About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2007
>>
[2007] ZANCHC 31
|
|
S v Berry (CA&R 201/06) [2007] ZANCHC 31 (4 May 2007)
Verslagwaardig:
Sirkuleer
Aan Regters:
Sirkuleer
aan Streeklandroste
Sirkuleer
Aan Landdroste:
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno: / Case
number:
CA&R
201/06
Datum verhoor: / Date
heard:
30/04/2007
Datum
gelewer: / Date delivered:
04/05/2007
In
die appèl:
BERRY,
TEMBA
Appellant
teen
DIE
STAAT Respondent
Coram:
Lacock R et Molwantwa WnR
UITSPRAAK OP APPÃL
LACOCK
R:
Die appellant is op 11
November 1999 in die Streekhof, Kakamas, skuldig bevind aan moord en
gevonnis tot 15 (vyftien) jaar
gevangenisstraf. Met verlof van
die Streekhof kom die appellant nou in hoër beroep teen die vonnis
hom opgelê.
Mnr. Bagananeng namens
die Staat gee toe dat die Streekhof Landdros ân mistasting in haar
benadering tot vonnis begaan het deurdat
sy â in die oorweging van
die vraag naamlik of daar wesenlike en dwingende omstandighede
aanwesig was soos bedoel in art. 51(3)
van Wet 105 van 1997 â die
maatstaf soos neergelê in
S
v Boer & Andere, 2000 (2) SASV 114 (NK)
gevolg het, welke maatstaf daarna deur die Hoogste Hof van Appèl in
S v
Malgas 2001 (1) SASV 469 (A)
,
verwerp is. In soverre die Landdros dus
âwesenlike
en dwingende omstandighedeâ
gelyk gestel het aan buitengewone omstandighede, het sy ân
mistasting begaan. Dit staan vervolgens hierdie Hof vry om die
vonnis
opgelê ter syde te stel en dit met ân gepaste vonnis te
vervang.
Die appellant het
skuldig gepleit aan die misdryf van moord, en het die volgende
pleitverduideliking ingevolge art. 112(2) van die
Strafproseswet, nr
51 van 1977, aan die Hof voorgehou:
Ek is ân 24 jarige
plaasarbeider en die beskuldigde in hierdie saak.
Ek maak hierdie verklaring
vrywillig en is deur niemand daartoe beïnvloed nie.
Ek pleit skuldig op ân aanklag
van moord.
Op Vrydagaand, 29 Januarie 1999
was ek by die perseel van my werkgewer, te Marchand.
Die oorledene, Elsa Waterboer
was my meisie. Sy het geloop die aand om tabak by haar vriendin te
gaan haal. Sy het te lank geneem
en ek het haar later gaan soek.
Ek het die oorledene by haar
vriendin gaan soek, maar sy was nie daar nie. Ek het verder gesoek
en haar in die kamer van Grivis
Chaka gekry waar sy gelê en
tiepslaap het. Grivis het bo op die oorledene gelê.
Ek het die oorledene wakker
gemaak en ons het saam na die kampong waar ons woon gestap.
By die kampong het ek vir die
oorledene gesê om na die kookskerm te gaan en vir my eiers te bak.
Ek het toe gesien dat sy te dronk
was en in die vuur sou val. Ek
het vir die oorledene gesê sy moet sit. Die oorledene het op my
begin skel en fyn klippies opgetel
en my daarmee gegooi. Ek was
reeds kwaad, maar toe die oorledene op my begin skel het ek woedend
geword.
Ek het die oorledene eers
geklap. Sy het geval en weer opgestaan. Sy het begin hardloop. By
die kraan het ek haar gepootjie,
sy het geval en weer opgestaan.
Daar het ân wingerdpaal langs die kraan gestaan en ek het dit
opgetel en die oorledene drie
houe daarmee geslaan. Twee houe op
haar lyf en een hou teen haar nek. Die oorledene is dood as gevolg
van die beserings wat sy
opgedoen het tydens die aanranding. Terwyl
ek die oorledene aangerand het, het ek die moontlikheid voorsien dat
sy mag sterf,
maar my daarmee versoen en voortgegaan met die
handeling.
Daarna het ek saam met Jannie
Waterboer gestap om wyn te gaan koop.
Die volgende oggend het die
ambulans die oorledene opgelaai. Ek is later dieselfde dag
gearresteer.
Ek was nie geregtig om die
oorledene te dood nie en het op daardie stadium geweet dat wat ek
doen verkeerd is.
Ek was onder die invloed van
drank, maar nie sodanig dat ek nie geweet het wat ek doen nie.â
Die inhoud van ân
regsgeneeskundige lykskouiingsverslag bevattende ân uiteensetting
van die beserings gevind aan die oorledene,
is erken deur die
appellant, en daarvolgens blyk dit dat die oorledene die volgende
beserings opgedoen het:
Veelvuldige kneus en skaafmerke
van altwee bene, arms en hande, van die gesig, voorkop, nek en
skouers meesal langwerpig.
Fraktuur regter arm.
Frakture ribbes 4, 5, 6 en 7de
ribbes agter.
â
n
Groot langwerpige skeurwond bo-op die kop en ook twee korter
langwerpige skeurwonde bo-op die kop â almal geheg met steke.
Skedel basis fraktuur dwarsdeur.
Brein basis en breinstam
bloeding.
Gebarste lewer.
Vagina links geskeur en ân gat
dwarsdeur die vagina koepel en blaas tot in die buik holte gesteek
van onder af.
Bloed +++ in die buikholte.â
en dat die oorsaak van
haar dood was,
Fraktuur skedel basis en brein
basis en breinstam bloeding.
Skok en bloedverlies as gevolg
van veelvuldige beserings en frakture en gebarste lewer.â
Uit die voorgaande
blyk dit dus dat ân uiters ernstige aanval deur die appellant op
hierdie 31 jaar oue (soos blyk uit die bogenoemde
verslag) vrou
uitgevoer was terwyl sy beskonke was en waarskynlik nie in staat was
om haarself behoorlik te verweer nie.
Die persoonlike
omstandighede van die appellant is as volg deur die Verhoorhof
saamgevat, tesame met ander tersaaklike faktore:
â
Namens
u getuig Mev Mina Berry, wat getuig het dat u haar kind is. Sy het
getuig dat sy graag versagting vir u, want u het ân 7-jarige
dogtertjie wat skool gaan. Sy skuld al klaar R50.00 vir die skool.
U het R75.00 per week verdien en u het vir hulle die geld gegee
om
vir die kind te sorg. U is huidiglik ongetroud. U het geen
skoolopleiding gehad nie, u het drie jaar gewerk. U het skuldig
gepleit, u het vir u prokureur gesê dat u berou het oor hierdie
misdryf en dat u baie lief was vir die oorledene. U het kwaad geword
omdat hierdie man, Mnr Chaka, wyn koop vir die vrouens en dan lê hy
by hulle.
U
was onder die invloed van drank en die oorledene was onder die
invloed van drank. En u is al tien maande in aanhouding. Die Hof
neem in ag die omstandighede waaronder die misdryf gepleeg was. Die
Hof neem in ag, in u guns, verder dat u gedink het dat hierdie
Mnr
Chaka gemeenskap gehad het met die oorledene. Die Hof neem verder,
ter verswaring in ag, dat u kans gehad het om af te koel.
Die Hof
neem, ter versagting, weer in ag dat die oorledene eintlik vir u
getart het, dat sy onder die invloed van drank was, dat
sy vir u
geskel het, dat sy u met klein klippertjies gegooi het en dat u, u
toe vererg het vir haar en haar geslaan het met die wingerdpaal.
Die
Hof neem, weer ter verswaring, in ag dat u toe saam met Mnr Waterboer
gestap het om wyn te gaan koop. En dat die oorledene
eers die
volgende oggend weg geneem is met die ambulans.â
Behoorlike oorweging
is ook verleen aan die gemeenskapsbelang met in agneming van onder
andere die veelvuldige voorkoms van hierdie
tipe misdrywe in die
regsgebied van die Verhoorhof.
Me. Segone het voor
ons aangevoer dat die volgende as wesenlike en dwingende
omstandighede in ag geneem behoort te word naamlik:
Die relatief jeugdige
ouderdom van die appellant. Hy was slegs 24 jaar oud ten tye van
die pleeg van die pleeg van die misdryf.
Die feit dat die
appellant skuldig gepleit het. Ek sal aanvaar dat die appellant
daardeur berou getoon het vir sy optrede.
Die feit dat die
appellant geen vorige veroordeling het nie. Hoewel hierdie
omstandighede reeds deur die Wetgewer in die toepaslike
voorskrifte
van Wet 105 van 1997 verdiskonteer is, meen ek dat dit nietemin
tesame met alle ander faktore oorweeg behoort te word.
Dit dui
immers op ân afwesigheid van ân misdadige karaktertrek vir die
periode voorafgaande die huidige oortreding.
Dat die appellant
homself as ân verantwoordelike persoon bewys het deurdat hy ân
vaste inkomste verdien het en waaruit hy sy
7-jarige dogter en sy
moeder onderhou het.
Dat die appellant
onder die invloed van sterk drank was. Hoewel die appellant nie so
dronk was dat hy nie geweet het wat hy doen
nie, is dit eenvoudig so
dat bedwelmende drank die reële oordeel van ân persoon nadelig
beïnvloed.
Ek meen dat me. Segone
gelyk gegee behoort te word naamlik dat die voorgaande omstandighede
as wesenlik en dwingend aangemerk behoort
te word wat hierdie Hof sou
regverdig om aan die appellant ân mindere vonnis op te lê dan die
voorgeskrewe minimum vonnis van
15 (vyftien) jaar gevangenisstraf.
Benewens die voorgaande
meen ek dat ook as wesenlike en dwingende omstandighede aangemerk
behoort te word die geestestoestand waaronder
die appellant verkeer
het voor en tydens die pleeg van die misdryf. Hy het sy meisie
betrap waar sy beskonke onder ân ander man
in die woning van
laasgenoemde gelê het. Die Landdros het bevind dat hy geglo het dat
gemeenskap met hierdie man geskied het, en
dat hy kwaad was. Hierdie
bevinding kom my geregverdig voor. Nadat die appellant sy meisie na
sy woning geneem het, het sy hom
gevloek en met klippies gegooi.
Verstaanbaar het dit sy toorn verder opgewek, en het hy die aanval op
die oorledene geloods.
Daarbenewens is die
appellant alreeds tien maande verhoorafwagtend.
Teenoor die voorgaande
egter moet as verswarend in ag geneem word die uiters wrede en
geweldadige aard van die aanval op die oorledene
en waarna reeds
hierbo verwys is.
Met alles in ag genome
meen ek dat ân gepaste vonnis sal wees een van 12 (twaalf) jaar
gevangenisstraf. Bygevolg word die volgende
bevele hierin verleen.
Die
skuldigbevinding word bekragtig.
Die vonnis die
appellant opgelê word ter syde gestel en vervang met 12 (twaalf)
jaar gevangenisstraf.
Die vonnis word
terug dateer na 11 November 1999.
_______________
HJ Lacock
REGTER
Ek
stem saam.
_______________
BC Molwantwa
WAARNEMENDE
REGTER
Namens
appellant:
Ms
BB Segone (Regshulpsentrum, Kimberley)
Namens
respondent:
Adv
MGW Bagananeng (Kantoor van die DOV, Kimberley)