About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2007
>>
[2007] ZANCHC 19
|
|
S v Ferris (CA&R 56/2006) [2007] ZANCHC 19 (9 March 2007)
Reportable:
YES / NO
Circulate
to Judges: YES / NO
Circulate
to Magistrates: YES / NO
Circulate
to Regional Magistrates: YES / NO
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno:
CA&R 56/2006
Datum
Aangehoor: 05/03/2007
Datum
Gelewer: 09/03/2007
In
die saak tussen:
Hannes
Ferris
teen
Die Staat
Coram:
Lacock R et Olivier R
UITSPRAAK
APPéL
OLIVIER R:
Die
appellant het in die Streekhof te Hartswater terreggestaan op Å
aanklag van poging tot moord. Dit is hom ten laste gelê dat
hy
gepoog het om mr Dawid Isaacs te dood deur hom twee keer met Å
vuurwapen te skiet en te verwond. Die appellant is, ten spyte
van
sy pleit van onskuldig, skuldig bevind soos aangekla en gevonnis tot
12 jaar gevangenisstraf. Die appellant kom nou in hoër
beroep teen
beide die skuldigbevinding en die vonnis.
Die
appellant is reeds op 28 Augustus 2001 aldus skuldig bevind en
gevonnis. Blykens datumsstempels op dokumentasie in die hoflêer
het die appellant toe wel binne die destyds voorgeskrewe periode Å
kennisgewing van appél afgelewer, maar wel op die Griffier
van die
Transvaalse Provinsiale Afdeling van die Hooggeregshof. Drie dae
later is die betrokke kennisgewing egter deur die Griffier
van
hierdie Hof ontvang. In die lig van die datum van die appellant se
skuldigbevinding en vonnis was hy op daardie stadium geregtig
om die
gemelde prosedure te volg.
Dit is nie heeltemal
duidelik wat daarna van die appellant se appél geword het nie, maar
gedurende 2002 het hy weer dokumentasie
onderteken en laat aflewer
waarvan die strekking was dat hy teen die skuldigbevinding en vonnis
wou appelleer. Daarna was daar
weer letterlik Å jarelange
vertraging in die proses, waarvoor geen ooglopende verklaring uit
die stukke in die hoflêer blyk nie.
Die appél is toe ter
rolle geplaas vir verhoor, maar op 6 Junie 2005 is dit uitgestel
weens die feit dat gedeeltes van die oorkonde
klaarblyklik nie
behoorlik getranskribeer kon word nie, en is gelas dat bepaalde
stappe geneem word in Å poging om die oorkonde
aan te vul. Dit
blyk dat die betrokke Klerk van die Hof toe wel in September 2005
die oorkonde weer teruggestuur het aan die Griffier
van hierdie Hof,
tesame met notas wat verkry is vanaf die destydse
regsverteenwoordiger van die appellant. Afgesien daarvan dat
die
blote aanstuur van die gemelde notas nie voldoen het aan hierdie Hof
se destydse bevel nie, blyk dit nou ook asof die notas
in elk geval
weggeraak het.
Dit blyk dat die rede
vir die swak opname van die verrigtinge klaarblyklik was dat
kassette oor en oor gebruik is en die gehalte
daarvan met verloop
van tyd so swak geword het dat die opnames beswaarlik gehoor kon
word. Dit spreek vanself dat hierdie tipe
benadering tot die
meganiese opname van Å ernstige aangeleentheid soos hierdie, en die
administratiewe rompslomp en vertragings
daarna, hoegenaamd nie in
die belang van geregtigheid kan wees nie, hetsy dit beskou sou word
vanuit die oogpunt van die breë
gemeenskap daarbuite, die
vervolging of aangeklaagdes.
Hoe dit ookal sy,
nadat ek die oorkonde as Å geheel nou nagegaan en bestudeer het, is
ek van oordeel dat dit wel van sodanige gehalte
is dat die appellant
se appél behoorlik daarop bereg kan word. Dieselfde houding is dan
ook klaarblyklik ingeneem deur mnr Cloete,
wat die appellant in
hierdie appél verteenwoordig het.
Die appellant se
pleitverduideliking was in wese dat hy en die klaer met mekaar
gepraat het, toe hy Å skoot hoor afgaan het. Die
appellant sou toe
weggehardloop het, waarna hy nog Å verdere drie skote sou gehoor
afgaan het. Die appellant het ontken dat hy
tydens die voorval Å
vuurwapen in sy besit gehad het of dat hy die klaer geskiet het.
Die klaer, Å
28-jarige man, was die enigste getuie vir die vervolging. Hy was,
wat die skietvoorval self betref, Å enkelgetuie.
Alhoewel dit
gemenesaak was dat beide die appellant en die klaer by Å bepaalde
taverne was die betrokke aand, en ook dat daar
tussen hulle die een
of ander vorm van konfrontasie of gesprek plaasgevind het voordat
die klaer net buite die enkele deur van
die tavernegebou geskiet is
toe die appellant maar ân paar treë van hom af was, het die
appellant ontken dat dit hy was wat
die klaer daar geskiet het en
sou dit dus moontlik geargumenteer kon word dat die kwessie van die
aanvaller se identiteit in wese
ook in geskil was.
Die klaer se getuienis
was, in kort en breë trekke, dat hy die appellant vroeër die
betrokke dag vir die eerste keer in sy lewe
gesien het by Å winkel.
By daardie geleentheid het hy gesien dat die appellant Å vuurwapen
aan sy regtersy gedra het. Volgens
die klaer het hy vuurwapens
geken en was dit Å .38 kaliber rewolwer.
Die
betrokke aand by die taverne was daar die een of ander vorm van
onenigheid tussen ene Ruben en Å man genaamd Tao en het die
klaer
op Å stadium teenoor die appellant opgemerk dat:
âmoet
die laaities so aangaan? Hulle is âhomeboysââ
.
Volgens
die klaer het hy toe, nadat hy eers weer Å drankie geniet het, uit
die tavernegebou beweeg omdat hy
âbedompigâ
gevoel het en onmiddellik buitekant die traliedeur van die gebou
gaan staan. Terwyl hy in ân rigting weg van die taverne gekyk
het, het hy Å skoot gehoor en
âgevoel
ek word warm hier onder my blaaieâ
.
Toe hy omkyk, het hy die appellant gesien waar hy ongeveer ses treë
van hom gestaan het. Die appellant, wat volgens die klaer
op
daardie stadium Å baadjie aangehad het, het kort daarna weer Å
skoot afgevuur wat die klaer in sy heup getref het. Volgens
die
klaer het hy, met die afvuur van die tweede skoot, gesien dat die
appellant sy hand onder sy baadjie gehad het, dat die loop
van die
vuurwapen onder die baadjie uitgesteek het en dat vonke by die loop
uitgekom het toe die skoot afgegaan het. Die klaer
het toe sy
bewussyn verloor en is later deur Å ambulans vanaf die toneel
verwyder.
Volgens die klaer was
die betrokke toneel belig deurdat ligte vanuit die tavernegebou na
buite geskyn het, en ook deurdat straatligte
gebrand het, en kon hy
alles duidelik sien. Dit was dan, in kort, die klaer se weergawe.
Die Streeklanddros het
bevind dat die klaer as getuie Å goeie indruk gemaak het en dat sy
getuienis geloofwaardig was. Dit is
geykte reg dat ŠHof van appél
nie ligtelik sal inmeng met die geloofwaardigheidsbevindinge van Å
verhoorhof nie, en wel omdat
die verhoorhof, as gevolg van die
geleentheid om getuies persoonlik waar te neem in die getuiebank, in
Å heelwat beter posisie
verkeer om hieroor Å oordeel te vel.
Die wese van die
appellant se weergawe was dat hy en vriende van hom die betrokke
aand by die taverne opgedaag het. Omdat hulle
gepoog het om van
buite drank in die gebou in te neem, is hulle almal gevisenteer, die
appellant inkluis. Geen wapens van enige
aard is op daardie stadium
by hulle gevind nie en gevolglik was die appellant dan ook volgens
hom ongewapen toe hy die gebou binnegegaan
het.
Gedurende die aand was
daar ook op die appellant se weergawe onenigheid tussen bepaalde
persone, een waarvan die gemelde Ruben was,
en het die appellant op
Å stadium vir Ruben Å klap gegee. Volgens die appellant was daar
toe Å konfrontasie tussen hom en die
klaer daaroor.
Die
appellant se weergawe was voorts dat die klaer toe op Å stadium die
gebou verlaat het en Å rukkie later vir hom (die appellant)
gewink
het om ook na buite te kom. Volgens die appellant sou die klaer toe
alreeds duidelik gemaak het dat hy met hom wou baklei.
Die
appellant is toe uit en het die klaer buite die deur van die gebou
aangetref. Hy het die klaer gevra wat hy wou maak, en op
daardie
stadium het hy Å skoot gehoor klap. Hy het van die gebou af
weggehardloop, en nog skote gehoor klap. Hy het later op
stadig-bewegende treintrokke gespring en so vanaf Hartswater (waar
die voorval plaasgevind het) weggevlug. Dit, in kort en onderworpe
aan wat volg, was die appellant se weergawe.
Daar is ook twee
getuies geroep om namens die appellant te getuig, naamlik die
18-jarige mnr Mark Rabie (wat tydens die gebeure
maar slegs 15 jaar
oud was) en mnr Marks Kgarebe. Rabie was Å vriend van die
appellant wat ook die aand by die taverne was, terwyl
Kgarebe
werksaam was by die betrokke taverne en volgens hom die appellant
die betrokke aand vir die eerste keer gesien het.
Die appellant en sy
twee getuies se getuienis was na my oordeel deurspek met
onwaarskynlikhede en strydighede, beide inherent en
onderling. Ek
handel vervolgens met die meer wesenlikes daarvan.
Die
appellant se getuienis was dat hy op geen stadium van die betrokke
dag Å vuurwapen by hom gehad het nie. Die klaer se getuienis
dat
hy reeds gedurende die middag by die winkel Å vuurwapen in die
appellant se besit gesien het, is nooit in kruisverhoor aangeval
nie. Die stelling wat in hierdie verband namens die appellant aan
die klaer gemaak was, was baie duidelik dat
â...
die beskuldigde sê hy het nie Šholster of Švuurwapen by hom
gehad nie
hierdie
aand by die âtavernâ
nieâ
.
Dit
het geblyk dat Rabie in sy polisieverklaring gesê het dat hy wel
die aand Å vuurwapen aan die appellant se regtersy gesien
het, in Å
ligbruin holster, maar dat hy nie die appellant daaroor uitgevra het
nie. Nog voordat Rabie oor die verklaring uitgevra
kon word, en toe
hy bloot gevra is of die appellant op daardie dag Å vuurwapen by
hom gehad het, het hy vorendag gekom met die
bewering dat
âdie
ondersoekbeampte wat die saak ondersoek het, het my onder druk
geplaas en toe sê ek maar nou hy het Å vuurwapen gehad ...â
.
Dit
kom op die oog af onwaarskynlik voor dat Rabie, indien hy bloot
onder druk geplaas sou gewees het om te sê dat die appellant
Å
vuurwapen gehad het, sou bygevoeg het dat dit nogal in Å ligbruin
holster was en dat hy nooit die appellant daaroor uitgevra
het nie.
Sy saak was nooit dat die polisie hom ook onder druk geplaas het om
dié detail te verskaf nie.
Hoe
dit ookal sy, dit het uit Rabie se eie getuienis geblyk dat sy ouers
teenwoordig was by die neem van die verklaring. Afgesien
daarvan
dat dit hoogs onwaarskynlik is dat Å polisiebeampte onder daardie
omstandighede op Rabie sou geskree het en hom sou gedreig
het om Å
vals verklaring te maak, is nie een van sy ouers in elk geval geroep
om hierdie getuienis van hom te staaf nie.
Toe
Rabie gekonfronteer is met die detail wat hy tog in die
polisieverklaring verstrek het, en dit aan hom voorgehou is dat hy
iets moes gesien het die betrokke aand, het hy vir die eerste keer
vorendag gekom met die bewering dat hy eintlik onder die invloed
van
drank was; ooglopend in Å poging om Å antwoord op die vraag te
vermy. Hoe dit ookal sy, selfs al was Rabie op sy eie weergawe
Å
âou
vriendâ
van die appellant, was hyself nie bereid om verder te gaan nie as om
te sê:
âek
kan nie presies sê of Hannes Å vuurwapen gehad het, ...â
.
Kgarebe
het beweer dat hy op geen stadium Å vuurwapen by die appellant
gesien het nie, en het aangevoer dat hy dit sou gesien het
as die
appellant een gehad het. Kgarebe het egter taamlik kleigetrap in
kruisverhoor toe hy versoek is om te verduidelik hoe hy
dit
noodwendig sou gesien het indien die appellant Å baadjie aangehad
het.
Kgarebe het verder die
appellant se weergawe weerspreek deur te getuig dat nòg die
appellant nòg enigiemand anders die betrokke
aand by die taverne
gevisenteer is.
Seker
die mees verdoemende aanduiding dat die appellant wel Å vuurwapen
in sy besit moes gehad het, het egter voorgekom in die
appellant se
eie getuienis dat, toe hy buite by die klaer gekom het, die klaer
hom gevra het
âof
ek nog wil
skiet
of bakleiâ
.
Waar op aarde sou die klaer daaraan gekom het dat die appellant hom
ooit wou skiet, indien hy nooit Å vuurwapen in die appellant
se
besit gesien het nie en daar nooit sulke sprake gewees het nie?
Die appellant se
weergawe was verder tot die effek dat hy deurentyd gedurende die
gebeure in die taverne aan die ontvangkant was
van die klaer se
aggressie en dat die klaer die een was wat wou baklei. Soos reeds
gemeld, het die appellant ook beweer dat die
klaer hom na buite
gewink het, klaarblyklik dan met die doel om te baklei.
In die appellant se
eie weergawe was egter vele aanduidings dat hy, inteendeel, die een
was wat die aand die aggressor was en wat
wou baklei met almal. So,
byvoorbeeld, het die appellant op sy eie weergawe vir Ruben geklap,
en het hy ook op sy eie weergawe
reeds vroeër die aand in Å
stryery betrokke geraak omdat hy en sy vriende drank by die taverne
wou inneem.
Kgarebe het heelwat
kleigetrap oor wie van die appellant of die klaer eintlik die
aggressor was en het homself hieroor weerspreek.
Afgesien daarvan
dat hy dus wel by geleentheid pertinent gesê het dat die appellant
die aggressor was, het hy verder die appellant
se weergawe in
hierdie verband totaal weerspreek deur te getuig dat die appellant
inderdaad die persoon was wat eerste die tavernegebou
verlaat het,
nog vòòr die klaer. Dit was totaal strydig met die appellant se
bewering dat die klaer eerste uit is en dat die
klaer hom toe na
buite gewink het.
Soos
reeds gemeld, was die klaer se getuienis dat die beligting op die
toneel goed was en dat hy alles duidelik kon sien. Dié
getuienis
van die klaer is nooit in kruisverhoor betwis nie. Ten spyte
hiervan, het die appellant in sy getuienis toe vir die
eerste keer
aangevoer dat die beligting op die toneel eintlik
âbietjie
baie dofâ
was en dat dit in wese slegs die ligte van die binnekant van die
gebou af was wat beligting verskaf het (en dus nie straatligte,
soos
wat die klaer getuig het, nie).
Hoe dit ookal sy, op
beide die klaer en die appellant se weergawes moes hulle hoogstens
ses treë van mekaar af weg gewees het toe
die klaer geskiet is.
Hulle was dus baie naby mekaar en op beide se weergawes, hoewel
totaal strydig, moes daar tog voldoende
geleentheid gewees het vir
waarneming.
In elk geval was dit
gemenesaak dat die klaer en die appellant alleen buite die gebou was
toe die klaer geskiet is, en het die appellant
toegegee dat die
skoot nie van binne die taverne gekom het nie. Onder hierdie
omstandighede sou die kwessie van identiteit dus
nie werklik in
geskil gewees het nie.
Dit was eers toe die
appellant in kruisverhoor gekonfronteer is met die vraag wie anders
as hy dan die klaer kon geskiet het, dat
hy vir die eerste keer met
die weergawe vorendag gekom het dat daar geparkeerde voertuie voor
die taverne was. Dit is nooit aan
die klaer gestel nie en dit is
ook nooit aan die klaer gesuggereer dat hy verwond kon gewees het
deur skote wat vanuit geparkeerde
voertuie afgevuur sou gewees het
nie.
Die appellant was nie
bereid om te erken dat hy, op sy eie weergawe en omdat hy juis toe
volgens hom in Å gesprek met die klaer
gewikkel was, noodwendig sou
moes gesien het toe minstens die eerste skoot die klaer getref het
nie.
Die appellant se
weergawe van hoeveel skote hy sou gehoor het, en op watter stadium,
het ook voortdurend gewissel en aangepas.
In sy pleitverduideliking
het hy aangevoer dat hy aanvanklik een skoot gehoor het, toe
weggehardloop het en in daardie proses nog
drie skote gehoor het.
In kruisverhoor van
die klaer is dit egter gestel, namens die appellant, dat daar
aanvanklik een skoot was, dat die appellant toe
weggehardloop het in
die rigting van die hoek van die betrokke gebou, dat hy toe nog twee
skote gehoor het voordat hy die hoek
bereik het en dat, nadat hy om
die hoek was en in Å straat verder weggehardloop het, hy nog Å
skoot gehoor het.
Tot
op daardie stadium was daar dus nòg in die appellant se
pleitverduideliking nòg in die stellings aan die klaer enige sprake
daarvan dat daar ooit op die appellant self geskiet sou gewees het
of dat enige skote vanuit Å bewegende voertuig afgeskiet sou
gewees
het.
In sy hoofgetuienis
het die appellant toe egter vorendag gekom met Å nuwe weergawe,
waarvolgens daar aanvanklik, en dus op die
toneel onmiddellik buite
die deur van die taverne, inderdaad twee skote was (en nie net een
nie), die appellant toe in die veld
weggehardloop het (en nie in Å
straat, of om Šhoek, soos vroeër aan die klaer gestel nie) en
daar toe Å verdere twee skote
toe vanuit Å bewegende voertuig op
hom (die appellant) gevuur sou gewees het terwyl hy besig was om in
die veld te vlug. Nodeloos
om te sê, kon die appellant hoegenaamd
nie verduidelik waarom hierdie weergawe nooit voorheen aan die klaer
gestel is nie.
Waarom het die
appellant totaal weggevlug, nie alleen van die toneel af nie maar
uit Hartswater? Hy kon mos maar bloot gevlug het
tot waar hy
skuiling kon gevind het, en meer in die besonder kon hy terug in die
tavernegebou in gevlug het. Sy verduideliking
dat daar vriende van
die klaer kon gewees het, gaan nie op nie, want op sy eie weergawe
het hy mos niks hoegenaamd aan die klaer
gedoen nie.
Rabie het, in Å
ooglopende poging om sy vriend (die appellant) te staaf, in sy
getuienis ook beweer dat hy saam met die appellant
weggehardloop
het. Dit was natuurlik inderdaad strydig met die appellant se
weergawe, aangesien die duidelike implikasie van sy
weergawe was dat
hy alleen gevlug het.
Afgesien
hiervan was Rabie se vertelling van die vlugtog, en van die roete
waarlangs die twee van hulle sou gehardloop het, nie
alleen inherent
deurspek met weersprekings nie, maar ook totaal strydig met die
appellant se weergawe.
Op
Rabie se weergawe sou die appellant eers vir hom gestaan en wag het,
ná die skietery, en sou die twee van hulle toe weggehardloop
het.
Dit sou hoegenaamd nie by die appellant se weergawe inpas nie, en
was ook nie wat hy getuig het nie. Volgens hom het hy
onmiddellik
toe die skietery begin het, gevlug. Op Rabie se weergawe was daar
ook nooit sprake daarvan dat die appellant in die
veld in sou gevlug
het nie, en ook natuurlik nie dat daar ooit vanuit Å bewegende
voertuig skote op die appellant gevuur is nie.
Volgens Rabie sou hy
nog, terwyl hy en die appellant so weggehardloop het, vir die
appellant gevra het wat gebeur het, waarop die
appellant vir hom sou
gesê het om nie bekommerd te wees nie. Dit is eenvoudig totaal
onwaarskynlik dat die appellant, gegewe
sy eie weergawe van die
gebeure, so Å antwoord aan Rabie sou verstrek het.
Die klaer se getuienis
is in geen wesenlike opsig in kruisverhoor afgekraak nie. Die
Streeklanddros het dit met die vereiste versigtigheid
beoordeel en
daar is na my oordeel geen basis waarop daar ingemeng kan word met
die Streeklanddros se geloofwaardigheidsbevinding
ten aansien van
die klaer nie. Ek meen verder dat die Streeklanddros tereg die
appellant se weergawe verwerp het as nie redelik
moontlik waar nie.
Gevolglik is daar na my oordeel geen meriete hoegenaamd in die appél
teen die skuldigbevinding nie.
Wat die vonnis betref,
is namens die appellant aan die hand gedoen dat die appellant se
persoonlike omstandighede onderbeklemtoon
is. Die Streeklanddros
het egter na my oordeel die appellant se persoonlike omstandighede
behoorlik oorweeg. Dit was ondermeer
dat die appellant Å 29-jarige
ongetroude vader van vyf minderjarige kinders was (wat almal by
hulle moeders woonagtig was) en
dat hy skolasties tot matriek
gevorder het.
Alhoewel
die Streeklanddros klaarblyklik aanvaar het dat die appellant nog
ten tye van die pleging van die onderhawige oortreding
werksaam was,
is dit inderdaad in strafversagting destyds voorgehou dat die
appellant slegs werksaam was tot Februarie 1998, terwyl
die voorval
eers in Junie 1998 plaasgevind het.
Wat
ookal egter in hierdie persoonlike omstandighede versagtend mag
gewees het, is totaal oorskadu deur die erns en gevolge van
die
appellant se misdaad. Hy het die klaer op Å kort afstand twee keer
geskiet, met die opset om hom te dood. Alhoewel die klaer
gelukkig
mag wees om te oorleef het, het die appellant se aanval die klaer
vir die res van sy lewe in Å rolstoel gekluister gelaat.
Ek kan my
kwalik Å meer ernstige geval van poging tot moord voorstel.
Dit
is so dat daar Å lang tyd verloop het tussen die voorval en die
uiteindelike verhoor, en ek sal aanvaar dat die appellant deurentyd
in hegtenis verkeer het. Dit blyk egter dat hy by vonnisoplegging
reeds besig was om twee ander vonnisse uit te dien, een waarvan
vyf
jaar gevangenisstraf was. Vir soverre hy dus tussen die datum van
die onderhawige voorval en die vonnis verhoorafwagtend mag
verkeer
het (en nie reeds besig was om Å ander vonnis uit te dien nie), is
dit onwaarskynlik dat dit slegs op die onderhawige
saak kon gewees
het.
Selfs
al sou die appellant se vorige veroordelings van twee huisbrake (met
die opset om te steel en diefstal) en Å ontsnapping
nie aangemerk
kon word as aanduidend van Å geweldsneiging nie, is dit minstens
aanduidend van Å gebrek aan respek vir die regte
van ander, en vir
die regspleging in die algemeen. Kortom, die appellant was beslis
nie Å eerste kennismaker met die gereg, of
met die binnekant van Å
gevangenis, nie.
Die
Streeklanddros het ook rekening gehou met die ander vonnisse wat die
appellant reeds besig was om uit te dien, en met die moontlike
kumulatiewe effek daarvan tesame met die onderhawige vonnis.
Na my oordeel het die
Streeklanddros geen wesenlike mistasting begaan nie en kan die
opgelegde vonnis, alhoewel swaar, nie aangemerk
word as skokkend of
onvanpas nie. Gevolglik is daar geen basis waarop daar met die
vonnis ingemeng kan word nie.
In die omstandighede
word die volgende bevel gemaak:
Die appél teen die
skuldigbevinding en die vonnis word afgewys.
_______________________
C J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Ek
stem saam en dit word so gelas.
_______________________
H J LACOCK
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Namens
Appellant: Adv J J Cloete
In
opdrag van: Regshulp Sentrum
Namens die Staat: Adv
M G W Bagananeng
In
opdrag van: Direkteur van Openbare Vervolgings