About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 117
|
|
S v Motaung (594/07) [2007] ZAFSHC 117 (27 September 2007)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening
Nr. : 594/07
In die
hersiening tussen:
DIE STAAT
versus
MAKHABANE MOTAUNG
_____________________________________________________
CORAM:
WRIGHT,
R
et
VAN ZYL, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
WRIGHT,
R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
27
SEPTEMBER 2007
_____________________________________________________
[1] Die
beskuldigde, ân 23-jarige man, is skuldig bevind aan die oortreding
van artikel 5(b) van Wet 140 van 1992 (handel in 103,65
kg dagga) en
gevonnis tot 4 (vier) jaar gevangenisstraf waarvan 1 (een) jaar op
gepaste voorwaardes vir 4 (vier) jaar opgeskort is.
[2] Hierdie
Hof het navraag gerig met betrekking tot die vonnis wat opgelê is en
het die landdros onder meer in sy redes die volgende
vermeld:
â
Die hof het ter versagting in ag
geneem dat die beskuldigde relatief jonk is en as eerste oortreder
voor die hof staan. Hy is ân
Lesotho burger wat ân misdryf in sy
buurland kom pleeg. Die hof het verder verreken dat die sosio-
ekonomiese omstandighede van
die beskuldigde haglik is. Hy en sy
afhanklikes leef duidelik onder die broodlyn, vandaar ook sy wending
na misdaad.â
[3] In
die lig van bogemelde sou dit in elk geval geen doel gedien het om ân
boete op te lê nie. Beskuldigde sou dit klaarblyklik
nie kon betaal
nie. Weens die erns van die misdaad kon ân baie lae boete in elk
geval nie opgelê gewees het nie.
[4] Dit is ongetwyfeld so
dat ons hier met ân ernstige misdaad te doen het en dat die belange
van die gemeenskap van belang is en
dat die hof die gemeenskap moet
beskerm teen kontak met dwelms. Dit is egter welbekend dat dagga ân
minder ernstige dwelmstof
is as meeste van die ander dwelms en dat ân
eerste oortreder in die geval van dagga ietwat ligter behandel word.
[5] Veral van belang by
die versagtende faktore is die feit dat die beskuldigde skuldig
gepleit het en absoluut eerlik met die hof
was ten opsigte van al die
feite van die saak en nie geskroom het om te vermeld dat hy dit wou
verkoop het in Senekal nie. Op 23-jarige
ouderdom is hy in elk geval
nog betreklik jeugdig en vermeld hy verder dat hy geen kinders het
nie, maar dat sy vrou swanger is.
Hy vermeld ook dat hy werkloos is,
maar slegs soms stukwerkies doen waarvoor hy ongeveer R100,00 per
maand verdien het. Hy vermeld
verder dat daar nog minderjarige
kinders van sy suster is wat ook onder sy sorg is. Die kinders is
onderskeidelik 6 jaar en 4 jaar
oud.
[6] Myns insiens, met
inagneming van die bogemelde en veral die feit dat beskuldigde ân
eerste oortreder is, is die vonnis tog sodanig
onvanpas dat daar mee
ingemeng behoort te word.
[7] Bygevolg
word die skuldigbevinding bekragtig maar die vonnis tersyde gestel en
vervang met die volgende:
4 (vier) jaar
gevangenisstraf waarvan 2 (twee) jaar gevangenisstraf opgeskort word
vir 4 (vier) jaar op voorwaarde dat die beskuldigde
nie weer skuldig
bevind word aan die oortreding van artikel 5(b) van Wet 140 van 1992
gepleeg gedurende die opskortingstydperk nie.
Die
vonnis moet geag word opgelê te gewees het op 28 Mei 2007.
______________
G.F. WRIGHT, R
Ek stem saam.
____________
C. VAN ZYL, R
/sp