Sentraal Skrynwerke v Gordon and Another (A15/2007) [2007] ZAFSHC 126 (15 November 2007)

55 Reportability
Civil Procedure

Brief Summary

Civil Procedure — Amendment of particulars of claim — Appellant sought to amend particulars to clarify liability against multiple defendants after obtaining default judgment against some — Respondents contended amendment would withdraw an admission and prejudice their defence — Court found amendment would not constitute withdrawal of an admission and that appellant's claim against remaining defendants was not sustainable due to prior judgment against others — Appeal against refusal of amendment dismissed, but matter remitted for further hearing on preliminary point.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 126
|

|

Sentraal Skrynwerke v Gordon and Another (A15/2007) [2007] ZAFSHC 126 (15 November 2007)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèlnommer
: A15/2007
In
die saak tussen:-
SENTRAAL
SKRYNWERKE
Appellant
en
JACOBUS
GORDON
Eerste
Respondent
HJM
KONSTRUKSIE
Tweede
Respondent
CORAM:
BECKLEY,
R
et
VOGES, WND R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
29
OKTOBER 2007
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
VOGES,
WND R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
15
NOVEMBER 2007
[1]
Die appellant het in die landdroshof van die eerste en tweede
respondente, sowel as ‘n derde en vierde verweerder gevorder:
1. Betaling van die
bedrag van R54 339,12;
2. Rente
op voormelde bedrag @ 15,5% p. j.
a
tempora morae
;
3. ‘n Bevel uit hoofde
waarvan gelas word dat die onsuksesvolle verweerder en/of verweerders
aanspreeklik is vir die koste van die
suksesvolle verweerder en/of
verweerders;
4. Koste van die geding
plus BTW; en
5. Verdere
en/of alternatiewe regshulp.
[2]
Die grondslag van die eis is as volg uiteengesit:
Paragraaf
3:
“
Gedurende
Desember 2002 het eiser aan eerste verweerder, alternatiewelik tweede
verweerder, alternatiewelik derde verweerder, alternatiewelik
vierde
verweerder, alternatiew
elik
‘n vennootskap tussen eerste en derde verweerder alternatiewelik ‘n
vennootskap tussen tweede en vierde verweerder, alternatiewelik
‘n
vennootskap tussen tweede en derde verweerder, alternatiewelik ‘n
vennootskap tussen eerste en vierde verweerder, goedere
verkoop en
gelewer op verweerder soos in hierdie paragraaf uiteengesit, se
spesiale aandrang en versoek in die totale bedrag van
R54 339,12,
welke bedrag reeds opeisbaar en betaalbaar is”
en verder
Paragraaf 4:
“
Eiser is
onseker welke verweerder, alternatiewelik welke verweerder in sy
hoedanigheid as lid van welke vennoootskap regtens aanspreeklik
is
vir betaling van voormelde bedrag, welke bedrag die verweerders weier
en/of versuim om te betaal.”
[3] Tydens
die verhoor was dit gemene saak dat die eiser reeds vonnis by verstek
geneem het teen die derde en vierde verweerders.
[4] Ter aanvang van die
verrigtinge is die verhoorhof gevra om in terme van Reël 29(4) van
die Landdroshowereëls te beslis oor ‘n
regsvraag. Namens die
respondente is aangevoer dat die eiser nie regtens ‘n vonnis teen
die twee respondente kon verkry nie omdat
hy in die alternatief van
die onderskeie verweerders geëis het en reeds vonnis teen die derde
en vierde verweerders verkry en dus
‘n eleksie gemaak het.
[5] Sonder
om te antwoord op die respondente se betoog
in
limine
het die eiser aansoek gedoen vir ‘n wysiging
in
facie curiae
van paragraaf 4 van die besonderhede van vordering deur die woorde
“en/of verweerders” in te voeg na “eiser is onseker welke
verweerder” en deur die bede van die eiser te wysig na/vervang met
“Derhalwe vorder eiser van eerste, alternatiewelik tweede,
alternatiewelik derde, alternatiewelik vierde, alternatiewelik van
sodanige verweerders as wat die hof mag bevind teenoor eiser
aanspreeklik
is (gesamentlik en afsonderlik indien die hof bevind dat
meer as een verweerder dus aanspreeklik is)”.
[6] Die respondente het
teen hierdie aangevraagde wysiging beswaar gemaak op grond daarvan
dat só ‘n wysiging sou neerkom op die
terugtrekking van ‘n
positiewe erkenning en tot nadeel van die twee respondente sou wees.
[7] Nadat
die saak uitgestel was vir uitspraak het die verhoorhof uitspraak
gegee op sowel die eiser se aansoek om wysiging van die
besonderhede
van vordering, sowel as die regsvraag
in
limine
geopper deur die verweerder.
[8] Ten
aansien van die punt
in
limine
bevind die verhoorhof as volg:
“
The view of the court is that
the plaintiff by taking judgment against the third and fourth
defendants has unequivocally committed
himself to these defendants,
and therefore the claim against the first and second defendant cannot
succeed.”
[9] Ten aansien van die
aangevraagde wysiging lui die bevinding:
“…
I
agree with mr Snyman
that
the amendment if granted shall have the effect of withdrawing a
formal admission and therefore according to the authority before
me
evidence should have been presented for such withdrawal. Secondly
the withdrawal of the admission shall prejudice the defendants
in
their defence, which is that the plaintiff has already committed
himself unequivocally to the third and fourth defendants. Based
on
the above points the amendment is refused.
In passing I wish to point out that
even if the amendment in paragraph 4 was allowed, it would not cure
the particulars of claim,
particularly paragraph 3 where the
defendants have been cited. This is because all the defendants have
been cited in the alternative.”
[10] Die
appellant kom nou in hoër beroep na hierdie hof teen bogenoemde
bevindinge.
[11] AD AANSOEK OM
WYSIGING VAN BESONDERHEDE VAN VORDERING:
Beide mnr Snyman sowel as
die verhoorlanddros was duidelik verkeerd in hul siening dat die
wysiging van die besonderhede van vordering,
soos deur die appellant
versoek, sou neerkom op ‘n terugtrekking van ‘n formele
erkenning. Wat die appellant gewysig wou hê
was bloot ‘n bewering
in die pleitstukke.
Bewerings
in pleitstukke is bloot net dit: bewerings, en nie erkennings nie.
Dit is dan ook deur mnr Snyman, vir die respondent,
toegegee.
In
elk geval was die gewraakte bewerings in die onderhawige saak in die
verweerskrif ontken. Dit kon nooit as erkennings aangemerk
word nie.
[12] Die
landdros se bevinding dat die respondente benadeel sal word deur
“withdrawal of the admission” kan gevolglik eweneens
nie staande
bly nie.
[13] Die appellant poog
bloot om paragraaf 4 van die besonderhede van vordering te wysig.
Word egter gelet op paragraaf 3 van sy
pleitstukke word daarin beweer
dat goedere verkoop en gelewer was “op verweerder” (enkelvoud) en
wel aan
1. eerste verweerder,
alternatiewelik;
2.
tweede verweerder, alternatiewelik;
3.
derde verweerder, alternatiewelik;
4.
vierde verweerder, alternatiewelik;
5. ‘n vennootskap
tussen eerste en derde verweerder, alternatiewelik;
6. ‘n vennootskap
tussen tweede en vierde verweerder,
alternatiewelik,
7. ‘n vennootskap
tussen tweede en derde verweerder, alternatiewelik;
8. ‘n vennootskap
tussen eerste en vierde verweerder.
In geeneen van bogenoemde
vooropstellings lê die appellant (eiser) ‘n basis vir die
gesamentlike aanspreeklikheid van al vier verweerders,
hetsy
persoonlik of as lede van ‘n vennootskap, nie.
Eerste en tweede
respondente, net soos derde en vierde verweerders, word slegs in die
alternatief aanspreeklik gestel en geensins
gesamentlik of as vennote
van ‘n gestipuleerde vennootskap soos omskryf in paragraaf 3 van
die besonderhede van vordering nie.
Op die beste beroep die
appellant hom in die Besonderhede van Vordering op die
aanspreeklikheid van een individu of een vennootskap.
[14] Selfs ‘n wysiging
van paragraaf 4, op die wyse soos deur die appellant aangevra, sou
nie die appellant geregtig maak op vonnis
teen al vier die
verweerders, gesamentlik en/of afsonderlik, nie.
[15] Appellant beroep hom
op artikel 42 van die Wet op Landdroshowe, 32 van 1944, in soverre
dit beweer word dat hy onseker is welke
verweerder regtens teenoor
hom aanspreeklik is. Artikel 42 verg egter dat in die dagvaarding
beweer moet word dat skade gely is.
In die onderhawige
geding vorder die appellant spesifieke nakoming en nie
skadevergoeding nie, en bygevolg is die bepalings van artikel
42 nie
van toepassing nie.
Deur summiere vonnis
teen die derde en vierde verweerders te neem, het die appellant se
onsekerheid ten aansien van welke verweerder
teenoor hom aanspreeklik
is, verval. Hy eis slegs in die alternatief van die onderskeie
verweerders. Aangesien hy verkies het om
sy vordering teen derde en
vierde verweerders af te dwing deur vonnis te verkry teen daardie
verweerder, is hy nie geregtig om ‘n
verdere verhaalsreg teen die
eerste en tweede respondente nie. Dit blyk ook nie korrek te wees
dat vonnis in hierdie omstandighede
teen sowel derde as vierde
respondent verkry is nie.
[16] Dit
is gemeensaak dat die verhoorlanddros nie die appellant aangehoor het
ten aansien van die regsvraag gestel deur die respondente
alvorens
uitspraak daaroor gegee is nie. ‘n Onreëlmatigheid het dus
plaasgevind.
Appellant
het in sy betoogshoofde gevra dat hierdie Hof die appèl op “alle
bene” sal laat slaag aangesien die landdros reeds
ten opsigte van
die punt
in
limine
beslis en sy houding openbaar het. Tydens argumentering van die
appèl is egter aangevoer dat, sou die appèl nie slaag ten aansien
van die aansoek om wysiging nie, die saak terugverwys moet word vir
verdere verhoor van die punt
in
limine
.
Vanweë
die landdros se versuim om die
audi
alteram
-reël
toe te pas, is ek van mening dat hieraan gevolg gegee moet word.
[17] Die
volgende bevel word bygevolg gemaak:
1. Die appèl teen die
weiering van die aansoek om wysiging van die Besonderhede van
Vordering word afgewys, met koste.
2. Die
saak word na die verhoorhof terug verwys vir verdere verhoor van die
punt
in
limine
.
________________
M. VOGES, WND R
Ek
stem saam.
_______________
A.P. BECKLEY, R
Namens
die appellant: Adv. H.J. Benade
In
opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondente: Adv. C. Snyman
In
opdrag van:
Lovius-Block
BLOEMFONTEIN
MV/sp