedaag, en is die geld te Hartswater oorhandig.
Die appellante ontken
dat hulle op ‘n bedrieglike wyse gepoog het om omkoopgeld van Mnr.
Mashelo te bekom. Hulle beweer dat die
tweede appellant boeke vir
doeleindes van die voorbereiding van Mnr. Mashelo se 2002 finansiële
state by Mnr. Mashelo moes gaan
afhaal en omdat sy voertuig buite
werking is, het hy die eerste appellant versoek om hom na Taung te
neem. Aan huis van Mnr. Mashelo
het laasgenoemde aan hom ‘n
deposito van R6 000.00 vir die opstel van die state betaal. Omdat
hy ‘n 2-jarige kind op sy skoot
vertroetel het, het Mnr. Mashelo
op sy versoek die geld aan die eerste appellant gegee wat dit in sy
sak gesteek het.
Mev. Zwiegelaar betoog
dat, gesien dat Mnr. Mashelo ‘n enkel getuie was en boonop homself
as ‘n lokvink beskou het, en teen
die feite wat gemeensaak was,
die weergawes van die appellante as redelik moontlik waar aanvaar
moes word. Ek deel geensins hierdie
sentimente nie.
Soos betoog deur Mnr.
Cloete namens die Staat, was die landdros duidelik bedag daarop dat
die klaer ‘n enkel getuie was aangaande
die gebeure wat die
oorhandiging van die R6 000.00 aan die eerste appellant voorafgegaan
het, en ook dat die polisie met ‘n optrede
besig was. Na my
mening kon geen fout gevind word met die wyse waarop die Landdros
die getuienis benader en evalueer het nie,
en ook nie met die
slotsom waartoe hy gekom het nie.
Ek vind dit nie nodig
om met al die argumente aan ons voorgehou te handel nie, en volstaan
met dit waarna hieronder verwys word.
Mnr. Mashelo het as
getuie ‘n baie goeie indruk op die Landdros gemaak. Uit die
oorkonde blyk dit ook dat hy homself nie weerspreek
het of dat hy sy
getuienis aangepas het nie. Sy weergawe van die gebeure kom logies
voor en was hy ooglopend seker van al sy feite.
Mev. Zwiegelaar het aan
die hand gedoen dat die klaer ‘n motief gehad het om in samewerking
met die polisie ‘n lokval vir die
appellante te stel. Ten aansien
van die tweede appellant sou die klaer ongelukkig gewees het omdat hy
‘n groot bedrag aan belasting
moes betaal nadat hy sy boeke gedoen
het; en ten aansien van die eerste appellant sou die klaer ongelukkig
gewees het omdat dit deur
die toedoen van die eerste appellant was
dat die klaer vir belastingdoeleindes moes registreer.
Hierdie argument het
niks om die lyf nie. Daar is eenvoudig geen getuienis wat dit
ondersteun nie, en berus dit enkel en alleen op
spekulasie.
Mev. Zwiegelaar betoog
dat ‘n negatiewe afleiding teen die Staat gemaak moes word omdat
geen telekommunikasie rekords voorgelê
is ter stawing van die
beweringe van die klaer dat die appellante hom by verskeie
geleenthede geskakel het, en nie andersom soos
deur die appellante
beweer nie. Ook hierdie argument het weinig om die lyf. Aan die
einde van die dag bly die vraag steeds of
die Staat die skuld van
die appellante bo redelike twyfel bewys het. Dit kan alleen
beoordeel word aan die hand van die getuienis
in geheel, die
waarskynlikhede en geregverdigde afleidings. Sou die antwoord
hierop op die spreekwoordelike grens van twyfel huiwer,
mag die
versuim om beskikbare getuienis voor te lê moontlik die skaal na
die een of die ander kant laat kantel.
Na mening is hierdie
nie so ‘n geval nie. Die aangebode getuienis dui myns insiens
oorweldigend op die skuld van die appellante.
Benewens die
onwaarskynlikhede in die getuienis van die appellante waarna die
Landdros verwys het, vind ek ook die volgende aspekte
onwaarskynlik.
Eerstens getuig die
tweede appellant dat hy met die klaer afgespreek het om op 14 Junie
2002 sy boeke af te haal vir die voorbereiding
van die finansiële
state. Ten spyte daarvan dat hy moeite gedoen het om vervoer –
soos hy getuig het – te reël vir hierdie
doel en meer as 200
kilometer na Hartswater te ry, aanvaar hy gelate die klaer se
mededeling dat die boeke nie gereed is nie. Hierdie
optrede van die
tweede appellant vind ek totaal onwaarskynlik. Trouens, dit blyk dat
hy meer in die kind geïnteresseerd was as
om die boeke te bekom.
Tweedens vind ek die
bewering namens die appellant naamlik dat die tweede appellant op
28 Mei 2002 ‘n skrywe (bew. “F”)
aan die klaer gerig het,
nie alleen onwaarskynlik nie, maar ook leuenagtig. Die inhoud van
hierdie skrywe lees as volg:
“
As
per our telephonic conversations and your visit to my office, I am
reducing our discussions into writing for your perusal.
I mentioned to you that the
following was irregular and you should try and rectify:
The running of your Cash
Loan Business in the Taung Fire Departments premise
Keeping your Lenders Bank
Cards at your Offices
Not Disclosing to me during
my preparation of the 2001 Financials that you were still
employed by the Taung Fire Department
By your own admission on the
05 December 2001 that you had bought yourself a new luxury Colt
4 x 4, a house in Hartswater
and cattle and yet in the 2001
information you told me that you only earned R4 000.00 per
month. The buying of such expensive
assets would seem to be of
a person who earned far more than R4 000.00 per month.
In view of the afore-mentioned
concerns and the fact that you seemed unhappy with the Receivers 2001
assessment, I urge you to show
more honesty by disclosing to me all
your earnings so that we can submit proper tax returns.
I would like to set an
appointment with you sometime during the second week of June. Please
prepare for me all your bank Statements,
Income records, expense
records, debtors balances, creditors balances and all financial
records and documents for periods from 1
March 2001 to 28 February
2002. Please do not forget you and your other member’s IRP5S for
2002 and the previous years,
As this will entail more work
than last year and will be charged at hourly rates, the fee will be
in the region of R7 500.00 and I
will ask for a deposit of R6 000.00
when I arrive in Taung. I shall call you.”
Op geen stadium tydens
die aflegging van sy getuienis deur Mnr. Mashelo is hy gevra of hy
hierdie skrywe ontvang het nie. Trouens,
die bestaan van so ‘n
skrywe is nooit aan hom gestel nie. Hierdie skrywe is vir die
eerste keer voor die Hof geplaas tydens
die aflegging van getuienis
deur die tweede appellant. Dit is myns insiens aanduidend daarvan
dat óf die appellante geweet het
die skrywe is nooit aan Mnr.
Mashelo afgestuur nie, óf dat dit ‘n onlangse fabrikasie was.
Die prokureur se verduideliking
dat hy geoordeel het dat dit nie
nodig was om dit aan Mnr. Mashelo te stel nie en dit eers wou voorlê
wanneer die tweede appellant
getuig, is, om die minste te sê,
onoortuigend.
In iedere geval vind
ek dit totaal onwaarskynlik dat ‘n boekhouer as’t ware sy kliënt
in ‘n skrywe van hierdie aard sou beskuldig
van ‘n reeks
beweerde onreëlmatighede wat niks te doen het met die voorbereiding
van sy finansiële state nie. Dit dui eerder
op verdagmakery om die
klaer in die oë van die Hof as ‘n bedrieër voor te hou.
In die lig daarvan dat
dit nooit aan die klaer gestel was dat die doel van die besoek op 14
Junie 2002 onder andere was om ‘n
deposito af te haal nie en nog
minder wat die bedrag daarvan sou beloop, vind ek die verwysing in
hierdie brief na ‘n deposito
van R6 000.00 en wat presies
ooreenstem met die bedrag omkoopgeld waarop tussen die klaer en die
eerste appellant ooreengekom is,
net te toevallig. Ooglopend is
hierdie bedrag hierin vermeld as stawing vir die bewering dat die R6
000.00 betaal was as ‘n
deposito vir die dienste wat die tweede
appellant nog sou lewer.
Uit hoofde van die
voorgaande is ek tevrede dat die Landdros korrek was in sy
verwerping van die weergawes van die appellante as
nie redelik
moontlik waar nie.
Die Regsargument
Art. 1(1)(b)(i) van
die Wet het as volg gelees:
“
1.
(1) lemand—
(b)
aan wie daar ‘n bevoegdheid verleen of ‘n plig opgedra is uit
hoofde van ‘n diensbetrekking of die bekleding van ‘n amp
of ‘n
verteenwoordigingsverhouding of ‘n wet en wat op korrupte wyse van
enige persoon enige voordeel van watter aard ook al
wat nie regtens
verskuldig is nie ontvang of verkry of tot die ontvangs daarvan
instem of poog om dit te verkry, hetsy vir homself
of vir enigiemand
anders, met die opset—
(i)
dat hy ‘n handeling met betrekking tot so ‘n bevoegdheid of plig
moet verrig of nalaat, hetsy die gewer of aanbieder van die
voordeel
die opset het om die persoon aan wie so ‘n bevoegdheid vereen of
plig opgedra is, te beïnvloed om aldus op te tree al
dan nie;”
Eerstens betoog Mev.
Zwiegelaar dat, aangesien dit gemeensaak was dat aan geeneen van die
appellante die bevoegdheid verleen is
of ‘n plig opgedra was om
belastingopgawes van belastingpligtiges soos die klaer, te oudit
nie, geeneen van hulle getref wod
deur die voorskrifte van art.
1(1)(b) van die Wet nie. Tweedens, en wat ten nouste by hierdie
argument aansluit, betoog Mev. Zwiegelaar
dat, aangesien dit
gemeensaak was op die getuienis dat die klaer se opgawes reëlmatig
en in orde was en geen oudit geverg het
of dat geen oudit be-oog was
nie, die appellante nie persone was wat nagelaat het om enige
bevoegdheid verleen of plig opgedra
te verrig nie.
Dit was gemeensaak dat
die pligte van die eerste appellant as werknemer van die Ontvanger
behels het die opsporing en registrasie
van belastingpligtiges en
die verskaffing van opleiding daaraangaande, en het hy geen
verpligting of bevoegdheid kragtens sy diensstaat
gehad om
belastingopgawes te oudit nie. Wat dus beantwoording verg is of
gesê kan word dat daar ‘n algemene verpligting op
die eerste
appellant gerus het om in sy hoedanigheid as werknemer van die
Ontvanger te alle tye eerbaar teenoor belastingpligtiges
op te tree.
Die advokate is dit
eens – tereg so na my mening – dat die tersaaklike voorskrifte
van die Wet wyd vertolk moet word, en dat
die Wetgewer met die
voorskrifte van die Wet be-oog het om die omskrywing van hierdie
misdryf nog meer omvattend te maak as wat
dit was voor die
inwerkingtreding daarvan in Junie 1992. Die regspraak ondersteun
hierdie benadering. In
Rex
v Chorle,
1945 AD 487
,
is die skuldigbevinding van die appellant aan omkopery waarkragtens
hy gepoog het om ’n amptenaar in diens van die Departement
van
Openbare Werke om te koop om die uitreiking van ‘n bou permit te
bespoedig, gehandhaaf ten spyte daarvan dat bevind is dat
die
amptenaar nie kragtens sy diensverpligtinge bevoeg was om die
uitreiking van die permit te bespoedig nie. In antwoord op ‘n
soortgelyke argument wat nou aan ons voorgehou word, bevind
Schreiner
AR
as volg te
496
:
“
The
law of bribery is designed to protect the State against those who by
gifts tempt its officials to use their opportunities as such
to
further private interests in State affairs and there is no reason why
the law, which in its original form was wide enough to secure
that
protection, should, by restrictive interpretation, be cut down to
something less than is necessary to achieve its object.
Irvine-Smith
was an official and the appellant offered him money because he was an
official and because the appellant hoped that he
would take the money
and actuated by its receipt, would use the opportunities afforded by
his official position to expedite the issue
of a building permit to
the appellant. In making that offer the appellant was guilty of
bribery and he was rightly convicted.”
In
S
v Xaba & Another 1996 (2) SASV 259 (N)
laat
Galgut
R
(met wie
Thirion
R
saamgestem het), hom as volg uit op ‘n soortgelyke argument:
“
Counsel
for the appellants contends, however, that even on the accepted facts
the section was not contravened. He points out that
the appellants
would only have had the power or duty to arrest or charge the
complainant if he had failed to stop at the stop sign,
or of course
if the appellants believed or had reason to believe that he had
failed to stop. Because the appellants denied having
been present at
the T-junction, the evidence of the complainant that he had indeed
stopped was unchallenged. It is on the fact that
the complainant had
stopped at the stop sign, and that he had therefore not committed the
traffic offence concerned, that counsel
bases his contention. He
points out that s 1(1) fixes liability only if it is 'in relation to'
a power conferred upon the offender
or a duty with which he has been
charged that he agrees to accept consideration with the intention of
committing or omitting to do
the act concerned. Counsel's contention
is that, because the appellants had had neither the power nor the
duty to arrest or charge
the complainant, their acceptance of the
money on their purported undertaking not to arrest or charge the
complainant was not covered
by the section.
As policemen the appellants of
course had the general power to arrest and charge offenders, and the
question that arises is whether
the words 'in relation to such power
or duty' in s 1 were intended to be interpreted broadly so as to
embrace the general power
or duty, or restrictively so as to limit
criminal liability only to instances in which such power or duty
could justifiably be exercised
in the given case. Counsel for the
appellants submits in this regard that the words concerned are
ambiguous, and that because the
section fixes a criminal liability
they should therefore be interpreted restrictively.
It
seems to me, however, that the Legislature must have intended the
said words to be widely interpreted.
…
By
s 4 of the Act the Legislature in its wisdom repealed the common-law
crime of bribery. It also repealed the Prevention of Corruption
Act 6
of 1958. It is inconceivable to think that by repealing the two
offences the Legislature intended to relieve from criminal
liability
persons who would otherwise have fallen foul of them. On the
contrary, from a reading of the Act it seems obvious that
in enacting
s 1(1) the Legislature intended to create a wider and all-embracing
offence, one which would include but would not be
limited to the
offences which were repealed. The erstwhile crime of bribery could
only be committed if it was to or by a State official
that the
consideration concerned was paid or received, and in the case of the
repealed Act 6 of 1958 it was only in respect of considerations
given
to or received by an 'agent' that the offence created by s 2 was
limited. The definition in s 1 of the repealed Act limited
an 'agent'
to a person 'employed by or acting for another', and persons
fulfilling certain named positions such as trustees in insolvent
estates etc. By s 1(1) of the new Act 94 of 1992, however, it is in
respect of a consideration given to or received by persons of
a much
wider class that the offence extends, namely to those who by virtue
of 'any employment' or the holding of 'any office or any
relationship
of agency or any law'. Indeed, it even extends (see s 1(1)(a)(i)) to
someone who offers the consideration, not to the
person who has the
power or duty concerned, but to 'anyone else' if it is intended
thereby to influence the person who does have
such power or duty.
In the above regard it is
significant that the erstwhile crime of bribery was not limited in
the way counsel seeks to do with s 1(1).
By definition the crime of
bribery was committed when a consideration was offered to or received
by an official in return for action
or inaction by him 'in his
official capacity'. In R v Chorle
1945 AD 487
it was held that the
crime is committed even where the official concerned, in accepting
the consideration, does not have the power
to do what he agrees to
do. There is, in my view, no reason to think that the Legislature
intended that the offence created by s
1(1) would be regarded any
differently.”
(
te
261 g tot 263 g
)
Na my mening rus daar
op die eerste appellant as werknemer van die Ontvanger ‘n algemene
verpligting om in die uitvoering van
sy diensbestek eerbaar en op ‘n
eerlike wyse teenoor lede van die publiek te handel in alle
aangeleenthede wat die belange van
sy werkgewer raak. In
casu
is daar niks wat daarop dui dat die eerste appellant nie in staat
was om sy invloed teenoor ander werknemers van die Ontvanger
te
gebruik om ‘n oudit op die klaer te verhinder of te voorkom nie.
Trouens, die eerste appellant het teenoor Mnr. Mashelo te
kenne
gegee dat hy die inspekteurs deur betaling van omkoopgeld kon
verhinder om sy boeke te oudit. In iedere geval rus daar myns
insiens ‘n algemene verpligting op die eerste appellant om, waar
hy bewus sou raak van moontlike ongerymdhede in opgawes van
belastingpligtiges, dit aan sy werkgewer te openbaar, selfs al sou
hy nie in sy spesifieke werksverband bevoeg of verplig wees
om die
ongerymdhede te ondersoek nie. Hierdie verpligting verg geen
statutêre voorskrif nie, maar is myns insiens ‘n natuurlike
gevolg van die aard van die wedersydse pligte en bevoegdhede tussen
die Ontvanger en sy werknemers. Belastingwetgewing is immers
daarop
gerig om ‘n inkomste vir die Staat te verseker vir die nakoming
van sy openbare verpligtinge teenoor die breë publiek
kragtens die
toepaslike konstitutionele riglyne (sien hoofstuk 13 van die
Grondwet). Gesonde logika dikteer dat alle werknemers
van die
Ontvanger
qua
werknemers verbind is tot hierdie oorhoofse verpligting en
bevoegdheid om toe te sien dat belasting reëlmatig betaal en/of
gevorder
word. Die volgende
dictum
uit
S
v Xaba & Another
(supra)
is ewe toepaslik op hierdie saak:
“
Finally,
it is important to notice that the ambit of s 1(1) is not limited to
policemen only, but embraces a wide variety of persons
who for the
purposes of an ordered society can reasonably be expected by the
community at large to act honourably.”
(
te
264 c
)
In die lig daarvan dat
Mev. Zwiegelaar toegegee het dat die Staat al die ander elemente van
die misdryf teen die eerste appellant
bewys het, is dit nie nodig om
daarmee te handel nie.
Sonder om toe te gee
dat die tweede appellant nie tuisgebring kan word onder die
voorskrifte van art. 1(1)(b)(i) van die Wet nie,
en dat die tweede
appellant moontlik eerder van bedrog aangekla moes gewees het, het
Mnr. Cloete betoog dat die tweede appellant
hom minstens as
medepligtige skuldig gemaak het aan ‘n oortreding van hierdie
artikel van die Wet. Dat dit so is, spreek vanself.
Die tweede
appellant het wederregtelik en opsetlik die pleeg van hierdie
misdryf bevorder deurdat hy – soos die eerste appellant
– die
klaer onder die indruk gebring het dat sy boeke ge-oudit sou word,
hy die eerste appellant aktief ondersteun het om die
klaer oor te
haal om die omkoopbedrag te betaal, hy teenoor die klaer te kenne
gegee het – nadat die geld aan die eerste appellant
betaal is –
dat sy boeke toe nie ge-oudit sou word nie, en hy fisies die eerste
appellant vergesel het om die geld in ontvangs
te neem.
Mev. Zwiegelaar het nie
tot die teendeel betoog nie.
Vervolgens vind ek dit
nie nodig om te beslis of die tweede appellant deur die voorskrifte
van die Wet getref word al dan nie.
Vervolgens is ek van
oordeel dat die appèl teen die skuldigbevinding van beide
appellante nie kan slaag nie.
Wat vonnis aanbetref
het Mev. Zwiegelaar te kenne gegee dat sy nie kan aanvoer dat die
Landdros enige mistasting begaan het nie,
en ook nie dat die vonnis
skokkend onvanpas is nie.
Hierdie toegewing kom
my verantwoordelik en gegrond voor.
Bygevolg word die
volgende bevel hierin verleen:
Die appèl word van
die hand gewys.
_______________
HJ Lacock
REGTER
Ek
stem saam.
_______________
CC Williams
REGTER
Namens
appellante:
Adv
C J Zwiegelaar
Namens
respondent:
Adv
J J CLoete (Kantoor van die DOV, Kimberley)