About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 97
|
|
S v Mphatswanyane and Another (592/2007) [2007] ZAFSHC 97 (13 September 2007)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr.: 592/2007
In
die hersiening tussen:
DIE
STAAT
en
RANTSHO
ABRAHAM MPHATSWANYANE
1ste Beskuldigde
TEBOHO
TLADI
2de
Beskuldigde
_____________________________________________________
CORAM:
BECKLEY, R
et
VAN
ZYL, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN
ZYL, R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
13
SEPTEMBER 2007
[1] Die beskuldigdes het
in die Landdroshof te Botshabelo tereggestaan op ân aanklag van
veediefstal, synde dat hulle op of omtrent
22/23 Februarie 2007 te
Botshabelo vier skape ter waarde van R3000,00 gesteel het. Beide
beskuldigdes het skuldig gepleit en is
na ondervraging ingevolge
Artikel 112(1)(b) van die Strafproseswet, Wet 51 van 1977, skuldig
bevind soos aangekla, na my mening heeltemal
tereg. Beide
beskuldigdes is op 3 Mei 2007 gevonnis tot 30 maande gevangenisstraf.
[2] Die
aangeleentheid het op outomatiese hersiening voor Wright R gedien
waartydens hy redes vir vonnis verlang het. Volledige sodanige
redes
is deur die verhoorlanddros verskaf en is die aangeleentheid daarop
in die gewone gang van sake aan my voorgelê.
[3] Soos
ook blyk uit die redes deur die verhoorlanddros verskaf, is die
persoonlike omstandighede van die beskuldigdes die volgende.
Beskuldigde 1 is 20 jaar oud, ongetroud en hy het geen kinders nie.
Beide sy ouers is oorlede en is hy by sy ouma woonagtig. Hy
het
Standerd 2 op skool geslaag, is werkloos en word deur sy ouma
onderhou. Hy het geen vorige veroordelings nie en is sedert 24
Februarie 2007 in hegtenis.
Beskuldigde 2 is 29 jaar
oud, ongetroud en het een kind van 7 jaar oud. Sy moeder leef nog en
het hy Standerd 3 op skool geslaag.
Hy werk deur appels te verkoop
en verdien R70,00 per maand daarmee. Hy is by sy moeder woonagtig,
laasgenoemde wie werkloos is.
Hy was sedert 4 Maart 2007 in
hegtenis.
[4] Tesame met bogemelde
persoonlike omstandighede van die beskuldigdes, moet ten gunste van
beide beskuldigdes in ag geneem word
dat hulle skuldig gepleit het.
Al vier die skape is ook teruggevind en die klaer het dus nie enige
skade gely nie, hoewel laasgenoemde
nie te danke was aan enige
optrede aan die kant van die beskuldigdes nie.
Beide
beskuldiugdes is ook eerste oortreders.
[5] Soos
egter tereg deur die verhoorlanddros vermeld, is die misdryf ernstig
van aard, soveel so dat daar klaarblyklik in Botshabelo
ân spesiale
taakspan aangestel is om veediefstalle te ondersoek. Dit het
inderdaad tot gevolg dat die gemeenskapsbelang ook sterk
na vore
tree.
[6] Ten
einde te oorweeg welke vonnis ân gepaste vonnis is, moet voormelde
elemente van strafoplegging ewewigtig teen mekaar opgeweeg
word.
Wanneer dit gedoen word, is ek dit eens met die verhoorlanddros dat
direkte gevangenisstraf die enigste gepaste vonnis is.
Na my mening
is die opgelegde vonnis van 30 maande gevangenisstraf egter skokkend
swaar en onvanpas gegewe die feite en omstandighede
van hierdie saak
en noodsaak dit dus inmenging op hersiening.
[7] Gevolglik
word die volgende bevele gemaak:
Die skuldigbevinding van
beide beskuldigdes word bekragtig.
Die opgelegde vonnis van
beide beskuldigdes word tersyde gestel en beide beskuldigdes word
gevonnis tot twaalf (12) maande gevangenisstraf,
welke
gevangenisstraf geag moet word opgelê te gewees het op 3 Mei 2007.
_____________
C. VAN ZYL, R
Ek
stem saam.
________________
A.P
BECKLEY, R
/em