About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 129
|
|
Oertel v Lambons (Edms) Bpk (A30/2007) [2007] ZAFSHC 129 (22 November 2007)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Appèl nr: A30/2007
In
die appèl tussen:
H
J OERTEL
Appellante
en
LAMBONS
(EDMS) BPK
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
MALHERBE, RP et BECKLEY, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
BECKLEY,
R
AANGEHOOR OP:
12
NOVEMBER 2007
GELEWER OP:
22 NOVEMBER 2007
[1] Die
appellante (verweerderes in die hof
a
quo
)
het in Augustus 1997 ân nuwe Ford Courier diesel bakkie by die Ford
handelaar te Bloemfontein, die respondent hierin, (eiser in
die hof
a
quo
)
gekoop. Omdat dit ân nuwe bakkie was, het die appellante geglo (en
dit is ook so aan haar eggenoot, Michael, wat al die onderhandelings
met die respondent namens haar gevoer het in soveel woorde voorgehou
deur werknemers van die respondent) dat die bakkie ân
fabriekswaarborg
gedra het van 3 jaar of 100 000km. Binne die
waarborgtydperk het die bakkie se masjien onklaar geraak terwyl die
appellante en haar
gesin met vakansie in Botswana was. Aanvanklik
het die waarborggewer, Samcor, die eise aanvaar wat ontstaan het as
gevolg van die
feit dat die appellante en haar gesin na Bloemfontein
moes terugkeer en die bakkie wat onklaar geraak het terugvervoer word
na Bloemfontein.
ân Ruk later het dit geblyk dat Samcor die eise
repudieer. Op 25 Augustus 1999, dit wil sê op die stadium toe die
bakkie reeds
terug was in Bloemfontein, het die appellante se
eggenoot ân skrywe ontvang vanaf die waarborggewer, Samcor, wat as
volg lees:
â
Dear Mr. Oertel,
Courier Pick-Up 2.5 Diesel 4X4 â
Serial number UR186558
This is to confirm
that the above vehicle was manufactured by Samcor with a normal
diesel enjin. The Turbo unit was fitted by an
outside company and as
such according to the warranty policy the warranty on the engine
became null and void from the time of fitment,
as the responsibility
of the Samcor warranty.â
[2] Dit
was tydens die verhoor nie in geskil dat die Ford motormaatskappy
destyds, dit wil sê gedurende Julie en Augustus 1997, nie
ân Ford
Courier bakkie vervaardig het wat met ân turbo aanjaer toegerus was
nie. Die getuienis wat namens die respondent aangebied
was by monde
van die respondent se bestuurende direkteur, Bodenstein, asook die
getuienis van sy seun, Phillip, was dat Mnr. Oertel
bewus was hiervan
en dat hy ook bewus was van die feit dat ân turbo aanjaer
aangebring is deur Alpine Developments (Johannesburg)
voordat die
appellante die bakkie aangekoop het. Oertel self het nie getuienis
afgelê tydens die verhoor nie, en ook nie die appellante
nie. Dit
is tydens kruisondervraging in geskil geplaas dat Oertel geweet het
of dat dit ooit onder sy aandag gebring is dat die
bakkie wat hy
namens die appellante koop nie in alle opsigte ân
fabrieksvervaardigde voertuig is nie, of, andersom gestel, dat
die
turbo aanjaer deur ân aparte verskaffer geïnstalleer is. Vir
doeleindes van die appèl is dit nie nodig om te beslis of Oertel
kennis gedra het van die feit dat die turbo aanjaer deur ân aparte
verskaffer, Alpine Developments, geïnstalleer is nie. Daar
was
talle aspekte wat daarop dui dat Oertel wel daarvan bewus was of
bewus moes wees, benewens die direkte getuienis van die Bodensteins.
In hierdie verband kan verwys word na die onbetwiste feit dat,
benewens die Ford waarborg wat in die eienaarshandboek vervat is,
Oertel ook in besit geplaas is van ân aparte boekie, synde ân
waarborgboekie vanaf Alpine Developments, en dat beide die boekies
voorsiening gemaak het vir ân stempel van die agent van hierdie
bakkie, welke stempel in die boekies aangebring moes word wanneer
die
bakkie met sekere tussenposes gediens is. Daarbenewens het die
bestelvorm ten opsigte van die betrokke bakkie uitdruklik aangedui
dat sekere bykomstighede aangebring is, tewete ân radio ten bedrae
van R1 000,00, lugreëling ten bedrae van R4 385,00 asook die
turbo
aanjaer ten bedrae van R10 000,00.
[3] Na
my mening is dit bewese op ân oorwig van waarskynlikhede dat die
turbo aanjaer as ân beskomstigheid aangebring is aan die
bakkie en
dat Oertel daarvan bewus was. Dit egter beteken geensins dat hy
bewus was daarvan dat die aanbring van die turbo aanjaer
die
fabriekswaarborg van die nuwe bakkie sou affekteer nie of tot gevolg
sou gehad het dat die waarborg van Samcor op die masjien
van die
betrokke bakkie
ab
initio
nietig
sou wees nie. Sy kennis rakende die effek wat die aanbring van die
turbo deur Alpine Developments op die waarborg van die
vervaardiger
gehad het, is na my mening die kernvraag wat in hierdie appèl beslis
moet word. Vir daardie doel is dit nodig om die
getuienis wat namens
die respondent aangebied is te oorweeg wat daardie spesifieke aspek
betref.
[4] Bodenstein snr se
getuienis tydens kruisondervraging was kortliks aanvanklik as volg:
â
Was
u bekommerd dat die installasie van die turbo dalk vir Samcor ân
probleem mag wees en daarom het u met hulle kontak gemaak?
---
Geensins nie. .... Ek het net gevra of dit die waarborg sal
affekteer en toe sê hulle nee, dit sal nie die waarborg affekteer
nie, maar
... as die turbo die oorsaak daarvan is, het ek geen probleem nie dan
verwys ek dit na Alpine, want hulle het ân ooreenkoms met
Alpine,
die turboâs kan ingesit word en die kliënt moet net die
voorwaardes van die Alpine waarborg nakom.â
[5] Later
is sy getuienis as volg:
â
U
stem met ander woorde daarmee saam dat die dag toe daardie voertuig
by u handelaar weg is, was daar reeds
eintlik nie ân waarborg op daardie enjin van Samcor se kant nie,
want daar was ân wysiging aan daardie voertuig aangebring.
Is dit
nie so nie? ... Dit is so, maar daar was ân waarborg van Alpine.â
[6] Nadat
Bodenstein snr aldus getuig het, het Mnr. Reinders, wat namens die
appellante tydens die verhoor (en tydens die beredenering
van die
appèl) verskyn het, die getuie se aandag gevestig op die skrywe wat
hierbo aangehaal is wat gerig is deur Samcor aan Mnr.
Oertel rakende
die waarborg. Nadat voormelde skrywe aan Bodenstein voorgehou is,
was sy getuienis as volg:
â
Goed, daar mag moontlik ân
waarborg gewees het van Alpine, ons gaan netnou daarmee handel, maar
is dit ooit gesê vir die kliënt?
Is daar ooit vir hom gesê
luister hier onthou ons het aan hierdie voertuig ân wysiging
aangebring, Samcor se waarborg gaan verval
wat die enjin
aanbetref?.... Ons het vir die kliënt gesê hy moet net sy dienste
gereeld doen dan is sy voertuig gedek.â
Aangesien
Bodenstein snr nie die vraag beantwoord het nie, is die vraag daarna
weereens aan hom gestel as volg:
â
U
het
nie ân ongemak daarmee, soos wat hy daar sit, hy onder die indruk
was dat Samcor dek hierdie voertuig vir 100 000km of 3 jaar,
alle
partye soos omskryf in die waarborg en dat hy totaal onbewus was
daarvan dat die masjien nie gedek gaan word deur Samcor reg
van die
staanspoor af bloot omdat daar ân turbo deur ân buite instansie
ingesit is nie?... As ek daarop kan antwoord, as ek
die koper sou
gewees het, het ek na my handelaar gekyk wat ân gevestigde ou
maatskappy is, sou ek aanvaar het Lambons gee my die
waarborg, dit is
wat 98% van die mense dink en sou die kliënt gemoedsrus gehad het.â
[7] Nalees
van die oorkonde dui aan dat die vraag of Oertel ooit meegedeel is in
soveel woorde dat die Samcor waarborg ten opsigte
van die masjien
verval het of
ab
initio
nietig is, nooit deur die getuie pertinent beantwoord word nie.
Trouens, toe dit aan hom gestel is dat Oertel eers van die probleem
rakende die Samcor waarborg bewus geword het toe hy die voormelde
skrywe vanaf Samcor ontvang het, word die stelling insgelyks ontwyk.
[8] Derhalwe, wanneer op
die getuienis van Bodenstein snr gelet word, kan dit nie aanvaar word
dat Oertel geweet het dat die Samcor
waarborg van meet af nie die
bakkie se masjien gedek het nie. Insgelyks, wanneer die getuienis
van Bodenstein jnr oorweeg word,
blyk dit nêrens dat Oertel
meegedeel is dat die Samcor waarborg ten opsigte van die majsien
verval het of nietig is nie. Sy getuienis
rakende die waarborg is as
volg:
â
Sa
mcor
se waarborg is in plek en indien daar enige, soos die Engelse sê
âhiccupsâ met die Samcor waarborg is, dat ek en Mnr. Oertel
ook
gesit en ons het die Alpine waarborg deurgegaan om te bepaal dat
Alpine se waarborg nou sou inskakel indien daar enige probleme
van
Samcor se kant af sou wees solank hy net al sy ..... verpligtinge
nakom.â
Later
in sy kruisondervraging handel hy meer pertinent met die vraag of die
Samcor waarborg geldig was en of Oertel geweet het wat
die posisie is
rakende die waarborg:
â
Ek
sou dit so gestel het: Die voertuig dra ân 100 000km
fabriekswaarborg en indien daar enige probleme met hierdie waarborg
sou
wees dit vervang, dit deur Alpine,
die waarborg dan deur Alpine gestand gedoen sou word... maar wat ek
gesê het, is die voertuig dra ân fabriekswaarborg. Ons aanvaar
almal dat die turbo self nie by die fabriek â ek meen die fabriek
sal nie die turbo self se waarborg dra nie. So daar is basies
twee
waarborge in plek: die waarborg op die voertuig en op die masjien en
alles wat daarmee gepaard gaan en die waarborg op die
turbo wat deur
Alpine dan nou voorsien moet word. En indien die waarborg van Samcor
op hierdie stadium dan vir enige rede, watter
rede dit ookal nou mag
wees, gerepudieer word, dat Alpine se waarborg dan in plek sou wees
solank die kliënt sy deel van die ooreenkoms
nakom.â
[10] Dit
wil dus voorkom dat Oertel op geen stadium meegedeel is deur enige
van die Bodensteins dat die fabriekswaarborg, oftewel
die Samcor
waarborg, op die bakkie se masjien nietig was nie. Inteendeel, blyk
dit dat hy uitdruklik meegedeel is dat die bakkie
as geheel ân
fabriekswaarborg het vir 100 000km of 3 jaar, soos blyk uit paragraaf
3 van die verweerder se verweerskrif.
[11] Mnr.
Reinders het voorts betoog, tereg na my mening, dat die rol en die
waarborg van Alpine Developments vir doeleindes van die
appèl
irrelevant is, aangesien die respondent geensins op daardie waarborg
gesteun het in die pleitstukke nie. Nêrens word in
die pleitstukke
beweer dat daar, benewens ân waarborg deur die waarborggewer, ân
addisionele of alternatiewe waarborg ter sprake
was nie. Dit blyk
ook gemeensaak te wees dat die respondent nie eers ân eis by Alpine
Developments ingedien het nadat Samcor die
eis repudieer het nie. Na
my mening is ân bevinding onafwendbaar dat die Samcor waarborg op
geen stadium na die aanbring van die
turbo aanjaer van toepassing was
op die voertuig se masjien nie, en bygevolg
ab
initio
nietig was. Dit is nooit aan Oertel oorgedra nie. Die
voor-die-handliggende afleiding in daardie omstandighede is dat die
appellante
geglo het dat sy ân nuwe voertuig koop met ân waarborg
van 3 jaar of ân 100 000km op, welke waarborg deur die
waarborggewer,
Samcor, gestand gedoen sou word. Daardie indrukke is
by Oertel geskep deur die wanvoorstellings deur Bodenstein jnr en snr
namens
die respondent. In die omstandighede was die appellante
geregtig om die wanvoorstelling as verweer te opper en meen ek dat
daardie
verweer gehandhaaf moet word. Vergelyk
STANDARD
BANK OF SOUTH AFRICA LIMITED v COETSEE
1981 (1) SA 1131
te 1145 waar Viljoen AR dit as volg stel:
â
All that is
necessary to allege and prove is that the representor made a false
representation which he intended, whatever his motive
might have
been, the representee to act upon. The loss or damage which the
representee suffered need not have been intended by the
representor,
it must simply have followed as a result of the representee acting
upon the false representation.â
[12] Tydens
die verhoor is ân aansienlike gedeelte van die tyd gewy aan die
vraag of twee van die dienste deur ân Ford handelaar
uitgevoer is,
soos vereis in die skriftelike Samcor waarborg wat die voertuig
vergesel het. In die lig daarvan dat die Samcor waarborg
op die
masjien van die voertuig
ab
initio
nietig
was, kan die respondent nie steun op die nie-nakoming van die
vereistes dat die dienste uitgevoer moes word deur gemagtigde
Ford
handelaar nie.
[13] Dit
volg dus na my mening dat die hof
a
quo
behoort te bevind het dat, aangesien die Samcor waarborg nietig was,
die appellante op voormelde wanvoorstellings ten opsigte van
die
waarborg kon steun as verweer en dat, in die lig daarvan dat daar
geen geldige Samcor waarborg op die masjien bestaan het nie,
daar
geen verpligting op die appellante gerus het om die voertuig by ân
Ford handelaar te laat diens nie, en dat die appèl bygevolg
moet
slaag.
[14] Wat die oorkonde
betref, het beide die verteenwoordigers toegegee tydens die
beredenering van die appèl dat daar ân groot
mate van duplisering
van bewysstukke en fakture bestaan. Na my mening bestaan ongeveer
40% van die oorkonde uit sodanige duplisering.
In die omstandighede
is dit billik dat slegs 60% van die koste van voorbereiding van die
oorkonde vir die appèl toegelaat word.
[15] Bygevolg
word die volgende bevele verleen:
1. Die appèl slaag met
koste;
2. Die appellant is slegs
geregtig op 60% van die koste van voorbereiding van die oorkonde vir
doeleindes van die appèl;
3. Die
bevel van die hof
a
quo
word ter syde gestel en vervang met die volgende:
Die eiser se eis word
afgewys met koste, welke koste sal insluit verhoogde advokaatsfooie
ooreenkomstig die riglyne van die Vrystaatse
Vereniging van Advokate.
________________
A.
P. BECKLEY, R
Ek stem saam.
__________________
J.
P. MALHERBE, RP
Namens
die appellant: Adv. S. Reinders
In opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
Namens die
respondent: Adv. J. Daffue
In opdrag van:
McIntyre & Van
der Post
BLOEMFONTEIN
/em