About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2007
>>
[2007] ZANCHC 24
|
|
S v Dube (35/07) [2007] ZANCHC 24 (23 March 2007)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno:
/ Case number:
35/07
Datum
gelewer: / Date delivered:
23/03/2007
In
die spesiale hersieningsaak:
DIE
STAAT
en
DUBE,
LILLIAN
Coram:
Lacock R
et
Molwantwa WnR
UITSPRAAK OP
SPESIALE HERSIENING
LACOCK
R:
Die beskuldigde is na
ân pleit van skuldig op 18 Januarie 2006 in die landdroshof,
Hartswater, skuldig bevind aan diefstal en
is sy daarna deur die
landdros gevonnis tot betaling van ân boete van R3 600.00 of by
wanbetaling drie jaar gevangenisstraf.
Daarbenewens is sy gevonnis
tot ân verdere twee jaar gevangenisstraf wat voorwaardelik vir ân
periode van vyf jaar opgeskort
is. Hierdie aangeleentheid is nou
deur die voorsittende landdros na hierdie Hof op spesiale hersiening
verwys na aanleiding van
die volgende motivering:
â
Gedurende
ân inspeksie deur die Senior Landdros, Mnr Lambrecht, gedurende
Augustus 2006 was op hierdie saak en vonnis afgekom waar
ek meegedeel
was deur Mnr Lambrecht dat ek my vonnis bevoegdhede of jurisdiksie
oorskry het wat betref die opgeskorte gedeelte van
die vonnis omdat
ek alreeds drie (3) jaar opgelê het en dus nie bevoeg was om ân
bykomende gevangenisstraf in enige vorm op te
lê nie. Ek stem saam
met hierdie feit.â
Die voorgaande
uiteensetting is ân korrekte uiteensetting van die regsposisie.
Sien art. 92 (1)(a) van die Wet op die Landdroshowe,
nr. 32 van
1944.
Uit hoofde van die
voorgaande moet die vonnis die beskuldigde opgelê ter syde gestel
word. Dit kom my voor dat die aangeleentheid
na die landdroshof
terug verwys behoort te word vir die heroorweging van ân gepaste
vonnis.
Bygevolg word die
volgende bevele hierin verleen:
Die
skuldigbevinding word bekragtig.
Die vonnis die
beskuldigde opgelê word tersyde gestel.
Die aangeleentheid
word na die landdroshof terug verwys vir die oplegging van ân
gepaste vonnis.
_______________
HJ Lacock
REGTER
Ek
stem saam.
_______________
BC
Molwantwa
WAARNEMENDE
REGTER