S v Sardinha (575/2007) [2007] ZAFSHC 73 (8 November 2007)

45 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Plea and conviction — Accused pleading guilty to exceeding legal alcohol limit — Automatic suspension of driver's license following conviction under National Road Traffic Act — Magistrate's request for reconsideration of conviction due to automatic license suspension — Court finding that magistrate's request must be granted to allow for reconsideration of license suspension — Conviction and acknowledgment of guilt set aside.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 73
|

|

S v Sardinha (575/2007) [2007] ZAFSHC 73 (8 November 2007)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening Nr. : 575/2007
In
die hersiening tussen:-
DIE
STAAT
versus
LUIS
GARPAR GOMES SARDINHA
_____________________________________________________
CORAM:
MALHERBE,
RP
et
VOGES,
WND R
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
MALHERBE,
RP
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
8
NOVEMBER 2007
_____________________________________________________
Bogenoemde
beskuldigde het in die Landdroshof te Welkom verskyn op aanklag van
oortreding van Artikel 65(5) van die Nasionale Padverkeerswet
(Wet
Nr. 93 van 1996) deurdat die alkohol konsentrasie in ‘n monster van
sy asem die voorgeskrewe maksimum oorskry het. Hy het
sy eie
verdediging waargeneem en voor die aanvang van die verrigtinge aan
die Staatsaanklaer aangedui dat hy wil skuldig pleit.
Die
Staatsaanklaer het toe ‘n erkenning van skuldboete in die bedrag
van R750,00 op die dagvaarding aangeteken. Die beskuldigde
het die
bedrag betaal en is huistoe. Enkele dae later vind hy tot sy
ontsteltenis uit dat sy bestuurderslisensie outomaties opgeskort
is
ingevolge Artikel 35(1) van die genoemde Wet. Die Landdros beslis
dat sy
functus
officio
is na bekragtiging van die skulderkenning en stuur die saak vir
spesiale hersiening met die versoek dat die bekragtiging van die
skulderkenning tersyde gestel word. Ongelukkig het Ebrahim R
verkeerdelik die skuldigbevinding bekragtig deur die J4 dekblad te
teken instede daarvan om die Landdros se billike versoek toe te
staan.
Dit is duidelik dat daar
aan die Landdros se versoek voldoen moet word sodat sy die opskorting
van beskuldigde se bestuurderslisensie
kan heroorweeg ingevolge
Artikel 35(3) van die Wet.
Gevolglik
word die volgende bevel uitgereik:
Die
bekragtiging van die beskuldigde se skulderkenningsboete word tersyde
gestel.
_________________
J.P. MALHERBE, RP
Ek stem saam.
________________
M. VOGES, WND R
/sp