S v Dreyer (CA&R26 /2006) [2007] ZANCHC 34 (18 May 2007)

57 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Appeal against sentence for drug trafficking — Appellant convicted of dealing in 0.85g cocaine and sentenced to four years imprisonment — Appellant argued that the trial court erred in not considering alternative sentencing options and that the sentence was disproportionately severe compared to similar cases — Court held that while the trial court's emphasis on deterrence was appropriate, the sentence imposed was excessive given the appellant's personal circumstances as a first offender and the nature of the offence — Sentence replaced with a fine of R8000 or 18 months imprisonment, with a suspended sentence of two years.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2007
>>
[2007] ZANCHC 34
|

|

S v Dreyer (CA&R26 /2006) [2007] ZANCHC 34 (18 May 2007)

Reportable: YES/NO
Circulate
to Judges: YES/NO
Circulate
to Magistrates: YES/NO
Circulate
to Regional Magistrates: YES/NO
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: CA&R26 /2006
DATUM:
18-05-2007
In
die Appèl van:
GLODINA
PETRONELLA DREYER APPELLANT
teen
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM:
WILLIAMS R et OLIVIER R:
UITSPRAAK
WILLIAMS
R:
1. Die appellant is op 31
Augustus 2005 in die Landdroshof te Kimberley skuldig bevind op twee
aanklagte van handel in dwelms. Op
die eerste aanklag is bevind dat
sy handel gedryf het in 0.85g kokaïne (‘n oortreding van artikel
5(b) van Wet 140 van 1992) en
is sy gevonnis tot vier jaar
gevangenisstraf.
2. Op die tweede aanklag
is bevind dat sy handel gedryf het in twee ecstasy tablette en is sy
gevonnis tot ‘n boete van R2000, 00
of een jaar gevangenisstraf
plus ‘n verdere een jaar voorwaardelik opgeskorte gevangenisstraf.
3. Aansoek om verlof om
te appelleer teen beide skuldigbevindings en die vonnisse opgelê was
onsuksesvol. Op petisie na hierdie
Hof is verlof wel verleen om
slegs teen die vonnis op die eerste aanklag (handel in kokaïne) te
appelleer.
4. Die
appellant is gearresteer en aangekla op hierdie klag nadat sy kokaïne
verskaf het aan ‘n agent van die Suid-Afrikaanse Polisie
Diens
tydens ‘n bedekte dwelmprojek genaamd
“Operation
Candy”
.
5. Die agent, ene Jacobus
Fourie, het by ‘n plaaslike nagklub, Roxannes gewerk, eers as
kroegman en daarna as bestuurder. In sy
hoedanigheid as sulks het hy
oor ‘n tydperk van ‘n paar maande agtergekom dat die appellant,
wat die nagklub gereeld besoek het,
bestellings vir dwelmmiddels
geneem het vanaf sekere van die nagklub se besoekers, geld
gekollekteer het en later aan hulle die dwelmiddels
verskaf het.
6. Op die betrokke aand
het Fourie, met R440, 00 wat hy van sy hanteerder ontvang het vir
hierdie doel en ‘n bandopnemer in sy sak,
die appellant genader en
versoek om 2 gram kokaïne aan hom te verskaf. Na onderhandelinge
oor die prys van die kokaïne het die
appellant, wat aanvanklik R250,
00 per gram wou hê, ingestem tot R220, 00 per gram. Sy het die
nagklub verlaat en later teruggekeer
met die kokaïne wat sy gekoop
het by ‘n Nigeriër wat in die middestad handel gedryf het. Dit
blyk egter dat hier slegs 0.85
gram kokaïne betrokke is.
7. Mnr. Nel, wat namens
die appellant verskyn het, het in sy betoogshoofde aangevoer dat
hierdie Hof by magte is om op appél in te
meng met die vonnis die
appellant opgelê aangesien:
a) die verhoorhof ‘n
mistasting begaan het deur tot die gevolgtrekking te kom dat hy slegs
gevangenisstraf kon oplê; en
b) die vonnis
buitensporig swaar is in vergelyking met die vonnisse opgelê in
ander soortgelyke sake van hierdie Afdeling.
8. Die
mistastingsargument deur mnr. Nel aangevoer, is gebaseer op die
bevinding van die verhoorlanddros in die vonnisuitspraak dat:
“
.
. . die hof het nie ‘n keuse as om gevangenisstraf op te lê nie in
hierdie geval nie, want dit moet as afskrikking dien ook vir
die res
van persone wat met hierdie gevaarlike stof betrokke is.”
9. Hierdie
bevinding van die verhoorhof moet egter nie in isolasie geavuleer
word nie. Dit kom ná die verhoorhof gehandel het met
gesag wat die
erns waarmee die howe hierdie tipe misdryf bejeën, uitlig. Die
landdros verwys voorts na ‘n saak wat voor hom gedien
het,
S
v Charles David
(korrekte verwysing onbekend), waar die vonnis van 6 jaar
gevangenisstraf vir ‘n 21 jarige beskuldigde vir handeldryf in
1.514
gram kokaïne deur hierdie Hof op hersiening bekragtig is en
voer hy aan:
“
Dit
toon aan dat die Hooggeregshof van die Noord-Kaap is tevrede dat
kokaïne gestraf moet word waar dit 1.51 gram is met ses (jaar)
gevangenisstraf. Dus gee hy ook hierdie hof leiding daarmee.”
10. Verder
aan in die vonnisuitspraak meld die landdros egter:
“
Die
hof is van oordeel dat nadat alle vonnis opsies oorweeg is, sal die
hof sy plig versuim teenoor die gemeenskap as hy nie tronkstraf
oplê
nie. Daar is te veel hartseer in families en daar is te veel skade
wat gerig word deur middel hiervan. Die publiek moet ook
beskerm
word.”
11. Na aanleiding van die
voorafgaande is ek nie van mening dat die landdros hom magteloos geag
het om enige ander vonnisopsie te
oorweeg behalwe direkte
gevangenisstraf nie en dus só ‘n mistasting begaan het nie. Wat
wel na vore kom uit die vonnisuitspraak
is dat die landdros na
aanleiding van die heersende gesag op daardie tydstip en die
verwoestende effek van hierdie tipe misdryf op
die gemeenskap van
mening was dat direkte gevangenisstraf die gepaste vonnis is.
12. Indien
daar ‘n
“mistasting”
van
enige aard was, mag dit geleë wees in die feit dat daar moontlik nie
genoegsaam oorweging gegee is aan ander vonnisopsies nie,
maar sal so
‘n mistasting nie noodwendig daartoe lei dat die vonnis verwerplik
is nie.
13. Die tweede punt
geopper deur Mnr. Nel het na my mening veel meer meriete. Ná die
huidige saak in die distrikshof afgehandel
is het daar ten minste
twee soortgelyke sake in hierdie Afdeling op appél gedien en is die
vonnisse opgelê in die distrikshof ter
syde gestel en vervang met
boetevonnisse.
14. In
S v
Pamela Pain
CA&R 67/06, ‘n ongerapporteerde uitspraak van hierdie Afdeling
gelewer op 19 Junie 2006 is die appellant, ‘n 26 jarige eerste
oortreder en enkelouer, se skuldigbevinding aan handel in 0.98 gram
kokaïne en vonnis van 4 jaar gevangenisstraf waarvan 2 jaar
voorwaardelik opgeskort is op appél tersyde gestel en vervang met ‘n
skuldigbevinding aan besit van 0.98 kokaïne en is sy gevonnis
tot ‘n
boete van R6000, 00, alternatiewelik een jaar gevangenisstraf. Sy is
verder addisioneel gevonnis tot een jaar gevangenisstraf
voorwaardelik opgeskort vir 5 jaar.
15. Wat
interessant is omtrent die Pain saak hierbo genoem, is dat die
appellant daarin ‘n vriendin is van die huidige appellant,
deel van
haar dwelmvriendekring was en ook in die dieselfde projek
“Operation
Candy”
deur
dieselfde agent vasgetrek is. Waar die Pain saak egter verskil van
die huidige is dat die skuldigbevinding aan handel op appél
vervang
is met die mindere misdryf van besit van kokaïne. Pain het ook in
die distrikhof skuldig gepleit en meer versagtende omstandighede
voorgelê.
16. In
S v
Radebe
,
‘n ongerapporteerde uitspraak van hierdie Afdeling onder saaknommer
CA&R 75/06, gelewer op 2 Maart 2007, is die appellant,
‘n 28
jarige eerste oortreder, se vonnis van 4 jaar gevangenisstraf vir
handel in kokaïne (die presiese gewig is nie aangedui
nie, maar word
dit beskryf as 10
“rocks”
kokaïne wat gekoop is teen R600, 00) verander op appél tot ‘n
boete van R10 000, alternatiewelik 2 jaar gevangenisstraf. Hy
is ook
addisioneel gevonnis tot 2 jaar gevangenisstraf wat in geheel
opgeskort is vir 3 jaar.
17. In
die Radebe saak hierbo genoem, is die appellant ook met behulp van ‘n
polisielokvink in die opvolgprojek tot
“Operation
Candy”
vasgetrek. Dit wil voorkom bloot op grond van die prys van die
kokaïne, in daardie geval R600, 00, dat die gewig daarvan ietwat
meer kon wees as die onderhawige geval waar R440, 00 betaal is vir
0.85 gram kokaïne. Hoe dit ookal sy, wat verswarend is in die
Radebe saak is dat die appellant sonder skroom die dwelmmiddels
verkoop het aan ‘n onbekende persoon (die polisielokvink).
18. Ek bedoel nie om deur
‘n vergelyking met die twee bogenoemde sake gestandardiseerde
vonnisse vir soortgelyke misdrywe voor te
staan nie. Elke saak moet
op sy eie meriete beoordeel word. Beskuldigdes se persoonlike
omstandighede, motivering ens, sal uiteraard
verskil en ‘n rol
speel met vonnisoplegging. Tog is die vonnisse opgelê in
soortgelyke sake ‘n belangrike en handige riglyn
wanneer dit kom by
die bepaling daarvan of ‘n vonnis skokkend swaar of onvanpas is.
19. In die onderhawige
geval was die appellant 21 jaar oud ten tye van vonnisoplegging. Sy
is ‘n eerste oortreder. Tydens vonnisoplegging
het sy reeds vir 8
maande nie meer dwelms gebruik nie. Sy het ook vaste werk gehad, op
daardie stadium by ‘n gastehuis. Wat verder
versagtend is, is dat
die appellant, dit is ook so deur die verhoorhof aanvaar, slegs
dwelms aan haar vriendekring verskaf het.
20. Wat wel as verswarend
aangemerk kan word teen die appellant is dat sy nie oop kaarte met
die hof gespeel het nie. Alhoewel sy
erken het dat sy dwelmmiddels
vir haar vriende gekoop het, het sy ontken dat sy die kokaïne aan
die agent verskaf het. Hierdie
is ook geensins ‘n geïsoleerde
insident nie. Die getuienis van die agent was dat hy haar op ‘n
stadium voordat die optrede
in werking gestel is, gewaarsku het dat
sy in die moeilikheid sal beland met haar dwelmaktiwiteite. Sy het
nogtans daarmee voortgegaan.
21. Ek
is egter tog van mening, inaggenome die persoonlike omstandighede van
die appellant en die vonnisse opgelê in die
Pain
en
Radebe
sake hierin na verwys, dat die vonnis van 4 jaar gevangenisstraf die
appellant opgelê buitensporig swaar is. Na my mening is ‘n
boetevonnis ook in die onderhawige geval gepas.
22. Mnr. Nel het
meegedeel dat die appellant reeds omtrent 5 maande in die gevangenis
deurgebring het alvorens sy op borg hangende
appél vrygelaat is. Sy
het ook intussen weer werk bekom by ‘n besigheid wat tweedehandse
motorvoertuie verkoop en verdien R2400,
00 per maand. Haar werkgewer
is ook bereid om behulpsaam te wees met die afbetaling van ‘n
boete.
In
die omstandighede word die volgende bevele gemaak.
a) Die
appél teen vonnis slaag.
b) Die
opgelegde vonnis word met die volgende vervang:
“
Die
beskuldigde word gevonnis tot ‘n boete van R8000, 00,
alternatiewelik 18(agtien) maande gevangenisstraf. Addisioneel
hiertoe
word sy gevonnis tot twee jaar gevangenisstraf, in geheel
opgeskort vir 5 (vyf) jaar op voorwaarde dat sy nie skuldigbevind
word
aan ‘n oortreding van artikel 5(b) van Wet 140 van 1992
(handel in gevaarlike afhanklikheidsvormende stof) gepleeg gedurende
die
periode van opskorting nie.
c) Die
boete van R8000, 00 moet betaal word as volg:
- R4000,
00 binne 10 dae van hierdie bevel;
- R2000,
00 voor op op 29 Junie 2007
- R2000,
00 voor of op 31 Julie 2007
________________________
C.C.
WILLIAMS
REGTER
Ek
stem saam.
_______________________
C.
J OLIVIER
REGTER
Nms.
Appellant: Adv. I J Nel
Nms.
Respondent: Adv. D P Olivier
Datum
aangehoor: 23-04-2007