About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 64
|
|
Schlebusch v Mohokare Plaaslike Munisipaliteit (567/2005) [2007] ZAFSHC 64 (11 October 2007)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 567/2005
In
die saak tussen:
ALWYN
LOUIS SCHLEBUSCH
Eiser
en
MOHOKARE
PLAASLIKE MUNISIPALITEIT
Verweerder
GIDEON
ODENDAAL
Derde
Party
___________________________________
CORAM:
VAN
ZYL R
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN
ZYL R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
11
OKTOBER 2007
[1]
Hierdie is ‘n uitspraak in die beregting van ‘n eksepsie
wat eiser teen verweerder se (gewysigde) verweerskrif (hierinlater
na
verwys as “verweerskrif”), meer in
besonder
teen ‘n spesiale pleit geopper in verweerder se verweerskrif,
ooreenkomstig die bepalings van Reël 23 aangeteken
het.
[2]
Eiser het verweerder gedagvaar op ‘n deliktuele skuldoorsaak
voortspruitend uit ‘n voorval wat op 19 September 2002
te
Rouxville plaasgevind het, die
besonderhede
waarvan nie relevant is vir doeleindes van die onderhawige uitspraak
nie. Verweerder is ‘n staatsorgaan soos
bedoel in die
omskrywing van
“
staatsorgaan”
soos dit voorkom in artikel 1 van die Wet op die Instel van
Regsgedinge teen sekere Staatsorgane, Nr. 40 van
2002 (hierinlater na
verwys as “die Wet”).
Voortspruitend
uit die voorskrifte van die Wet, het eiser die volgende bewerings in
paragraaf 9 van sy (gewysigde) Besonderhede
van Vordering gemaak:
“9.1 Eiser het
aan
verweerder kennis gegee van sy eis uit hoofde van die bepalings van
die Wet op die Instel van Regsgedinge teen sekere Staatsorgane
Nr. 40
van 2002 en word ‘n afskrif daarvan hierby
aangeheg
en gemerk aanhangsel “B”. 9.2 Verweerder het nie in
terme van artikel 4(a) gesteun op eiser se laat kennisgewing
met
betrekking tot aanhangsel “B”.”
[3]
Aanhangsel “B” is ‘n skrywe deur eiser se
prokureurs van rekord, gerig aan verweerder, gedateer 7 Januarie
2005. Dit blyk uit die inhoud van hierdie skrywe dat
dit
bedoel is as ‘n kennisgewing ooreenkomstig die bepalings van
die Wet. Ek meen dit is doelmatig om die volgende gedeeltes
uit
hierdie skrywe aan te haal:
“Die
moontlikheid
bestaan egter dat daar ‘n argument kan wees dat ons kliënt
nie binne ses maande vanaf die datum wat die
skuld opeisbaar geword
het die kennisgewing aan u gegee het nie,
en
vir die doel versoek ons u dat u kondonasie verleen vir die laat
kennisgewing, welke kondonasie ons u versoek uit hoofde van
gesegde
Wet en wel artikel 3(4) daarvan. Die onderhawige
vordering
het nog nie verjaar nie, bestaan daar omstandighede waarom ons kliënt
u nie betyds aangemaan het nie en is u ook
nie benadeel vanweë
enige laat kennisgewing nie. Ons
verneem
dus dringend van u of u hierdie aanmaning aanvaar as binnetyds
gestuur en indien nie, waarom nie. Indien ons kliënt
aansoek
moet loods om kondonasie sal ons die Hof in die Hof
se
diskresie versoek dat u gelas word om die kostes van sodanige aansoek
te betaal. Ons verneem dringend van u.”
[4]
Verweerder het die volgende spesiale pleit, synde die spesiale pleit
waarteen die eksepsie gerig is, in paragraaf 1 van sy verweerskrif
geopper:
“1.1 Blykens die
Besonderhede
van Vordering het die skuldoorsaak ontstaan op 19 September 2002 en
het die beweerde skuld bygevolg op 19 September
2002 opeisbaar
geword; en 1.2 skriftelike kennis is
eers
aan verweerder gegee soos bedoel in artikel 3(1)(a) van die Wet op
die Instel van Regsgedinge teen sekere Staatsorgane, Wet
Nr. 40 van
2002 (hierna genoem “die Wet”), op of
omtrent
7 Januarie 2005; en 1.3 in die vooropstelling is die gemelde
skriftelike kennis wat aan verweerder gegee is, nie binne die
vereiste ses maande soos bedoel in artikel 3(2)(a) van die
Wet
gegee nie, maar byna twee jaar en vier maande nadat die skuld
opeisbaar geword het; en 1.4 het eiser aksie ingestel teen verweerder
gedurende Februarie 2005; en 1.5 in terme van
artikel
3(1) van die Wet, was en is die instel van sodanige aksie teen
verweerder in die omstandighede, onontvanklik in die reg
en wel op
grond van die faktore soos uiteengesit in
paragrawe
1.1, 1.2 en 1.3
supra
.
1.6 In die vooropstelling steun Verweerder nou in hierdie
Verweerskrif in terme van artikel 3(4)(a) van Wet 40 van 2002, op
Eiser
se versuim om in terme
van
Artikel 3(2)(a) van die Wet binne die vereiste 6 (ses) maande nadat
die skuld opeisbaar geword het, Verweerder skriftelike kennis
te gee;
1.7 Eiser het verdermeer nie by die Hof wat
regsbevoegdheid
het, aansoek gedoen vir kondonasie vir voormelde versuim, soos bedoel
in artikel 3(4)(a) van Wet 40 van 2002, nie;
en 1.8 aangesien Artikel
3(1)(a) van die Wet bepaal dat
geen
regsgeding ingestel word teen ‘n Staatsorgaan, tensy
skriftelike kennis gegee is soos bedoel in terme van die Wet nie,
en
daar soos vermeld nie betyds skriftelike kennis gegee is nie,
en
nie kondonasie verkry is by ‘n bevoegde Hof nie, kom die instel
van hierdie aksie in die afwesigheid van behoorlike voldoening
aan
die Wet of die verkryging van kondonasie, daarop neer
dat
die aksie ononvanklik in die reg is. Weshalwe smeek Verweerder dat
Eiser se vorderings van die hand gewys word, met koste.”
[5]
Eiser se eksepsie is daarop gebaseer dat verweerder se spesiale pleit
bewerings mis ten einde daarop te kan steun dat eiser
nie voldoen het
aan die voorskrifte van
artikel
3 van die Wet nie en dat eiser se vordering bygevolg regtens nie
ontvanklik is nie. In die verband blyk dit uit eiser se
kennisgewing
van eksepsie in terme van
Reël
23 dat eiser hoofsaaklik op die volgende steun: 5.1 Dit is gemeensaak
tussen die partye dat nie voldoen is aan die bepalings
van artikel
3(1), saamgelees met
artikel
3(2)(a) van die Wet, nie, deurdat eiser nie binne 6 (ses) maande
vanaf die datum waarop die skuld opeisbaar geword het,
die
tersaaklike kennisgewing aan
verweerder
beteken het nie en dat verweerder ook nie skriftelik toegestem het
tot die instel van die regsgeding soos bedoel in artikel
3(1)(b)(ii)
van die Wet nie. 5.2
Artikel
3(4)(a) van die Wet het tot gevolg dat verweerder daarop kon steun
dat betekening van die kennisgewing op verweerder nie
ooreenkomstig
artikel 3(2)(a) van die
Wet
geskied het nie. In daardie geval sou eiser by die Hof kon aansoek
doen vir kondonasie van die versuim om binne die voormelde
tydperk
die betrokkkennisgewing
aan
verweerder te beteken. Die Hof sou dan kondonasie aan eiser kon
verleen in terme van artikel 3(4)(b) van die Wet. Verweerder
beweer
nie en steun nie daarop dat
verweerder
voor uitreiking en betekening van die dagvaarding daarop gesteun het
dat eiser versuim het om aan artikel 3(2)(a) te
voldoen het.
Verweerder ontken ook
nie
in sy verweerskrif eiser se bewering dat verweerder nie gesteun het
op voormelde versuim van eiser om die kennisgewing binnenstyds
te
beteken nie. Gevolglik was
eiser
nie verplig en ook nie geregtig om vir kondonasie aansoek te doen by
die Hof soos bedoel in artikel 3(4)(a) van die Wet nie.
5.3
Verweerder steun vir die eerste
keer
in die verweerskrif daarop dat eiser versuim het om te voldoen aan
die voorskrifte van artikel 3(2)(a) van die Wet. Verweerder
is nié
geregtig om na die instel van
die
aksie vir die eerste keer op sodanige versuim te steun nie, aangesien
eiser nie kragtens artikel 3(4) van die Wet kan aansoek
doen om
kondonasie hangende die
geding
wat reeds ingestel is nie. Laasgenoemde bewering is gebaseer op ‘n
interpretasie van artikel
van
die Wet, welke artikel die Hof magtig om verlof te gee tot die
instel van
‘
n
regsgeding teen
verweerder
en dus nie voorsiening maak vir `n geval waar `n regsgeding reeds
ingestel en hangende is nie. 5.4 Bygevolg was eiser
nie geregtig en
ook nie verplig om
vir
kondonasie aansoek te doen soos deur verweerder gepleit in sy
spesiale pleit nie.
[6]
Volgens die bepalings van Reël 23(1) kan ‘n eksepsie
geopper word wanneer, onder andere, ‘n pleitstuk bewerings
mis
wat nodig is om die verweer te staaf. Dit kan
onder
die volgende omstandighede wees:
“A
pleading lacks averments which are necessary to sustain a defence (i)
where the pleading does not justify the conclusions
drawn therein;
or
(ii)
where the defence
raised, though adequately pleaded, does not in law constitute a
defence to the claim.”
(Sien
Superior
Court Practice
, Erasmus, op B1–158.)
[7]
Dit blyk dat verweerder se eksepsie neerkom op `n kombinasie van
laasgenoemde twee omstandighede. Aan die een kant beweer eiser
dat
indien verweerder
hierdie
spesiale pleit wou opper, verweerder moes beweer het dat verweerder
op die stadium wat die kennisgewing ontvang is, daarop
gesteun het
dat eiser versuim het
om
aan artikel 3(2)(a) van die Wet te voldoen. Dit word terselfdertyd
deur die eksepsie geopper dat indien die spesiale pleit gelees
word
soos dit tans staan en dit dus
vanweë
die gebrek aan ‘n bewering tot die teendeel, aanvaar word dat
verweerder nie op eiser se nie-nakoming van die
bepalings van artikel
3(2)(a) van die Wet
gesteun
het in reaksie op die ontvangs van die kennisgewing nie, kan
verweerder nie nou in sy verweerskrif vir die eerste keer daarop
steun nie en daarom stel dit nie
‘
n
verweer daar nie. In die verband is dit eiser se saak dat verweerder
nie geregtig is om na die instel van die aksie op eiser se
sodanige
versuim te steun nie,
aangesien
eiser ooreenkomstig `n uitleg van die bepalings van artikel 3(4)(c)
van die Wet nie kan aansoek doen om kondonasie hangende
of nadat die
geding reeds
ingestel
is nie.
[8]
Die sukses, al dan nie, van die eksepsie is gevolglik in wese
gebaseer op die beregting van ‘n regsvraag, welke regsvraag
aan
die hand van die interpretasie van die
bepalings
van die Wet beslis moet word. Die vraag behels in wese twee aspekte
wat hand aan hand loop, synde: (a) indien eiser versuim
het om binne
6 (ses) maande
vanaf
die datum waarop die skuld opeisbaar geword het kennis te gee van sy
voorgenome eis soos bedoel in artikel 3(2)(a) van die
Wet, maar wel
kennis gegee het op
‘
n
latere (laat) datum en verweerder nie voor uitreiking van
dagvaarding, met ander woorde in reaksie op sodanige laat
kennisgewing,
gesteun het op eiser se
voormelde
versuim nie, kan verweerder dan nadat dagvaarding beteken is in die
verweerskrif vir die eerste keer op sodanige versuim
steun; en (b)
kan eiser in `n geval
soos
die voormelde, dus aansoek doen vir kondonasie van die laat
kennisgewing nadat die geding reeds ingestel is?
[9]
Mnr. Van Rooyen, namens eiser, het in wese die volgende argumente
voorgehou ter ondersteuning van eiser se eksepsie:
Hy
het verwys na die bepalings van artikel 3(4) van die Wet wat, onder
andere, voorsiening maak daarvoor dat ‘n staatsorgaan
kan
steun op ‘n skuldeiser se
versuim
om tydig `n kennisgewing te beteken, in welke geval die skuldeiser by
die Hof kan aansoek doen vir kondonasie van die versuim.
Daarmee saam
het hy ook
verwys
na die bepalings van artikel 5(2) van die Wet en aan die hand gedoen
dat die tydperk van 30 dae waarvoor daarin voorsiening
gemaak word,
juis daar is om die
staatsorgaan
die geleentheid te bied om die kennisgewing sowel as die voorgenome
eis te oorweeg. Indien die kennisgewing dus nie
voldoen aan die
voorskrifte van
artikel
3(2)(a) nie, moet die staatsorgaan op daardie stadium (binne die 30
dae tydperk) daarop steun en moet die skuldeiser bygevolg
op daardie
stadium
dienooreenkomstig
daaroor ingelig word. Indien die staatsorgaan daarop steun, kan die
skuldeiser dan aansoek doen vir kondonasie
vir die versuim soos
bedoel in
artikel
3(4)(a) van die Wet, met ander woorde voor uitreiking van
dagvaarding.
Volgens
Mnr. van Rooyen ondersteun ‘n behoorlike uitleg van artikel
3(4) van die Wet laasgenoemde gevolgtrekking en dus
ook die
gevolgtrekking dat indien die
staatsorgaan
nie gedurende die 30 dae na ontvangs van die kennisgewing op die
skuldeiser se versuim gesteun het nie, die skuldeiser
nie geregtig is
om daarop te
steun
na die uitreiking van dagvaarding nie. In die verband het hy verwys
na die bepalings van artikel 3(4)(c) wat bepaal dat indien
kondonasie
toegestaan word, die
Hof
verlof tot die “instel” van die betrokke regsgeding kan
verleen op die voorwaardes tot betrekking tot kennisgewing
aan die
staatsorgaan wat die Hof goedvind. Wat
dus
gekondoneer word, aldus Mnr. Van Rooyen se argument, is die
nie-tydige betekening van die kennisgewing en nie die feit dat
dagvaarding uitgereik is nie Gevolglik
het
die interpretasie van artikel 3(4)(c) tot gevolg dat die Hof nie by
magte is om ‘n aksie wat reeds ingestel is nadat laat
kennisgewing gegee is, te kondoneer nie. ‘n
Aansoek
om kondonasie kan nie geloods word nadat aksie reeds ingestel is en
hangende sodanige aksie nie.
9.3
Aldus sy argument beteken dit dus ook dat indien die aksie reeds
ingestel is onder omstandighede waar die staatsorgaan nie binne
30
dae na betekening van die
kennisgewing
op eiser se versuim om tydige kennisgewing te gee gesteun het nie, ‘n
aansoek om kondonasie onnodig is.
9.4
Wat betref die interpretasie van artikel 3(4)(c) as sulks, het Mnr.
Van Rooyen betoog dat die woord “kan” slaan
op ‘n
diskresie wat aan die Hof verleen word met
betrekking
tot die voorwaardes wat betref kennisgewing aan die staatsorgaan en
nie op ‘n diskresie om verlof vir die instel
van die regsgeding
te verleen nie. In die
alternatief
hiertoe was dit sy betoog dat die woord “kan” vertolk
moet word as “moet”, anders sal dit tot
gevolg hê
dat waar die kennisgewing
nie
tydig gegee is nie en die staatsorgaan beswaar maak daarteen, waarna
die eiser aansoek doen om kondonasie en die aansoek toegestaan
word,
daar ‘n diskresie
aan
die Hof verleen word of die regsgeding ingestel kan word al dan nie,
wat op ‘n absurditeit sal neerkom.
9.5
Aangesien artikel 3(4)(a) slegs voorsiening maak vir ‘n aansoek
vir kondonasie van ‘n skuldeiser se versuim om ingevolge
artikel 3(2)(a) ‘n kennisgewing te beteken, het
9.6
Mnr. Van Rooyen betoog dat dit net voorsiening maak vir ‘n
situasie waar ‘n kennisgewing laat beteken is en nie
waar geen
kennisgewing beteken is nie. Op basis van
laasgenoemde
interpretasie het Mnr. Van Rooyen dus betoog dat artikel 3(4)(c) nie
voorsiening sou maak vir die Hof om verlof te
verleen tot die instel
van die aksie en
voorwaardes
daar te stel met betrekking tot kennisgewing aan die staatsorgaan as
dit nie bedoel was dat die aansoek om kondonasie
gedoen (en dus
toegestaan) moes
word
voor die instel van die regsgeding nie.
In
die lig van voormelde argument, het Mnr. Van Rooyen bygevolg betoog
en aan die hand gedoen dat indien verweerder wou steun op
eiser se
versuim om tydig
kennisgewing
te gee, verweerder voor die instel van die aksie daarop moes steun,
waarna eiser dan sou kon aansoek doen vir kondonasie.
Waar verweerder
egter nie
in
reaksie op die kennisgewing op daardie versuim gesteun het nie, kan
verweerder nie in sy verweerskrif vir die eerste keer daarop
steun
nie, aangesien eiser nie op
daardie
stadium, dit wil sê wanneer die geding reeds hangende is, kan
aansoek doen vir kondonasie nie. Waar verweerder dus
nie voor
uitreiking van die dagvaarding
op
eiser se versuim gesteun het nie, was eiser geregtig om bloot voort
te gaan met die uitreiking van die dagvaarding en hoef (en
kan) eiser
nie aansoek doen vir
kondonasie
nie.
[10]
Ter ondersteuning van sy argument dat die eksepsie van die hand gewys
behoort te word, het Mnr. Jordaan, namens verweerder,
die volgende
argumente
voorgehou:
10.1
Artikel 3(4)(b), welke artikel handel met die vereistes waarmee die
Hof tevrede moet wees alvorens dit ‘n aansoek om
kondonasie in
terme van artikel
3(4)(a)
kan toestaan, bevat geen tydsbeperking vir sodanige kondonasie
aansoek nie.
10.2
Voorts beperk die bepalings van artikel 3(4)(c) nie die bevoegdhede
van die Hof in terme van artikel 3(4)(b) nie, maar maak
dit slegs
uitdruklik voorsiening vir gevalle
waar
die instel van die aksie nog nie geskied het nie. Hierdie argument
baseer hy daarop dat ooreenkomstig artikel 3(4) die Hof
kondonasie
kan verleen vir ‘n totale
versuim
om enige kennisgewing te beteken sodat geen kennisgewing nodig is nie
en ook vir `n ‘n gebrekkige of buitentydse kennisgewing
deur
die tydsverloop van
langer
as 6 (ses) maande te kondoneer.
10.3
Ter ondersteuning van die argument dat artikel 3(4) ook voorsiening
maak vir kondonasie selfs vir ‘n totale versuim om
enige
kennisgewing te beteken, het Mnr. Jordaan
verwys
na die bepalings van artikel 5(2) wat voorsiening maak vir die
verstryking van ‘n tydperk van 30 dae na betekening
van die
kennisgewing alvorens dagvaarding
beteken
mag word, waar die woorde daarvan spesifiek lees “kennisgewing,
waar van toepassing”. Aldus Mnr. Jordaan se
betoog is hierdie
woorde pertinent aanduidend
van
en slaan dit op gevalle waar geen kennisgewing gegee is nie, die
dagvaarding dan uitgereik is en op ‘n aansoek om kondonasie,
kondonasie verleen word sodat
geen
kennisgewing meer nodig is nie.
10.4
Mnr. Jordaan het voorts betoog dat indien eiser se argument dat ‘n
staatsorgaan verplig is om op ‘n versuim met
betrekking tot die
laat kennisgewing te steun voordat
aksie
ingestel word, korrek is, dit tot gevolg sal hê dat indien geen
kennisgewing gegee word voor dagvaarding uitgereik word
nie, die
staatsorgaan nie toegelaat word
om
op die afwesigheid van ‘n kennisgewing in die verweerskrif te
steun nie. Dit sal die absurde gevolg hê dat dit vir
‘n
skuldeiser beter sal wees om geen kennisgewing
te
gee nie en bloot dagvaarding uit te reik.
10.6
Mnr. Jordaan het uitgewys dat artikel 3(1)(b) voorsiening maak vir
die instel van ‘n regsgeding sonder kennisgewing of
met ‘n
gebrekkige kennisgewing indien die
betrokke
staatsorgaan “skriftelik toegestem het” tot die instel
van die geding. Mnr. Jordaan het betoog dat indien dit
die bedoeling
van die Wetgewer was dat die
staatsorgaan
beswaar moet maak teen die skuldeiser se versuim voordat dagvaarding
uitgereik word, die bewoording van voormelde artikel
nie net na ‘n
skriftelike
toestemming
sou verwys nie, maar ook woorde tot die effek van “of nie
daarteen beswaar gemaak het nie”, sou bevat het.
10.6
Met betrekking tot Mnr. Van Rooyen se argument dat artikel 3(4)(c)
geïnterpreteer moet word as synde dat “kan”
as
“moet” gelees moet word, het hy aan die hand
gedoen
dat sodanige interpretasie nie moontlik is nie, aangesien dit dan
teenstrydig sal wees met die woord “goedvind”
wat in
daardie sub-artikel voorkom.
10.7
Ter verdere ondersteuning van sy voormelde argumente, het Mnr.
Jordaan na die omskrywing van “skuldeiser” in artikel
1
van die Wet verwys en submiteer dat dit
pertinent
aanduidend is daarvan dat dit die bedoeling van die Wetgewer was dat
‘n staatsorgaan ook geregtig is om eers na
die instel van ‘n
aksie te steun op ‘n
skuldeiser
se versuim met betrekking tot tydige kennisgewing en dat sodanige
skuldeiser dus geregtig sal wees om ook na uitreiking
van dagvaarding
aansoek te doen
vir
kondonasie.
10.8
Mnr. Jordaan het gevolglik betoog dat dit selfs nog op hierdie
stadium steeds eiser vrystaan om aansoek te doen vir kondonasie.
[11]
Volledigheidshalwe word vermeld dat ‘n derde party kennisgewing
deur verweerder op die derde party hierbo in die kopskrif
aangedui,
beteken is. ‘n Kennisgewing
van
berusting met betrekking tot hierdie uitspraak is namens die derde
party geliasseer. Mnr. Stander, synde die derde party se
prokureur
van rekord, het wel tydens
die
aanhoor van die onderhawige aansoek verskyn, maar bloot om te
bevestig dat die derde party berus by die Hof se uitspraak met
betrekking tot die onderhawige eksepsie en dat hy die verrigtinge dus
bloot in ‘n observerende hoedanigheid bywoon.
[12]
Wat betref die interpretasie van wetgewing en die korrekte wyse van
wetsuitleg, het dit al male sonder tal judisiële oorweging
geniet. Gevolglik is daar sekere
uitgekristalliseerde
beginsels wat ten opsigte daarvan toepassing vind. In
S
v TOMS; S v BRUCE
[1990] ZASCA 38
;
1990 (2) SA 802
(AD) op 807 H –
808 A is die basiese beginsels as
volg
verwoord:
“The primary
rule in the construction of statutory provisions is to ascertain the
intention of the Legislature. One does so
by attributing to the words
of a statute their ordinary,
literal,
grammatical meaning. Where the language of a statute, so viewed, is
clear and unambiguous effect must be given thereto,
unless to do so
'would lead to absurdity so glaring that it
could
never have been contemplated by the Legislature, or where it would
lead to a result contrary to the intention of the Legislature,
as
shown by the context or by such other considerations
as
the Court is justified in taking into account...' (per Innes CJ in
R
v Venter
1907
TS 910
at 915). (See also
Shenker
v The Master and Another
1936
AD 136
at 142;
Summit
Industrial
Corporation
v Claimants against the Fund Comprising the Proceeds of the Sale of
the MV Jade Transporter
1987
(2) SA 583
(A) at 596G - H.) The words used in an Act must therefore
be
viewed
in the broader context of such Act as a whole.”
[13]
Wat laasgenoemde beginsel betref, synde dat die woorde wat in die Wet
gebruik word (en dus ook alle artikels in die Wet vervat)
in konteks
met die hele Wet
gelees
moet word ten einde die bedoeling van die wetgewer vas te stel, is
dit weereens bevestig in
FUNDSTRUST
(PTY) LTD (IN LIQUIDATION) v VAN DEVENTER
1997
(1) SA 710
(AD) op 726 I – 727 A:
“But
judicial interpretation cannot be undertaken, as Schreiner JA
observed in
Jaga
v Dönges NO and Another; Bhana v Dönges NO and
Another
1950 (4) SA
653
(A) at 664H, by 'excessive peering at the language to be
interpreted without sufficient attention to the contextual scene'.
The
task of the interpreter is, after all, to
ascertain
the meaning of a word or expression in the particular context of the
statute in which it appears
(Loryan
(Pty) Ltd v Solarsh Tea and Coffee (Pty) Ltd
1984
(3) SA 834
(W) at 846G
ad
fin
).”
[14]
Dit is insgelyks so dat dit by wetsuitleg aanvaar word dat die
wetgewer nie ‘n resultaat bedoel wat tot ‘n absurditeit
sal lei nie. In
MINISTER OF
LAW AND ORDER
AND
ANOTHER v ARGUS PRINTING AND PUBLISHING CO LTD AND ANOTHER
1990
(1) SA 1058
(AD) op 1066 J – 1067 A is hierdie beginsel as volg
verwoord:
“
Such
an interpretation would consequently, in my opinion, have led to
glaring absurdity and a result manifestly contrary to the
intention
of the Legislature, as shown by the context. There is
thus
good ground for departing from the literal meaning of the words used
...”
Sien ook
POSWA
v MEMBER OF THE EXECUTIVE COUNCIL FOR ECONOMIC AFFAIRS,
ENVIRONMENT
AND TOURISM, EASTERN CAPE
2001 (3) SA 582
(SCA) op 587 C –
F, in besonder 587 F wat as volg lees:
“The
effect of this formulation is that the court
does
not impose its notion of what is absurd on the legislature's judgment
as to what is fitting, but uses absurdity as a means
of divining what
the legislature could not have intended and
therefore
did not intend, thus arriving at what it did actually intend.”
[15]
Ek meen dat dit vervolgens doelmatig is om die tersaaklike bepalings
van artikel 3 van die Wet hierin aan te haal:
“
3
Kennisgewing van voorgenome regsgeding
moet
aan staatsorgaan gegee word. -
(1)
Geen regsgeding vir die invordering van 'n skuld word teen 'n
staatsorgaan ingestel nie tensy - (a) die skuldeiser die betrokke
staatsorgaan
skriftelik
kennis gegee het van sy of haar voorneme om die betrokke regsgeding
in te stel; of (b) die betrokke staatsorgaan skriftelik
toegestem het
tot die instel van daardie regsgeding- (I)
sonder
sodanige kennisgewing; of (ii) by ontvangs van 'n kennisgewing wat
nie aan al die vereistes in subartikel (2) uiteengesit,
voldoen nie.
(2) 'n Kennisgewing moet- (a) binne ses maande
vanaf
die datum waarop die skuld opeisbaar geword het, ooreenkomstig
artikel 4 (1) aan die staatsorgaan beteken word; en (b) bondig
uiteensit- (i) die feite wat tot die skuld aanleiding
gegee
het; en (ii) die besonderhede van sodanige skuld waarvan die
skuldeiser kennis dra. (3) ................. (4) (a) Indien 'n
staatsorgaan steun op 'n skuldeiser se versuim om ingevolge
subartikel
(2)(a) 'n kennisgewing te beteken, kan die skuldeiser by 'n hof wat
regsbevoegdheid het, aansoek doen vir kondonasie
van sodanige
versuim. (b) Die hof kan 'n aansoek in
paragraaf
(a) bedoel, toestaan indien dit tevrede is dat- (i) die skuld nie
deur verjaring uitgewis is nie; (ii) daar gegronde rede
vir die
skuldeiser se versuim bestaan; en (iii) die staatsorgaan
nie
onredelik deur die versuim benadeel is nie. (c) Indien 'n aansoek
ingevolge paragraaf (b) toegestaan word, kan die hof verlof
tot die
instel van die betrokke regsgeding verleen, op die
voorwaardes
met betrekking tot kennisgewing aan die staatsorgaan wat die hof
goedvind.”
[16]
In die onderhawige geval is die partye
ad
idem
dat
die skriftelike kennisgewing nie binne die voorgeskrewe tydperk van
ses maande nadat die skuld opeisbaar
geword
het, soos vereis in artikel 3(2)(a), gegee is nie. Die partye is
voorts
ad
idem
dat
verweerder ook nie skriftelik toegestem het tot die instel van die
regsgeding nie.
[17]
Wanneer die bepalings van artikel 3(1) van die Wet gelees word, blyk
die betekenis daarvan duidelik en ondubbelsinnig te wees
dat geen
regsgeding vir die
invordering
van ‘n skuld soos gedefinieer in die Wet teen ‘n
staatsorgaan ingestel kan word nie, tensy (a) die skuldeiser
‘n
skriftelike kennisgewing (wat voldoen aan die
bepalings
van artikel 3(2)) van sy voorneme om sodanige geding in te stel aan
die staatsorgaan beteken het, of (b) die staatsorgaan
skriftelik
toegestem het tot die instel
van
die geding sonder enige sodanige kennisgewing of sonder behoorlike
kennisgewing aan hom ooreenkomstig die bepalings van artikel
3(2).
Reeds op `n behoorlike
interpretasie
van artikel 3(1), kan Mnr. Van Rooyen se argument dat indien die
staatsorgaan nie in reaksie op die kennisgewing beswaar
maak teen die
laat betekening
daarvan
nie, die skuldeiser nie vir kondonasie hoef aansoek te doen nie en
bloot kan voortgaan met die uitreiking van dagvaarding,
na my mening
nie water hou nie. Dit
is
duidelik uit die bewoording van die artikel dat waar daar laat
kennisgewing was, soos in die onderhawige geval, skriftelike
toestemming vanaf die verweerder vir die
instel
van die aksie nodig was. Verweerder se blote nie beswaar maak teen of
nie steun op eiser se laat kennisgewing in reaksie
op die
kennisgewing en voor uitreiking
van
dagvaarding, kan nie tot gevolg hê dat eiser geregtig was om
bloot aksie in te stel en nie vir kondonasie aansoek te doen
nie. Ek
keer later hierin ook weer na
hierdie
aspek terug.
[18]
Gevolglik moet daar na die bepalings van die kondonasieartikel,
artikel 3(4), gekyk word.
[19]
Alvorens daarmee voortgegaan word, wens ek te vermeld dat daar na die
beste van my en die onderskeie regsverteenwoordigers
se wete nog geen
gerapporteerde
beslissing
bestaan oor die regsvraag wat in die onderhawige geval bereg moet
word nie. Daar het egter wel intussen `n ongerapporteerde
ex
tempore
uitspraak ter
hand
gekom, synde in die aangeleentheid van
SHIRLEY
MARAIS v MINISTER VAN VEILIGHEID,
saaknommer 2727/2005, `n
uitspraak gelewer deur
Van
der Merwe
,
R
in hierdie afdeling van die Hooggeregshof op 24 Oktober
2006. Ek gaan gevolglik wel na sekere gedeeltes van daardie uitspraak
verwys,
die inhoud waarmee ek met
eerbied
saamstem.
[20]
Artikel 3(4)(a) van die Wet maak daarvoor voorsiening dat indien ‘n
staatsorgaan steun op die skuldeiser se versuim om
ingevolge
subartikel (2)(a) ‘n kennisgewing
te
beteken, die skuldeiser by die Hof kan aansoek doen vir kondonasie
van sodanige versuim. Gebaseer op die gewone, letterlike,
grammatikale betekenis van die
bewoording
vervat in artikel 3(4)(a), is daar dus geen tydsbeperking geplaas ten
aansien van wanneer sodanige kondonasie aansoek
gedoen moet word nie.
Dit word
dus
ook op geen wyse beperk tot ‘n geding wat nog nie ingestel is
nie. (Sien ook ongerapporteerde uitspraak van
MARAIS
v MINISTER VAN VEILIGHEID EN
SEKURITEIT
,
supra
, op p. 4,
reëls 2 – 8.)
[21]
Ek is van oordeel dat die beste en duidelikste aanduiding dat dit
inderdaad die wetgewer se bedoeling was dat aansoek vir kondonasie
ooreenkomstig die bepalings
van
artikel 3(4) van die Wet ook gedoen kan word nadat ‘n
regsgeding reeds ingestel is, geleë is in die gebruik van die
woord “skuldeiser” in artkel 3(4)(a) van die Wet.
In
die verband moet daar gelet word op die definisie van die woord
“skuldeiser” soos dit in artikel 1 van die Wet voorkom,
die tersaaklike gedeelte waarvan as volg lees:
“’
skuldeiser’
'n persoon wat
beoog om 'n regsgeding teen 'n staatsorgaan in te stel vir die
invordering van 'n skuld of wat alreeds so 'n geding
ingestel het
...”
(Eie onderstreping) Waar
artikel
3(4)(a) dus spesifiek verwys na ‘n “skuldeiser”, is
dit na my mening duidelik die bedoeling van die wetgewer
gewees dat
dit ook slaan op ‘n skuldeiser wat
alreeds
só ‘n geding ingestel het. Gevolglik en aan die hand
hiervan, kan sodanige skuldeiser wel aansoek doen vir
kondonasie in
terme van artikel 3(4) nadat `n geding
reeds
ingestel is.
[22]
Na my mening moet daar egter steeds op die verdere bepalings van
artikel 3(4) gelet word, sowel as ander relevante bepalings
in die
Wet as geheel, ten einde vas
te
stel of die wetgewer op enige ander plek ‘n beperking daarstel,
aldan nie, met betrekking tot die tydstip wanneer sodanige
aansoek om
kondonasie gedoen kan of
moet
word.
[23]
Wat betref artikel 3(4)(b), bevat dit die vereistes waaraan voldoen
moet word alvorens die Hof `n aansoek om kondonasie sal
toestaan. Dit
bevat dus die beperkings
wat
deur die wetgewer daargestel is alvorens kondonasie toegestaan kan
word. By nalees van hierdie bepalings is ek dit eens met
Mnr. Jordaan
dat dit (ook) nie enige
tydsbeperking
daarstel ten opsigte van wanneer sodanige kondonasie aansoek geloods
kan of moet word nie. Dit bevat dus insgelyks
geen bepaling dat dit
beperk is tot
`n
geding wat nog nie ingestel is nie.
[24]
Die bepalings van artikel 3(4)(c) van die Wet moet vervolgens ook in
oënskou geneem word. In dié verband was dit,
soos reeds
vermeld, Mnr. Van Rooyen se
argument
dat ‘n uitleg dat ‘n aansoek om kondonasie geloods kan
word nadat ‘n aksie reeds ingestel is direk teenstrydig
is met
die bepalings van hierdie artikel waar dit
spesifiek
bepaal dat die hof verlof kan gee tot die “instel” van ‘n
regsgeding. Hierteenoor het Mnr. Jordaan aan
die hand gedoen dat die
bepalings van artikel 3(4)(c) nie
die
bevoegdhede van die hof in terme van artikel 3(4)(b) beperk nie, maar
slegs uitdruklik voorsiening maak vir gevalle waar die
instel van die
aksie nog nie geskied het
nie.
[25]
Soos reeds vermeld, het beide Mnr. Van Rooyen en Mnr. Jordaan
argumente voorgehou met betrekking tot die vraag of artikel 3(4)(a)
net voorsiening maak vir
kondonasie
in gevalle van nie-tydige kennisgewing of ook in gevalle van geen
kennisgewing. Ek meen egter dat dit nie vir my nodig
is om hierdie
vraag te beantwoord
nie,
aangesien dit die onderhawige aangeleentheid nie enigsins verder neem
nie. Die bewoording van artikel 3(4)(c) waar dit verwys
na die feit
dat die Hof verlof “kan”
verleen
vir die “instel” van die betrokke regsgeding, maak na my
mening net pertinent voorsiening vir gevalle waar die
instel van die
regsgeding inderdaad nog nie
plaasgevind
het op die stadium wat aansoek vir kondonasie gedoen word nie. Dit
sluit nie uit dat aansoek om kondonasie ook nog gedoen
kan word nadat
die geding
reeds
ingestel is nie. Dit is juis daarom dat die woord “kan”
en nie “moet” gebruik is betrekking tot die
verlof wat
die Hof kan verleen vir die instel van die betrokke
regsgeding,
aangesien, indien die aansoek om kondonasie gedoen word nadat die
rgesgeding reeds ingestel is, die Hof uiteraard nie
`n bevel met
betrekking tot verlof
om
die regsgeding in te stel, gaan maak nie. Gegewe voormelde
gevolgtrekking gebaseer op die gewone betekenis van die woorde van
hierdie artikel en by gebrek aan
enige
absurde gevolg voortspruitend hieruit, is daar na my mening geen
basis waarop hierdie artikel geïnterpreteer kan word,
soos deur
Mnr. Van Rooyen betoog, as
dat
die woord “kan” gelees moet word as “moet”
nie. (Sien ook ongerapporteerde uitspraak van
MARAIS
v MINISTER VAN VEILIGHEID EN SEKURITEIT
,
supra
,
op p.
4,
reëls 19 – 24.)
[26]
Wat betref die bepaling daarin dat die Hof voorwaardes kan oplê
met betrekking tot kennisgewing aan die staatsorgaan
wat die Hof
goedvind, bevestig dit na my
mening
net weer insgelyks dat artikel 3(4)(c) slegs pertinent voorsiening
maak vir gevalle waar die aansoek om kondonasie gedoen
word voordat
die aksie ingestel
word,
hetsy dit `n geval van geen kennisgewing of laat kennisgewing is. Dit
blyk tog die doel van die kennisgewing te wees dat dit
is om die
staatsorgaan in staat te stel
om
die bewerings teen hom te ondersoek en sy posisie te oorweeg alvorens
die koste van litigasie aangegaan word – dit is ook
tereg so
deur Mnr. Van Rooyen betoog.
Derhalwe
maak dit na my mening sin dat `n Hof, indien kondonasie vir `n laat
kennisgewing toegestaan word, steeds sal oorweeg om
te gelas dat
“verdere”
kennisgewing
moet geskied wat `n deur die Hof vasgestelde tydperk verleen
waarbinne die staatsorgaan die voorgenome aksie teen hom
kan oorweeg
alvorens eiser
die
geding mag instel. Dit maak na my mening insgelyks sin dat waar
kondonasie toegestaan word vir die versuim om enige kennisgewing
te
beteken, die Hof ook sal
oorweeg
om vir dieselfde voormelde redes te gelas dat daar eers kennisgewing
aan die staatsorgaan moet geskied alvorens die geding
ingestel mag
word. Die
bevoegdheid
om verdere voorwaardes met betrekking tot kennisgewing op te lê,
is in ieder geval diskresionêr, soos aangedui
deur die woord
“kan” saam met die woord
“
goedvind”.
[27]
Ongeag of kondonasie dus voor aansoek gedoen kan word slegs in
gevalle van `n laat kennisgewing of ook in gevalle van geen
kennisgewing, maak na my mening
geensins
afbreuk aan my gevolgtrekking dat artikel 3(4)(c) slegs pertinent
voorsiening maak vir omstandighede waar die aansoek om
kondonasie
gedoen word voor die
instel
van die geding en dat dit geensins weersprekend is van die bedoeling
van die wetgewer dat aansoek om kondonasie ook na die
instel van `n
geding gedoen kan
word,
soos gereflekteer deur die gebruik van die woord “skuldeiser”.
[28]
Gevolglik is daar na my mening niks vervat in die bepalings van
artikel 3(4)(c) wat aanduidend is van ‘n ander bedoeling
van
die wetgewer as dat kondonasie
ooreenkomstig
artikel 3(4) ook voor aansoek gedoen kan word in omstandighede waar
die regsgeding reeds ingestel is nie; inteendeel,
die gebruik van die
woord
“
skuldeiser”
in artikel 3(4)(a) bevestig sodanige bedoeling en bevestig ook dat `n
staatsorgaan dus geregtig is om eers na
die instel van `n geding, dus
in die
verweerskrif,
vir die eerste keer te steun op `n skuldeiser se versuim met
betrekking tot tydige skriftelike kennisgewing.
[29]
Soos blyk uit die regspraak reeds hierbo aangehaal, kan wetgewing ook
uitgelê word op die basis dat absurditeit gebruik
word as ‘n
hulpmiddel ter vasstelling van
wat
die wetgewer nie kon bedoel het nie en derhalwe nie bedoel het nie,
waaruit voortspruitend dan bepaal word wat die wetgewer
inderdaad
bedoel het. In die verband
verwys
ek na die basis van die eksepsie en dus die basis van Mnr. Van Rooyen
se argument, synde dat ‘n staatsorgaan verplig
is om op ‘n
versuim met betrekking tot
die
kennisgewing te steun voordat aksie ingestel word. Ek is dit eens met
Mnr. Jordaan dat indien laasgenoemde argument korrek sou
wees, dit
tot gevolg sal hê dat in
gevalle
waar geen kennisgewing voor die dagvaarding gegee word nie en die
staatsorgaan derhalwe nie in ‘n posisie geplaas
word om op die
skuldeiser se versuim om
sodanig
kennis te gee te steun alvorens dagvaarding nie op hom beteken word
nie, dit die absurditeit tot gevolg sal hê dat
die staatsorgaan
dan ook nie in sy
verweerskrif
daarop kan steun nie en die skuldeiser derhalwe bloot met sy aksie
kan voortgaan nieteenstaande sy nie-voldoening aan
die bepalings van
artikel 3(1) van
die
Wet.
[30]
Indien laasgenoemde uitleg gevolg moes word soos deur Mnr. Van Rooyen
betoog en versoek, sal dit in effek tot gevolg hê
dat daar
geldigheid verleen word aan ‘n
aksie
wat uitdruklik deur artikel 3(1) van die Wet verbied word (met ander
woorde ‘n aksie sonder vooraf (behoorlike) kennisgewing
en
sonder dat skriftelik daartoe
toegestem
is). Dit kon nie die bedoeling van die wetgewer gewees het nie en kan
`n hof nie sodanige uitleg ondersteun of goedkeur
nie. Sien
SIMPLEX
(PTY) LTD v
VAN
DER MERWE AND OTHERS NNO
1996 (1) SA 111
(WLD) op 114 I:
“In my opinion, the Court
cannot validate acts which are expressly prohibited by statute. To do
so would
be
to arrogate to this Court the power to override valid legislative
acts.”
[31]
Hoewel ek reeds vermeld het dat dit vir my nie nodig is om te beslis
of aansoek om kondonasie in terme van artikel 3(4) ook
gedoen kan
word in gevalle van geen
kennisgewing
nie, meen ek dat ek tog sekere
obiter
opmerkings daaromtrent behoort te maak, aangsien dit
volledig voor my argumenteer is:
31.1
Mnr. Jordaan het argumenteer dat die bepalings van artikel 5(2) van
die Wet ondersteuning daaraan verleen dat artikel 3(4)
ook
voorsiening maak vir kondonasie
vir
‘n totale versuim om enige kennisgewing te beteken, deurdat
daardie artikel spesifiek die woorde bevat “kennisgewing
waar
van toepassing”. Artikel 5(2) lees as volg:
“
(2)
Geen prosesstuk in subartikel (1) bedoel, mag beteken word soos in
daardie subartikel beoog nie voor die verstryking van 'n
tydperk van
30 dae nadat die kennisgewing, waar van
toepassing,
ingevolge artikel 3 (2) (a) aan die staatsorgaan beteken is.”
Na my mening verleen die bepalings van hierdie artikel nié
noodwéndig ondersteuning aan ‘n uitleg van
artikel
3(4) dat laasgenoemde artikel ook voorsiening maak vir kondonasie
waar geen kennisgewing verleen is nie. My rede vir hierdie
gevolgtrekking is dat artikel 5(2)
verwys
spesifiek na `n “prosestuk in subartikel (1) bedoel”.
Subartikel (1) verwys dan weer op sy beurt na “enige
prosestuk
waardeur `n regsgeding in artikel 3(1)
beoog,
ingestel word”. Nou inaggenome dat artikel 3(1)(b) ook
voorsiening maak dat ‘n regsgeding ingestel kan word sonder
kennisgewing indien die staatsorgaan
skriftelik
daartoe toegestem het, kan die bepalings van artikel 5(2) ook op
sodanige omstandighede slaan. Maar ek moet onmiddellik
vermeld dat
die bepalings van
artikel
5(2) insgelyks geensins ‘n bedoeling van die wetgewer
reflekteer wat ‘n uitleg van artikel 3(4) om ook voorsiening
te
maak vir kondonasie waar daar geen
kennisgewing
was, weerspreek nie.
Mnr.
Van Rooyen het verwys na die bewoording van artikel 3(4)(a) waar daar
spesifiek verwys word na ‘n skuldeiser se versuim
om ingevolge
“subartikel (2)(a)” ‘n
kennisgewing
te beteken. Soos reeds bekend, verwys artikel 3(2)(a) na die vereiste
dat sodanige kennisgewing binne ses maande vanaf
die datum waarop die
skuld
opeisbaar
geword het, beteken moet word. Gevolglik het Mnr. Van Rooyen betoog
en aan die hand gedoen dat artikel 3(4)(a) slegs van
toepassing
is in gevalle van `n laat kennisgewing en nie in die geval van geen
kennisgewing nie. Hierdie argument blyk vir my korrek
te wees.
Hierdie siening baseer ek
op
die volgende:
31.2.1
Artikel 3(1)(b) tref `n duidelike onderskeid tussen geen kennisgewing
en `n gebrekkige kennisgewing.
31.2.2
Artikels 3(2)(a) en (b) bevat onderskeidelik twee aparte vereistes
waaraan `n kennisgewing moet voldoen, een met betrekking
tot die
tydstip waarop dit gegee
moet
worden die ander met betrekking tot die vereistes waaraan die inhoud
daarvan moet voldoen.
31.2.3
In beide bogemelde gevalle het die wetgewer dit dus nodig geag om `n
onderskeid te tref tussen die onderskeie omstandighede
aan die een
kant (geen
kennisgewing/gebrekkige
kennisgewing) en die onderskeie vereistes aan die ander kant (tydstip
van kennisgewing/inhoud van kennisgewing).
31.2.4
Waar die wetgewer dit dus goed gedink het om in artikel 3(4)(a)
spesifiek te verwys na `n versuim om `n kennisgewing ingevolge
artikel 3(2)(a) te beteken, blyk
dit
insgelyks aanduidend te wees van `n bedoeling om dit te onderskei van
eerstens `n geval van geen kennisgewing en tweedens van
`n geval waar
`n tydige
kennisgewing
gegee is, maar die inhoud daarvan nie aan die vereistes voldoen het
nie. Indien die wetgewer bedoel het om ook laasgenoemde
twee
omstandighede te
dek
deur die bepalings van artikel 3(4)(a), sou ek verwag dat dit woorde
sou bevat tot die effek dat indien `n staatsorgaan steun
op `n
skuldeiser se versuim om “enige
kennisgewing
te beteken of `n kennisgewing ingevolge subartikel (2) te beteken”,
kan die skuldeiser aansoek doen vir kondonasie
van sodanige versuim.
31.2.5
Inaggenome dat die vereiste dat die staatsorgaan nie onredelik deur
die versuim benadeel word pertinent as een van die beperkings
in
artikel 3(4)(b) daargestel
is
alvorens kondonasie toegestaan kan word, strook na my mening met
voormelde onderskeid wat die wetgewer getref het deur kondonasie
te
beperk tot slegs gevalle
van
laat kennisgewing. Inaggenome die doel van sodanige kennisgewing, sal
die nadeel wat vir die staatsorgaan voortspruit uit geen
kennisgewing
en `n kennisgewing
waarvan
die inhoud nie die feite en besonderhede van die skuld behoorlik
uiteensit nie, baie groter en meer onredelik wees as in
die geval van
`n blote laat
kennisgewing.
Dit is waarskynlik waarom die wetgewer die reg om vir kondonasie
aansoek te doen, beperk het tot gevalle van laat
kennisgewing.
[32]
Ek ag dit voorts nodig om volledigheidshalwe te vermeld dat Mnr. Van
Rooyen verwys het na ‘n ongerapporteerde uitspraak
van myself
in die aangeleentheid van
PEGMA
THIRTEEN INVESTMENTS (PTY) LTD v THE FREE STATE DEVELOPMENT
CORPORATION
, aansoeknommer 2399/06, aangehoor op 8 Junie
2006 en
uitspraak
gelewer op 12 Junie 2006, welke aansoek ‘n dringende aansoek
was vir kondonasie in terme van artikel 3(4) van die
Wet. Die
bevindings waartoe ek geraak
het
in daardie saak, was uiteraard gebaseer op die besondere feite van
daardie geval, welke na my mening nie van toepassing is in
die
onderhawige geval nie.
Verdermeer
en in soverre Mnr. Van Rooyen verwys het na my bevinding met
betrekking tot die doel van sodanige skriftelike kennisgewing,
doen
dit na my mening nog
nie
afbreuk aan en/of weerspreek dit ook nie enige van my bevindings in
die onderhawige aangeleentheid nie. Met betrekking tot Mnr.
Van
Rooyen se verwysing na
par.17,
bl. 15 van die uitspraak, waarin ek vermeld het dat ‘n
kondonasie aansoek eers gedoen kan word indien ‘n staatsorgaan
steun op ‘n skuldeiser se versuim om
die
kennisgewing ooreenkomstig die wetsbepalings te beteken, ag ek dit
nodig om dit in konteks te plaas. Ek het spesifiek in die
aanvang van
par. 17 vermeld dat dit ‘n
obiter
opmerking is en ek nie ‘n bevinding daaromtrent maak
nie. Verdermeer is daardie opmerking van my gemaak teen die
agtergrond
daarvan dat die 30 dae
tydperk
waarbinne die staatsorgaan die geleentheid gehad het om te reageer op
die skriftelike kennisgewing, in daardie geval nog
nie verstryk het
op daardie stadium
nie
en dit die rede was waarom ek vermeld het dat respondent, op daardie
stadium, nog nie op applikant se nie-nakoming van die vereiste
kennisgewing gesteun het nie
en
dat hy ook op daardie stadium nog onder geen verpligting was om aan
te dui of hy daarop gaan steun of nie. In daardie geval kon
die
respondent derhalwe op
daardie
stadium nog skriftelik toegestem het tot die instel van daardie
regsgeding en was dit die rede waarom ek die
obiter
opmerking gemaak het dat ek van mening
was
dat die aansoek om kondonasie in daardie aangeleentheid waarskynlik
prematuur geloods is. Dit doen insgelyks, na my mening,
geen afbreuk
aan of weerspreek
op
geen wyse die bevindings waartoe ek in die onderhawige aangeleentheid
kom nie.
[33]
Vanweë die redes hierbo uiteengesit, is ek gevolglik van mening
dat op ‘n behoorlike uitleg van die Wet dit inderdaad
die
bedoeling van die wetgewer is dat: (a) die
staatsorgaan
óf binne 30 dae na betekening van die skriftelike kennisgewing
kan steun op die skuldeiser se versuim om tydig
en/of behoorlik
kennis te gee óf vir die
eerste
keer ten tyde van die regsgeding (in sy verweerskrif) kan steun op
die skuldeiser se versuim om enigsins skriftelike kennisgewing
te gee
of tydige en/of
behoorlike
skriftelike kennisgewing te gee; en (b) die skuldeiser derhalwe ook
ná die instel van ‘n regsgeding kan
aansoek doen om
kondonasie ooreenkomstig die
bepalings
van artikel 3(4) van die Wet. (Sien ook ongerapporteerde uitspraak
van
MARAIS v MINISTER VAN
VEILIGHEID EN SEKURITEIT
,
supra
,
op p. 5, reëls 6 – 9.)
[34]
In die onderhawige geval was verweerder dus geregtig om (vir die
eerste keer) in verweerder se verweerskrif te steun op eiser
se
versuim om tydig skriftelik kennis
te
gee, nieteenstaande die feit dat verweerder nie binne 30 dae na
betekening van die skriftelike kennisgewing of op enige stadium
voor
die uitreiking van dagvaarding
daarteenn
beswaar gemaak het of daarop gesteun het nie. Verdermeer is eiser
geregtig om nog op hierdie stadium, dit wil sê
na die instel
van die geding en terwyl die
geding
hangende is, in terme van artikel 3(4) van die Wet aansoek te doen
vir kondonasie van sy versuim om tydig sy skriftelike
kennisgewing te
beteken.
[35]
Gevolglik kan die eksepsie nie slaag nie en moet dit van die hand
gewys word.
[36]
Mnr. Van Rooyen het in sy aanvullende betoogshoofde daarop gewys dat
verweerder se konklusie in sy spesiale pleit tot dien
effekte is dat
omdat eiser nie tydig
skriftelik
kennis gegee het nie en ook nie kondonasie verkry het nie, die aksie
regtens nie ontvanklik is nie en derhalwe versoek
dat die aksie
afgewys word. Hy het
gevolglik
geargumenteer dat aangesien verweerder nie gepleit het dat hangende
die aksie eiser nou geregtig is om aansoek te doen
vir kondonasie
nie, die eksepsie
behoort
te slaag. Na my mening kan die feit dat die verweerder in sy spesiale
pleit (verkeerdelik) gevorder het dat die aksie van
die hand gewys
moet word in plaas
daarvan
om te vorder dat dit opgeskort word hangende ‘n aansoek om
kondonasie wat deur eiser geloods moet word, nie tot gevolg
het dat
die eksepsie slaag nie.
Hoewel
verweerder, indien hy suksesvol sou wees met die spesiale pleit,
slegs geregtig sal wees op regshulp tot dien effekte dat
die aksie
opgeskort word hangende die
kondonasie
aansoek, sal dit nie afbreuk doen aan die sukses van die spesiale
pleit nie. Die feit dat dit in die vorm van ‘n
afdoende pleit
in plaas van ‘n opskortende pleit
verwoord
is, sal nie afbreuk doen aan die regsgeldigheid en korrektheid van
die inhoud daarvan nie.
[37]
Ek is van oordeel dat die feit dat die eksepsie van die hand gewys
word prakties en in effek tot gevolg het dat die meriete
van die
spesiale pleit indirek nou ook
reeds
suksesvol ten gunste van verweerder bereg is. Desnieteenstaande is
die beregting van die meriete van die spesiale pleit as
sulks nie
tans voor my nie en meen ek
dat
dit derhalwe onvanpas sal wees om enige bindende gevolgtrekking of
formele bevel daaromtrent te maak.
[38]
Wat die koste betref, is ek van mening dat daar geen rede is waarom
koste nie die uitslag van die eksepsie behoort te volg
nie.
[39]
Derhalwe word die eksepsie van die hand gewys, met koste.
_____________
C.
VAN ZYL, R
Namens
eiser: Adv. P.C.F. van Rooyen SC
In
opdrag van:
Mnr.
C.D. Pienaar
Naudes
BLOEMFONTEIN
47
Namens
verweerder: Adv. A.F. Jordaan SC
In
opdrag van:
Mnr.
D.J. Joubert
Honey
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
/sp