About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 122
|
|
Steyn- Meyer v Liebenberg (1406/2007) [2007] ZAFSHC 122 (1 November 2007)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak
Nr. : 1406/2007
In
die saak tussen:-
STEYN-MEYER
INGELYF
Eiser/Respondent
en
CORNELIA
WILHELMINA LIEBENBERG
Verweerderes/Eksipiënt
AANGEHOOR
OP:
19
OKTOBER 2007
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
VOGES,
WND R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
1
NOVEMBER 2007
Vir doeleindes van
hierdie uitspraak word na die respondent verwys as die eiser en na
die eksipiënt as die verweerderes.
[1] Die
eiser is ân maatskappy met beperkte aanspreeklikheid, geregistreer
in terme van die Wet op Maatskappye, 61 van 1973.
Die verweerderes is ân
volwasse vrou wat deur die Meester van die Hooggeregshof aangestel is
as eksekutrise in die boedel van wyle
Willem Christiaan Phillippus
Coetzee.
[2] Aldus
die eiser se Besonderhede van Vordering het die verweerderes mnr
Pieter Meyer, ân praktiserende prokureur, op 25 Julie
2005 opdrag
gegee om namens haar op te tree in die bereddering van die genoemde
boedel. Daar is mondeling ooreengekom tussen Meyer
en die
verweerderes dat die eiser, by finalisering van die boedel, geregtig
sou wees op 50% van die âexecuterâs loanâ wat
die verweerderes
sou toekom.
[3] Op
20 Oktober 2005 het die verweerderes egter haar mandaat aan die eiser
beëindig.
As gevolg daarvan het die
eiser beweerdelik skade gely deurdat professionele dienste reeds
sedert 17 Junie 2005 gelewer was en word
skadevergoeding in die
bedrag van R135 356,58 geëis.
[4] Die
verweerderes het eksepsie aangeteken teen die eiser se uiteensetting
van sy eis en wel op grond daarvan dat die Besonderhede
van Vordering
nie voldoende beweringe verwoord nie en/of bewerings mis wat nodig is
om die aksie teen die verweerderes te staaf,
en in die alternatief
dat die eiser nie ân skuldoorsaak teen die verweerderes openbaar
nie.
[5] Die
verweerderes se eksepsie berus op vier gronde, nl:
Die
eiser vorder betaling van professionele gelde en/of fooie as skade
van die verweerderes
in
persoon
en/of in haar
privaat
hoedanigheid
ondanks bewerings in die Besonderhede van Vordering dat die
verweerderes hoogstens in haar
amptelike
hoedanigheid
as eksekutrise ân ooreenkoms gesluit het met Pieter Meyer.
Die
eiser geen skuldoorsaak teen die verweerderes openbaar nie en/of
onvoldoende bewerings in die Besonderhede van Vordering maak
om ân
skuldoorsaak teen die verweerderes te openbaar, aangesien die eiser
beweer dat die verweerderes ân maandaat aan Pieter
Meyer, ân
privaat
individu
,
gegee het en nie aan die eiser, wat ân afsonderlike regsentiteit
is nie.
Die
eiser vorder skade in die
bedrag
van R135 356,58, maar beweer dat hy geregtig sou wees op hoogstens
50% van die eksekutrise se âexecutorâs loanâ sonder
om aan te
toon dat laasgenoemde die bedrag van R135 356,58 sou en inderdaad
oorskry het. Gevolglik openbaar die eiser se aksie
nie ân
skuldoorsaak teen die verweerderes ter vordering van die bedrag van
R135 356,58 nie.
Die
eiser geen skuldoorsaak teen die verweerderes openbaar nie en/of
onvoldoende bewerings in die Besonderhede van Vordering maak
om ân
skuldoorsaak teen die verweerderes te openbaar, aangesien eiser
beweer dat hy geregtig sou wees op hoogstens 50% van
die
eksekutrise se lening in of van die boedel en geen basis stel in
terme waarvan die eiser geregtig is of sal word vir betaling
deur
die verweerderes van
professionele
fooie
nie.
[6] Ten
aansien van die eerste grond van eksepsie voer die eiser aan:
â
Aangesien
die verweerderes slegs in haar amptelike hoedanigheid as eksekutrise
magte en bevoegdhede aan die eiser kon delegeer maak
eiser derhalwe
geen skuldoorsaak uit teen die verweerderes in haar private
hoedanigheid nie, maar ho
ogstens
maak eiser ân skuldoorsaak uit teen die verweerderes in haar
amptelike
hoedanigheid.â
Ek
vind dit nie nodig om in meer besonderhede met hierdie grond van
eksepsie te handel nie in lig van latere bevindings hierin. Dit
word
slegs vermeld dat hierdie uitgangspunt nie korrek kan wees nie omdat
die verweerderes in haar onderhandelinge met die eiser
nie vir of
namens die boedel opgetree het nie. Sy het in haar
privaathoedanigheid die eiser om hulp genader.
Verder is die
professionele dienste waarop die eiser se eis berus volgens die
Besonderhede van Vordering aan verweerderes gelewer
vanaf 17 Junie
2005. Dit blyk nie wanneer die verweerderes as eksekutrise aangestel
is nie. Die ooreenkoms met Meyer was in ieder
geval eers, aldus die
eiser, aangegaan op 25 Julie 2005.
Die eerste eksepsie kan
gevolglik nie slaag nie.
[7] Ten
aansien van die tweede grond van eksepsie doen die eiser aan die
hand dat daar voldoende bewerings in die Besonderhede van
Vordering
uiteengesit is ingevolge waarvan die eiser geregtig sal wees om by
aanhoor van die aksie getuienis te lei waaruit die eiser
se
locus
standi
sal blyk.
Alhoewel
in paragraaf 4 van die Besonderhede van Vordering slegs verwys word
na âMr Pieter Meyer, a practicing attorneyâ word
in paragraaf 6
beweer:
â
It
is agreed to verbally between Mr Pieter Meyer,
whom
acted on
behalf
of the Plaintiff,
and the Defendant â¦.â
en word ook in paragraaf
7 verwys na die mandaat tussen die verweerderes en die eiser.
Daar
is gevolglik meriete in die eiser se betoog dat getuienis gelei sal
kan word wat die
locus
standi
van die eiser sal bewys.
Die
tweede eksepsie kan gevolglik ook nie slaag nie.
[8] Die eiser se eis is
gebaseer op ân ooreenkoms in terme waarvan die eiser na bewering
geregtig sou wees op 50% van die âexecutorâs
loanâ. Hierdie
bewoording het tot ernstige betoog namens die verweerderes gelei.
Dit is naamlik aangevoer dat die regte en verpligtinge
wat die
sogenaamde lening vir die verweerderes sou hê nie uiteengesit word
nie en die bedrag daarvan onbepaalbaar is.
Namens
die eiser is aangevoer dat geen ander uitleg aan dié bewoording
gegee kan word as sou dit na eksekuteursfooie verwys nie.
ân Derde
persoon sou immers nie geregtig kon word op enige regte
voortspruitend uit ân lening van die boedel aan die verweerderes
nie.
Alhoewel
nie deur die eiser gevra is vir ân wysiging van die bewoording van
die Besonderhede van Vordering nie, is hier duidelik
bloot ân
foutiewe term gebruik en kan niks anders as eksekuteursfooie ter
sprake wees nie.
[9] Soos die Besonderhede
van Vordering tans daar uitsien is dit tot ân mate onduidelik of
eiser op kontrak of op delik steun vir
die verhaal van sy beweerde
skade.
In
antwoord op die derde grond van eksepsie voer die eiser egter in
betoog aan dat sy vordering gebaseer is op skade gely weens
kontrakbreuk
vanweë die kansellasie van sy mandaat deur die
verweerderes. Daardie skade is, so word aangevoer, bepaalbaar op
grond van die gespesifiseerde
rekeningstaat (aanhangsel âSM2â)
wat deel vorm van die besonderhede van vordering.
Eiser
is egter by kontrakbreuk deur verweerderes hoogstens geregtig om
geplaas te word in die posisie waarin hy sou wees as daar behoorlike
voldoening aan die ooreengekome terme was. Daar is geen basis waarop
eiser aanspraak kan maak op professionele fooie nie.
Die Besonderhede van
Vordering beweer nêrens dat dit ân term (uitdruklik of
geïmpliseerd) van die ooreenkoms was dat verweerderes
aanspreeklik
sou wees vir professionele fooie as Meyer se mandaat beëindig sou
word nie.
Geen
bedrag is deur die eiser gekoppel aan die 50% eksekuteursfooi nie.
Ook is dit nie bekend wat die waarde van die boedel was
nie en kan
dus nie bepaal word waarop die verweerderes, en daarmee saam die
eiser, geregtig was of sou word nie.
Die Besonderhede van
Vordering bevat gevolglik nie enige bewerings om die eiser se eis vir
professionele fooie te ondersteun nie.
Die
eksepsie op hierdie grond behoort dus te slaag.
[10] Verweerderes
se vierde grond van eksepsie hang ten nouste saam met die derde grond
en is waarskynlik die sterkste.
Eiser se eis steun op
die ooreenkoms aangegaan op 25 Julie 2005. Sy skade is gebaseer op
professionele dienste gelewer vanaf 17
Junie 2005. Die Besonderhede
van Vordering sit egter nie uiteen uit hoofde waarvan vir die tydperk
17 Junie tot 25 Julie 2005 geëis
kan word nie. Geen datums blyk ook
uit die rekeningstaat, aanhangsel âSM2â, nie.
Die eiser se Besonderhede
van Vordering bevat, soos reeds aangedui, geen bewering dat
professionele fooie uit hoofde van die ooreenkoms
tussen Meyer en die
verweerderes betaalbaar is/was nie.
Weer
eens ontbreek voldoende bewerings om die eis soos tans geformuleer te
steun en behoort hierdie eksepsie ook te slaag.
[11] Die
volgende bevel word bygevolg gemaak:
1. Die
eksepsie gebaseer op gronde 3 en 4 van die verweerderes se
kennisgewing van eksepsie word gehandhaaf met koste.
2. Eiser word verlof
verleen om sy besonderhede van eis te wysig voor of op 9 November
2007 by gebreke waaraan verweerderes die hof
kan nader vir afwysing
van die eis.
________________
M. VOGES, WND R
Namens
die eiser/respondent : Adv. P.J. Zietsman
In
opdrag van:
Steyn-Meyer
Ing.
BLOEMFONTEIN
Namens
die verweerderes/eksipiënt: Adv. C. Snyman
In
opdrag van:
Lovius
Block
BLOEMFONTEIN
MV/sp