S v Bezela (CA&R 185/06) [2007] ZANCHC 26 (26 March 2007)

45 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Robbery — Appeal against conviction — Appellant convicted of robbery with aggravating circumstances and escape from custody — Appellant's denial of robbery contradicted by consistent testimonies of three state witnesses — Witness credibility upheld by trial court — Evidence established beyond reasonable doubt that appellant used a knife during the robbery — Appeal dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2007
>>
[2007] ZANCHC 26
|

|

S v Bezela (CA&R 185/06) [2007] ZANCHC 26 (26 March 2007)

Verslagwaardig:
Sirkuleer
Aan Regters:
Sirkuleer
aan Streeklandroste
Sirkuleer
Aan Landdroste:
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno: / Case
number:
CA&R
185/06
Datum verhoor: / Date
heard:
30/03/2007
Datum
gelewer: / Date delivered:
26/03/2007
In
die appèl:
BEZELA,
MOSES
Appellant
teen
DIE
STAAT Respondent
Coram:
Lacock R et Molwantwa WnR
UITSPRAAK OP APPÈL
LACOCK
R:
Die appellant is in
die Streekhof skuldig bevind aan roof met verswarende omstandighede
asook aan ontsnapping uit bewaring nadat
hy in hegtenis geneem is,
en is gevonnis tot agt jaar en ses maande gevangenisstraf
onderskeidelik op die twee aanklagtes. Die
appellant kom nou met
verlof van die Verhoorhof in hoër beroep slegs teen die
skuldigbevindings.
Die omstandighede wat
tot die skuldigbevinding van die appellant gelei het, is as volg
geskets deur die drie getuies wat namens
die Staat getuig het:
Gedurende die middag
van 20 Junie 2004 het mej. Patricia Mobilu saam met ‘n
vriendin, Nomsa Dube, gestap vanaf die Klagen
supermark geleë in ‘n
woonbuurt in Galeshewe, Kimberley. Terwyl hulle aldus gestap het,
het die appellant hulle van agter genader
en mej. Mobilu van haar
selfoon beroof wat aan ‘n lyn om haar nek gehang het nadat hy die
lyn met ‘n mes afgesny het, haar
op die grond laat val het en haar
met die mes gedreig het. Nadat die appellant die klaagster aldus
beroof het, het hy die toneel
verlaat, maar het die klaagster hom
gevolg en op ‘n stadium twee mans versoek om haar te help om haar
selfoon terug te kry.
Terwyl sy en hierdie mans die appellant
konfronteer het, het die klaagster ‘n polisie voertuig wat daar
verby gery het, nader
gewink. ‘n Polisiebeampte, konstabel
Sekwera, het die appellant visenteer en die klaagster se selfoon in
sy sak gevind. Hierop
is die appellant gearresteer en agter in die
polisie vangwa gelaai.
Vanaf die arrestasie
toneel is die klaagster saam met die Polisie na eersgenoemde se
woning. Konstabel Sekwera wou homself vergewis
dat die betrokke
selfoon dié is wat van die klaagster geroof was.
Op pad vanaf die woning
van die klaagster het die appellant daarin geslaag om die deur van
die vangwa oop te maak, en het hy by ‘n
4-rigting kruising uit die
voertuig gespring en weggehardloop. Mnr. Sekwera het hom weer
gevang, maar moes polisie versterkings
ontbied om die appellant in
bedwang te hou en weer in die polisie voertuig te plaas.
Die appellant het
ontken dat hy die klaagster beroof het, en het beweer dat hy die
selfoon teen ‘n heining langs ‘n straat opgetel
het. Ook het hy
ontken dat hy uit bewaring ontsnap het en het beweer dat die polisie
hom uit die vangwa vrygelaat het nadat hy
aanvanklik gearresteer en
daarin geplaas is.
Die landdros het die
weergawe van die staatsgetuies aanvaar, dié van die appellant as
nie redelik moontlik waar nie, verwerp en
die appellant skuldig
bevind soos aangekla. Na my mening het die landdros heeltemal tereg
tot hierdie gevolgtrekking gekom.
Behalwe moontlik op
een aspek, het die drie staatsgetuies mekaar in alle wesenlike
opsigte gestaaf, het nie mekaar of hulself in
enige wesenlike aspek
weerspreek nie, en het – ten spyte van deurtastende kruisverhoor –
geensins van hul weergawes afgewyk
nie. Daarbenewens het die
landdros bevind dat hulle as getuies ‘n goeie indruk gemaak het.
Hierteenoor het die
landdros bevind dat die appellant as getuie nie beïndruk het nie.
Ook hierdie bevinding is myns insiens geregverdig
daar die
beskuldigde by geleentheid sy getuienis aangepas het aangaande die
vraag of hy deur die polisie met
“pepper
spray”
gespuit was of nie. Sy getuienis strook ook nie met die
waarskynlikhede nie.
Dit is hoogs
onwaarskynlik dat die klaagster aan die polisie ‘n rapport sou maak
dat die appellant die foon van haar sou geroof
het, as sy – soos
getuig deur die beskuldigde – kon sien dat hy dit langs die straat
opgetel het. Dit is ook onwaarskynlik dat
iemand anders nie die
selfoon sou opgetel het nie, daar – aldus die appellant – dit oop
en bloot langs die straat gelê het waar
baie mense beweeg het.
Dit is eweneens hoogs
onwaarskynlik dat die polisie, terwyl hulle met die klaagster en die
appellant op pad is na die polisiestasie
vir die afneem van
verklarings na aanleiding van die klaagster se klagte, die appellant
sou vrylaat uit aanhouding voordat hulle
by die polisiestasie
uitgekom het.
Die enigste moontlike
weerspreking tussen die Staatsgetuies is daarin geleë dat die
klaagster beweer het dat, nadat die appellant
gearresteer was, die
Polisie ‘n mes op hom gevind het, terwyl konstabel Sekwera getuig
het dat hy nie ‘n mes op die appellant
gevind het nie. Of hierdie
werklik ‘n weerspreking is, sal daarvan afhang of konstabel
Sekwera die
“Polisie”
was wat die mes op die appellant gevind het. Die klaagster het nie
getuig dat dit mnr. Sekwera was wat die mes gevind het nie,
maar het
sy bloot na
“die
Polisie”
verwys. Dit kan ook wees dat óf sy óf mnr. Sekwera ‘n fout
hieraangaande gemaak het.
Wat van wesenlike
belang is, is die vraag of die appellant ‘n mes gebruik het tydens
die rooftog. Hieraangaande, en soos toegegee
deur mnr. Rasethuntsa
namens die appellant, is bo redelik twyfel bewys dat hy inderdaad ‘n
mes gebruik het. Die bevinding dat
die roof met verswarende
omstandighede gepaard gegaan het, moet vervolgens gehandhaaf word.
Vervolgens word die
appèl afgewys
.
_______________
HJ Lacock
REGTER
Ek
stem saam.
_______________
BC Molwantwa
WAARNEMENDE
REGTER
Namens
appellant:
Adv
Rasethuntsa (Regshulpsentrum, Kimberley)
Namens
respondent:
Adv
AH Van Heerden (Kantoor van die DOV, Kimberley)