About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1986
>>
[1986] ZASCA 81
|
|
S v D (90/86) [1986] ZASCA 81 (26 August 1986)
Sekere
persoonlike/private besonderhede van partye of getuies in die
dokument is geredigeer in ooreenstemming met die wet
en
SAFLII
se beleid.
I
N
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APP
è
LAFDELING)
In
die app
è
l
van:
M.
D.
appellante
teen
DIE
STAAT
respondent
Coram
:
CORBETT, AR, BOSHOFF et NESTADT, Wn. ARR.
Datum
van verhoor
:
22 Mei 1986
Datum
van uitspraak
:
26 Augustus 1986
UITSPRAAK
CORBETT,
AR
:
Die
appellante, n 25-jarige blanke vrou, het in die Transvaalse
Provinsiale Afdeling van die Hoogge-regshof tereggestaan op twee
aanklagtes, nl.
—
/
(1) dat.........
2
(1)
dat sy J. D., 'n blanke dogter
5
jaar oud ("die oorledene") vermoor het deur-dat sy haar op
23 Februarie 1983 en te of na-by Doornkloof in die distrik
Pretoria
aange-rand het en haar daardeur sekere wonde, Ietsels of beserings
toegedien het as gevolg waarvan sy op 24 Februarie
1983 oorlede is;
en
(2)
dat sy art. 18(1) gelees met art. 18(5) van die Kinderwet 33 van 1960
oortree het deurdat sy (appellante), synde 'n persoon
in wie se
be-waring 'n kind, t.w. J. D., was, gedurende die tydperk Oktober
1982
tot
23 Februa-rie 1983 en te Pretoria wederregtelik genoemde kind
mishandel het, welke mishandeling waarskyn-lik tot gevolg sou
gehad
het dat genoemde kind onnodig sou ly of dat enige deel of funksie van
/
haar
3
haar
gees of liggaam beskadig of nadelig aan-
getas
sou word. Die appellante het t.o.v. beide hierdie aanklagtes
on-skuldig gepleit. Sy is egter skuldig bevind soos aan-gekla
en die
hof (THERON R) het bevind dat versagtende omstandighede by die
pleging van die moord aanwesig was. Sy is gevonnis tot sewe
jaar
gevangenisstraf op aanklagte (1) en een jaar gevangenisstraf op
aanklagte (2). Dit is gelas dat die twee vonnisse gesamentlik
uitgedien word. Verlof om te appelleer na hierdie hof teen beide
skuldig-bevinding en vonnis is deur die verhoorregter toegestaan.
Dit
blyk uit die getuienis wat aan die verhoor-hof voorgelê
is
dat ten tyde van die gebeure wat aanlei-ding tot hierdie vervolging
gegee het appellante met ene E. D. getroud was. Die egpaar
het 'n
huis in Doornkloof, Pretoria bewoon. Hulle gesin het bestaan uit drie
kinders, nl. die oorledene, wat die kind
/
was.................... 4
was
uit 'n vorige huwelik tussen mnr D. en ene M. G., O. F., toe 'n
twee-jarige seun, wat gebore is uit die appellante se vorige
huwelik
met ene O. F., en die egpaar se eie kind, C. D., wat op 19 Junie 1982
gebore is. Ek sal eers handel met die feite wat betrekking
het op die
moordaanklag.
Volgens
die onbetwiste getuienis wat deur die
Staat
aangevoer is, was mnr D. op 23 Februarie 1983
soos
gewoonlik by sy werk in Johannesburg. Om en by 15h40
het
die appellante hom geskakel en gesê
dat
"iets ver-
skrikliks"
gebeur het - die oorledene het van die dubbel-
dekkerbed
waarop sy gewoonlik geslaap het, gespring en
haar
kop gestamp. Die oorledene het daarna gekla dat sy
"nie
lekker voel nie". Mnr D. het die appellante aan-
geraai
om indien nodig onmiddellik mediese hulp te kry, en
het
ook belowe om so gou moontlik huis toe te kom. Hy is op
die
ou end ietwat vertraag en het om l8h30 by die huis
/
aangekom.............
5
aangekom.
Hy kry toe vir die oorledene op haar bed. Sy was toegemaak met
komberse en die kussing was met 'n handdoek bedek. Die
oorledene was
bewusteloos en het kreungeluide gemaak. Die appellante het blykbaar
tot op daardie stadium geen poging aangewend
om mediese hulp te
verkry nie. Mnr D. het onmiddellik hulle huis-dokter gebel (maar kon
hom nie in die hande kry nie) en vir n
ambulans gereel.
Die
ambulans het gekom en die oorledene is na die
H.F.
Verwoerd Hospitaal vervoer. Sy is om en by 19h00 in
die
hospitaal opgeneem. Volgens dr Slabbert wat haar be-
handel
het, was sy by opname komateus en het aanhoudende
regssydige
konvulsies, d.w.s. van haar regterarm en regter-
been,
gekry. Daar was veelvoudige kneuswonde aan haar kop
en
op haar gesig en liggaam.
Sy
is by die in-
tensiewe
sorgeenheid opgeneem en ten spyte van die behandeling
wat
toegedien is, het sy op 24 Februarie aan haar beserings
beswyk.
/
Die..............
ó
Die
lykskouing is dieselfde dag deur prof J D
Loubser
waargeneem. Volgens sy verslag, wat hy in die
getuiebank
beaam het, was sy vernaamste lykskouingbevinding:
"'n
Wit dogtertjie met 'n beseringsbeeld wat by makroskopiese ondersoek
sugges-tief is van repetitiewe gerigte geweld".
Na
'n mikroskopiese ondersoek deur die Instituut vir Patalogie
het
hy die oorsaak van dood soos volg bevind:
"Veelvuldige
beserings met terminale brongopneumonie".
Die
lys van uitwendige en inwendige beserings neem etlike
bladsye
van die lykskouingsverslag in beslag. Die uit-
wendige
beserings bevat 'n menigte kneusmerke en skaafwonde
wat
oor die hele liggaam versprei is. Wat inwendige
beserings
betref, het prof Loubser o.a. bevind dat in die
skedelgebied
daar uitgebreide onderkopvelkneusing aan die
regterkant
was wat oorgestrek het na die agterhoofsgebied;
dat
daar aan beide kante van die brein bloeding in die sub-
durale
ruimte was; dat daar diffuse swelling van die
/
brein...........
7
brein
was met afplatting van die windinge en verspreide
areas
van bloeding tussen die sagte breinvlies en die
brein
self (subaragnoïedale bloeding); dat daar sub-
aragnoïedale
bloeding in verband met die cerebellum was;
dat
die longe areas van kollaps getoon het en dat daar
ook
tekens van ingeasemde bloed was (die longe het ook
tekens
van brongopneumonie getoon); dat die hartsak ge-
kneus
was; dat die vrye buikholte 'n hoeveelheid gestolde
bloed
bevat het wat afkomstig was van 'n skeur in die derm-
vlies
van die dikderm; dat die lewer ook 'n area van kneus-
ing
getoon het; dat die regter bynier beseer is; dat
beide
niere gekneus was.
Prof
Loubser het die mening uitgespreek dat
nie
een van hierdie verskeidenheid van beserings met
groot
geweld toegedien was nie. Hy het bygevoeg:
"Trouens,
die distribusiepatroon en
die aard van die inwendige
beserings
laat my vermoed dat die inwerking,
hoewel dit
algemeen beskryf kan word
as punttreffende stomp geweld en wat
/
die................................
8
die
borskas en buikorgane betref as same-persende geweld, is die
implikasie daarvan in 'n kind van vyf jaar dat byvoorbeeld nie
die
volle gewig van 'n volwasse persoon toe-gepas word of die volle krag
van 'n volwasse persoon toegepas word om die onderskeie
let-sels wat
wel gevind was, te vooroorsaak nie."
Hy
is verder gevra:
"Sou
u sê
dat
daardie beserings moontlik almal met 'n plathand toegedien kon gewees
het
of sou u dit uitskakel?-- ........... Nee
ek
sal dit uitskakel."
Die
brongopneumonie waarvan hy tekens gevind het, was "'n
finale
dodelike teenwoordigheid, maar geensins die primêre
mediese
oorsaak van dood nie". Die primêre mediese oor-
saak
van dood was die kumulatiewe effek van die veelvuldige
inwendige
beserings.
Hoewel
die appellante aanvanklik beweer het dat die oorledene se beserings
te wyte was aan 'n ongeluk (nl. dat sy geval het toe
sy van haar bed
afgespring het) en hoewel sy by die hospitaal met hierdie storie
volgehou het, is dit nou gemene saak dat die beserings
waaraan die
/
oorledene............. 9
oorledene
beswyk het deur appellante toegedien is.
By
die verhoor is 'n verklaring ingevolge art. 115 van
die
Strafproseswet namens appellante aan die hof voorge-
lê,
waarin die volgende verwere uiteengesit word:
"Die
beskuldigde het gedurende die dag van 23 Februarie 1983 en aan haar
huis te Doornkloof in die distrik van Pretoria vir
die oorledene, J.
D., die vyfjarige dogtertjie van haar eggenoot, E. D., basiese
lessies gegee en gepoog om haar sogenaamd 'skoolryp'
te maak.
Gedurende die poging van die beskuldigde het sy haar humeur verloor
weens die onvermoe van die oorledene om te vorder,
waarop sy die
oorledene 'n paar keer met die plathand teen die kop geklap het.
Hierdie houe deur die beskuldigde kon nie die dood
van die oorledene
ver-oorsaak het nie. In die alternatief het die beskuldigde nie
subjektief voorsien dat dit die dood van die
oorledene kon veroorsaak
nie,en in die verdere alter-natief sou n redelike mens nie voorsien
het dat die houe deur die beskuldigde
die dood van die oorledene kon
veroor-saak het nie. Die beskuldigde is nie bewus daarvan dat sy
verantwoordelik was vir die wonde
en beserings wat met n lykskouing
aan die oorledene gevind is nie. Indien die Agbare Hof sou bevind dat
die beskuldigde fisies
wel vir die
/
beserings........ 10
beserings
aan die oorledene verantwoorde-lik was dan het die beskuldigde in 'n
toe-stand van amnesie of outomatisme gehandel en
is nie regtens vir
haar dade verant-woordelik nie. Gedurende enige tydperk voorafgaande
die dag van 23
Februarie
1983 het die beskuldigde die oorledene slegs,indien nodig
matige
lyfstraf toege-dien. Indien getuienis na vore kom dat sodanige
lyfstraf op een of meer ge-leenthede op 'n oormatige wyse
toegedien
is,dan is die beskuldigde nie van sodanige geleenthede bewus nie en
nie regtens daar-voor verantwoordelik nie. Die beskul-digde
stem toe
dat feite wat nie deur haar pleit in geskil geplaas is nie as
erkennings ingevolge artikel 220 van Wet Nr. 51 van 1977
aangeteken
word en dit is op hierdie dag geteken deur die beskuldigde."
Soos
uit hierdie uiteensetting blyk, was appellante se hoofverweer dat sy
"in 'n toestand van am-nesie of outomatisme"
gehandel het.
Dat 'n persoon moont-lik om een of ander rede in 'n toestand van
outomatisme kan optree en derhalwe nie toerekeningsvatbaar
sal wees
t.o.v. 'n handeling wat in dié
toestand
verrig word nie, word deur ons reg aanvaar (sien
S
v Chretien
1981 (1) SA 1097
(A) ).
/
Amnesie............... 11
Amnesie
aan die ander kant beteken slegs die onvermoë
om
'n handeling in die verlede te onthou. Maar die blote feit dat 'n
persoon nie kan onthou wat hy in die verlede gedoen het nie,
lei nie
noodwendig tot die slotsom dat hy toe soos 'n outomaat gehandel het
nie (sien
Chretien
se saak,
supra,
bl.
1108 C-D). Indien egter die betrokke persoon inderdaad soos 'n
outomaat opgetree het, sal hy later sy optrede geen-sins in
herinnering kan bring nie want, soos blyk uit die des-kundige
getuienis voor die hof, om later 'n geheue te kan hê
moet
'n mens bewus wees van wat hy nou doen. Amnesie is dus nie 'n
selfstandige verweer nie: dit is slegs 'n simptoom, en 'n
onontbeerlike
simptoom, van outomatisme.
Die
verhoorregter het appellante se verweer van
outomatisme
verwerp en het bevind dat
—
"....
sy wel kon onthou het en dat sy
geweet
het dat sy die oorledene aange-rand het tot die mate wat die
genees-heer beskryf het."
Op
appél het appellante se advokaat hierdie bevinding aangeveg.
/
Hy.................... 12
Hy
het aangevoer dat die appellante tydens die voorval toe die oorledene
beseer is, in 'n staat van outomatisme verval het wat sy
oorsprong
gehad het in 'n toestand van reaktiewe hipoglukemie, hiperventilasie
of persoonlikheids-gebreke of die kumulatiewe effek
van al drie
bovermelde toestande. Hy het toegegee dat bovermelde toestande dui op
patologiese geestesversteurings wat binne die
be-tekenis van 'n
geestesongesteldheid of geestesgebrek tuis-gebring kan word; en dat
die bewyslas om outomatisme op 'n oorwig
van waarskynlikhede te bewys
derhalwe op die appellante rus.
M.i.
kan daar nie met die verhoorregter se verwerping van hierdie verweer
fout gevind word nie. Appellante is op 24 Februarie 1983
gearresteer.
Sy het die volgende dag voor 'n landdros verskyn wat haar inge-volge
art. 77(1) en 78(2) van die Strafproseswet 51
van 1977 na Weskoppies
Hospitaal vir observasie verwys het.
/
Sy.................... 13
Sy
was vir meer as twee maande te Weskoppies aangehou.
Gedurende
daardie tydperk is sy deeglik ondersoek.
Die
observasie het bestaan uit waarneming in die saal,
kliniese
onderhoude, fisiese ondersoek, X-strale, EEG
(elektroencephalogram)
toetse, bloedtoetse, psigometrie
en
'n sosiale verslag. In 'n gesamentlikeverslag het die
twee
psigiaters wat haar ondersoek het, t.w. dr J P Verster
en
dr C le Roux, soos volg bevind:
"Geen
tekens van geestesversteuring is in die saal of tydens kliniese
onderhoude waargeneem nie. Dit was wel duidelik uit waarneming
en
geskiedenis dat die pasiënt aan 'n persoonlikheidsversteuring
van ge-mengde aard en van 'n matige graad ly, met onder andere
die
volgende trekke: emosioneel onvolwasse, afhanklik,
obsessief-kompulsief, histrionies, lae frustrasietoleransie,
ensovoorts.
Span-ning was deurgaans n probleem en het ver-al
gemanifesteer deur oormatige sweet en hiperventilasie".
Toetse
het n geringe graad van reaktiewe hipoglukemie
getoon.
Psigometriese toetse het getoon dat sy 'n boge-
middelde
intelligensie het. Die psigiatriese diagnose was
/
dat.............. 14
dat
appellant nie geestesversteurd was nie maar dat sy
aan
'n gemengde persoonlikheidsversteuring van 'n matige
graad
gely het. Sy was in staat om hofverrigtinge te
volg
en sinvol tot haar eie verdediging by te dra.
Die
verslag eindig met hierdie bevinding:
"Ten
tyde van die misdaad was sy nie deur geestesversteuring sodanig
beïnvloed dat sy nie die ongeoorloofdheid van haar
daad kon
besef of haar daarvan kon weer-hou het nie, maar die pasiënt se
persoon-likheidsversteuring, die spanning waar-onder
sy verkeer het
en die moontlike gevolge van hiperventilasie en reaktiewe
hipoglukemie behoort in ag geneem te word."
Beide
drr Verster en Le Roux het getuienis afgelê. Hulle het met hul
gesamentlike verslag volgehou. Beide van hulle het die
mening
uitgespreek dat dit on-waarskynlik is dat appellante in 'n toestand
van outomatisme sou verkeer het toe die aanranding op
die oorledene
plaas-gevind het. Hulle beredenering was kortliks soos volg: indien n
toestand van outomatisme werklik bestaan het,
/
sou.................... 15
sou
die appellante aan volkome amnesie gely het wat die ge-
beure
ten tyde van die staat van outomatisme betref; maar
inderdaad
kon sy wel sekere gebeure onthou; derhalwe
is
dit onwaarskynlik dat sy soos n outomaat opgetree het.
Dr
Verster veral het getuig dat die verweer van amnesie
nie
tydens die observasietydperk deur appellante self na
vore
gebring is nie; en met die verskillende onderhoude
het
die gedeeltes wat sy goed kon onthou mettertyd meer
en
meer na vore gekom. Om sy punt te illustreer het
dr
Verster verwys na notas wat hy ten tyde van die verskil-
lende
onderhoude met die appellante gemaak het. Ek sal
slegs
na die eerste een (op 25 Februarie gemaak) en laaste
een
(waarskynlik in April gemaak) verwys. Op die eerste
geleentheid
het appellante slegs gesê:
"Ek
het my selfbeheersing verloor. Ek het haar geslaan en kan onthou dat
ek haar geskop het. Van die moment wat dit gebeur
het tot sy
bewusteloos geraak het, kan ek vaagweg niks onthou nie."
/Dr
Verster........... 16
sy
nota oor Dr Verster se getuienis i.v.m./die laaste onderhoud lui
soos
volg:
"Toe
kom ons weer oor die dag van die
gebeure,
toe sê
sy:
'Daardie
oggend het ek vroeg-vroeg al met my huiswerk begin. Daar was baie te
doen en was ek taamlik gespanne. Soos ek nou kan onthou
was ek nie
kwaad of iets in daardie lyn nie. Dit was 'n dag soos baie dae al
vantevore al was. Nooit sou ek kon droom dat so 'n
verskriklike ding
sou ge-beur nie. Ek weet nie hoe laat dit was wat ek na J. toe gegaan
het nie. Dit moes laterig gewees het, want
ons eet gewoonlik tussen
12h00 en 13h00 en daardie middag het ons nog nie geëet nie en
het ek gedink ons eet weer laat vanmiddag
toe ek na die kinders se
kamer toe is. O. het buite gespeel en C. was in haar kot in ons
kamer. Al was ek alreeds die vorige aand
besig met J. weet ek vandag
nie hoekom ek weer na haar toe moes gaan nie. Ek het kalm weer alles
met haar oorgegaan.'
Dit
is basies die syfers en letters wat sy haar leer en laat skryf het.
'Maar
kon sy net nie enige begrip toon wat ek by haar wou tuisbring nie. Ek
kon nie verstaan hoekom sy nie kon snap nie. Ek onthou
dat ek
algaande meer en meer ontsteld geraak het. Dit was asof daar 'n bose
swart gees oor my gekom het en was dit asof ek in 'n
ander mens
verander het. Ek onthou dat ek haar herhaaldelik met my plathand
/
teen................... 17
teen
die kop geslaan het en haar terself-dertyd gevra het "Verstaan
jy dan nie wat ek jou leer nie?" Dit is onmoontlik
om te beskryf
hoe ek op daardie stadium gevoel het. Ek onthou dat sy 'n keer op die
grond gelê
het
en dat ek haar toe geskop het. Dit staan nie vir my duidelik uit nie,
maar ek moes haar seker hardhandig hanteer het, want waar
kom sy aan
al die kneus-plekke?'
Nou
dit is die eerste keer wat sy dus noem dat sy bewus was van die
kneusplekke op die kind. Reg in die begin was sy net bewus van
'n
merk oor die een oog.
'Hoe
lank ek met haar besig was weet ek
nie.
Ek weet net dit was om en by 14h30 wat
ek
vir die kinders kos gegee het. Daarna
was
ek weer met J. in die kamer, maar
onthou
ek nie hoe laat dit was nie wat ek
weer
daarheen is nie. Ek kan nou glad nie
onthou
of C. ooit van haar laat hoor
het
nie. Ek het weer alles oor en oor
met
J. gegaan en was dit nog steeds asof
ek
self nie daar is nie. O. was een of
twee
keer in en uit, maar dit is vir my
half
vaag. Ek het haar weer teen die kop
geslaan,
maar soos ek hier sit kan ek glad
nie
onthou of die toneel - kan ek gladnie ont-
hou
of die toneel konstrueer nie, so half
asof
dit nie gebeur het nie. Dit is vir
my
duidelik toe sy skielik inmekaar gesak het
en
nie gereageer het toe ek met haar gepraat
het
nie.... ' - dit is vir haar duidelik
/
'Ek................... 18
'Ek
onthou dat ek herhaaldelik na haar geroep het. Ek het geweldig
geskrik. Ek moes toe seker 'n waslap en water in die badkamer
gaan
haal het, want ek het in die spieël gekyk en gesien hoe bleek ek
is. Dit was toe dat ek gesê
het:
"O Here, wat het ek gedoen?" Ek het haar gesig afgevee en
haar 'n bietjie wa-ter gegee. Haar oë
was
toe, maar ek het gesien hoe sy sluk. Ek het haar gevra of sy my kan
hoor en toe het sy gesê
"Ja
tannie". Ek het dadelik my man gaan bel en vir hom gesê
iets
het gebeur, hy moet dadelik huis toe kom."
Dr
Verster verklaar verder:
"Die
idee wat ek gekry het, is dat sy weet wat sy gedoen het en sy wou dit
probeer verdoesel het."
Hy
het ook getuig dat sy kliniese indruk was dat die
appellante
nie die volle waarheid praat nie; dat sy waar-
skynlik
nog meer kon onthou as wat sy aan hulle gesê
het.
Aanvanklik
het hy die indruk gekry dat iemand appellante
aangeraai
het om stil te bly; later het sy inderdaad
bevestig
dat sy inligting teruggehou het.
/
By..................... 19
By
die verhoor het appellante getuienis afgelê. Wat die gebeure op
23 Februarie betref, het sy in hoof-getuienis gesê
dat
sy onthou dat sy oorledene begin leer het; dat sy oorledene n paar
keer hard teen die kop met die plathand geslaan het; dat
sy vaagweg
kan ont-hou dat sy na die horlosie gekyk het en dat dit toe onge-veer
14h30 was; dat oorledene op n stadium bewusteloos
op die
eetkamervloer gelê
het;
dat sy haar man om en by 15h30 geskakel het; dat sy net voor dit
badkamer toe gegaan het, in die spieël gekyk en gesien
het hoe
bleek sy lyk. Sy het haarself toe gevra, "Wat het jy nou
gedoen?" Sy het bevestig dat sy haar man vertel het
dat
oorledene be-seer is toe sy van die bed afgespring het. Van die
gebeure die namiddag kon sy verder niks onthou nie.
Die
verhoorregter het bevind dat appellante 'n "geleentheidsgeheue"
het en hy het haar getuienis ver-
/
werp........... 20
werp.
Ek gaan daarmee akkoord. Onder kruisondervraging het sy baie sleg
gevaar. Sy het bv. herhaaldelik be-weer dat sy nie kan onthou
dat sy
die oorledene geskop het nie. Hierdie bewering, wat klaarblyklik
bedoel is om aan die skyn van geheueverlies gestalte te
gee, kon net
nie versoen word met appellante se mededelings aan die psigiaters
tydens haar aanhouding in Weskoppies Hospitaal nie.
Dit kan ook nie
versoen word met 'n skriftelike verklaring wat appellante op 24
Februarie aan kol. Smit van die Suid-Afrikaanse
Polisie gemaak het
nie; en ook nie met nog 'n skriftelike verklaring wat sy voor
landdros Van Eck afgelê
het
nie. Appellante se verklaring dat nadat sy die lykskouingsverslag
gelees het, sy besef het dat sy n verduideliking moet gee
van al die
beserings wat die oorledene opgedoen het, gaan eenvoudig nie op nie.
Sy kon ook nie verduidelik waarom sy in haar vorige
ver-klarings
melding gemaak het van twee afsonderlike aan-randings nie. Soos sy
keer op keer reageer het wanneer
/
sy.................... 21
sy
deur die kruisondervraer in 'n hoek gejaag is, het sy
net
maar/geantwoord: "Ek kan dit nie verklaar nie". Trouens,
haar
getuienis onder kruisondervraging is deurspek met ant-
woorde
soos "Ek kan dit nie onthou nie", "Ek kan nie daarop
antwoord
nie", "Ek kan dit nie verklaar nie". Haar getuie-
nis
was onsamehangend en vol teenstrydighede. Hier is 'n
voorbeeld
daarvan:
"Was
die houe harde houe gewees waar-mee u haar geklap het?-- Ek sou sê
dit
was hard gewees.
Onthou
u dit, dat dit harde houe was?--Ek kan nie spesifiek onthou dat dit
hard was nie.
Nou
hoekom sê
u
dan dit is harde houe as u dit nie spesifiek kan onthou nie?--Ek kan
werklik nie vir u dit verklaar nie.
Ja,
maar u sê
dit
was harde houe gewees?-- Ek sal sê
dit
was, ja."
Daar
moet ook in aanmerking geneem word dat (i) appellante
'n
onware weergawe van die gebeure op 23 Februarie aan
haar
man, aan die dokter by die hospitaal en aanvanklik
aan
die polisie gegee het: (ii) dat sy voorheen nie
/
geskroom ............. 22
geskroom
het om onware verduidelikings te gee ten aansien van kneusplekke en
ander beserings op die oorledene se liggaam nie; en
(iii) dat sy nie
vir majoor Brits (die eerste polisie-offissier wat 'n onderhoud met
haar gevoer het) gesê
het
dat sy aan geheueverlies ly nie.
Ten
slotte wil ek verwys na 'n ooreenkoms tussen
die
Staat en die verdediging wat na afloop van die getuienis
en
nadat appellante verdere toetse ondergaan het, op rekord
geplaas
is. Dit lui soos volg:
"Die
Staat en Verdediging plaas by oor-eenkoms op rekord dat, na
samesprekings tussen regsverteenwoordigers en medici betrokke,
die
volgende gemeensaak is:
a.
Die
pas afgelope mediese toetse korrek
gedoen is.
b.
Hierdie
gemelde mediese toetse geen
beeld van chroniese hiperventilasie
en
hipoglukemie vertoon het nie.
c.
Dat
gedurende die
volle
tyd van waar-
neming te Weskoppieshospitaal tog aan-
duidings
van hiperventilasie was by tye.
d.
Dit
moontlik is dat die beskuldigde
ten tyde van die voorval n mate
van
hiperventilasie ervaar het. Dit,
tesame met lae frustrasie
drempel
/
en.......... 23
en
ander persoonlikheidsafwykings reeds op rekord, kan beslis n hoë
prikkelbaarheid veroorsaak het wat 'n moontlike invloed
op
beskuldigde se oordeelsvermoë
op
tydstip van misdaad kon gehad het.
e.
Die chroniese hiperventilasie en reak-tiewe hipoglukemie is nie
per
se
ver-antwoordelik vir die gedragspatroon van die beskuldigde
nie. Ter stawing word 'n verslag gedateer 18 Junie 1984 deur prof. R
J van Rooyen en prof. P R Bartel (wat die interpretasie van die EEG
gedoen het) ingehandig."
Die
verdediging se poging om 'n mediese oorsaak vir appel-
lante
se beweerde amnesie/staat van outomatisme daar te
stel,
word m.i. geheel en al deur hierdie ooreenkoms gekelder.
Om
hierdie redes is ek oortuig dat daar op appel-lante se getuienis
t.o.v. amnesie geensins peil getrek kan word nie. Ek beskou
hierdie
getuienis as uiters onbetrou-baar. Die verweer dat appellante weens
outomatisme ontoe-rekeningsvatbaar is, kan dus nie
slaag nie. 5y was
ver-antwoordelik vir haar optrede en moet op daardie grond-slag
behandel word.
/
Wat ................. 25
en
desnieteenstaande roekeloos met die aanval voortgegaan het nie. Die
mediese getuienis bewys, m.i., dat appel-lante die oorledene
op 'n
wrede wyse aangerand het. Dit kan aanvaar word dat appellante
die
oorledene geslaan en geskop het. Ernstige uitwendige en inwendige
beserings is toegedien. Deel van die aanranding het blykbaar
ge-skied
toe oorledene weerloos op die grond gelê
het.
Daar was twee afsonderlike aanrandings. Volgens prof. Loubser het die
aanranding, gedagtig aan die beserings wat die oor-ledene
opgedoen
het, korter as a halfuur, maar sekerlik langer as drie minute,
geduur. Hy meld ook die moontlikheid dat die oorledene
vroeg in die
proses bewusteloos kon ge-word het. Alles inaggenome, is ek nie
oortuig dat die verhoorregter tot 'n verkeerde slotsom
t.o.v. opset
gekom het nie. Die appél teen die skuldigbevinding aan moord
moet dus afgewys word.
/
Wat................... 26
Wat
aanklagte 2 betref, was daar voldoende bewys dat appellante die
oorledene op vyf vroeëre geleenthede wederregtelik aangerand
het. Daar was n powere poging om 'n verweer van outomatisme t.o.v.
hierdie aanrandings op te werp. Die poging het, m.i., volkome
misluk.
Appellant se advokaat het toegegee dat indien die verweer van
outoma-tisme nie gehandhaaf word nie, die verhoorhof se bevinding
korrek sou wees.
Met
betrekking tot vonnis het appellant se advo-kaat aan die hand gedoen
dat 'n gevangenisstraf van sewe jaar skokkend onvanpas
was. Dit moet
geredelik toegegee word dat as die appellante se
agtergrondsgeskiedehis en haar persoonlikheidsgebreke in ag geneem
word, sy heelwat versagting van vonnis verdien. Maar dit moet saam
met die erns van die misdaad (en dit is 'n baie ernstige mis-
daad)
en die belange van die gemeenskap in die weegskaal geplaas word. Na
oorweging van al die omstandighede
/
is....................
27
is
ek van mening dat sewe jaar gevangenisstraf inderdaad 'n gepaste
vonnis is. Die appél teen vonnis kan dus
ook
nie slaag nie.
Die
app
è
l
word afgewys.
M
M CORBETT
BOSHOFF
Wr. AR)
NESTADT
Wr. AR) STEM SAAM.