Malimabe v Morake (A50/2005) [2007] ZAFSHC 150 (13 December 2007)

40 Reportability
Civil Procedure

Brief Summary

Civil Procedure — Application for dismissal of action — Rule 27(5) of the Magistrates' Court Rules — Respondent's failure to set matter down for hearing within 15 days after closing of pleadings — Appellant's application for dismissal made nearly one year after pleadings closed — Application dismissed on grounds of being out of time — Appeal against dismissal of application — Appeal dismissed with costs.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 150
|

|

Malimabe v Morake (A50/2005) [2007] ZAFSHC 150 (13 December 2007)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèl Nr. : A50/2005
In
die appèl tussen:-
L
J MALIMABE
Appellant
en
S
W MORAKE
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
BECKLEY,
R
et
MOCUMIE,
WND R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
10
DESEMBER 2007
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
BECKLEY
R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
13
DESEMBER 2007
_____________________________________________________
[1] In hierdie geding het
die respondent (eiser in die hof
a
quo
)
aksie ingestel teen die appellant (verweerder in die hof
a
quo
)
vir betaling van die bedrag van R87 000,00 tesame met rente en koste.
Ek verwys hierin na die partye soos hulle in die pleitstukke
bekendstaan.
[2] Voormelde geding is
ingestel op 22 Mei 2002. Die verweerskrif is geliasseer op 22
November 2002. Daarna en wel op 12 Mei 2003
is die saak ter rolle
geplaas vir verhoor op 3 Julie 2003. Op laasgenoemde datum was die
verweerder se regsverteenwoordiger, ene
Marais, afwesig en is die
saak uitgestel vanweë sy afwesigheid
sine
die
met
‘n bestraffende kostebevel teen die verweerder.
[3] Teen Desember 2003
was die saak nog nie weer ter rolle geplaas deur die eiser nie, en
het die verweerder aansoek gedoen in terme
van Hofreël 27(5) van die
Landdroshof vir die afwysing van die eiser se vordering. In die
aansoek in terme van voormelde reël
is aangedui dat die aansoek
aangehoor sou word op 29 Januarie 2004. In die “aansoek in terme
van Reël 27(5)” (aansoek) meld
die verweerder dat voormelde
aansoek geloods sal word “aangesien die eiser versuim het om die
aangeleentheid te plaas vir verhoor
binne 15 dae na sluiting van die
pleitstukke”. Nadat die aansoek in terme van Reël 27(5) ingedien
is, en wel voor dit kon aangehoor
word op die 29ste Januarie 2004,
het die eiser op 16 Januarie 2004 die aksie ter rolle geplaas vir
verhoor op 25 Maart 2004.
[4] Die feit dat die
eiser die aksie ter rolle geplaas het vir verhoor nadat die
verweerder die kennisgewing of aansoek ingedien ingevolge
Reël
27(5), het nie die regsgeldigheid van die aansoek in terme van Reël
27(5) affekteer nie. Nadat die aansoek beredeneer is
op 29 Januarie
2004, het die hof
a
quo
die
aansoek afgewys met koste. Dit is teen daardie afwysing van die
aansoek wat die verweerder nou as appellant in hoër beroep
kom.
[5] Die
appèl kan nie slaag nie, vanweë die volgende redes:
Reël 27(5) is slegs van
toepassing vir ‘n periode van 15 dae na die datum van sluit van die
pleitstukke, en, in die lig daarvan
dat die verweerskrif ingedien is
op 22 November 2002, het sodanige datum aangebreek tien dae na 22
November 2002. Vir ‘n periode
van 15 dae na laasgenoemde datum,
was die verweerder geregtig om aansoek te doen vir die afwysing van
die eiser se aksie uit hoofde
van die bepalings van Reël 27(5). In
die lig daarvan dat die voormelde aansoek eers ingedien is op die
11de Desember 2003, dit
wil sê, bykans ‘n jaar nadat die
pleitstukke gesluit het, spreek dit vanself dat die periode van 15
dae reeds lank voor daardie
datum verstryk het. Na die verstryking
van die periode van 15 dae, was die verweerder nie by magte om
enigsins hom te beroep op
die bepalings van Hofreël 27(5) nie.
[6] Vergelyk
GELDENHUYS
v VLOK
,
1946 KPA 587 te 590 en
VONCK
v FRASERBURG MUNISIPALITEIT
,
1974 (1) SA 777
(K) te 781.
[7] Bygevolg
word die appèl afgewys met koste.
_______________
A.P. BECKLEY, R
Ek stem saam.
____________________
B.C. MOCUMIE, WND R
Namens
die applikant: Adv. A. H. Burger
In
opdrag van:
Kramer,
Weihman & Joubert
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. J. Gilliland
In
opdrag van:
Cloete
& Neveling Ing.
HARRISMITH
/em