About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2007
>>
[2007] ZANCHC 38
|
|
S v Louw and Another (48/2007) [2007] ZANCHC 38 (25 May 2007)
Reportable:
YES / NO
Circulate
to Judges: YES / NO
Circulate
to Magistrates: YES / NO
Circulate
to Regional Magistrates: YES / NO
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno:
48/07/200
Datum
Gelewer: 25/05/2007
In
die saak tussen:
Die Staat
teen
Jerry Tamma
Louw & Andrew Thobithe Tobi
Coram:
Olivier R et Tlaletsi R
UITSPRAAK
OP HERSIENING
OLIVIER R:
Die
beskuldigdes, mnr Jerry Tamma Louw (beskuldigde 1) en mnr Andrew
Thobithe Tobi (beskuldigde 2), is in die landdroshof skuldig
bevind
op ân aanklag van roof op mnr Elias Vis (aanklag 1) en ân
aanklag van aanranding op me Rebecca Bojosi (aanklag 2).
Hulle is
elk op die aanklag van roof gevonnis tot 18 maande gevangenisstraf
en op die aanklag van aanranding tot ân boete van
R300 of 3 maande
gevangenisstraf. Beide die beskuldigdes was onverteenwoordig tydens
die verhoor en die saak dien nou op outomatiese
hersiening.
Die Staat se saak, by
monde van die klaers Vis en Bojosi, was dat hulle in die aand langs
ân pad deur twee mans aangeval is.
Die beskuldigdes het op beide
die aanklagte onskuldig gepleit, alibiâs opgewerp en ontken dat
hulle enigsins bymekaar was op
die betrokke stadium. Wat dus
wesenlik in geskil was, was die identiteit van die aanvallers.
Dit
is geykte reg dat getuienis aangaande identiteit versigtig beoordeel
moet word en dat sodanige getuienis nie alleen geloofwaardig
moet
wees nie, maar ook inderdaad betroubaar (sien
S
v Charzen and Another
2006
(2) SACR 143
(SCA) op 147i-148a).
Afgesien
daarvan dat daar geen melding van hierdie beginsels gemaak is in die
uitspraak van die landdros nie, is daar ook geen aanduiding
in die
uitspraak dat hierdie benadering gevolg is nie. Daar is bloot
telkens klem gelê op die indruk wat Vis en Bojosi as getuies
gemaak
het (wat wel tersaaklik sou wees ten aansien van geloofwaardighed)
en hoe seker hulle in hulle eie gemoedere was van hulle
uitkennings;
wat natuurlik nooit deurslaggewend kon gewees het nie.
Om
die een of ander rede is geen uitkenningsparade ooit gehou nie. In
plaas daarvan het die Staat besluit om te steun op die uitkenning
van die beskuldigdes in die Hof, die twyfelagtige waarde waarvan ook
reeds geykte reg is (sien
S
v Maradu
1994 (2) SACR 410
(W) op 413i-j en
S
v Moti
1998 (2) SASV 245 (HHA) op 257h).
Selfs
in die aanbied van die getuienis tot hierdie effek is egter tot so
ân mate onreëlmatiglik te werk gegaan dat daar na my
mening ân
regskending plaasgevind het. Vir die klaer Vis is byvoorbeeld
blatant leidend gevra
âMeneer,
die twee mense voor die Hof, is dit hulle wat jou geroof het?â
,
waarop Vis toe natuurlik bevestigend geantwoord het.
Net tot hoe ân mate
hierdie leidende vraag tot die beskuldigdes se nadeel gestrek het,
blyk daaruit dat dieselfde getuie, toe
dit aan hom gestel is dat die
beskuldigdes alibiâs opgewerp het en ontken het dat hulle op die
toneel was, geantwoord het dat
hy nie weet nie. Hy het verder
toegegee dat die beligting op die toneel nie goed was nie en het
later ook toegegee dat hy eintlik
glad nie vir beskuldigde 2 op die
toneel gesien het nie.
Ek
meen dat mnr Vis se getuienis totaal onaanvaarbaar was vir die
doeleindes van uitkenning en dat die landdros dus misgetas het
deur
te bevind dat daar onder andere met sy getuienis
âgeen
probleemâ
was nie.
Wat
me Bojosi betref, wil dit tog op die oorkonde lyk asof sy ân beter
getuie moes gewees het. Die landdros het op my navraag
meegedeel
dat, wat betref ân oënskynlike wesenlike weerspreking in haar
getuienis, die oorkonde foutief getranskribeer is.
Selfs al word
dit aanvaar, is die feit weereens dat haar uitkenning van die
beskuldigdes in die Hof gedoen is en dat dit ewe blantant
deur die
aanklaer aan haar gesuggereer is dat die beskuldigdes voor die Hof
inderdaad die aanvallers was.
Sonder
dat sy eers ooit pertinent gevra is of sy die aanvallers in die Hof
kon sien, is daar in die aanbied van haar hoofgetuienis
deur die
aanklaer eenvoudig van die standpunt uitgegaan dat sy, in haar
getuienis oor die twee aanvallers, besig was om te verwys
na die
beskuldigdes; wat op net so ân onbedekte suggestie neergekom het
as in die geval van die ondervraging van mnr Vis.
So,
byvoorbeeld, het die aanklaer, nadat Bojosi beskryf het hoe die twee
aanvallers op haar en Vis afgekom het, sommer aan haar
gevra:
âWie
van die twee Beskuldigdes het na jou toe gegaan?â
.
Dieselfde ding het op meerdere geleenthede in die hoofondervraging
van Bojosi gebeur. Die landdros verduidelik dat dit ân
onervare
aanklaer was wat die saak hanteer het, maar die feit bly dat die
aanklaer nooit gestop of reggehelp is nie en dat toegelaat
is dat
dieselfde tipe suggestie by meerdere geleenthede tydens die
ondervraging van die twee getuies geskied.
Om
sake te vererger het dit geblyk dat, toe die twee klaers ná die
voorval mense daarvan vertel het, daar vir hulle gesê is dat
dit
geklink het of dit die twee beskuldigdes kon wees. Die klaers het
self glad nie die beskuldigdes geken nie en hierdie tipe
bespiegeling moes al opsigself in hulle gemoedere ân sterk rol
gespeel het toe dieselfde twee persone in die Hof verskyn het
as
beskuldgides.
Verder was dit
gemenesaak dat die klaer Vis die dag na die voorval sy lyfband (wat
een van die items was wat van hom geroof is,
tesame met sy skoene en
sy broek) in die besit gevind het van ene mnr Josia Olifant, wat dit
op sy beurt onvang het van mnr Bennie
Saal. Daar is oënskynlik
geen verbintenis tussen Saal en enige van die beskuldigdes nie.
Saal is deur die
landdros geroep as ân getuie en het getuig dat hy die lyfband en
die skoene die oggend na die voorval opgetel
het. Sy getuienis was
aanvanklik dat hy dit in die straat opgetel het, maar later het hy
beweer dat hy dit in die veld opgetel
het. Toe Vis hom nog op die
dag na die voorval gekonfronteer het daarmee dat Saal na die voorval
in besit van sy lyfband was,
het Saal nie vir hom vertel dat hy ook
die skoene gehad het nie. Volgens Saal het hy egter later die
skoene aan die polisie oorhandig.
Afgesien van die
weerspreking in Saal se getuienis oor waar presies hy die goed sou
gevind het en sy verdagte optrede toe hy deur
Vis gekonfronteer is,
is daar geen verduideliking van hoe, indien dit die beskuldigdes was
wat Vis en Bojosi aangeval het, die
goedere in die straat of in die
veld sou beland het nie.
Die
gehalte van die Staat se saak ten aansien van die uitkenning van die
aanvallers het na my oordeel ver kort geskiet van die standaarde
waaraan sulke getuienis behoort te voldoen. Ek moet onmiddellik
byvoeg dat die beskuldigdes se getuienis, en dié van hulle getuies
met betrekking tot hulle alibiâs, ewe swak en vol weersprekings
was. Dit kan egter nie opsigself ân gebrekkige staatsaak aanvul
of herstel nie (sien
S
v Ngcina
2007 (1) SACR 19
(SCA) op 25c-g).
In
die lig van die voorgaande is ek nie tevrede dat die
skuldigbevindings van die beskuldigdes ooreenkomstig die reg is nie.
Bygevolg
word die volgende bevel hierin gemaak:
Beide die
beskuldigdes se skuldigbevindings en vonnisse op aanklagte 1 en 2
word tersyde gestel.
_______________________
C J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Ek
stem saam.
_______________________
P L TLALETSI
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING