Els v Els (313/2006) [2007] ZAFSHC 103 (12 October 2007)

68 Reportability

Brief Summary

Divorce — Maintenance — Claim for spousal and child maintenance — Parties married out of community of property with accrual — Eiser offers maintenance for a limited period; verweerderes claims indefinite maintenance — Court considers the circumstances of the marriage breakdown and the health of the parties — Eiser's offer deemed insufficient given verweerderes' medical condition and inability to earn an income — Court awards maintenance to verweerderes and child, taking into account the needs and circumstances of both parties.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 103
|

|

Els v Els (313/2006) [2007] ZAFSHC 103 (12 October 2007)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak
Nr. : 313/2006
In
die saak tussen:-
ADRIAAN
GERHARDUS ELS
Eiser
en
MELITA
FELICHIA ELS
Verweerderes
_____________________________________________________
CORAM:
MALHERBE,
RP
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
24
EN 25 APRIL 2007
18,
19 EN 20 SEPTEMBER 2007
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
12
OKTOBER 2007
_____________________________________________________
Hierdie
is ‘n egskeidingsgeding. Eiser is 53 jaar oud en verweerderes is
40. Die partye is op 5 September 1998 met mekaar getroud
buite
gemeenskap van goedere en met insluiting van die aanwasbedeling. Uit
hulle huwelik is daar een kind gebore, nl. ‘n dogtertjie
met die
naam van Ané. Sy is tans 4½ jaar oud. Dit is beide partye se
tweede huwelik. Beide se vorige huwelike is deur egskeiding
ontbind.
Eiser het drie volwasse dogters uit sy vorige huwelik en sou graag
‘n seun wou hê indien hy weer ‘n kind sou hê.
Verweerderes se
kinders uit haar vorige huwelik is dogters van 22 en 15 jaar oud
onderskeidelik en ‘n seun van 17 jaar.
Dit is
gemenesaak dat die huwelik op die rotse is. Beide partye verlang ‘n
egskeiding. In sy besonderhede van vordering bied eiser
aan dat
verweerderes beklee word met Ané se bewaring onderhewig aan sy reg
van redelike toegang (wat hy omskryf). Wat hy egter
nie aanbied nie,
is enige onderhoud vir óf Ané óf verweerderes óf die betaling van
hulle mediese onkoste. In haar teeneis vorder
verweerderes onderhoud
vir Ané in die bedrag van R2 500.00 per maand; betaling van haar
skooluitgawes; R20 000.00 per maand onderhoud
vir haarself en
betaling van beide haar en Ané se mediese uitgawes. Op 29 Junie
2006 is eiser ingevolge Hofreël 43 gelas om, onder
andere,
pendente
lite
onderhoud vir verweerderes te betaal teen R10 000.00 per maand; R2
500.00 per maand vir Ané, haar mediese onkoste, sowel as
verweerderes
se mediese onkoste
“wat
nie deur die hospitaal gedek word nie.”
(Aansoek Nr. 2414/2006).
By die aanvang van die
verrigtinge het ek op versoek van die advokate ingevolge Hofreël
33(4) gelas dat die geskilpunt met betrekking
tot die aanwasbedeling
oorstaan vir latere beregting. Die ooreenkoms tussen die partye met
betrekking tot Ané se bewaring, onderhoud
vir haar en eiser se
aanspreeklikheid vir haar mediese onkoste, is uiteengesit in
paragrawe 7.1 en 7.2 van die Reël 37 notule op
p. 82 van die
pleitstukkebundel. Hierdie ooreenkoms is herhaal in eiser se tender
of skikkingsaanbod ingevolge Hofreël 34 wat met
benadeling van regte
gemaak is en as bewysstuk “A” ingehandig is voordat enige
getuienis aangebied is. In hierdie tender bied
eiser aan om aan
verweerderes onderhoud te betaal vir ‘n periode van tien jaar of
tot haar dood of hertroue of samewoning met ‘n
man (wat ookal
eerste plaasvind) teen R5 000.00 per maand
“
welke bedrag nie vatbaar sal wees
vir verhoging of verlaging nie.”
Hy
bied ook aan om die premies te betaal van ‘n “Mediesefondsplan”
van Liberty Life vir verweerderes wat by die tender aangeheg
is.
Verder bied hy die gedingskoste aan tot op die datum van die tender,
nl. die eerste verhoordag. Die verweerderes het by monde
van haar
advokaat die tender daar-en-dan verwerp wat betref haar onderhoud en
tyd gevra om die mediesefondsplan in besonderhede te
bestudeer. Ek
het nie ‘n nota dat verweerderes uitdruklik in die Hof te kenne
gegee het dat hierdie mediesefondsplan nie aanvaarbaar
is nie. Eiser
het klaarblyklik aanvaar dat dit nie is nie omdat daar op die laaste
dag van die verhoor, en net voor eiser se saak
gesluit is,
“’n
ietwat beter polis”
van Discovery Health
aangebied is in die plek van die Liberty Life polis waarna die tender
verwys het. Die ander verskil tussen die
twee polisse is dat Ané
ook as lid op die Discovery Health polis aangegee word. Namens eiser
het Mnr. Daffue die Hof verder soos
volg meegedeel:
“
Edele
en dan besef ons en ons aanvaar dat hierdie plan sal die eiser in
werking laat tree op 1 Januarie 2008 en daar is van die voordele
wat,
die volle voordele sal eers vanaf 1 April 2008 in werking tree.
Edele en dan vir die
interim
tot en met hierdie polis ten volle in werking tree, is die eiser
bereid om die bestaande Reël 43 bevel rondom die medies na te kom
.... as die tender so gewysig is, dan sluit ek die eiser se saak.”
In die
lig van hierdie mededeling is daar derhalwe geen meriete in Mnr.
Daffue se betoog dat die Hof hierdie gewysigde tender moet
beskou
asof dit op die eerste verhoordag gemaak is en dat dit die kostebevel
vir dáárdie rede sal affekteer. Die ware toedrag
van sake is dat
die gewysigde tender gemaak is op die laaste dag van die verhoor net
voordat die advokate hulle argumente voorgedra
het en dat die
oorspronklike tender reeds op die eerste dag van die verhoor verwerp
is vir soverre dit eiseres se onderhoud betref.
Tydens betoog het Mnr.
Burger die Hof meegedeel dat verweerderes die tender met betrekking
tot mediese koste, d.w.s. die Discovery
Health polis, aanvaar. Soos
reeds gesê, is die kwessie van Ané se bewaring, onderhoud vir haar
en eiser se toegangsregte ook nie
meer ‘n geskilpunt tussen die
partye nie. Wat oorbly vir beregting, word soos volg in die Reël 37
notule uiteengesit:
“
7.3.2 Die reg tot onderhoud van die
Verweerderes wat insluit die omvang en tydsduur daarvan.
Die koste van geding.
Die redes vir die verbrokkeling van
die huweliksverhouding in soverre dit van toepassing is op die reg
op onderhoud van die
Verweerderes.”
Verweerderes
is ‘n mooi vrou wat daarvan gehou het, en nog steeds daarvan hou,
om mooi aan te trek en haarself goed te versorg.
Sy het nooit ‘n
gebrek aan klere of juweliersware gehad nie. Voor haar huwelik met
eiser was sy ‘n suksesvolle sakevrou in
Bloemfontein en het sy haar
eie huis besit waarin sy en haar kinders uit haar eerste huwelik
gewoon het. Eiser was ‘n vennoot
in ‘n afslaersbesigheid in
Bloemfontein en deeltydse boer op ‘n plaas in die Reddersburg
distrik. Hy het ook ‘n huis in Bloemfontein
gehad waar hy en
verweerderes gaan woon het na hulle huwelik. Verweerderes het toe
haar huis verhuur. Uit die getuienis kom dit
voor asof die huwelik
gelukkig was terwyl die partye in Bloemfontein gewoon het:
Verweerderes het aan niks gebrek gehad nie en voortgegaan
om haar
besigheid (Grannies Pies) suksesvol te bedryf. Eiser was nog steeds
‘n vennoot by Ellenberger & Kahts en kon ook deeltyds
boer. In
2001 besluit hy om sy huis en sy aandele in die firma te verkoop en
“plaas toe te trek” om sy “lewensideaal” nl.
om te boer, uit
te voer. Intussen het hy die ou woonhuis op die plaas so opgeknap
dat dit (volgens verweerderes)
“’
n
baie groot plaaswoonhuis was wat hy spesiaal gebou het toe ons gaan
aftree het met sewe slaapkamers, vier badkamers, baie, baie
groot,
baie ruim
vertrekke. Dit was ‘n baie luukse woonhuis. Ons het baie luuks
gewoon, baie.”
Volgens verweerderes was
sy nogtans ongelukkig op die plaas omdat eiser
“
...
as ek wou skape aankoop of iets wou doen, dan het hy gesê ek moet
weiding betaal of ek moet nog ‘n stroois bou of ek moet twee
mense
by huur en ek sal, dit het op rusies uitgeloop ..... alles wat ek wou
begin het hy net gesê gladnie asof hy my nie daar wou
hê nie. Daar
was net nie ..... daar was net nie ruimte vir my nie, dit is asof ek
nie leefruimte daar gehad het nie ..... ek is
uit die stad uit weg en
op die plaas gaan bly waar hy reeds al in daardie gemeenskap was vir
die vorige vier jaar en toe moes ek
my besigheid verkoop en daar gaan
bly. Ek het niemand geken daar nie en hy het veilings toe gegaan en
gaan kuier by die bure en
ek het op die plaas gebly en as ek vir hom
daarna sou gevra het waar hy was of dit, dan het hy verskriklik kwaad
geraak en hy het
al vir my, hy het ontsettend kwaad geraak en dan het
dit op groot rusies uitgeloop. Hy het selfs vir my gesê ja dit is
waarom hy
die eerste keer ook geskei is, sy vorige vrou het hom ook
verdink van verhoudings ..... ons grootste probleem het begin toe ek
hom
sê ek is swanger met ‘n dogter ..... hy was baie ontsteld en
sy oë het vol trane geskiet en hy het gesê die lewe
is
fokken onregverdig, ekskuus die woord.”
Op 24
Maart 2003, toe verweerderes sewe maande swanger was met Ané, was sy
in ‘n motorongeluk betrokke wat haar ‘n parapleeg
gelaat het wat
vir die res van haar lewe aan ‘n rolstoel gekluister sal wees.
Hierdie gebeurtenis het die partye se lewens ingrypend
en
onherroeplik verander: Klein Ané is drie dae later vroeggebore;
verweerderes was in ‘n bedenklike toestand in die hospitaal;
sy
moes vir drie maande in die hospitaal bly en het daarna vir nog drie
maande by haar broer in die stad aangesterk; sy is plaastoe
in ‘n
rolstoel; die huis moes rolstoelvriendelik gemaak word; haar motor
moes omgebou word en beide partye moes probeer om by hierdie
uiters
tragiese omstandighede aan te pas. Dit was nie maklik nie en die
huwelik wat voor die ongeluk reeds broos was, het verder
agteruit
gegaan. Voor die ongeluk het eiser vir verweerderes aangerand sowel
as daarna terwyl sy in ‘n rolstoel was. Die aanranding
voor die
ongeluk by die veiling was waarskynlik die gevolg van frustrasie aan
die kant van eiser na provokasie deur verweerderes.
Die aanranding
in die rolstoel word deur die partye verskillend beskryf. Dit strek
eiser egter gladnie tot eer dat hy sy hulpelose
vrou geklap het nie.
As net helfte van eiser se lelike gevloek waaroor verweerderes
getuig, waar is, is dit erg genoeg. Ek aanvaar
haar weergawe waar
dit bots met eiser sin. Sy het ‘n baie beter indruk in die
getuiebank gemaak as hy. Hy was geneig om lang,
argumentatiewe en
sarkastiese antwoorde op vrae te gee. Hoe dit ookal sy, ek meen dat
beide partye gefrusteerd was met verweerderes
se omstandighede en
emosioneel nie instaat was om dit te verwerk nie. Verweerderes het
simpatie en aanvaarding en ondersteuning
nodig gehad wat eiser nie
kon, of wou, gee nie. Ek kan nie bevind dat een party beduidend meer
skuld as die ander party het aan
die verbrokkeling van die huwelik
nie. Na my mening was dit die gevolg van ‘n sameloop van
omstandighede waaroor hulle nie werklik
beheer gehad het nie, veral
die geslag van hulle baba en die gevolge van verweerderes se
motorongeluk.
In sy betoog het Mnr.
Daffue eiser se aanbod om aan verweerderes onderhoud slegs vir tien
jaar te betaal, probeer regverdig deur te
sê dat sy weer geld vanuit
haar rolstoel kan verdien deur byvoorbeeld die boeke te doen in haar
broer se besigheid. Hierdie submissie
word verwerp. Ek haal grepe
uit verweerderes se getuienis aan wat onbetwis is:
“
Goed
mevrou. As ons net kortliks vir die Hof kan saamvat – as gevolg
van hierdie gesondheidsprobleme en kwale wat u aan ly, wat
is die
simptome, wat ervaar u? Ons weet dat u verlam is, u het nie beweging
in u onderly
f
nie, is daar ook ander simptome wat u teister of pla? --- Ja, ek kry
geweldige hoofpyne as gevolg van die lewer wat nie funksioneer
nie;
ek sukkel geweldig om stoelgange te passeer en moet ek op ‘n derm
program wees om dit te kan doen.
Die
derm program, hoe dikwels geskied dit en wat is die aard daarvan? ---
Ek moet elke aand middele neem en dan moet ek elke tweede
oggend twee
liter water in my dermkanaal opspuit en dan moet ek die stoelgange
met ‘n handskoen, ekskuus – verwyder.
Verwyder.
Mevrou is daar infeksies wat u ervaar as gevolg van u gesondheid?
--- Ja, as gevolg van al die dinge kry ‘n mens baie
infeksies soos
blaasontsteking en ek kry geweldige spasmas, dit is
spiersametrekkings en ek het nie bloedsirkulasie in my bene nie
en ek
het hiper sensoriese sensasie van die senuweestelsel, dit voel die
heeltyd of ‘n mens se bene met lemme gesny word.
HOF:
Net
‘n oomblik asseblief. --- En as gevolg van die pyn ly ek –
partykeer voel dit ek kan nie konsentreer nie.
MNR.
MOLLER:
Praat ‘n mens dikwels van persone in rystoele of dit dikwels
gebeur dat hulle bedsere ontwikkel. Is dit iets waarmee u gepla
word? --- Ja, baie dikwels.
Verstaan ons korrek, vir hierdie
toestand gebruik u medikasie asook inspuitings wat u ontvang? --- Dit
is korrek u Edele.
U
het verwys na die derm program. Is dit nodig dat fisioterapie
toegedien word? --- Dit is uiters belangrik, want my derm is ook
verlam en hulle doen druk bewegings op my maag en ek moet dit doen.
Dikwels,
is die aangewese om fisioterapie te ontvang? --- Twee keer ‘n week.
Mevrou
u sê die medikasie wat u gebruik het ook newe-effekte. --- Ja.
U
het genoem van u konsentrasie wat ingeperk word deur die gebruik
daarvan. --- Ja en as ek nie pyn medikasie of spuit vir die spasmas
nie, die spasmas het my al van die bed af geruk en dit lei weer tot
bedsere, ek het ‘n groot seer op my heup ‘n ruk terug gehad.
Ek
kan ook glad nie slaap as ek nie my inspuitings toedien of vir die
slaap iets neem nie, u weet die pyn is baie erg.
Mevrou
om ‘n kort opsomming volledig te kry. Hierdie toestand het die
gevolg dat u maar in en uit die hospitale is, is dit korrek?
--- Ja
Edele.”
“
HOF:
Dankie.
Net voor ek vergeet. Mevrou, kan u kortliks ‘n tipiese dag in u
lewe vir die Hof beskrywe? Ek wil graag weet hoe verloop
u dag met u
ongeskiktheid. Kortliks asseblief? --- U Edele in die oggende is ek
nog op die masjiene vas en in die nag sal ek, ek
druk ‘n klokkie,
dan sal my kinders vir my kom help met die kleintjie as sy iets nodig
sou hê of as ek van die bed af, ek het
al van die bed af spasmas
geruk en ek kan nie altyd net die huis verlaat nie. Met my derm
program, jy weet nie, jy het die heeltyd
ongemak op jou maag en ek
het die heeltyd hoofpyn en die heeltyd brand pyne in my rug en in my
bene en die spasmas raak erg, so erg
dat ek sukkel om my kar nou te
bestuur en die pyne maak ook dikwels dat ek sukkel om vir my kinders
werklik kos voor te berei of
ek kan nie funksioneer soos drie jaar
terug nie en dit is regtig, dit is, dit is nie maklik nie, ek gaan
omtrent nie meer uit die
huis uit nie, bitter selde, my kinders doen
vir my aankopies nou en weens die pyn het ‘n mens nie werklik ‘n
sosiale lewe of
kan jy uitgaan of jy het blaasinfeksies. As dit
gebeur dan het jy nie beheer oor jou blaas nie en jou blaas loop net
of stoelgange
waar ek voorheen net kon in ‘n mate beheer, kan ek
glad nie. En dit is soms baie moeilik met die kleintjie, want ek
beskik nie
naweke oor ‘n bediende nie en dan as die kinders dalk
nie daar is nie of hulle is uit, dan sal die kleintjie vir my help om
skoon
te maak. Dit is net nie maklik nie. Ek het baie goeie
vriendinne wat my baie goed ondersteun en vriende en my familie is
baie goed
vir my. En dan somtyds as ‘n mens hospitaal toe gaan,
dan wag jy tot drie ure vir die dokter om jou te sien.
In u rystoel? ---
Dit is korrek. En dit is moeilik, want ek was nie aan so ‘n lewe
gewoond nie. Ek het nooit voorheen van staatshulp
of staatshospitale
gebruik hoef te maak nie. Dan moet ek die kleintjie saamvat,
partykeer sit ons daar dan huil sy sy is honger,
dan het ek nie
iemand om te stuur eers om vir haar kos te koop nie, dan sal ek
iemand vra en dan voel jy verplig, dan koop jy maar
vir almal wat
daar sit kos, so. As ek stop op ‘n plek, dan moet ek iemand kry om
my uit die kar te help, ek moet betaal. As ek
in die kar klim moet
ek weer betaal terug of as ek kruideniersware sou koop, vir een wat
die kruideniersware in- en uitlaai. Afgesien
van alles is dit ‘n
geweldige duur lewe en ek kan dit nie meer, ek kan dit nie bekostig
nie.
Net ‘n oomblikkie. Is daar sprake
van lees vir ontspanning of radio luister of televisie kyk of nie
werklik nie? --- U Edele die
pyn veroorsaak dat, ek was nou hierdie
maand vir drie weke ook in die hospitaal en dr. Dan Hugo, die chirurg
en daar is sprake dat
hulle vir my ‘n pynpompie gaan inbou of ‘n
...(onduidelik) lekkasie, ‘n groot operasie moet doen om die pyn
net te help verlig.
As
u praat van ‘n pynpompie neem ek aan dit is iets wat gereeld ‘n
pynstillende middel afskei. --- Ja u Edele dan gaan dit in
my rugmurg
in spuit.
Ja
dankie. Net ‘n oomblikkie. Ek het net ‘n nota dat Ané was nou
onlangs maar 4 jaar oud gewees, het ek dit reg? --- Dit is
korrek u
Edele.
U
en u man het nou ooreengekom dat dit in haar beste belang is dat u
die bewaring kry, met ander woorde die dag-tot-dag versorging
van
Ané. --- Dit is korrek u Edele.
En
u omstandighede maak dit eintlik vir u baie moeilik om haar van
dag-tot-dag te versorg, nie waar nie? --- U Edele dit maak dit
moeilik, maar dit is sy wat my aan die lewe hou, dit is sy.”
Al het die huwelik nie
lank geduur nie, is dit onbillik om te verwag dat ‘n vrou met al
bogenoemde fisiese probleme haarself moet
probeer onderhou.
Namens verweerderes het
Mnr. Burger gevra dat die Hof eiser gelas om tussen R10 000.00 en R20
000.00 per maand onderhoud aan verweerderes
te betaal totdat sy
hertrou of te sterwe kom, terwyl Mnr. Daffue namens eiser aanvoer dat
die tenderbedrag van R5 000.00 per maand
voldoende is.
In
haar nadere besonderhede vir verhoordoeleindes gedateer 29 Maart
2007, (wat sy in haar getuienis bevestig het), sê verweerderes
dat
haar totale maandelike inkomste soos volg is:
Liberty
Life annuïteit: R 621.06
Rentebetalings ten
aansien van
verbandlening: R.
Parker: R 5 000.00
Onderhoud van eiser ten
aansien
van verweerderes: R 10
000.00
Onderhoud van eiser ten
aansien
van Ané: R 2 000.00
Welsynpensioen: R 950.00
Totaal
R 18
571.06
In
haar antwoord op eiser se Reël 37(4) vraelys gedateer 30 Maart 2007
sê sy dat haar totale maandelikse uitgawes, d.w.s. vir haar
en al
vier haar kinders, R51 189.38 beloop. Hierby ingesluit is ‘n
verbandpaaiement van R10 649.51 ten opsigte van die woonhuis
wat sy
aangekoop het nadat sy eiser gedurende Maart 2006 verlaat het.
Hierdie huis het sy ook laat verander om by haar rolstoel
aan te pas.
Ook ingesluit by hierdie bedrag is R3 517.18 ten opsigte van
erfbelasting en sanitasie. (Ek neem aan water en elektrisiteit
is
ook hierby ingesluit.) Dit beteken dat die huis alleen R14 166.69
per maand kos! Ook ingesluit by die bedrag van R51 189.38
is ‘n
bedrag van R12 000.00 wat verweerderes beraam sy benodig vir mediese
uitgawes wat nie deur ‘n Staatshospitaal verskaf kan
word nie.
(Dit val natuurlik weg in die lig van die aanvaarding van die
Discovery Health mediesefondsplan.) Daar is ook ingesluit
redelike
aansienlike uitgawes vir die Taljaard kinders uit verweerderes se
vorige huwelik. Mnr. Burger het hierdie lys met eiser
in
kruisverhoor deurgewerk en volgens sy berekening het eiser toegegee
dat verweerderes se billike uitgawes per maand R12 500.00
beloop.
(My berekening kom op R13 245.00 te staan.) Instede daarvan dat
slegs R3 500.00 vir huisvesting toegelaat word soos eiser
getuig,
moet daar vir R10 600.00 (of ongeveer R7 000.00 meer) per maand
voorsiening gemaak word sodat verweerderes kan aanbly in
die huis wat
sy gekoop het en spesiaal vir haar laat inrig het, aldus die betoog.
R12 500.00 se erkende uitgawes plus R7 000.00
meer vir huisvesting is
so-te-sê die bedrag van R20 000.00 per maand wat verweerderes vorder
en wat die Hof behoort te gelas, aldus
Mnr. Burger.
Eiser
en sy rekenmeester, Mnr. Lubbe, het getuig oor al eiser se moontlike
bronne van inkomste, te wete hyself, A.G. Els handeldrywende
as
Mooiuitzicht Boerdery, die Attie Els Familietrust, Basfour 3375
(Edms) Bpk handeldrywende as War Plant en Rowco 83 CC. Hierdie
getuienis is onbetwis en kan soos volg saamgevat word:
Vir
die belastingjaar eindigende 28 Februarie 2007 was die netto inkomste
soos volg:
(i) Eiser:
R 30 903.64
(ii) Mooiuitzicht
Boerdery: R 84 613.45
(iii) Attie
Els Familietrust: R 20 400.00
(iv) Basfour:
R 351 273.00
(v) Rowco:
R 644.00
Totaal
R 487
834.09
Eiser
is nie ‘n begunstigde van die Attie Els Familietrust nie en hy hou
een derde van die aandele in Basfour. Dit beteken dat
die syfer van
R487 834.09 verminder moet word met R20 400.00 en twee derdes van
R351 273.00 d.w.s R137 491.00, latende ‘n balans
van R350 343.09 of
R29 195.00 per maand. Indien Attie Els Familietrust beskou word as
eiser se
alter
ego
en die bedrag van R20 400.00 bygetel word by R350 343.09, verhoog
eiser se netto maandelikse inkomste met R1 700.00 na R30 895.00.
Mnr. Lubbe getuig verder
dat eiser nie net sy persoonlike inkomste van R30 903.00 en die
boerdery inkomste van R84 613.00, d.w.s R115
516.00 gedurende die
2007 inkomste jaar opgebruik het nie, maar dat hy ook sy kapitaal
verminder het met R176 186.00. Dit klop met
eiser se getuienis dat
hy by geleentheid vee moes verkoop om byvoorbeeld verweerderes se
onderhoud en mediese onkoste te betaal.
Die finansiële
bestuurder van Wascon Civil, Mnr. Meyer, getuig dat Wascon, een van
Basfour se grootste debiteure, hom waarskynlik
nie kan betaal nie
sodat eiser se moontlike inkomste uit daardie bron bra onseker is.
(Bewysstuk “L”.)
Om saam te vat: Eiser kan
nie bekostig wat verweerderes eis nie. Aan die anderkant is eiser se
aanbod van R5 000.00 per maand heeltemal
onvoldoende. ‘n Middeweg
moet gevind word.
Die getuienis toon
duidelik aan dat verweerderes, veral na haar ongeluk, baie
spandabelrig was en groot bedrae uitgegee het op nie-noodsaaklike
goed soos juwele en geskenke. Sy probeer dit regverdig deur te sê
dat dit gebeur het nadat sy gehoor het sy het net ‘n kort tydjie
om
te leef. Nogtans was sy nie instaat om werklik rekenskap te gee van
groot bedrae wat deur haar bankrekening gevloei het nie.
Sy het
telkens vae, algemene antwoorde gegee dat van die groot bedrae
waarmee sy gefronteer is, bestee is aan oordragkoste, omheining
en
beveiliging van haar nuwe huis, veranderings aan die huis ensovoorts.
Ek meen daar is meriete in eiser se standpunt dat verweerderes
onverstandig en impulsief opgetree het deur so ‘n duur huis met ‘n
100% verbandlening te koop terwyl sy nie geweet het waarmee
sy die
verbandpaaiement van R10 600.00 per maand sou betaal nie. Dieselfde
geld vir die duurste model Chrysler motor. Indien sy
meer spaarsamig
en verantwoordelik opgetree het, sou sy waarskynlik nou ‘n groter
neseier gehad het waarop sy rente kon verdien
het en sodoende haar
inkomste aangevul het. Die bedrag onderhoud wat ek gaan gelas, sal
beslis onvoldoende wees vir eiseres om haar
rojale lewenswyse vol te
hou. Ek kan nie ‘n bedrag toeken wat bokant eiser se vermoë is
nie.
Na oorweging van al die
getuienis en argumente meen ek dat ‘n billike bedrag R8 000.00 per
maand is.
Die
volgende bevel word uitgereik:
1. Die huwelik tussen die
partye word ontbind.
2. Die bewaring van die
partye se minderjarige dogter, Ané, word aan verweerderes toegeken
onderhewig aan eiser se toegangsregte
soos uiteengesit in paragraaf
7.1 van die Reël 37 notule gedateer 20 April 2007.
3. Eiser
word gelas om aan verweerderes onderhoud te betaal ten opsigte van
Ané in die bedrag van R2 000.00 per maand.
4. Eiser
word gelas om aan verweerderes onderhoud te betaal vir haarself in
die bedrag van R8 000.00 per maand totdat sy sterf of
hertrou of met
‘n man saamleef, wat ookal eerste gebeur.
5. Wat
verweerderes en Ané se mediese onkoste betref, word eiser gelas om
sy onderneming wat hierbo aangehaal is gestand te doen,
te wete om
die Discovery Health mediesefondsplan wat op die laaste verhoordag
aangebied is, vir hulle uit te neem en in stand te
hou en totdat die
volle voordele van daardie plan in werking tree, te voldoen aan sy
verpligtinge soos gelas in die Reël 43 bevel
in aansoek nr.
2414/2006.
6. Die
geskilpunt met betrekking tot die aanwasbedeling staan oor vir latere
beregting.
7. Die
onderhoudsbetalings ingevolge hierdie bevel tree in werking op 7
November 2007.
8. Eiser
word gelas om die koste van geding tot dusver te betaal.
_________________
J.P. MALHERBE, RP
Namens
die eiser: Adv. J.P. Daffue In opdrag van:
Honey
& Vennote
BLOEMFONTEIN
Namens
die verweerderes: Adv. M. Möller
In opdrag van:
McIntyre
& Van der Post
BLOEMFONTEIN
Adv.
A.H. Burger
In
opdrag van:
Claude
Reid
BLOEMFONTEIN
/sp