About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 144
|
|
JGL Consulting Holdings (Edms) Beperk and Others v Oelofse and Others; JGL Consulting Holdings (Edms) Beperk and Another v Oelofse h/a Oelofse Ouditeure [2007] ZAFSHC 144 (6 December 2007)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saaknommer : 4831/2007
In
die saak tussen:-
JGL
CONSULTING HOLDINGS (EDMS) BEPERK
1ste
Applikant
J
H VAN WYK handeldrywend as
2de Applikant
VAN WYK OUDITEURE
JGL
ACCOUNTING SERVICES (EDMS) BEPERK
3de
Applikant
en
E
N OELOFSE
1ste
Respondent
E
CROUS
2de
Respondent
RED
SUNSET TRADING 10 (EDMS) BEPERK
3de
Respondent
EN
Saaknommer
: 5023/2007
In
die saak tussen:-
JGL
CONSULTING HOLDINGS (EDMS) BEPERK
1ste
Applikant
J
H VAN WYK h/a VAN WYK OUDITEURE
2de
Applikant
en
E
N OELOFSE h/a OELOFSE OUDITEURE
Respondent
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
22
NOVEMBER 2007
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
KRUGER,
R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
6
DESEMBER 2007
_____________________________________________________
[1] Hierdie
uitspraak handel met twee aansoeke wat saam beredeneer is. Saak 4831
is ân spoliasie aansoek, en in Saak 5023 vra applikant
ân
verklarende bevel dat die koopkontrak tussen die partye geldig en
afdwingbaar is. Respondent sê dit is gekanselleer.
[2] Die eerste en tweede
applikante (âdie applikantâ) het op 7 Junie 2007 ân koopkontrak
met eerste respondent (âdie respondentâ)
aangegaan ingevolge
waarvan hulle eerste respondent se besigheid, Oelofse Ouditeurs,
gekoop het as ân lopende saak. Die kontrak
is nie duidelik bewoord
nie, maar mens kan aflei dat applikant al respondent se kliënte
oorgekoop het en dat respondent sekere kliënte,
genoem in aanhangsel
âDâ vir haarself uitgehou het. Die effektiewe datum was 1 Junie
2007. Daarna sou applikant sake bedryf
as âOelofse Van Wyk
Ouditeureâ. Respondent sou haar behoue kliënte se sake hanteer as
âExec Groupâ. Sekere dele van die
perseel op die tweede vloer is
vir die uitsluitlike gebruik van Oelofse Van Wyk, en sekere dele vir
die uitsluitlike gebruik van
die Exec Group. Die oorblywende dele is
vir algemene gebruik, waarvan die huurgeld gelykop verdeel is. Die
verdeling van die vloer
area sou wees 53% aan Oelofse Van Wyk en 47%
aan die Exec Group (bl. 101, aanhangsel âJGL5â).
[3] Die
spoliasie aansoek handel enersyds met toegang tot applikant se area
en die algemene area, en andersyds met telefoonnommers,
lyne of
drade. In die spoliasie aansoek is ân bevel
nisi
op 10 Oktober 2007 uitgereik ingevolge waarvan eerste en tweede
respondente redes moes aanvoer waarom sekere gedeeltes van ân
kantoorperseel,
en toegang tot sekere telefoonlyne nie onmiddellik
herstel moet word nie. ân Tussentydse interdik is uitgereik.
[4] Applikante het die
hof op ân dringende basis genader. Die deponent tot die funderende
eedsverklaring, J G L van Wyk, en sy
moeder, J H van Wyk (tweede
applikant), is die aandeelhouers van eerste applikant. Deponent is
ook die enigste direkteur en aandeelhouer
van derde applikant, J G L
Accounting Services (Edms) Bpk. Die eerste respondent is ân
ouditeur. Sy is die aandeelhouer en direkteur
van die derde
respondent, Red Sunset Trading 10 (Edms) Bpk. Die tweede respondent,
E Crous, is die suster van die eerste respondent.
[5] Die
oordrag van die besigheid na die applikante het nie vlot verloop nie.
Dit blyk uit korrespondensie aangeheg by saak nr. 5023.
Op 23 Julie
2007 het Kotze, applikant se kantoorbestuurder, ân epos aan
respondent gestuur waarin hy meld dat die vennote ân
vergadering
wil hou op 27 Julie 2007 om ân paar âlos punteâ af te handel.
Hierop het respondent gereageer in ân brief van
vier bladsye,
gedateer 26 Julie 2007 waarin sy meld dat haar prokureur haar
geadviseer het âom nie verdere vergaderings by te woon
totdat alle
verantwoordelikhede in terme van die koopooreenkoms nagekom is nieâ.
In antwoord hierop skryf tweede applikant, Mev
Julie van Wyk, ân
epos aan respondent waarin sy die koopkontrak kanselleer effektief 1
Augustus 2007. Hierop reageer respondent
in ân twaalf bladsye
epos, waarin sy ontken dat applikant die reg het om die kontrak te
kanselleer soos hy gepoog het om te doen,
en sy eis voldoening aan
die kontrak. Hierna het die kontrak in stand gebly, maar die
verhouding tussen die partye was nie goed
nie.
SAAK
4831: SPOLIASIE VAN DIE TELEFOONLYNE EN GEDEELTES VAN DIE TWEEDE
VLOER
[6] Die
koopkontrak het die volgende bepalings betreffende die
telefoonstelsel en telefoonlyste gehad:
â
4.3.5 The Tritec
telephone system in use at the offices of Oelofse Auditors will not
be taken over by the purchaser, but will be returned
to the supplier,
and any payment or liabilities concerning the system will be the
responsibility of the seller.
...
4.3.7 The
telephone numbers of Oelofse Auditors will be taken over at Telkom by
the purchaser from the seller, on the condition that
the seller may
still use such numbers as contract numbers for any other businesses
which the seller might be involved in and that
any calls for the
seller from any parties will be forwarded to the seller.â
[7] Teen
einde Junie 2007 het die applikante okkupasie geneem van die tweede
vloer. Applikant het ân lêerbediener en Ericson telefoonstelsel
in die kamer gemerk âPhoto Copy Areaâ (op âKGVM1â, by die
Kennisgewing van Mosie) laat installeer. Beide die âServer Roomâ
(4.23
m
)
en die âPhotocopy Roomâ (9.2
m
)
word aangedui as die applikant se areas (bl 101, âJGL5â). Ten
einde applikant se Ericson telefoonstelsel te koppel, is die
respondent se Tritec stelsel verwyder.
[8] Op 3 Oktober 2007 het
die respondent navraag gedoen oor haar Tritec telefoonstelsel. Later
die dag het respondent ân brief
aan applikant gefaks waarin sy
geëis het dat die Tritec telefoonstelsel voor 16h00 daardie dag aan
haar oorhandig moet word. Kotze
het op dieselfde dag per faks
geantwoord dat die Tritec telefoonstelsel in ân boks op die eerste
vloer is en dat Esther Crous (tweede
respondent) bevestig het dat sy
die stelsel op 4 Oktober 2007 by die applikant se kantoor sou kom
afhaal. Sy het toe op 4 Oktober
2007 die Tritec telefoonstelsel in
ontvangs geneem. In haar antwoordende eedsverklaring stem respondent
saam met die verloop van
gebeure, maar sê dat die Tritec
telefoonstelsel onregmatiglik deur applikant verwyder is. Die feit
is egter dat, volgens die koopkontrak,
moes die respondent se Tritec
telefoonstelsel verwyder word. Applikant het sy Ericson
telefoonstelsel laat installeer.
[9] Op 5 Oktober 2007 het
tweede respondent ân boodskap op Kotze se selfoon gelaat waarin sy
hom versoek het om die lêerbediener-kamer
op die tweede vloer oop te
sluit omdat respondent die Tritec telefoonstelsel wou herinstalleer.
Op 6 Oktober 2007 het tweede respondent
weer vir Kotze versoek om oop
te sluit sodat sy die Tritec stelsel kon laat herinstalleer. Kotze
het geweier.
[10] Op 8 Oktober 2007
het Kotze agtergekom dat die applikante se kliënte nie telefonies
met enige van die applikante kontak kan
maak nie. Kotze het toe
gesien dat die âpolisiemanâ wat hy in die lêerbediener-kamer se
slot geïnstalleer het, uitgeboor was.
Kotze het die
lêerbediener-kamer oopgesluit en ân nuwe telefoonkabel gesien wat
op applikant se telefoonstelsel gekoppel was,
wat nie tevore daar was
nie. Al die telefoonoproepe wat vir applikant bestem was, is deur
hierdie kabel onderskep en herlei na die
respondent. Die
telefoonlyne wat so onderskep is, was die lyne wat applikant
ingevolge die koopkontrak oorgeneem het. Respondent
betwis nie
hierdie gebeure in breë trekke nie, maar sê dat die applikant reeds
met die verwydering van die Tritec telefoonstelsel
spoliasie gepleeg
het, en voortgegaan het om dit te pleeg deur toegang tot die
lêerbediener-kamer te weier. Sy het toe ân slotmaker
laat ontbied
om die deur oop te maak ten einde die Tritec stelsel te
herinstalleer. Sy het ook die vier telefoonlyne waarna in die
koopkontrak verwys word, laat herkoppel aan die Tritec stelsel (p. 54
par. 21.2 â 21.4). Sy sê ook die respondent was âveronderstel
om toegang te geniet tot die lêerbediener-kamerâ. (Sy sê nie sy
het toegang gehad nie.) Volgens die plan en bl. 101 is die
lêerbediener-kamer deel van applikant se porsie. Kotze het weer
applikant se lyne laat herkoppel. Op 9 Oktober 2007 is die kabel
vir
lyne na applikant weer afgesny.
[11] Die
applikant voer ook aan dat respondent spoliasie gepleeg het ten
opsigte van sekere benoemde areas op die tweede vloer (bl.
31 â 32
par. 21 â 22). Kotze het op 9 Oktober 2007, toe hy by die kantoor
aankom, vasgestel dat die veiligheidshek wat toegang
gee na die hele
tweede vloer met ân nuwe slot vervang is. Geen van applikant se
personeel kon toegang kry nie. Kotze het die
tweede respondent, wat
aan die anderkant van die hek gesit het, gevra om die hek oop te
sluit sodat hy toegang tot die tweede vloer
kan kry, waar die
respondent gewerk het. Toe die aansoek geloods is (10 Oktober 2007)
het die applikante, wat hul besigheid bedryf
vanaf die gedeelte van
die tweede vloer wat toe toegesluit was, geen toegang tot die tweede
vloer gehad nie.
[12] Die respondent sê
dat, toe die tweede respondent op 9 Oktober 2007 by die kantoor
aangekom het, het sy gemerk dat alle deurslotte
vervang is en dat sy
nie toegang kan verkry na haar gedeelte van die tweede vloer nie.
Niemand van die applikante was teenwoordig
nie, en sy het ân
slotmaker ontbied ten einde toegang te verkry. Die herkoppeling van
die drade aan die Tritec telefoonstelsel
is teen 16h00 op 9 Oktober
2007 gedoen. Die respondent sê dis onwaar dat Kotze die tweede
respondent versoek het om toegang en
dat sy sou geweier het (p. 55
par. 23.2). Respondent meld verder in die antwoordende
eedsverklaring dat applikant op 20 September
2007 die hek by die
voordeur sowel as die voordeurslot vervang het sonder om haar in
kennis te stel of haar personeel sleutels te
gee. Sy kon dus
skynbaar tot 3 Oktober 2007 geen toegang kry nie, en het sy 3 Oktober
ân slotmaker ontbied ten einde toegang te
verkry tot haar gedeelte
van die tweede vloer. Sy sê die vervang van slotte was noodsaaklik
in die lig van diefstal en beskadiging
van eiendom. In repliek
ontken die applikant dat hy op 20 September 2007 die hek se slot
vervang het. Hy wys daarop dat dit beteken
dat respondent vanaf 20
September tot 3 Oktober geen toegang tot die tweede vloer kon kry
nie, synde die plek vanwaar sy haar besigheid
bedryf. Applikant
ontken ook dat ân slotmaker op 3 Oktober 2007 deur respondent
ontbied is.
[13] Namens
respondent betoog Mnr. Claasen dat dit nie spoliasie is om net die
telefoondraad te ontkoppel nie. Die draad bly daar.
Dis nie
besitsontneming nie. Die verwydering van die Tritec telefoonstelsel
deur applikante was spoliasie. Hy wys daarop dat respondent
op 5 en
6 Oktober vir Kotze versoek het om die lêerbediener-kamer oop te
sluit sodat sy die Tritec telefoonstelsel kon laat herinstalleer.
Hy
sê die kamer waar die lêerbediener en telefoonstelsel is en die
âPhoto Copy Areaâ moet ân gemeenskaplike area wees.
(Dis egter
op âJGL5â, bl. 101, aangedui as deel van applikant se area; dit
word nie onder âarea generalâ genoem nie.) Hy
sê applikant het
verkeerd opgetree deur ân polisieman in daardie slot te sit.
[14] Wat
die hek na die tweede vloer betref, voer mnr Claasen aan dat die
spoliasie gepleeg was deur die applikant, en die respondent
het in
contra
-spolie
opgetree, onmiddellik (â
instanter
â).
Hy wys daarop dat ân applikant vir ân spoliasie bevel ân volle
bewyslas het; hy moet meer doen as om ân
prima
facie
saak uit te maak â
NIENABER
v STUCKEY
1946 AD 1049
te 1053. Met verwysing na
BON
QUELLE (EDMS) BPK v MUNISIPALITEIT VAN OTAVI
1989 (1) SA 508
(A), waar te 514D â E beslis is dat ân reg,
hoewel onliggaamlik, nogtans vatbaar is vir besit (wat as
quasi
-besit
verstaan moet word), en dus ook vir spoliasie (514I â J),
beklemtoon Mnr. Claasen dat dit gaan oor beskerming van daadwerklike
besit, nie oor gebruik in die toekoms nie (
ZULU
v MINISTER OF WORKS, KWAZULU, AND OTHERS
1992 (1) SA 181
(D & CLD) te 187E â G). Die mandament van
spolie beskerm slegs besitsregte, nie regte in algemene sin nie
(
PLAATJIE
AND ANOTHER v OLIVIER NO AND OTHERS
1993 (2) SA 156
(O) te 159J â 160G). Mnr. Claasen sê dat wat die
applikant hier probeer afdwing, is kontraktuele regte, nie saaklike
regte nie.
Dit kan nie onder die mandament gedoen word nie (
SHOPRITE
CHECKERS LTD v PANGBOURNE PROPERTIES LTD
1994 (1) SA 616
(W) te 622B â C). Inmenging met telefoondienste,
soos wat respondent na bewering gedoen het, is nie inmenging met
fisiese besit,
en dus nie vatbaar vir die mandament nie (
TELKOM
SA LTD v XSINET (PTY) LTD
2003 (5) SA 309
(HHA) par. [13]). Mnr. Claasen voer aan dat die
meganisme (die telefoonstelsel en die drade) is steeds in besit van
die applikant.
Die respondent het geen item verwyder nie. Geen
saaklike reg is ontneem nie. Dit gaan oor ân blote persoonlike
reg. Wat applikant
besig is om te doen, is om spesifieke nakoming
van ân kontraktuele verpligting af te dwing. Die mandament kan nie
in sulke omstandighede
aangewend word nie.
[15] In
repliek toon Mnr. Gilliland, namens applikant aan dat die kontrak
reeds geloop het vanaf Julie 2007. Op 9 Oktober was daar
reeds
presteer. Die applikant was in
de
facto
besit. Die applikant is geregtig om te hou wat hy gekoop het, en wat
gelewer is. Al wat die applikant hier probeer doen, is om
te hou wat
hy gekoop het, hy probeer nie ân kontraktuele reg afdwing nie. Die
respondent was bewus daarvan dat haar Tritec stelsel
uitgehaal sou
word, en vervang sou word met applikant se eie stelsel (Repliek 9,
bl. 168). Deur applikant se Ericson telefoonstelsel,
wat in
ooreenstemming met die koopkontrak, en in lyn met respondent se
bewerings dat sy weier om die huurgeld vir (haar) Tritec
telefoonstelsel
te betaal (bl. 168), fisies te laat ontkoppel, het
die respondent spoliasie gepleeg. Wat die spesifieke areas op die
tweede vloer
betref waaroor die spoliasie-aansoek (bede 2.1) gaan,
wys Mnr. Gilliland daarop dat hierdie nie gemeenskaplike areas is
nie, maar
areas wat aan die applikant toegewys was en waarvoor
applikant uitsluitlik die huur betaal het.
[16] Al
wat ter sake is vir doeleindes van die mandament, is dat applikant in
besit van daardie areas was. Applikant was in
de
facto
besit van die telefoonstelsel, vier telefoonlyne en die spesifieke
areas met die bedoeling om voordeel uit sy besit te trek. Dit
is al
wat nodig is vir ân spoliasie-aansoek.
Respondent
se beweringe dat respondent in
contra
-spolie
opgetree het, word nie deur die feite gestaaf nie. Die beweringe
hieroor is vaag en dit skep twyfel dat sy, op haar weergawe
vanaf 26
September tot 3 Oktober nie toegang tot die tweede vloer, vanwaar sy
haar sake bedryf, sou hê nie. Kotze sê dat hy op
9 Oktober 2007,
toe hy by die kantoor aankom, vir tweede respondent, Esther Crous,
wat aan die ander kant van die sekuriteitshek
waarvan die slot
vervang was, gevra het om die slot oop te sluit (p. 31 par. 21.1).
Hierop antwoord die respondent: âDit is onwaar
dat Mnr. Kotze die
tweede respondent versoek het om toegang en dat sy sou geweier hetâ.
Die insident by die sekuriteitshek op
9 Oktober 2007 is een van die
hoof aanleidende oorsake vir die spoliasieâaansoek. Ek sou verwag
dat die respondent ten minste
sou sê wat haar weergawe is. Sy erken
(p. 55 par. 23.2) dat sy die slotte laat vervang het op 9 Oktober
2007, maar sê dat sy dit
gedoen het omdat âdie tweede vloer
dringend beveilig moes wordâ. Omdat sy die perseel wou beveilig
teen handelinge wat vermoedelik
deur die applikant gepleeg is, sou
dit nie vreemd wees dat sy vir Kotze toegang sou weier nie. Volgens
haar blote ontkenning het
Kotze nie eers toegang gevra nie. Sy sê
nie of hy daar was en probeer inkom het nie. Dit sou tog sekerlik
die minste wees wat
hy sou doen voordat hy hof toe gaan en ân
dringende mandament van spolie aanvra. Hierdie is ân geval waar
die feite soos deur
die applikant beweer oor hierdie insident,
aanvaar moet word (
RIKHOTO
v EAST RAND ADMINISTRATION BOARD AND ANOTHER
1983 (4) SA 278
(W) te 283F â H;
PLASCON-EVANS
PAINTS LTD v VAN RIEBEECK PAINTS (PTY) LTD
[1984] ZASCA 51
;
1984 (3) SA 623
(A) te 634G â I). Hierdie getuienis van Kotze
bewys die spoliasie deur applikant beweer. Die herkonnektering van
die Tritec telefoonstelsel,
en ontkoppeling van applikant se Ericson
stelsel en afsny van die vier telefoonlyne wat applikant gekoop het
en gebruik het, stel
spoliasie daar. Applikant is geregtig op ân
bevel soos vervat in bedes 2.1 en 2.2 van die Kennisgewing van Mosie
in saaknommer
4831/2007.
SAAK
5023/2007: DIE KOOPKONTRAK
[17] Applikant
vra ân verklarende bevel dat die koopkontrak steeds van krag is en
dat die partye steeds daaraan gebonde is, en dat
respondent gelas
word om daaraan te voldoen, plus samehangende regshulp. Respondent
sê die kontrak is behoorlik gekanselleer.
[18] Die
partye kan in hulle kontrak spesifieke prosedures voorskryf wat by
kansellasie gevolg moet word (
SHROSBREE
NO v SIMON
1999 (2) SA 488
(SOK) te 492F â G). In die onderhawige geval
bepaal die kontrak dat die respondent slegs sy kansellasie-reg kan
uitoefen nadat
hy die applikant sewe dae skriftelike kennis gegee het
om sodanige kontrakbreuk reg te stel, en die applikant het versuim om
dit
te doen (bl. 48, klousule 10.3 van die koopkontrak).
[19] Die
applikant het op 30 Julie 2007 gepoog om die kontrak te kanselleer
met ingang van 1 Augustus 2007 (p. 73 FUND 5). Respondent
het op 31
Julie 2007 vir applikant daarop gewys dat die gepoogde kansellasie
ongeldig is: âEk gaan gevolglik voort om u aan te
spreek om te
presteer in terme van die koopkontrak. Ek beskou die
Oelofse-krediteure as âgelewerâ aan u en âoorgeneemâ deur
uâ
(bl. 85). Mnr. Claasen sê applikant se gepoogde kansellasie was ân
repudiasie, wat nie verdwyn het nie. As ân party self
in
kontrakbreuk is, kan hy nie die ander party van kontrakbreuk
beskuldig nie (
ERASMUS
v PIENAAR
1984 (4) SA 9
(T) te 20A â B). In
MOODLEY
v REDDY
1985 (1) SA 76
(D & CLD) word gesê (te 82F â G) dat, indien ân
lex
commissoria
in werking tree, verkry die verkoper ân reg om te kanselleer, wat
nie ongedaan gemaak kan word deur ân aanbod tot prestasie deur
die
koper nie. In sulke omstandighede is die vraag of die
lex
commissoria
in werking getree het. Repudiering verhaas nie die dag van prestasie
nie, en laat ook nie
mora
sonder aanmaning ontstaan nie (
ERASMUS
v PIENAAR
,
supra
te 21A â C). Die verkoper se verpligting om te presteer word
opgeskort solank as wat die koper repudieer (te 21E â F).
[20] In
hierdie geval het die applikant die respondent se standpunt dat hy
nie geregtig was om te kanselleer, aanvaar, sy repudiasie
laat vaar
en uitdruklik aangebied om sy
verpligtinge
ingevolge die kontrak na te kom (bl. 94, brief van 28 Augustus 2007).
Die repudiasie het na 28 Augustus 2007 nie meer
bestaan nie; die
kontrak het voortgegaan.
[21] Die
kontrakbreuk waarop Mnr. Claasen steun is vervat in die kennisgewing
aan applikant gestuur, per geregistreerde pos (soos
voorgeskryf in
die kontrak) onder dekking van respondent se prokureur se brief
gedateer 10 Oktober 2007 (bl. 115 â 116). Nadat
respondent op 28
Augustus 2007 kennis gegee het dat sekere genoemde verpligtinge voor
1 September 2007 deur die koper nagekom moet
word, het sy blykbaar
later besef dat die kennisgewing defektief is. Haar brief van 28
Augustus 2007 word aangeheg by die brief
van 10 Oktober 2007. Dit is
gemenesaak dat hierdie brief eers op 17 Oktober 2007 aan applikant se
prokureur afgelewer is. Regstelling
moes dus binne sewe dae na 17
Oktober 2007 geskied. In die aanmaning sê respondent dat applikant
op die volgende wyses kontrakbreuk
gepleeg het:
(1) Applikant het nie die
getekende koopkontrak aan die respondente terugbesorg nie.
(2) Applikant
het nie bewys gelewer van oordrag van 10% aandelebelang aan
respondent nie.
(3) Applikant
is sedert 1 Mei 2007 agterstallig met betaling van huurgelde.
(4) Applikant
het nie genoegsame bekwame personeel om die kliënte effektief te
diens nie.
(5) Applikant
se gewese personeel viktimiseer respondent.
Mnr. Claasen betoog dat
minstens drie van hierdie punte wel kontrakbreuk daarstel, naamlik
(a) die oordrag van aandele, (b) die nie-betaling
van huurgelde, en
(c) die nie-genoegsame personeel.
[22] Mnr. Danzfuss,
namens applikant, voer aan:
(1)
Lewering
van getekende kontrak
Die kontrak verplig dit
nie.
10% Aandele
Die aandele is getender.
Applikante se prokureur se brief van 19 Oktober 2007 (twee dae na die
begin van aanmaningsperiode van 7
dae op 17 Oktober) (bl 124 -125) sê
dat die oordrag van die aandele reeds in briewe van 28 Augustus en 7
September 2007 getender
is, en geen reaksie van respondent is daarop
ontvang nie. âDie aandeelsertifikaat is by ons kliënt se kantore
beskikbaar. Ten
einde die effektiewe oordrag van aandele te
bewerkstellig, moet u kliënt die aandeleregister by ons kliënt se
kantore onderteken,
waarna die oorspronklike aandele sertifikaat deur
beide ons en u kliënt onderteken sal word en haar oorhandig sal
word.â
Huurgeld
Daar was onduidelikheid
oor aan wie die huurgeld betaal moet word. Verder is daar nog ân
geskil oor moontlike skuldvergelyking.
Bowendien is die betaling van
huurgeld slegs ân indirekte gevolg van die koopkontrak (soos
betaling na water en ligte rekeninge).
(4)
Personeel
Geen bepaling oor die
bevoegdheid van personeel is in die koopkontrak vervat nie; die
respondent maak nie ân saak uit dat dit ân
geïmpliseerde term is
nie.
Viktimisasie
Geen sodanige bepaling is
in die kontrak vervat nie.
[23] Mnr.
Danzfuss se hoof argument met betrekking tot die beweerde
kontrakbreuk is dat die respondent self besig is om kontrakbreuk
te
pleeg by wyse van volgehoue en herhaalde repudiasie, en in daardie
omstandighede word applikant verskoon van prestasie. Die applikant
is geregtig om sy prestasie op te skort terwyl die respondent die
kontrak repudieer (
MOODLEY
AND ANOTHER v MOODLEY AND ANOTHER
1990 (1) SA 427
(D & CLD) te 431C â F). Mnr. Danzfuss voer aan
dat die respondent deurlopend in repudiasie was:
28 Augustus 2007
Respondent
se prokureurs skryf ân brief aan applikant waarin applikant
aangemaan word om sekere genoemde kontrakbreuk te herstel
voor of op
1 September 2007, anders word die kontrak as â
pro
non scriptoâ
beskou.
3
Oktober 2007
(p. 345)
Respondent skryf ân
brief aan kliënte waarin sy sê dat applikant nie die koopkontrak
nagekom het nie, en sy was âgenoodsaak
om beheer terug te neem as
Oelofse Ouditeure ten einde te verseker dat die kliënte die nodige
aandag en dienslewering kry.â Sy
sê daar was nooit sprake van ân
oorname van Oelofse Ouditeure nie, âmaar wel ân samesmelting en
ân saamgestelde firmaâ
(p. 346). Sy sê sy het die nodige
reëlings getref om haar âou kontaknommers terug te neem, het nuwe
personeel aangestel en sal
vanaf Maandag 15 Oktober weer normaalweg
funksioneerâ. (p. 346).
(iii)
8
Oktober 2007
(p. 108)
Respondent se prokureur
sê in ân brief aan applikant se prokureur dat omdat applikant
versuim het om die kontrakbreuk in die opsigte
vermeld in die brief
van 28 Augustus 2007 reg te stel, âdie koopkontrak beëindig is.â
(p. 108).
16
Oktober 2007
(p. 112)
Respondent skryf aan
applikant en vermeld in die tweede paragraaf dat die praktyk
samesmelting gekanselleer is.
(v)
17
Oktober 2007
(p. 119)
Op die dag waarop die
aanmaning afgelewer word, eis respondent se prokureur, in twee
briewe, lewering van kantoormeubels, rekenaars,
briefhoofde,
skryfbehoeftes en derglike.
(vi)
19
Oktober 2007
(p. 114)
Twee dae nadat die
aanmaning om die kontrakbreuk binne 7 dae reg te stel ontvang is op
17 Oktober 2007, plaas respondent ân advertensie
in Die Volksblad
onder die opskrif âOelofse Ouditeure nie onder nuwe bestuur nieâ.
Daarin staan: âWeens kontraktuele verpligtinge
wat nie deur die
JGL-groep nagekom is nie, kon die gesamentlike praktyk, Oelofse Van
Wyk Ouditeure, nie voortgaan nieâ.
Respondente het
telefoonlyne wat na applikant gelei het laat ontkoppel, die deur
waardeur applikant en sy personeel moes toegang
kry se slot laat
vervang, en die krag afgeskakel.
Die
respondent het haar voormalige kliënte nuwe briewe laat teken op 19
Oktober 2007 dat hulle haar (weer) aanstel as hul ouditeur
(bv p.
357). Daardie aanstellingsbrief se bewoording is dieselfde as die
pro
forma
brief wat sy aangeheg het by haar briewe gerig aan âGeagte kliëntâ
op 3 Oktober 2007 (p. 348).
[24] Mnr.
Danzfuss wys daarop dat respondent aanvanklik baie goed verstaan het
dat die applikante ân lopende saak koop. Sy skryf
op 31 Julie 2007
âDis nie meer sy praktyk nieâ; âAan die eenkant kry ek die
gevoel dat u van my verwag om u nuwe praktyk te
bestuur waar â¦â;
âEk het ⦠dit duidelik gestel dat ek my praktyk verkoop.â (p.
79 â 83)
[25] Respondent
was onder die koopkontrak verplig om applikant aan te maan voordat sy
kan kanselleer. Haar aanmaningskrywe is op
17 Oktober 2007 deur
applikant ontvang. Dit het applikant 7 dae gegun om sy kontrakbreuk
reg te stel. Respondent se deurlopende
optrede vanaf 28 Augustus tot
19 Oktober 2007 toon niks dat sy die kontrak as reeds gekanselleer
beskou het, en dat sy geen voorneme
gehad het om met die kontrak
voort te gaan nie. Sy het vanaf 28 Augustus 2007 deurgaans die
kontrak gerepudieer, waardeur sy self
in kontrakbreuk was. In
daardie omstandighede kan sy nie sê dat die applikant in
kontrakbreuk is nie. Die applikant is bereid
om te presteer, maar is
geregtig om in sulke omstandighede prestasie terug te hou totdat die
respondent aangedui het dat sy bereid
is om self met die kontrak
voort te gaan of totdat die hof beslis het dat die kontrak
afdwingbaar en geldig en ongekanselleer is
(
MOODLEY
(
supra
loc cit
)).
Die
applikant is geregtig op bevele soos versoek in die Kennisgewing van
Mosie.
[26] Die volgende bevele
word verleen:
(1)
Saak
4831/07
1. Die
bevel
nisi
word bekragtig.
2. Die
eerste en tweede respondent word gelas om die koste van hierdie
aansoek te betaal.
(2)
Saak
5023/07
1. Dit word verklaar dat
die koopooreenkoms tussen die respondent as verkoper en die twee
applikante as kopers aangegaan op 7 Junie
2007 ingevolge waarvan die
besigheid van Oelofse Ouditeure as lopende saak deur die applikante
gekoop word, steeds van krag is en
dat die partye steeds gebonde is
daaraan.
2. Die
respondent word gelas om alle voorskrifte en vereistes van IRBA
(âIndependent Regulatory Board of Auditorsâ) vir die oordrag
van
die besigheid as lopende saak en vir die aanstelling van die
applikante as ouditeure van die kliënte waarna verwys word in die
kliëntelys aangeheg by die ooreenkoms (uitgesluit die waarna verwys
word in bylaag âDâ) na te kom.
3. Die
respondent word verbied om hetsy persoonlik of deur ân ander
persoon hetsy direk, hetsy indirek in te meng met die regte
van die
applikante uit hoofde van die bepalings van die gemelde koopkontrak.
4. Die respondent word
verbied om enige persoon oor te haal of te poog om enige persoon oor
te haal om op te hou om sake te doen met
die applikante of om sake te
doen met enige ander entiteit as die applikante.
5. Die
respondent word verbied om enige van die kliënte van die lopende
saak waarna verwys word in die kliëntelys aangeheg tot die
koopooreenkoms (uitgesluit dié waarna verwys word in bylaag âDâ)
oor te haal of te poog om hulle oor te haal om enige werk van
welke
aard ookal deur of deur middel van die respondent te verrig of om ân
kliënt van die respondent te word.
6. Die
respondent word gelas om die koste van hierdie aansoek te betaal.
____________
KRUGER, R
Namens
die applikante: Adv. F.W.A. Danzfuss SC
Adv.
J.G. Gilliland
In opdrag van:
Rossouws
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondente: Adv. J.Y. Claasen
In
opdrag van:
Goodrick
& Franklin
BLOEMFONTEIN
/sp