About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1986
>>
[1986] ZASCA 77
|
|
S v Westhuizen (138/85) [1986] ZASCA 77 (13 August 1986)
JAN LOURENS VAN DER WESTHUIZEN
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
Saaknr. 138/85
mp
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen
:
JAN LOURENS VAN DER WESTHUIZEN
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM:
HOEXTER, HEFER, ARR et GALGUT, Wn AR.
VERHOOR
: 20 Mei 1986
GELEWER 13 Augustus 1986
UITSPRAAK
HOEXTER, AR
2.
HOEXTER, AR,
Dit is 'n strafappèl teen vonnis alleen. In die
Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling het die appellant op 'n aanklag van
moord
tereggestaan. Die verhoorhof (SMUTS, RP en twee assessore) het die appellant aan
moord met versagtende omstandighede skuldig
bevind. Die appellant is 'n vonnis
van tien jaar gevangenisstraf opgelê, drie jaar
waarvan vir 'n tydperk
van vyf jaar voorwaardelik opgeskort is.
Hy dien tans sy vonnis uit. Met
verlof van hierdie Hof kom die appellant teen sy vonnis in hoër beroep.
Die strafsaak spruit voort uit die dood van die appellant se eggenote op 30
Oktober 1983 te Welkom. Dit is gemene saak dat die appellant
die oorledene se
dood veroorsaak
het deur haar twee keer met 'n ,303 geweer te skiet. By sy
verhoor het die appellant verskeie verwere opgewerp. As hoofverweer is
aangevoer
dat, as gevolg van slaap en suspille wat hy geneem het asook wyn wat hy op die
betrokke dag
gedrink
3.
gedrink het terwyl hy baie opgewonde was, die appellant nie
toerekeningsvatbaar was toe hy die twee skote afgevuur het nie. In die
alternatief is aangevoer eerstens dat die appellant in noodweer gehandel het en
ten tweede dat weens die kumulatiewe uitwerking van
die provokasie waaraan die
oorledene hom blootgestel het asook die drank en pille wat hy geneem het, die
appellant nie die bedoeling
om te dood, gehad het nie. Aan die hand van die
aangevoerde getuienis is hierdie drie verwere deur die verhoorhof verwerp en
byge=
vplg is die appellant soos aangekla skuldig bevind. Aan hierdie bevinding
het die belese REGER-PRESIDENT in sy
uitspraak toegevoeg -
"Die Staat gee tereg toe dat daar versagtende omstandighede was. Die
beskuldigde was erg geprovokeer toe hy in die toestand van moegheid
verkeer het
en sy inhibisies was verminder. Dit word gevolglik verder bevind dat dit moord
met versagtende omstandighede was."
Die
4.
Die vernaamste feite van die geval kan kortliks saamgevat
word. Die appellant, wat op Welkom gewoon het, was 'n hysmasjinis op die
Vrystaatse Goudvelde waar hy vir 25 jaar vir dieselfde mynmaatskappy gewerk het.
Die appellant was 'n geskeide man en die vader van
twee kinders toe hy in Mei
1970 met die oorledene in die huwelik getree het. Die oorledene was toe 'n
ongehude moeder van 'n sesjarige
seun, Michael, wat gebreklik was. Uit die
huwelik tussen die
appellant en die oorledene is twee seuns, Amitus en
Aubrey, gebore. Ten tyde van die oorledene se dood was sy 46 en die appellant
52
jaar oud. Amitus en Aubrey was onderskeidelik
11 en 9 jaar oud.
Aanvanklik was die huwelik gelukkig maar later
het die partye in onmin gelewe. Die oorledene het wrywing
veroorsaak tussen haar eie seun Michael en die kinders uit die
appellant se eerste huwelik met die gevolg dat laasgenoemde
kinders geweier het om by hul vader te kom kuier. Michael
het
5.
het vir Amitus en Aubrey karnuffel. Eers het Michael slegs af en toe by die
partye gekuier. In 1982 het hy by die partye se woning
in Welkom ingetrek.
Omstreeks 1982/1983 het die appellant, in oorleg met die oorledene,'n erf in
Riebeeckstad gekoop en daarop 'n huis begin bou met die
oogmerk om vir sowel
Amitus en Aubrey as Michael se toekoms voorsiening te maak. Vroeg in 1983
het
die oorledene egter van hierdie plan afgesien. Sy het daarop
aangedr,ing dat die Riebeeckstad erf verkoop moes word en dat
sy
hélfte van die opbrengs moes ontvang. Vanaf Januarie 1983
het die oorledene die appellant die gemeenskaplike slaapkamer
ontsê
en hom huweliksregte geweier. Daarna het die appellant
op 'n matras op die
vloer van die sitkamer geslaap. Op
25 April 1983, en as gevolg van 'n woordewisseling tussen die
appellant en Michael, het die oorledene 'n pistool op die
appellant gerig en met verwysing na Michael aan die appellant
gese:
"Vat
6.
"Vat net aan hom dan skiet ek jou vrek."
Op 26 April 1983 het die oorledene saam met Michael die partye se woning
verlaat. Hulle het vir 'n paar dae by 'n gesin in Welkom
gebly en toe na
Pretoria verhuis. In Pretoria het die oorledene by die Departement van volks=
welsyn teen die appellant 'n klagte
ingedien as sou daar oor Amitus en Aubrey
nie behoorlike toesig gehou word nie. As gevolg hiervan het die appellant vir
die maand
Mei 1983 die
dienste van 'n huishoudster bekom. In Junie het die appellant
die oorledene en Michael in Pretoria gaan haal en na die
woning in Welkom teruggebring. Die appellant wou probeer
om die huwelik te red. Nadat die partye vir twee nagte
dieselfde slaapkamer gedeel het, is die appellant egter weer
daaruit verban. Die stryery tussen die partye het opnuut begin. By 'n
geleentheid in September 1983 het 'n woorde=
wisseling op geweld uitgeloop - die oorledene het die appellant met 'n hamer
gegooi en op sy beurt het die appellant dié
oorledene
7.
oorledene se kop teen 'n muur gestamp. Teen vroeë Oktober 1983 was daar
onheelbare tweespalt tussen die partye." Hulle het nie
met mekaar gepraat nie en
smiddags moes die appellant vir hom en Amitus en Aubrey kos voorberei terwyl die
oorledene vir haarself
en Michael gesorg het. Op 3 Oktober het die oorledene die
appellant andermaal verlaat as gevolg waarvan die appellant weer eens 'n
huishoudster moes aanstel. Hierna is die appellant deur kwellende
telefoonoproepe lastig geval -as hy die hoorbuis optel en antwoord,
praat
niemand nie. Ook het hy van die oorledene eisbriewe en dreigbriewe ontvang.
Om die boukoste van die huis op die Riebeeckstad erf te dek, was dit vir die
appellant nodig om oortyd te werk. Op Saterdag 29 Oktober
het die appellant 'n
skof gewerk wat
van 7 vm tot 3 nm geduur het; en daarop 'n verdere skof van 11 nm op die
Saterdag tot 7 vm op Sondag 30 Oktober. Op gemelde Sondag
sou sy volgende skof
om 3 uur nm begin. Toe
die appellant na 3 nm op die Saterdag by die huis gekom het,
kry
8. kry hy toe weer 'n eisbrief van die oorledene en was sy toorn
ontstoke. Hy het gemeen dat die oorledene liewer na sy huis kon gekom
het om die
aangeleentheid in die eisbrief aangeroer met hom te bespreek. Weens sy
ontsteltenis het hy 'n liter sjerrie gedrink en
hy het glad nie geslaap nie
voordat hy weer om 11 uur nm vir die nagskof aangemeld het. Toe hy na 7 vm op
Sondag 30 Oktober weer
by die huis gekom het, het hy om 4.30 vm op die vorige
Saterdagoggend laas geslaap,
en was hy uitgeput. Terwyl hy in die kombuis vir sy honde
pap gemaak het,
het die appellant weer sjerrie gedrink. Na
8.15 vm het hy gaan slaap maar 'n uur later het die kinders
hom wakker
gemaak en vertel dat die oorledene daarbuite was
en dat.sy hom wou spreek.
Die appellant het na die woning
se voordeur gegaan en die oorledene voor die
huis aangetref.
Toe hy aan haar vertel dat hy besig was om te slaap; dat
hy
daardie middag weer moes gaan werk; en dat hy die vorige
dag glad nie
geslaap het nie het sy hom toegesnou: "I could
not care a damn". Die oorledene wou in die park met hom
praat
9.
praat. Daarvoor het die appellant nie kans gesien nie en hy het haar na binne
genooi. Toe die appellant self binnens= huis beweeg,
het die kinders hom vertel
dat die oorledene besig is om sy motor se bande af te blaas. Dit was die motor
waarmee hy later daardie
dag na sy werk moes ry en hierdie inligting het hom
hewig ontstel. Die appellant is toe by die agterdeur uit na waar die oorledene
was, en hy het haar fisies die kombuis binnegedwing.
In die kombuis het die oorledene gesê dat sy vandag die huis gaan
afbrand en dat sy reeds 'n aksie om egskeiding teen die appellant
ingestel het.
Toe die appellant by haar verneem wat dan van Amitus en Aubrey sou word, was
haar antwoord dat hulle in 'n weeshuis
geplaas moes word. Daarop het 'n stryery
tussen die partye gevolg. Die oorledene het daarop aangedring dat die
Riebeeckstad erf onder
die hamer gebring moes word. In die teenwoordigheid van
die kinders het sy die appellant en sy huishoudster uitgeskel en daarop
gesinspeel
10.
gesinspeel dat daar 'n verhouding tussen laasgenoemdes
bestaan. Die oorledene en die twee seuns het ook oor en weer verwyte na mekaar
geslinger.
Daarna is die oorledene na die agterplaas om 'n vyf-liter kan petrol te gaan
haal. Hierdie kan was driekwart vol petrol. Die oorledene
het die kan op die
kombuistafel
geplaas en gedreig om die huis af te brand indien sy haar sin
nie kry nie. Daarop het die appellant sy ,303 geweer asook
'n kan sjerrie
gaan haal. Van tyd tot tyd het hy die geweer op die oorledene gerig. Hy het ook
van die sjerrie gedrink. Aanvanklik
was sy oogmerk met die geweer bloot om die
oorledene af te skrik van haar dreigement om die huis af te brand. Kort voor die
middaguur
het die appellant egter gedreig om die
oorledene om 12 uur nm te skiet. Teen hierdie tyd, so het
die verhoorhof bevind, moes die appellant sterk onder die
invloed van drank gewees het. Die oorledene het die kan
brandstof van die tafel af geneem, gebuk, en die brandstof op
die
11.
die vloer van,die kombuis uitgegooi.
Van die geestesgesindheid van die twee partye in daardie stadium asook die
tragiese wyse waarop sake verder verloop het, kom daar
in die uitspraak van die
belese Verhpor= regter die volgende beskrywing voor:-
"Beskuldigde was erg ontstoke deur die uittartende
gedrag van die oorledene. Sy het finansiële eise
aan hom gestel, wat vir hom onaanvaarbaar was.
Sy het aggressief en uittartend teenoor hom
opgetree deur die kombi se wiele af te blaas.
Sy wou hê dat die erf verkoop moes word
terwyl dië beskuldigde dit glad nie wou gehad het
nie. Toe gaan sy nog verder en dreig om die
huis af te brand en gaan haal werklik die blik
petrol en bring dit in die kombuis in. Beskuldigde
se geduld met haar het toe uiteindelik opgeraak
en hy het besluit dat indien sy sou probeer om
die.huis aan die brand te steek hy haar gaan
skiet Hy het dit aan haar oorgelaat
om te besluit of sy sou poog om die huis aan die
brand te steek Die
oorledene op haar
beurt, het nie gedink dat hy sy dreigemente sou
uitvoer nie en wou hom verder uittart en verneder.
Oorledene het beskuldigde se vasberadenheid
onderskat en hy het haar geskiet. Beskuldigde
se inhibisies was nie verkrummeld voor hy geskiet
het nie. Dit mag wel verminder gewees het,
maar
12.
maar verkrummel was dit nie Dat
beskuldigde geweldig baie provokasie moes verduur
het, is duidelik Bowendien was hy moeg
as gevolg van die min slaap wat hy oor die vorige ses-en-dertig uur gehad het
en hy was onder die invloed van drank. Dat hy egter
geweet het wat hy doen en
bedoel net om haar te dood, blyk uit
'n menigte feite."
Na sy skuldigbevinding by die verhoor het die appellant ter strafversagting
self getuig en in dié verband het hy mnr K J Visser
as getuie opgeroep.
Visser is die
bogrondse voorman van die Vrystaat Geduld Myn en die appellant se
onmiddellike hoof by sy werk. Visser se kennis van die
appéllant strek
oor 'n tydperk van tien jaar. Vir die eerste ses jaar was hy en die appellant
mede-werkers en vir die laaste
vier jaar het die appellant onder hom gewerk.
Volgens Visser
was die appellant -
"....'n baie goeie werker, 'n harde werker ook".
en sou die getuie nie graag wou sien dat die myn die dienste
van die appellant verloor nie.
Met
13.
Met betrekking tot strafoplegging het die advokaat wat by die verhoor namens
die appellant opgetree het ter oorweging gegee dat 'n
vonnis van gevangenisstraf
in sy geheel voorwaardelik opgeskort, 'n gepaste straf sou wees. Hierdie betoog
het egter by die Verhoorregter
nie ingang gevind nie. Met hierdie beskouing kan
die Hof benede nie in die ongelyk gestel word nie. Dat die appellant se wandaad
so ernstig was dat dit slegs gepas gestraf kon word deur die oplegging van
gevangenisstraf waarvan ten minste 'n gedeelte daadwerklik
uitgedien moet word,
behoef nouliks enige argument. Mnr
Heymans
, wat die appèl namens
die appellant waargeneem het,
het ook nie die teendeel betoog nie.
Wat die appellant se advokaat wel voor ons
aangevoer het was dat die Verhoorregter die volle trefkrag van
die provokasie waaraan die oorledene die appellant blootgestel
het, gering geskat het. Daarmee kan ek nie saamstem nie. By nalees van die
Hof
a quo
se vonnisuitspraak is dit duidelik
dat die Verhoorregter terdeë in aanmerking geneem het dat
die
14.
die oorledene die appellant tot die uiterste beproef het;
dat, soos die belese REGTER-PRESIDENT dit gestel het:-
" die oorledene grootliks bygedra het
tot die tragedie wat hom op 30 Oktober 1983
afgespeel het ";
en dat al die omringende omstandighede "sterk versagtend" ten gunste van die
appellant inwerk.
Vervolgens het mnr
Heymans
betoog dat by straf= toemeting die
Verhoorregter die kumulatiewe effek van die appellant se persoonlike
omstandighede,nie behoorlik
oorweeg
het nie. Rakende die appellant se
persoonlike omstandighede het die Verhoorregter hom soos volg uitgelaat.-
"Dit blyk ook dat beskuldigde 'n verantwoordelike en goeie werker en 'n vader
was en dat sy kinders vir hom lief is. Hulle is op skool
op Theunissen, maar
gaan naweke en vakansies na hom op Welkom. Sy kinders gaan ongetwyfeld daaronder
ly indien hy na die gevangenis
gestuur word. Volgens beskuldigde het hy nie
ander familie wat vir die kinders kan sorg nie.
'n Verdere
15.
'n Verdere persoonlike omstandigheid waarop
mnr
Beckerling
staatgemaak het, is dat beskuldigde
finansiële verlies gaan ly indien hy na die
gevangenis gestuur word Hierdie verlies het
betrekking op die erf in Riebeeckstad Hy
het reeds heelwat geld bestee op 'n huis wat hy op die erf gebou het. Hierdie
huis is tans op dakhoogte. Indien die erf met die halfvoltooide
huis nou verkoop
moet word, sal die beskuldigde finansiële verlies ly."
Die appellant se advokaat het aangevoer dat by beoordeling van die appellant
se persoonlike omstandighede 'n faktor wat in besonder
na vore tree die
betreklik hoë ouderdom van die appellant is. Nou is dit so dat by die
bespreking van die
appellant se persoonlike omstandighede in die
Verhoorregter se vonnisuitspraak daar nie spesifieke melding van die appellant
se ouderdom
gemaak word nie. Hieruit, so meen ek, kan egter
nie afgelei word
dat die Verhoorregter hierdie belangrike
faktor heeltemal buite rekening
gelaat het nie, eerstens omdat dit in die loop van die uitspraak oor die meriete
genoem word, en tweedens
omdat by ontleding van die Hof
a quo
se vonnis=
uitspraak dit duidelik blyk dat die belese REGTER-PRESIDENT
die
16.
die hele kwessie van 'n gepaste straf sorgvuldig
en deeglik oordink het. Die vraag bly nietemin of in die besondere omstandighede
van hierdie geval die Verhoorregter voldoende gewig aan die appellant se
ouderdom geheg het.
Uit die aangevoerde getuienis blyk dit dat afgesien van die pleging van die
misdaad waaroor dit hier gegaan het, die appellant 'n
deugsame landsburger is
wat vir 25 jaar by een werkgewer in diens gebly het en wat in 'n
sleutelnywerheid 'n verantwoordelike betrekking
beklee het. Uiteraard sal enige
langdurige termyn van gevangesetting tot gevolg hê dat die appellant sy
werk by die myn verloor;
en hierdie gevolg is onvermydelik. Daarenteen kan die
appellant sy nut as geskoolde werker behou tensy hy ten tyde
van sy ontslag uit die gevangenis so oud is dat sy arbeids= vermoë vir
die werkgewende gemeenskap onbeduidend sal wees.
Met sy verhoor was die appellant reeds 53 jaar oud. Indien
hy 'n gevangenistermyn van sewe jaar uitdien, beteken dit m i
dat
17.
dat by sy ontslag die appellant vir die arbeidsmark waarvoor hy geskool is
weens sy ouderdom (sestig jaar) nutteloos sal wees. Namens
die Staat is die
appèl deur die adjunk-Prokureur-Generaal van die Oranje-Vrystaat
beredeneer. In die loop van 'n ewewigtige
betoog het mnr
du Plessis
toegegee dat in die besondere omstandighede van die onderhawige geval bovermelde
oorwegings ter sprake kom. Daardie toegewing tref
my as weloorwoë. Na my
eerbiedige mening kan in hierdie bepaalde opsig wel gesê word dat daar
deur die Verhoorregter 'n
onderbeklemtoning was van die besondere posisie van
die
appellant, en dat daar by vonnisoorweging 'n mistasting begaan is. Uit hoofde
daarvan is hierdie Hof regtens verplig om met die opgelegde
vonnis in te gryp en
'n vonnis op te lê wat
hy self as gepas beskou.
By vasstelling van 'n gepaste straf is daar behalwe die ouderdom en
arbeidsvermoë van die appellant ook die
volgende maatskaplike faktor wat na my oordeel deeglike
oorweging
18. oorweging verdien. In sy vonnisuitspraak het die Verhoor= regter tereg
die aandag gevestig op die benadeling wat die appellant
se gevangesetting
onvermydelik vir sy twee afhanklikes, die seuns Amitus en Aubrey, inhou. Die
bewese feite in die saak dui op die
ongelukkige gevolgtrekking dat - altans wat
betref die laaste jare van die partye se huwelik - die oorledene se houding
jeens hierdie
twee kinders van liefdeloosheid en onverdraagsaamheid deurtrek
was. In ,r hierdie situasie sou daar reeds voor die moeder se dood
aan die kant
van Amitus en Aubrey 'n besondere afhanklikheid van die vader ontstaan het. Die
appellant het sonder teenspraak getúig
dat hy geen familie het wat vir
hierdie twee seuns kan sorg nie. Dit is skaars nodig om te sê watter
emosionele
verwarring en sielkundige ontwrigting die totale gebrek aan gesinsverband vir
die duur van hul vader se gevangesetting vir hierdie
twee jong seuns sal
beteken. Ten tyde van die verhoor was Amitus en Aubrey onderskeidelik twaalf en
tien jaar oud. Indien die appellant
uit die gevangenis ontslaan word
voordat
19. voordat albei hierdie seuns hul kritieke wordingsjare ontgroei het, sal
die bystand van hul eie vader in 'n mate nog tot hulle
heil en welstand as
jeugdiges kan bydra. Met inagnemening van al die omstandighede van die geval wil
dit my voorkom dat geregtigheid
sou geskied as 'n termyn van agt jaar
gevangenis= straf, die helfte waarvan voorwaardelik opgeskort, opgelê
was.
Uit hoofde van die voorgaande moet die appèl slaag. Die opgelegde
vonnis word ter syde gestel en deur die volgende vonnis vervang:
"Agt jaar gevangenisstraf waarvan vier jaar opgeskort word vir 'n tydperk van
vyf jaar op voorwaarde dat beskuldigde nie skuldig bevind
word nie aan 'n
misdaad waarby aanranding 'n element is en waarvoor hy gevonnis word tot
gevangenisstraf van meer as vier maande
sonder keuse van 'n boete, en wat
gedurende die tydperk van opskorting gepleeg is."
G G HOEXTER, AR
HEFER, AR )
GALGUT, Wn AR ) Stem saam