About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 146
|
|
Thafeni v S [2007] ZAFSHC 146 (13 December 2007)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèl Nr. : A189/2005
In
die appèl tussen:-
VICTOR
THAFENI
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
VAN
ZYL, R
et
VOGES, WND R
____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN
ZYL, R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
22
OKTOBER 2007
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
13
DESEMBER 2007
_____________________________________________________
[1] Appellant
het in die Streekhof, Bloemfontein, tereggestaan op ân aanklag van
verkragting deurdat hy na bewering op 22 Junie
2001 vir Maria Seale
(âdie klaagsterâ), ân volwasse vrou, verkrag het. Appellant
het regsverteenwoordiging in die hof
a
quo
geniet.
Hy het onskuldig gepleit, maar is op 15 April 2002 skuldig bevind
soos aangekla en is hy op voormelde datum gevonnis tot 12
(twaalf)
jaar gevangenisstraf.
[2] Appellant
kom nou in hoër beroep teen die skuldigbevinding sowel as die
opgelegde vonnis. Dit dien vermeld te word dat die Kennisgewing
van
Appèl wat aanvanklik deur appellant geliasseer was, duidelik
gebrekkig was deurdat dit na ân skuldigbevinding op ân aanklag
van moord verwys. Op 6 Maart 2007 is daar egter ân behoorlike
gewysigde Kennisgewing van Appèl, tesame met ân kondonasie aansoek
vir die laat liassering daarvan, deur die Regshulpraad namens
appellant geliasseer. Ek is tevrede met die verduideliking wat in
die kondonasie aansoek uiteengesit is met betrekking tot die
liassering van die aanvanklike foutiewe Kennisgewing van Appèl en
die
gevolglike laat liassering van die gewysigde Kennisgewing van
Appèl. Gevolglik word kondonasie aan appellant verleen vir die laat
liassering van ân behoorlike Kennisgewing van Appèl.
[3] Die klaagster, ân
vrou van ongeveer 45 jaar oud, wie nie skoolgegaan het nie en met
twee kinders, het getuig dat sy die aand
van die voorval vanaf haar
werkgewer se huis te Ehrlichpark, waar sy ook woonagtig was, geloop
en na die appellant se vrou gegaan
het, aangesien laasgenoemde haar
geroep het. Die appellant is aan die klaagster bekend as Victor
aangesien hy ân vriend was van
die klaagster se vrykêrel. Die
appellant se vrou is ook goed bekend aan die klaagster. Die
klaagster het toe na die perseel gegaan
waar die appellant werk en
waar hy en sy vrou ook woonagtig was. Op die stadium wat sy haar
huis verlaat het, was dit sononder.
Toe sy by die perseel opdaag,
het sy geroep en het appellant se vrou vir haar kom oopmaak. Hulle
het die appellant en sy vrou se
huis binnegegaan. Die appellant se
vrou was besig om ân brousel voor te berei. Die klaagster, die
appellant en sy vrou het daarvan
gedrink. Op ân later stadium het
die klaagster vermeld dat dit laat raak en dat sy oppad is na haar
vrykêrel in die swart woonbuurt.
Volgens haar het sy op daardie
stadium nie baie gedrink nie, aangesien die brousel net kort voor dit
voorberei was. Die appellant
se vrou het toe halfpad saam met die
klaagster geloop en die hek vir haar oopgemaak, waarna die appellant
se vrou weer die hek toegesluit
het en die klaagster alleen
voortgestap het. Toe sy ân entjie weg was vanaf die perseel het sy
gevoel dat ân persoon haar aan
haar klere gryp van agter en toe sy
omkyk, het sy gemerk dat dit die appellant was. Sy het hom gevra
waarom hy haar so van agter
gryp. Hy het haar meegedeel dat hy haar
halfpad gaan neem. Die klaagster het daarop vir hom gesê dat dit
goed sal wees as hy haar
halfpad sou neem, aangesien dit reeds laat
in die aand was. Terwyl hulle nog so geloop het, het appellant haar
aan haar klere gegryp
en in die bossies ingetrek. Sy het geskree,
maar appellant het vir haar gesê as sy skree, gaan hy haar doodwurg.
Hoewel dit donker
was op daardie stadium, kon sy die appellant sien
in die lig wat skyn vanaf die spoornet hostel wat daar naby geleë
is. Die appellant
het haar toe op die grond neergelê en haar
verkrag. Na die verkagting het appellant vir haar gesê dat hy haar
gaan halfpad neem,
maar dat sy nie vir haar vrykêrel moes sê dat hy
haar verkrag het nie. Sy het op daardie stadium onderneem om nie
iets te sê
nie. Hulle het saamgeloop tot waar haar vrykêrel woon.
Hy was egter nie tuis nie en is sy meegedeel deur seuns wat daar ân
vuur
gemaak het, dat haar vrykêrel na sy oudste broer se huis is.
Sy het die appellant daar by die seuns by die vuur agtergelaat en
haar vrykêrel gaan opsoek.
Toe
sy by haar vrykêrel opdaag, het sy hom vertel dat die
appellant
haar verkrag het. Sy het ook vir hom uitgewys dat sy vol gras is,
selfs tot agter op haar agterkop. Haar vrykêrel het toe onmiddellik
voorgestel dat hulle na Batho polisiestasie moes gaan, wat hulle
gedoen het.
[4] Gedurende
kruisverhoor het sy ân stelling dat die appellant haar ân week
voor die voorval, synde die 15de Junie, die laaste
keer gesien het en
geensins die aand van die voorval gesien het nie, ontken. Op ân
stelling aan haar dat die motief vir haar klagte
daarin geleë is dat
sy die appellant valslik inkrimineer as gevolg van ân messtekery
wat gedurende Mei-maand van daardie jaar,
synde 2001, tussen die
appellant en haar vrykêrel plaasgevind het, het sy aangedui dat sy
nie daarvan kennis dra nie en dat dit
nie die rede is waarom sy ân
klag teen die appellant gelê het nie. Op verdere kruisverhoor met
betrekking tot hoeveel sy sou
gedrink het, het sy aangedui dat sy
twee âskaleâ gedrink het, ân skaal om ongeveer 12 â 13 cm
lank te wees.
[5] Die
klaagster se vrykêrel, Doctor Hlaba, het getuig dat hy 38 jaar oud
is en standerd 10 op skool geslaag het. Hy het bevestig
dat hy ten
tyde van die voorval ân liefdesverhouding met die klaagster gehad
het en dat hy steeds in sodanige liefdesverhouding
met haar betrokke
is. Hy het bevestig dat die appellant reeds redelik lank voor die
voorval goed aan hom bekend is. Die aand van
die voorval was hy by
sy oudste broer se huis. Die klaagster het daar opgedaag en sy het
gehuil. Sy het aan hom verduidelik dat
sy vanaf haar werksplek gekom
het oppad na hom, maar dat sy toe deur beskuldigde se vrou genooi was
om vir haar te kom kuier en saam
met haar te gaan drink. Hy het
opgemerk dat sy vol gras was agter haar kop en agter aan haar liggaam
en haar klere. Sy het toe
aan hom rapporteer dat die appellant haar
verkrag het. Hy het toe voorgestel dat hulle na Batho polisiestasie
moes gaan, wat hulle
toe gedoen het.
Gedurende
kruisverhoor het hy bevestig dat daar voor die datum van die voorval
wel probleme tussen hom en die appellant was, deurdat
die appellant
op ân stadium hom wou laat doodmaak en by ân ander geleentheid
hom met ân mes gesteek het. Aangesien hy nie
lekker gevoel het oor
daardie voorvalle nie, het hy dit met sy oudste broer bespreek en het
sy oudste broer aangedui dat hy dit met
die appellant sou bespreek.
Volgens die getuie wou hy nie ân klagte teen die beskuldigde lê
nie, aangesien dit nie lekker is
om ân klagte teen ân ander
persoon te lê nie. Die getuie was adamant daaromtrent dat hy die
appellant vergewe het ten opsigte
van daardie vorige twee voorvalle
en dat daar gevolglik vir hom geen motief was om die appellant
valslik te inkrimineer nie.
[6] ân
J88 mediese verslag, opgestel deur Dr. Kriger, is by ooreenkoms
tussen die Staat en die verdediging ingehandig as bewysstuk
âAâ.
Hoewel die verslag reflekteer dat daar geen sigbare genitale
beserings is nie, meld dit ook dat dit nie onder die bepaalde
omstandighede die plaasvind van die verkragting uitsluit nie. As
bewysstuk âBâ is daar ân verslag van die forensiese wetenskap
laboratorium, Pretoria, ingehandig, welke aangedui het dat daar nie
ân eenduidige DNA resultaat ten opsigte van die bewysstukke
in die
aangeleentheid verkry kon word nie.
[7] Dit
het die staatsaak voltooi.
[8] Die
appellant het in sy eie verdediging getuig. Hy het ontken dat hy die
klaagster die aand van die voorval sou gesien het.
Hy het wel
bevestig dat die klaagster en haar vrykêrel aan hom bekend is en ook
dat sy vrou en die klaagster aan mekaar bekend is.
Volgens hom het
hy die klaagster die aand van 15 Junie 2001 die laaste keer gesien.
Daardie aand het hy en sy vrou die klaagster
halfpad huistoe
vergesel, waarna hy en sy vrou teruggestap het na die perseel waar
hulle woonagtig is. Volgens hom was hy die heelnag
as
sekuriteitsbeampte aan diens die aand van die voorval, synde 22 Junie
2001, vanaf 18h00 die aand tot 06h00 die oggend. Hy het
nié die
klaagster die aand van die beweerde voorval gesien nie. Tydens sy
getuienis het dit geblyk dat die voorvalle wat tussen
hom en die
getuie Hlaba plaasgevind het, reeds ongeveer September-maand, die
jaar voor die voorval, synde in die jaar 2000, plaasgevind
het. Hy
het inderdaad ook bevestig dat die speurders hom meegedeel het dat
die getuie Hlaba nie op daardie stadium ân klagte ten
opsigte van
die messtekery teen hom wou lê nie, maar verlang het dat hulle die
ding moes uitpraat.
[9] Dit
het die verdedigingsaak voltooi.
[10] Wat
betref die meriete van die appèl, was Mnr. Skibi, namens appellant,
se argumente hoofsaaklik op twee gronde baseer, synde
dat aangesien
dit donker was, die identifikasie van appellant deur die klaagster
nie betroubaar is nie en tweedens dat die klaagster
ân motief gehad
het om appellant valslik te inkrimineer.
[11] Wat
betref die identifisering van die appellant deur die klaagster is dit
inderdaad so dat die klaagster ân enkel getuie is
wie se getuienis
met versigtigheid benader moet word. Dit blyk egter duidelik uit die
uitspraak dat die verhoorlanddros inderdaad
haar getuienis met
versigtigheid benader het en desnieteenstaande bevind het dat sy ân
goeie getuie was. (Sien uitspraak, p. 39,
reël 16 â p. 40, reël
10.) Hoewel dit so is dat dit reeds donker was op die stadium van
die voorval en sy die appellant slegs
kon herken in lig wat vanaf ân
nabygeleë hostel geskyn het, meen ek dat daar bevestiging en stawing
in die klaagster se identifisering
van die appellant is deurdat sy
hom nie net gesien het nie, maar inderdaad ook met hom gepraat het.
In dié verband verwys ek na
die volgende gedeeltes van die rekord:
â
Die persoon gryp my aan my
kledingstuk van agter en toe ek omkyk toe sien ek dat die Victor is.
Ek vra toe vir hom nou maar waarom
gryp hy my so van agter af. Hy
sê, nee, hy vat my halfpad. Ek sê vir hom, nee, dit is reg as jy
my halfpad vat, want dit is alreeds
laat in die aand.â
(Sien rekord, p. 5
reëls, 20 â 25)
en
â
Hy gryp my van agter af aan my
klere. Ek kyk toe om en ek sien maar dit is Victor. En ek vra vir
hom, nou maar hoekom gryp jy so
aan my klere van agter af. Hy sê,
nee, vat jou halfpad.â
(Sien rekord, p. 14, reël
19 â 22)
Addisioneel tot voormelde
moet in ag geneem word dat die klaagster ook weer ná die verkragting
met die appellant gepraat het en hy
nog verder saam met haar gestap
het tot waar die jong seuns by ân vuur gestaan het.
â
Nadat u verkrag was, wat gebeur toe
daar? â Na hy klaar was, het hy afgeklim van my af en opgestaan.
Hy het aangetrek. Hy sê
toe vir my hy gaan my halfpad vat, maar ek
moet nie vir my vrykêrel sê dat hy my verkrag het nie.
Wat
maak u toe verder? â Ek het toe vir hom gesê, nee, ek sal nie vir
hom sê nie. Ons het toe saamgeloop tot daar waar my vrykêrel
woon.
Ek kry jong seuns daar wat ân vuur daar gemaak het. Die kinders
sê vir my, my vrykêrel is na sy oudste boetie se huis
toe. Ek het
toe die beskuldigde daar gelos by hierdie seuns daar by die vuur.â
(Sien rekord, p. 7, reël
13 â 24)
[12] Na my mening bestaan
daar gevolglik geen basis waarop die klaagster se identifisering van
die appellant bevraagteken kan word
bloot omdat daar beperkte lig was
nie.
[13] Wat
betref die argument dat die klaagster ân motief gehad het om
appellant valslik te inkrimineer, meen ek dat dit hoogs onwaarskynlik
is. Op appellant se eie weergawe het die klaagster se vrykêrel, die
getuie Hlaba, die appellant vergewe ten opsigte van die vorige
voorvalle en was dit juis die getuie Hlaba se wens dat hy nie ân
klagte teen die appellant wou lê nie en verkies het om dit uit
te
praat. Dit spreek nie van die tipe gedrag van ân persoon wat
daaropvolgend die klaagster sou gebruik of manipuleer om ân
vals
klagte teen die appellant te lê nie. Dit is ook hoogs onwaarskynlik
dat die klaagster dit uit eie beweging sou doen, aangesien
dit blyk
dat sy en haar vrykêrel nog nie in ân verhouding was op die
stadium wat haar vrykêrel die probleme met die appellant
gehad het
nie en dit duidelik is dat daar onmiddellik voor die voorval ân
goeie verhouding tussen die klaagster, die appellant
en sy vrou
geheers het. Wat die bewering van valse inkriminasie nog meer
onwaarskynlik maak, is die feit dat die messtekery tussen
die getuie
Hlaba en die appellant reeds ongeveer ses tot nege maande voor die
voorval van verkragting plaasgevind het. Indien die
klaagster of die
getuie Hlaba die motief gehad het om die appellant valslig te
inkrimineer, sou mens verwag dat dit, op waarskynlikhede,
kort na die
voorval van die messtekery sou plaasvind.
[14] Na
behoorlike oorweging van al die getuienis voor die hof, meen ek dat
daar geen basis is waarop ingemeng kan of behoort te word
met die
verhoorlanddros se bevinding dat die Staat die skuld van die
appellant bo redelike twyfel bewys het nie. Die appèl teen
die
skuldigbevinding kan derhalwe nie slaag nie.
[15] Wat
die opgelegde vonnis betref, blyk dit dat die appellant, onder
andere, ân vorige veroordeling van verkragting het ten opsigte
waarvan hy gedurende 1989 vyf jaar gevangenisstraf opgelê is. Dit
blyk uit die verhoorlanddros se redes vir die opgelegde vonnis
dat hy
die vorige veroordeling van verkragting in ag geneem het by
vonnisoplegging met die gevolg dat hy dit geag het dat appellant
vir
doeleindes van artikel 51 van die Strafregwysigingswet, 105 van 1997,
geag moet word ân tweede oortreder ten opsigte van verkragting
te
wees en dat ân voorgeskrewe minimum vonnis van 15 (vyftien) jaar
gevangenisstraf ooreenkomstig die bepalings van artikel 51(2)(b)(ii)
gevolglik toepassing vind. Daaropvolgend het die verhoorlanddros by
implikasie bevind dat daar wesenlike en dwingende omstandighede
bestaan wat die afwyking van die oplegging van die voorgeskrewe
minimum vonnis regverdig en noodsaak deurdat hy toe 12 (twaalf) jaar
gevangenisstraf opgelê het.
[16] Wat voormelde vorige
veroorderling van verkragting betref, het Mnr. Skibi betoog dat in
terme van artikel 271A van die Strafproseswet,
Wet 51 van 1977, het
die 1989 skuldigbevinding aan verkragting as ân vorige veroordeling
verval en het die verhoorlanddros derhalwe
fouteer deur die voormelde
skuldigbevinding as ân vorige veroordeling in ag te neem. Mnr.
Ntimutse, namens die Staat, het met
voormelde interpretasie van
artikel 271A verskil en aan die hand gedoen dat die vorige
veroordeling van verkragting nie in die onderhawige
geval verval het
nie.
[17] Artikel
271A lees as volg:
â
Sekere skuldigbevindings verval
as vorige veroordelings
na
verloop van 10 jaar
271A Waar 'n hof iemand skuldig
bevind het aan-
(a) 'n misdryf
waarvoor gevangenisstraf vir 'n langer tydperk as ses maande sonder
die keuse van 'n boete opgelê
kan word, en-
(i) die
oplegging van vonnis ingevolge artikel 297 (1) (a) uitgestel het en
daardie
persoon ingevolge artikel 297 (2) ontslaan het sonder om
vonnis op te lê of hom nie ingevolge artikel 297 (3) opgeroep het om
voor
die hof te verskyn nie; of
(ii) daardie
persoon ingevolge artikel 297 (1) (c) met 'n waarskuwing of berisping
ontslaan
het; of
(b) enige
ander misdryf as dié waarvoor gevangenisstraf vir 'n langer tydperk
as ses maande sonder die keuse
van 'n boete opgelê kan word,
verval daardie skuldigbevinding as 'n
vorige veroordeling indien 'n tydperk van 10 jaar verloop het na die
datum van skuldigbevinding
aan die betrokke misdryf, tensy gedurende
daardie tydperk so 'n persoon aan 'n misdryf waarvoor gevangenisstraf
vir 'n langer tydperk
as ses maande sonder die keuse van 'n boete
opgelê kan word, skuldig bevind is.
[A. 271A ingevoeg by a. 12 van Wet 5
van 1991 en gewysig by a. 6 (b) van Wet 4 van 1992.]â
Mnr.
Skibi het op die uitspraak in
S
v MQWATHI
1985 (4) SA 22
(T) gesteun ter ondersteuning van sy voormelde
submissie. In laasgenoemde beslissing is onder andere as volg op 25
B â D vermeld:
â
Artikel
303
ter
gelees met die Vyfde Bylae van die herroepe Strafproseswet 56 van
1955 het hierdie beginsel erken deur te bepaal dat die boek gesluit
word by verloop van 10 jaar sonder veroordeling. Vergelyk S v Van der
Poel
1962 (2) SA 19
(K) en S v Makhae en 'n Ander
1974 (1) SA 578
(O)
. Daarna is 'n beskuldigde as eerste oortreder beskou. Hoewel die
Wetgewer met die nuwe Strafproseswet 51 van 1977 die bepaling
nie
herverorden het nie, wat tot gevolg het dat die hof 'n vryer
diskresie het en nie meganies 'n 10 jaar tydperk op vorm SAP 69
in
berekening bring nie, beteken dit tog nie dat die heilsame beginsel
wat in die Bylae vervat was nie meer toepaslik is nie. Waar
die hof
nou 'n ongebonde maar regterlike diskresie uitoefen, kan, met
inagneming van die aard, aantal en omvang van vorige soortgelyke
misdrywe en die tydsverloop tussen hulle en die onderhawige, besluit
word om, waar laasgenoemde tydsverloop selfs wesenlik minder
is as 10
jaar, die vorige oortredings buite rekening te laat en die
beskuldigde as eerste oortreder te behandel.â
Bogemelde uitspraak moet
egter gesien word teen die agtergrond daarvan dat artikel 271A eers
op die wetboek geplaas is by wyse van
Wet 5 van 1991 wat op 23
Desember 1991 in werking getree het. Voormelde uitspraak kan
gevolglik nie gebruik word ter ondersteuning
van ân bepaalde uitleg
van artikel 271A nie.
[18] Gegewe dat artikel
271A wel nou op die wetboek geplaas is, beteken dit na my mening dat
die hof nie meer ân vrye diskresie
het met betrekking tot ân
vorige veroordeling van ouer as tien jaar nie, maar inderdaad uiting
moet gee aan die bepalings van artikel
271A.
[19] Op
ân behoorlike uitleg van artikel 271A(b) blyk dit vir my duidelik
dat die skuldigbevindings wat as vorige veroordelings
na die verloop
van tien jaar verval, is misdrywe
anders
as die
waarvoor gevangenisstraf vir ân langer tydperk as ses maande sonder
die keuse van ân boete opgelê kan word. Anders gestel, hierdie
verval van ân vorige veroordeling sluit nie misdrywe in waarvoor
gevangenisstraf vir ân langer tydperk as ses maande sonder die
keuse van ân boete opgelê kan word nie. Hierdie uitleg is ook
nagevolg in die uitspraak van
S
v MUGGEL
1998 (2) SASV 414 (CPD) op 419 A:
â
2. In
terms of s 271A previous convictions automatically fall away as
previous convictions after the expiration of a period of ten
years
from the date of conviction
unless
the previous conviction relates to an offence for which the
punishment may be a period of imprisonment exceeding six months
without
the option of a fine or the person has been convicted of an
offence for which punishment may be a period of six months'
imprisonment
without the option of a fine during that period.â
(Eie onderstreping)
[20] In die onderhawige
geval stel die misdryf en vorige veroordeling van verkragting
duidelik ân misdryf daar waarvoor gevangenisstraf
vir ân langer
tydperk as ses maande sonder die keuse van ân boete opgelê kan
word. Die vorige misdryf van verkragting resorteer
dus nie onder die
groep misdrywe wat verval as ân vorige veroordeling na ân tydperk
van tien jaar nie.
[21] Die
verhoorlanddros het derhalwe nie fouteer deur die vorige veroordeling
van verkragting waarop appellant gedurende 1989 skuldig
bevind is, as
ân vorige veroordeling in ag te neem vir doeleindes van voormelde
artikel 51(2)(b)(ii) nie.
[22] Die
laaste aspek wat oorweeg moet word, is of daar enigsins met die
opgelegde vonnis ingemeng kan word op die basis dat dit skokkend
swaar en onvanpas is onder die omstandighede. Voortspruitend uit
voormelde gevolgtrekking dat die vorige veroordeling van verkragting
wel in ag geneem moet word, het dit tot gevolg dat die voorgeskrewe
minimum vonnis 15 (vyftien) jaar gevangenisstraf is. Soos reeds
vermeld, het die verhoorlanddros bevind dat daar wesenlike en
dwingende omstandighede bestaan wat die oplegging van ân mindere
vonnis dan die voorgeskrewe minimum regverdig. Appellant is 42 jaar
oud, het standerd 6 op skool geslaag en het ân kursus in
sekuriteitsopleiding
ondergaan. Ten tyde van sy arrestasie was hy
ses jaar reeds by sy werkgewer werksaam as ân sekuriteitsbeampte
waar hy ân salaris
van R500,00 per maand tesame met ân rantsoen
verdien het. Hy is getroud en het vyf kinders.
[23] Voormelde
persoonlike omstandighede van die appellant moet opgeweeg word teen
die aard en erns van die misdryf en die belange
van die gemeenskap.
Dit behoef geen betoog dat verkragting ân uiters ernstige misdryf
is nie. Dit is inderdaad so dat die klaagster
in die onderhawige
geval nie ernstige beserings opgedoen het nie, maar word hierdie
versagtende faktor, na my mening, reeds in aanmerking
geneem deur die
feit dat daar reeds bevind is dat daar wesenlike en dwingende
omstandighede bestaan wat die oplegging van ân mindere
vonnis
regverdig. Hierteenoor is dit inderdaad so dat appellant se vorige
veroordelings (hoewel dit in ag geneem word dat dit lank
terug
gepleeg is) dui op ân geneigdheid tot geweld, welke dan ook
vergestalt het in die vorige veroordeling van verkragting.
Nieteenstaande
die feit dat hy ten opsigte van daardie vorige
veroordeling vyf jaar gevangenisstraf opgelê is, het hy hom nou
weereens aan hierdie
ernstige misdryf skuldig gemaak. Die gemeenskap
vereis van die howe om behoorlik teen oortreders soos appellant op te
tree.
[24] Na
ân behoorlike en ewewigtige opweging van die feite en omstandighede
hierbo na verwys, meen ek dat daar geen basis is waarop
met die
opgelegde vonnis van twaalf jaar gevangenisstraf ingemeng kan word
nie. Die appèl teen die opgelegde vonnis kan derhalwe
nie slaag nie
nie.
[25] Gevolglik
word die volgende bevel verleen:
1. Die appèl teen beide
die skuldigbevinding en die opgelegde vonnis word van die hand gewys.
2. Beide
die skuldigbevinding en die opgelegde vonnis word bekragtig.
____________
C. VAN ZYL, R
Ek
stem saam.
________________
M. VOGES, WND R
Namens
die appellant: Adv. N.L. Skibi
In
opdrag van:
Regshulpraad
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. K.J.A. Ntimutse
In
opdrag van:
Direkteur
van Openbare Vervolging
BLOEMFONTEIN
/sp